Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (4)
4. Tom Makobela en die Tswanas
Ons Tswanas, wat in die geskiedenis van Suid-Afrika ten opsigte van die ander Swart volke en die Blankes maar eintlik deurgaans ‘n onderhorige rol gespeel het, se lewensomstandighede en geleenthede het niks verander nadat die New South Africa tot stand gekom het nie. Ons - en ook al die ander Swart inwoners van die land - is in werklikheid nou baie slegter daaraan toe as gedurende die jare toe die Blankes in Suid-Afrika regeer het. Hierdie Kôsa-groepie wat deesdae deur middel van hulle ANC-komplot oor ons almal die septer probeer swaai, bestaan hoegenaamd nie uit die meerderheid van swart stemme in die land nie, maar ons word met elke verkiesing bedreig en stem dan maar uit vrees weer vir hulle.
Toe hulle in 1994 ons stemme nodig gehad het, het hulle die hele Suid-Afrika vol geplak met plakkate soos “Vote for peace! Vote for jobs!” Maar nadat hulle in die stoel gaan sit het, is al ons ander Swart stamme totaal vergete. Moenie dink ons is blind nie. Ons sien hoe hulle duisende van hul onbekwame makkers aanstel in die poste van die Blankes wat hulle ontslaan het en dat hulle die land se geld uitmors, want hulle dink soos wat al ons Swartes dink, dat dié een wat baas is, kan maak net wat hy wil.
Daar was ‘n tyd toe ons teen dood en lewe vir hierdie sterk stamme uit die ooste moes vlug. Die Kôsas het ons nie veel moeilikheid gegee nie, want hulle was te ver van ons af in die Oos-Kaap, maar naby genoeg aan die Blankes by die Visrivier, om hul lewens te vergal. Maar in die middel van die 18e eeu het eers daardie Zoeloe-tiran, Tsjaka, en daarna daardie Matebele-duiwel, Mzilikazi, se hordes al ons groeiende Tswana-stammetjies van die Noord-Vrystaat, Wes-Transvaal en Betsjoeanaland feitlik uitgeroei. As dit nie vir die Voortrekkers was en veral vir Hendrik Potgieter nie, was dit seker met ons gedaan. Hulle het Dingaan verslaan en Silkaats na Bulawayo verdryf en aan ons Tswana-oorblyfseltjies, wat oral uit ons wegkruipplekke tevoorskyn gekom het, weer veiligheid, werk en kos verskaf.
Mettertyd het daar in dié gebiede ‘n hele paar sterk Tswana-stamme ontstaan. Hulle het veral saamgetrek en versprei in die gebied op die suidwesgrens van Transvaal, waar die Engelse die Boere se diamantvelde van hulle geroof het deur middel van die Keate-uitspraak. Buiten ons Tswana-stamme, soos dié van Mankoroane, Montsioa en Moshwêtê, was daar in die suidelike deel ‘n Koranna-stam onder Massouw.
In 1881 het daar onluste en stamgevegte uitgebreek tussen Massouw se Korannas en Mankoroane se Batla-pins. Die Engelse het vir Mankoroane aangehits en vir hom vrywilligers gewerf, maar 300 van die Boere wat hier rond gewoon het, het vir Massouw gehelp. Hy het hulle later met ‘n stukkie grondgebied beloon, waarop hulle toe die Republiek Stellaland gestig het.
‘n Bietjie meer noord het daar twee Barolong-afdelings van ons Tswana-stamme gewoon. Hulle leiers, Moshwêtê en Montsioa, het rusie gemaak oor die opperhoofskap en mekaar aangeval. Moshwêtê het met behulp van die Boere-vrywilligers wat hom gehelp het, gewen en hulle met grond beloon, waarop hulle die Republiek Gosen gestig het.
Daardie geld- en grondhonger Engelsman, Cecil Rhodes, het die Boere in 1884 van Stellaland en Gosen af laat verdryf, want hulle was in die pad van sy ideaal om alles vanaf die Kaap tot in Kaïro rooi te verf.
Gedurende president Kruger se tyd het ons Tswana-stamme vreedsaam en voorspoedig in die suidwestelike deel van die Republiek gewoon. Ons het sy goeie regering waardeer en gerespekteer. Ons kon by die Boere werk kry en kos om te eet. Ons het nooit in opstand gekom soos Malobog, Mapog, Makapan en Mojatje, die Reënkoningin van Noord-Transvaal nie, of soos Sekwati wat met sy Bapedi-hordes die Voortrekkers by Ohrigstad en Lydenburg se lewens versuur het nie.
Ja, ons Tswanas het die Boere-republiek se tyd goeie tye beleef. Oral in die Marico- en Rustenburgse gebied het ons statte gelê, soos by Saulspoort, Mabieskraal, Magatosnek, Mamogaleskraal, Jan-se-kop en tot by Kaya-se-put. Met die verskillende afdelings van ons Tswana-volk wat wes van die Republiek gewoon het, het dit eers ook baie goed gegaan. Hierdie Betsjoeanaland, wat vandag Botswana genoem word, was ons Tswanas se ongeskonde leefwêreld, totdat die Engelse hulle neuse hier kom insteek het. Hulle het vir Khama en sy Bamangwato’s by Palapye, Bathoen se Bangwaketses by Kanya, Sebele se stam by Gaberones en Linchwe se Bagatlas by Mochudi, teen die Boere opgerui en gedreig om hulle te straf as hulle nie saam teen die Boere veg nie. Linchwe het toe saam met die Engelse op 25 November 1899 die Boerelaertjie by Derdepoort aangeval. Hulle het 17 vroue en kinders na Mochudi weggevoer. Die Boere het hom vir hierdie lelike ding wat hy gedoen het, deeglik gestraf.
Gedurende hierdie oorlog het ons Tswanas toe ook nog verder die verskriklike lelike ding gedoen om die Boere wat besig was om te veg, se plase te oorstroom en te stroop, vir die Engelse te help om die vroue en kinders na die kampe aan te jaag, die huise aan die brand te steek en nog veel meer verskriklike dinge te doen teen die Boere, hulle wat ons vantevore nooit enige kwaad aangedoen het nie. Dit alles is deur die Engelse veroorsaak.
Gedurende die jare wat daarna gevolg het, het die Afrikanerregering van die land nie probeer om wraak teen ons uit te oefen nie. Hulle het ons land wat die Engelse van ons afgevat het, weer teruggegee. Ons het hom toe Boputhatswana genoem. Maar in 1994 het die New South Africa hom weer ingesluk.
Nou word vir ons die belaglike storie in die vooruitsig gestel van ‘n wonderlike reënboogland, waar alle kleure in een groot warboel saamvloei. Wat skuil agter hierdie onsinnige idee? Het die Engelse, wat al soveel moeilikheid in Suid-Afrika gemaak het, nie weer ‘n verskuilde doel daarmee nie?
Bruin... vervolg