Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges vrees die toekoms omdat hulle bang is vir dit wat dalk vir hulle mag voorlê. Gelowiges nie. Alhoewel ons nie weet wat vir ons nog voorlê nie, weet ons ten minste in Wie se hande die toekoms is. Gelowiges wat weet aan Wie die laaste uur behoort, hoef vir geen enkele minuut bang te wees nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (19)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk
The continued emasculation of the SA National Defence Force (SANDF) was vividly brought to the fore by Defence and Military Veterans Minister Thandi Modise when answering a Parliamentary question.
Her undated response to Kobus Marais, the Democratic Alliance (DA) shadow minister for her portfolio, is specific to the SA Air Force (SAAF) and reveals crisis level rates of serviceability.
As Marais notes in his response yesterday (18 October), “most concerning” is that “a staggering 85% of the SAAF’s aircraft fleet is currently out of action, leaving the nation vulnerable to security threats.”
*
The bad: total grid collapse and worsening inequality.
In this scenario, South Africa remains trapped in a quagmire of policy inertia, pursuing expensive, inflexible coal and nuclear technologies that take years to bring onto the national grid. A total grid collapse would have a wide-ranging impact on every aspect of life, including water, telecommunications, healthcare, safety and food security. Private enterprise and wealthier households defect from the grid as they try to insulate themselves as far as possible from state failure – exacerbating inequality and reducing social cohesion.
*
“Oh, what a tangled web we weave when first we practice to deceive.”
“Ek verstaan nie?”
“Shakespeare, ek dink. Ek het eenmaal gehoor dat ‘n landdros ‘n man gevra het of hy verstaan wat dit beteken om te sweer in die hof. Hy antwoord toe: ‘As jy eers begin lieg, moet jy stiek by daardie lieg.’ Wanneer ‘n regering nie meer eerlik met sy kieserskorps is nie, begin hy eers om die waarheid nie meer volledig te vertel nie, daarna begin hy belangrike feite verswyg, en uiteindelik blatant te lieg. Hulle maak daarop staat dat die deursnit kieser nie baie intelligent is nie, dat diegene wat deur hulle leuens kan sien, in die minderheid is en dat al wat hulle verder moet doen, is om diegene met ‘n IK onder sewentig te paai met nog leuens, wat te dom is om vir hulleself te kan dink. Ongelukkig het mense wat tegnies net genoeg inteligensie het om asem te haal, maar nie genoeg om sy eie skoene vas te maak nie, net soveel stemreg as ‘n man met verskeie doktorsgrade.”
“Maar dis nie al nie, nê?”
“Nee. ‘n Regering, of in ons geval, ‘n politieke party wat nie veronderstel is om aan bewind te wees nie, sal homself as intellektueel verhewe beskou en indien hy besef dat hy vir jare drooggemaak het, en daardeur selfs diegene wat die Engelse as ‘dumbed-down’ beskryf, se stem begin verloor, as selfs dié wat weens onkunde en dofheid ‘n straaltjie waarheid begin deurlaat, moet hy plan B, C, D, en E hê. Dikwels baie verder in die alfabet af.”
“Ek begin verstaan wat jy sê, maar brei uit, sodat ek ook duidelikheid kan hê, asseblief, Skeer.”
“Nou goed. Plaas jou in die ANC se skoene. Ek onthou voor die verkiesing van 1994, het hulle plakkate opgehad met die slagspreuk: ‘Ready to rule’, of so iets, ek kan nie presies onthou wat nie. Dit het daarop neergekom dat hulle bekwaam genoeg is. Onthou nou, dat hulle ‘n Eerste-wêreldse land geërf het, met sisteme wat grootliks in balans was. Die staatsbeheerde entiteite en die burgerlike sakewêreld het mekaar aangevul, die leemtes aan staatskant was opgemaak deur kundiges in die privaatsektor wat dit raakgesien het. Hulle het hierdie balans versteur deur nie net die sakewêreld te probeer oorneem deur BEE, Transformasie, Regstellende aksie en BBB-EE later nie, maar het nuwe leemtes geskep, wat nie deur hulle eie mense gevul kon word nie. Voeg hierby kaderontplooïng, lojaliteitsuitbuiting wat daarmee saamgegaan het, en jy sit met ‘n sisteem wat in sy kern onwerkbaar word.”
“Ja, ek kan dit heeltemal verstaan, maar wat het dit met ons te doen? Soos Bert gesê het, ons het net mag oor wat binne ons mure gebeur en soms binne ons heinings, maar nie verder as dit nie.”
“Dis waar en kom ons laat die res van die wêreld buite die vergelyk, maar gaan net vir ‘n oomblik daarheen om my redenasie te versterk: kom ons gestel Amerika is in die moeilikheid. Hulle skuld aan die buiteland is meer as die plafon wat die kongres al dekades gelede daargestel het. Daar is ‘n groot moontlikheid dat hulle dit nie kan terugbetaal nie en dit kan veroorsaak dat die dollar sal ineenstort, of ten minste baie minder werd wees teenoor die ander geldeenhede. Japan en China het byvoorbeeld al hulle staatseffekte begin verkoop, in groot maat. Wat staan hulle te doen? En julle moet aanvaar ek is nie ‘n ekonoom nie, net ‘n platpoot.”
“Ek verstaan die een en andere van ekonomie, en ek is met jou tot dusver.” sê Rob. “Gaan aan.”
“Nou goed. Ek aanvaar daar is verskillende maniere, maar as dit nou ek was, sou ek gekyk het wat in die verlede gewerk het en dit weer probeer. In die vroeë 1930’s was hulle ook in die moeilikheid en al wat hulle weer ryk gemaak het, was die Tweede Wêreldoorlog. Hulle industrieë het oorgeskakel vanaf huishoudelike produkte na wapenvervaardiging. Kelvinator het in plaas van yskaste begin om staaldakke en dixies te maak. International Harverster het van trekkers oorgeskakel na semi-outomatiese M1 Garand gewere. Motorvervaardigers het begin help om vliegtuie en skepe te bou. Kommersiële vliegtuigvervaardigers, soos Boeing, het begin om bomwerpers te bou. Ford het vir Willys gehelp om Jeeps te vervaardig. So kan ons aangaan.”
Rob sit agteroor en wag.
“Is jy seker jy is net ‘n polisieman?”
*
Daar was uiteindelik nie veel fout met die Land-Rover nie. Die termostaat was foutief en dit het die voertuig laat oorverhit. Tog vervang Skeer die waterpype, wat nie meer baie goed lyk nie.
“Is jy seker hy het nie ‘n gasket geblaas of sou iets nie?”
“Nee, meneer. Ek het sommer ‘n kompressietoets ook gedoen – dis alles reg. Wie het hierdie enjin hier ingebou? Dis baie goed gedoen. Loop seker lekker, of hoe?”
“Ja-nee, glo my dis ‘n baie lekker ou kar.”
Die meganikus loop weer om die voertuig.
“Nou sien ek. Dis ‘n nuwe chassis? En die ding is bietjie korter as ‘n one-oh-nine. En disc-brieke op al vier wiele? Power steering. Netjies man! Wil jy nie verkoop nie?”
“Nee dankie, maar ek gebruik hom net soos hy daar is.”
Hy laat die Land-Rover sommer diens by die plek en is in sy skik as hy terugry na Rob en Bert toe.
*
“Ons het nie gisteraand klaar gepraat nie.”
“Ja, ek moes my gedagtes eers verder agtermekaar gaan kry.”
“Kom ek val jou in die rede. Ek het gisternag gelê en dink wat jy sê, en dit maak sin. Kort na die Tweede Wêreldoorlog het Amerika gaan inmeng in die oorlog tussen Noord en Suid-Korea. Dit was skaars agter die rug – en terloops, jy weet dat daar nog nooit ‘n amptelike einde aan die oorlog is nie, net ‘n skietstilstand? – toe die VSA betrokke geraak het by die Franse se Indochina, oftewel, Viëtnam. Waarom het hulle so skielik onttrek en sommer wapens, helikopters en voertuie in die see gegooi? Baie mense dink dit was as gevolg van die binnelandse politieke klimaat wat teen die oorlog gedraai het, maar dit was nie die geval nie. Aan die begin negentien sewentigs was die oliekrisis. Henry Kissinger, die VSA se minister van Buitelandse Sake, oftewel die Secretary of State, soos hulle hom noem, het met die Arabiere gaan onderhandel om vir hulle veiligheid te bied, in ruil vir die reg om alle druppels olie in dollars te verhandel. Vir elke liter petrol, diesel, parafien, of wat ookal, kry Amerika sy persentasie. Dit het vir hulle genoeg geld gewaarborg om uit Viëtnam te ontrek. Intussen is hulle hier en daar en oral betrokke by klein oorloggies, veral teen kommunistiese state, totdat Saddam Hoessein besluit het om van die petrodollar af te klim. George Bush senior het dadelik ‘n verskoning gekry om Irak aan te val en na die slag gelewer is, is Hoessein gevang, skuldig bevind en dadelik opgehang. Die olievelde van Irak en Koeweit is toe onder Amerikaanse beheer. Daarna maak Libië se Kolonel Ghadaffi geluide dat hy Afrika onder ‘n eie geldeenheid wil plaas, weg van die dollar af. Raai wat gebeur? Hy word aangeval en kamma deur sy eie mense in ‘n stormwaterpyp doodgeskiet. ‘n Paar jaar vantevore gebeur 9/11. George Bush Junior kry sy beurt om oorlog te maak. Amerika gebruik ook hierdie geleentheid om bande te versterk met Israel en van Islam die groot vyand te maak.”
Rob bly ‘n rukstil.
“Kan ek jou in die rede val? Wil jy vir my sê al hierdie dinge is om voorbrand te maak vir ‘n groot oorlog, een tussen nie net die Weste en Rusland nie, maar ook teen al die Islamitiese state?”
“Wat het Irak, Iran, Turkye, Rusland, Libië, Jordanië, Saoedi-Arabië en al die ander lande in daardie streek in gemeen, behalwe Islam?”
“Hulle het olie.”