KARNIVORIESE PLANTE

               Dr Gustav Norval

Sowat 600 spesies plante is bekend as karnivoriese plante wat insekte vang. Hieronder val die “venus vliegvanger” as een die bekende tipes:

                      

Dan is daar die volgende interessante insekvanger, naamlik die sg.” Pitcherplant” van Asië, wat flesformige blomme dra. In die fles is ensieme wat gevange insekte verteer en waarop die plant dan leef. Een variant van die pitcherplant is die 1,5 meter groot Attenborough–tipe wat groter prooi soos rotte kan vang.

Insekte wat na die blom gelok word deur nektar-afskeiende kliere op die fleswand, val in omdat die flesrande glad is en as eers binne, kan hulle ook nie weer uitkom nie. Die plant toon interessante wisselwerking met sekere diertjies: soos met ‘n piepklein 1 cm-lange paddatjies wat haar eiertjies aan die binne-flesrande lê. Die paddavissies swem in die vog in die fles en eet muskietlarwes en insekte wat in die fles gevang was.

              

‘n Klein soort krapspinnekop leef ook op die blomme en vang insekte wat in die fles ingeval het. Die spinnekop gly met ‘n sydraad in die fles af en haal sy prooi daaruit en op die manier beland die spinnekop nie die vloeistof nie. Alle afval van die spinnekop se ete beland egter in die fles. Die ultraviolet-pigment in die spinnekop se vel lok insekte as die son daarop val en so word die simbiotiese verhouding tussen plant, insekte, padda en spinnekop in harmonie bedryf. Hoe wonderbaar is Ons Vader se skepping!