NET SOMMIGES KAN SAAMSTAAN

Ons hoor die afgelope tyd knaend hoe Zorro Ramaphosa en sy bendelede beklemtoon hoe ons tydens hierdie virus-sage “almal moet saamstaan” te midde van die mees absurde maatreëls wat nou een vir een die lig sien. Of sy “Skop-en-Donnerbende” hiermee saamstem is te betwyfel. Ramaphosa se redes daarvoor en sy perspektief daaroor verskil natuurlik ook hemelsbreed van dié van u wat nou hier lees maar daar is tog sekere mense wat weet wat werklike saamstaan beteken. Ons kan iets leer uit sommige Amerikaners se reaksie op belaglike maatreëls spruitende uit die virus-sage. Lees wat skryf ‘n raadslid van Michigan:

“Kwarantyn is wanneer siek mense se bewegings ingeperk word. Tirannie is wanneer gesonde mense se beweging ingeperk word. Alle mense met verstand weet dat daar sosiale afstand in hierdie tyd moet wees maar ons het nie nodig om soos in ‘n tronk te leef nie.” - Meshawn Maddock, Michigan Konserwatiewe Koalisie, VSA.

Die gort is goed gaar in Michigan waar massas protesteerders, hoofsaaklik blankes en sommige selfs gewapen, ‘n 2e keer na die hoofstad Lansing opgeruk het om hulle goewerneur Gretchen Whitmer te spreek nadat sy verlede week ‘n 15 dae verlenging van die grendeltyd aangekondig het.

Hulle het ook ‘n hofsaak teen haar aanhangig gemaak aangesien sy die inwoners se konstituele regte daardeur skend. Minstens 14,000 voertuie en hordes voetgangers het al toetende die optog aangedurf maar tog die twee meter afstand van mekaar gehou.

Die Michigan Hof vir Eise het die saak uitgegooi maar die staat het Donderdag die saak bespreek en moes besluit of Whitmer by magte is om so ‘n bevel uit te vaardig. Die Michigan Huis se finale uitspraak is dat Whitmer vervolg moet word aangesien sy geen outoriteit het om sulke maatreëls te maak nie. Dit laat mens dink oor Dlamini Zuma...

Die vervolging spruit ook uit ‘n gebeure twee weke gelede toe presies dieselfde gebeur het nadat sy ‘n bevel uitgevaardig het dat die begrip “essensiële” goedere nie die verkoop van tuintoerusting en vergoeding vir tuindienste insluit nie.

Hierdie twee optogte het natuurlik ‘n hernude rasse-kwessie van die gebeure veroorsaak. Daar is onder andere beweer dat dit tipies die wit nasionaliste is waarna geluister word terwyl die nie-blankes die lydendes is: “...black people get executed by police for just existing… white people dressed like militia members carrying assault weapons are allowed to threaten state legislators and staff.” Dit komende van ‘n parlementslid, Congresswoman Rashida Tlaib (D-Michigan)”

Of dit Suid-Afrika of Amerika of waar ookal is, rasse-integrasie het nog nooit gewerk nie en sal ook nooit, dit leer die geskiedenis en die hede ons gereeld. Het Ramaphosa nie ook die afgelope week gesê die viruskwessie het weer die verskil tussen rasse na vore gebring nie? Alhoewel dit nie die virus is nie maar alewig die swartkabaal wat die onrus daaroor aanwakker, ja! En nou word al die geld wat ook deur blanke ondernemings geskenk is om die hongeres in hierdie moeilike tyd te voed, na slegs swart lydendes gekanaliseer. Selfs Solidariteit het hul hofsaak hieroor verloor, alles gebeure wat die skeiding nog groter maak en die “saamstaan” onmoontlik.

Een ding sluit egter beide swart en wit in, en dit is die inperking van gesonde mense wie se menseregte daardeur geskend word, veral in ‘n land wat deur magsugtiges “regeer” word, korruptes wat daarby ook nog totaal onbevoeg is. Dlamini Zuma probeer nie toevallig om die woord “drakonies” uit die saak te hou nie want sy weet dit is presies wat dit is. In Michigan word dit tirannie genoem. Hier kan ons dit drakonies noem wanneer ‘n hele land se inwoners deur ‘n onbevoegte, magsugtige en daarby ‘n onwettige regering, absurde reëls uit die duim suig. Wag tot u die nuwe besigheidsvoorskrifte sien, totaal onuitvoerbaar, wat mens by die werklike gevolgtrekking bring: by gebrek om aan al die waansinnige reëls te kan voldoen, wil die staat klein besighede wat nie insolvent is ná die inperkingstyd nie, met drakoniese ondersoeke skuldig bevind en finaal sluit.

Onthou ons het hier steeds te make met internasionale geldmagte en hul opdrag aan wêreldlande om ruimte te maak vir die “Nuwe Ekonomie van die Nuwe Wêreldorde.” Soos Ramaphosa self gesê het: die ANC begin nou met sy “aggressiewe ekonomiese herstrukturering”; iets wat nou van elke land verwag word sodat die veelbesproke Big Brother, of te wel die Wêreldgeldmag met sy seekatarms, hulle Een Wêreldregering tot stand kan bring.

Ten slotte, wanneer sommiges in hierdie land begin saamstaan, gaan ander sommiges dit ontgeld want sommiges verstaan nie orde nie, kan nie ‘n 2 meter afstand in betogings hou nie, kan dit ook die verhelp om klippe te gooi, met pangas te kap en alles aan die brand te steek nie.   En dit word genoem die Afrikakultuur...