AFGHANISTAN SE OPBRENGSTE...

Dr Willem Jordaan

Die teenwoordigheid van die VSA in Afghanistan het baie min met die Taliban te doen. Veel meer gaan dit oor die opbrengste wat uit hierdie land gemaak word. En dit uit heroïen!

In 2001 was daar 189 000 heroïengebruikers in die VSA. Nadat die VSA Afghanistan ingeval het, het hierdie getal aangegroei tot waar dit in 2016 op 4.5 miljoen staan! Duidelik maak iemand geld uit hierdie “oorlog”.

Wat dus eintlik gebeur is dat groot finansiële belange ter sprake is en dit baie duidelik beskerm moet word. Dit is dus te betwyfel of die VSA se magte uit Afghanistan sal onttrek.

In 2001 was daar 1729 sterftes in die VSA weens heroïen en in 2014 was dit 10 524. In Afghanistan het die verbouing daarvan opgeskiet vanaf 2600 hektaar tot 224 000 hektaar in dieselfde tydperk. So, die belastingbetaler van die VSA betaal vir ‘n oorlog waaruit enkele individue geweldige rykdomme verdien en tot nadeel van mense wat dit gebruik.

Afghanistan produseer 90% van die wêreld se opium. Voor die inval van die VSA het die Taliban nog met die VSA saamgewerk om die verbouing van hierdie skadelike produk hok te slaan. Na die inval en met die Taliban nou skielik die “gevaar”, het die prentjie dramaties verander.

Opium word natuurlik geprosesseer om heroïen of morfien daarvan te maak, maar kan ook as opium verkoop word. Van ‘n kilogram opium word 100 gram heroïen gemaak. In die VSA verkoop heroïen vir $172 per gram. Daar is dus miljarde te maak uit opium. Veral as in ag geneem word dat 4 800 metrieke ton opium in 2016 geproduseer is. In 2001 was dit maar 185 ton.

Intussen glo Jan en Alleman elke woord wat deur die geldmag-beheerde media aan hom opgedis word dat daar ‘n oorlog teen terreur gevoer word.

Hierdie oorlog het nou die langste geword in die geskiedenis van Amerika – dit kos nou bykans  $1 triljoen – en duisende soldate se lewens…

‘n Marionet-regering is aan bewind gestel en op ‘n land afgeforseer. Twee duisend vier honderd Amerikaanse soldate het al gesterf en 20 000 is gewond. Meer as 33 000 Afghaanse burgerlikes het hulle lewens verloor. Sowat 225 000 Afghaanse burgers is dood of beseer en 2.6 miljoen moes vlug.

Die 30 miljoen burgers van Afghanistan het geen voordeel uit hierdie oorlog getrek nie. Hulle gemidelde inkomste per jaar is maar $670. Terwyl die VSA hierdie geld aan hierdie oorlog spandeer het leef 15 miljoen kinders in die VSA onder die broodlyn.

Op ‘n stadium was daar 140 000 VSA-soldate in Afghanistan. Na meer as 18 jaar kan die oorlog steeds nie “gewen” word nie – duidelik is die opium-bedryf te suksesvol. Vyftig persent van Afghanistan se BBP is afkomstig van opium. Daar is 20 groot etniese groepe in Afghanistan en 50 in totaal. Dertig tale word gepraat. Die lede van die Taliban is almal lid van die Peshtun etniese groep.

Toe Rusland Afghanistan ingeval het in 1929 het die VSA koverte steun aan Afghanistan gebied. Ook Rusland het gevind dat die oorlog daar nie gewen kan word nie. In daardie oorlog het een miljoen Afghaanse burgers gesterf.

Intussen begin al hoe meer stemme opgaan dat die VSA hom aan Afghanistan moet onttrek. Daarbenewens is die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof, Fotou Bansouda, vas van voornemens om Amerikaanse soldate voor die ICC te dagvaar vir beweerde oorlogsmisdade. Die VSA weer dreig met stappe teen die ICC as dit sou gebeur. Bansouda het in reaksie daarop gestel dat die ICC ‘n onafhanklike en onpartydige geregshof is en nie sal buig voor VSA-dreigemente nie. Sowat   1.7 miljoen klagtes van oorlogsmisdade deur die VSA is in net 3 maande ontvang!

Senior onafhanklike verslaggewers stel dat die VSA nooit die Taliban sal kan onderwerp nie, laat staan nog uitwis. Intussen word die land verwoes en mense verarm en verwilder.

Die VSA is inderdaad die Groot Satan soos Saddam Hussein beweer het.