Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly - Joh 15:10
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (2)
Dr Gustav Norval
Polio-entstowwe
In die vroeë 1950’s het die gevreesde Mahoney-poliovirus wêreldwyd toegeslaan en talle slagoffers geëis. In 1955 was 76,000 gevalle net in Noord-Amerika en Europa aangemeld, waarvan 2,000 gesterf het vanweë asemhalingsnood en 16,000 oorlewendes sou vir die res van hul lewe in rolstoele of met krukke oor die weg moes kom. Baie kon nie vanself asemhaal nie en was genoodsaak om etlike maande of jare in kunsmatige longmasjiene deur te bring. Professore Jonas Salk en Sabin het gou vorendag gekom met twee tipes polio-entstowwe en die farmaseute Merck, Sharp & Dome (MSD) en Cutter Laboratories (California) het die entstowwe op groot skaal vervaardig en verkoop. Ene Hilleman van die Merck firma het poliovirusse vir beide Salk se formalien-gedode poliovirus-entstof (wat per inspuiting toegedien was) en Sabin se lewendige poliovirus-entstof (vir orale toediening) op rhesus-aap nierweefsel-kulture gekweek.
In 1955 het Cutter Laboratories Salk se polio-entstof aan kinders begin toedien, maar probleme het gevolg toe 80 geënte kinders polio ontwikkel en 11 gesterf het weens asemhalingsprobleme. Baie kinders het ook breininfeksie of stuiptrekkings gekry net na die toediening van Salk se entstof. Die Salk-entstofprogram was aan die gang gesit juis op die stadium toe polio aan die afneem was (daar was 47% afname in die VSA en ‘n 55% afname in Engeland). Wetenskaplikes het toe Salk se entstof in 1956 ondersoek en gevind dat sy entstof etlike lewendige-, in plaas van slegs dooie virusse bevat het en dit omdat die vervaardigers se virusdoodings-metode ontoereikend was! Hierdie “Cutter-incident” het skokglowe deur die VSA gestuur en selfs die minister van gesondheid was deur Visie-president Nixon afgedank.
Maar dit het nie gemaak dat Salk se skadelike entstof onttrek was nie, want alle poliogevalle wat binne 30 dae na inenting verskyn het was buite rekening gelaat in statistieke, omrede die vervaardigers aangevoer het dat die kinders reeds die poliovirus gehad het tydens inenting. Volgens Miller was die FDA daarvan bewus dat Salk se entstof lewendige virusse bevat en die FDA het selfs toegelaat dat Salk se polio-entstof soveel as 5,000 lewendige polio-virusse per miljoen entstofdosisse kon bevat (Miller).
Laurella McClelland, ‘n viroloog wat in die polio-entstofprogram gewerk het, vertel dat sy gemerk het daar fout was met die aapnierselle waarop die polio-virusse gekweek was. Ook ene Dr. Eddy het vermoed dat die aapnierselle ‘n aapvirus bevat wat vir die probleme verantwoordelik was en sy het van die weefsel in 1959 in marmotte ingespuit en gevind dat hulle kanker ontwikkel het. Groot probleme! Dr. Eddy was oor die kole gehaal vir haar bevinding en aannames, maar dr. Hilleman het die toets herhaal en daarna wel ‘n vreemde virus in die rhesus-aapnierselle gevind, een wat hy SV-40 (Simian Virus tipe 40) gedoop het. Dit het aan die lig gekom dat die SV-40 aapvirus en die sogenaamde kankervormende “Polyoma-virus” een en dieselfde virus is en dat SV-40 beide in Sabin en Salk se polio-entstowwe teenwoordig was! Oeps ! SV-40 virusse word nie deur formalien gedood nie en was dus steeds teenwoordig in Salk se inspuitbare polio-entstof na formalienbehandeling. Toe die ontdekking gedoen was, was dit te laat vir die 100 miljoen kinders in Rusland en Europa wat reeds Salk se polio-entstof vol SV-40 aapvirusse ontvang het! Dit was ‘n yslike ramp.
RHESUS-APE EN DIE SV-40 VIRUS
In 1964 is die vervaardiging van polio-entstowwe tydelik op ys geplaas om die SV-40 probleem te ondersoek. Hilleman het ook in die tyd gemeld dat die geelkoors-entstof met leukemievirusse besmet was. SV-40 is waarskynlik die hoofrede vir die kankerepidemie wat Europa en Rusland sowat 20 jaar na die Salk-entstofprogram getref het. Maar hieroor swyg die pers, die FDA, CDC en die mediese establishment soos die graf, veral noudat baie kankers opduik in jong mense wat deur SV-40 veroorsaak word en wat nooit polio-entstowwe ontvang het nie. Dit dui daarop dat SV-40 aapvirusse aansteeklik is en dat die Salk-entofsaga dus nog lank nie uitgewoed is nie. Dit blyk dat Salk se parenterale (inspuitbare) polio-entstof eerder as Sabin se orale entstof verantwoordelik gehou kan word vir die massiewe SV-40 besmetting: “The oral vaccine was probably less likely to result in SV-40 infection because the virus is weakened in the gut.” Sabin se orale polio-entstof was moontlik veiliger, omrede maagsappe die SV-40 virusse kan onaktiveer.
Kinders wat Sabin se orale polio-entstof ontvang het, was dus beter daaraan toe. Wat ‘n kolossale tragedie dat aapvirusse teenwoordig in aapnierselle waarop polio-virusse vir entstofdoeleindes gekweek was, aan miljoene niksvermoedende kinders en volwassenes toegedien was met Salk se inspuitbare polio-enstof. Volgens Miller sou siektes soos polio homself uitgewoed het sonder die ingreep van entstowwe: “Many childhood diseases had tapered off before the vaccines had been incorporated into pediatric care. The polio-epidemic of the late 1940’s, for example, was waning when the drive for universal vaccination began in the 1950’s.” Dr. Shorter van die Toronto University skat dat soveel as 30 miljoen kinders met SV-40 virus tydens die polio-entstofprogram voor 1965 besmet was. (NS:Mei 1994).
Blouape, wat glad nie SV-40 dra nie, is daarna ingevoer om die rhesusape te vervang en polio-virusse is toe in blou-aapnierselkulture gekweek. Die verandering was stil gehou deur die pers sodat die publiek nie onrustig moes word nie. Maar ook hier het onverwagte probleme opgeduik, toe ‘n nuwe aapvirus in die blou-aapnierselle in 1972 ontdek is, een wat tans bekend staan as “SIV-agm”. Laasgenoemde virus veroorsaak egter geen siekte in blou-ape nie en entstofvervaardigers was op daardie tydstip ook onder die indruk dat hulle gesonde blou-ape vir hul viruskwekings gebruik het. Kontaminasie met SV-40 was egter steeds ‘n probleem, omrede hierdie virus, blou-aapnierselle kon uitwis. So was SIV-agm virusse onwetend in nuwe polio-entstowwe tussen 1965 en 1972 ook aan miljoene kinders toegedien. Wetenskaplikes soos Hilleman glo dat die SIV-aapvirus (wat in die blou-aapniersel-kulture teenwoordig was) daarna met ander virusse in die mens, of met viruskontaminante in die entstowwe verenig het om oorsprong te gee aan die VIGS-virus (The Lancet:vol.339, 1992). Farmafirmas wou aanvanklik die maak van polio-enstof staak oor die SIV-kontaminasie, maar gelukkig vir hulle, het hul vriende in die Amerikaanse Kongres tot hul redding gekom en ‘n wet deurgevoer wat entstofvervaardigers sou vrywaar teen enige eise komende van mense wat deur polio-entstof beskadig is.
BLOU-AAP en die SIV-AAPVIRUS
Maar SV-40- en SIV-agm was nie al virusse wat in polio-entstowwe gevind was nie! Dr Martin, ‘n viroloog skryf in google: “Dr Sweet Interview on Vaccine Contamination” dat hy blou-aapniere (waarop polio-entsowwe vandag berei word) goed ondersoek het vir die teenwoordigheid van virusse en toe ander virustipes in baie monsters gevind het. Hy was die eerste om die sogenaamde “stealth virus” te vind wat tans verantwoordelik gehou word vir die sogenaamde Yuppy flu (Eng: “chronic fatigue syndrome”/CFS) en ander senuwee-afwykings. Volgens Martin is “stealth” virusse ‘n variasie van die sitomegaal/CMV-virus wat by blou-ape voorkom en was hierdie virusse ook so ver terug as 1972 in blou-ape gevind wat Lederle firma vir entstofproduksie ingevoer het. Maar Lederle het maar net voortgegaan om entstowwe op blou-aapniere te kweek, virusse of te nie!
Martin beweer dat daar tans steeds onbekende DNS in polio-entstowwe voorkom wat aan kinders toegedien word en dat toestande soos “attention deficit hyperactivity order/ADHD”, outisme, komas, psigiatriese- en gedragsafwykings heelwaarskynlik aan die sogenaamde “stealth virus” toegeskryf kan word. Daar is navorsers wat meen dat hierdie virusse die rede is waarom een uit elke 12 Amerikaanse kinders aan een of ander fisiese of verstandelike probleem soos asma, diabetes, outo-immuunsiekte, ADHD en outisme ly, alles toestande wat in die laaste dekades drasties toegeneem het. Daar moet dus IETS van buite kom wat die voorkoms van hierdie toestande stelselmatig verhoog.
Maar die FDA stel nie belang om verder op die “stealth virus”-probleem in te gaan nie. Dit sal entstowwe in ‘n slegte lig stel en dalk ‘n herhaling meebring van die 1960’s se SV-40-polio-entstof debakel. Die farmafia het nie die soort blootstelling nodig nie. Polio-entstowwe word steeds vervaardig op blou-aapnierselle, “stealth viruses”, juppy griep of te nie en so word miljoene kinders jaarliks met aap-virusse besmet (google: “What You Should Know About Vaccines”). Eers was dit SV-40, toe SIV-agm en nou die CMV-stealth virusse, alles aapvirusse wat aan miljoene kinders toegedien was en steeds word. Solank die dollers net inkom, en useless eaters langs die pad sneuwel.
Volgens Miller is MIV ‘n produk van virushibridisasie (vermenging van virusse) wat gevorm het toe verskeie virusse in aapweefsel met mekaar tydens entstofvoorbereiding in aanraking gekom het en daarna doelbewus in die pok-entsof geplaas was: “Animal viruses were synthetically altered and intentionally added to the small pox vaccine. This vaccine was then tested on millions of unsuspecting Central Africans during the 1970’s”. Ook Dr. WC.Douglass het in die Health Freedom News geskryf dat: “WHO used the small pox vaccine for this study and chose Central Africa as a testing ground.” Kyle (Lancet, Maart 1992) en Curtis (Science, Mei 1992) beweer ook dat daar ‘n direkte verband is tussen die VIGS-virus en die virusse wat in polio-entstowwe voorkom. Miller beweer dat daar ‘n verband is tussen polio-entstof en VIGS, aangesien die eeste gevalle van VIGS in Afrika uitgeslaan het waar polio-entstowwe toegedien was. Volgens hom hou virusse wat in dierweefsel gekweek word ‘n groot gevaar in, weens die feit dat die virusse gene vanuit dierselle opneem en dat diervirusse ook saam met entstowwe aan mense toegedien word. Die mens kan vervolgens antiliggame teen die diergene vorm en hierdie antiliggame kan selfs sy eie weefsels aanval en beskadig. So ontstaan dus toestande wat outo-immuunsiektes genoem word, d.w.s toestande waar jou eie antiliggame jou eie weefsel aanval.
Vervolg: KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (3)