ANTWOORD TEEN ALTZHEIMERSIEKTE

Dr Gustav Norval

In die mediese navoringswêreld is daar altyd iets nuuts wat ontdek word.  Daar is twee belangrike verwikkelinge wat ek wil uitlig.  Ten eerste blyk dit dat Alzheimer se siekte voorkom kan word deur vitamines 6, 9 en (veral) Vitamine B12 aanvullings te gebruik.   Dit verlig ook die simptome van die toestand by mense wat dit reeds het, m.a.w. daar is ‘n verbetering in die korttermyn geheue.  Volgens Lauer (sien bron hieronder) kry jy verligting van simptome binne 6 maande se aanvullings.   Party ouetehuise pas die behandelingsmetode op mense met dimensie, reeds toe.  Vir die van ons wat wil weet hoe dit werk:

Ons kry ‘n voedingstof genoem sisteïen in wanneer ons plant- of dierprodukte eet.  In die afwesigheid van, of in teenwoordigheid van lae bloedvlakke van die drie bogenoemde vitamines, word die sisteïen omgeskakel na ‘n stof genaamd homosisteïen, omrede die vitamines normaalweg die omskakeling verhoed.  In die verband is Vitamine B12 die belangrikste.  Die oormaat homosisteïen in die bloed word dan om bloedvate in die brein gedeponeer wat die opname van suurstof in die brein beperk en dit lei tot breinverstorings. 

Daar is ook bevind dat mense met hartprobleme en mense met Alzheimer siekte verhoogde vlakke van homosisteïen in die bloed het en dat aanvullings met Vitamines 6, 9 en 12 die stof in die bloed verlaag. Daar is ook bydraende faktore betrokke by Alzheimer se siekte, naamlik skildklier-wanfunksie, hipertensie, verhoogde cholesterol en natuurlike veranderings gepaard met toenemende ouderdom.  Dit was ook bevind dat mense wat nie dierlike proteïen inneem (vegetariërs) meer vatbaar vir Alzheimer se siekte is, aangesien plantkosse amper geen Vitamien B12 bevat nie.  Kosse wat ryk is aan B12 behels: eiers, vis, kaas, melk, rooivleis en soja.  Dit blyk dus tans of ‘n leefstyl sonder verhoogde cholesterol en bloeddruk gepaard met sekere Vitamin-B-aanvullings Alzheimer se siekte kan voorkom.  Die ideale Vit. B12 vlak in die bloedstroom moet ten minste 300 pg/ml beloop. 

Uit :

google: high homocystein levels

Lauer AA et al: Mechanistic link between Vitamin B12 and Alzheimer’s disease. Biomolecule, vol 12(1) bl. 129, 2022