F.W. DE KLERK – VERRAAIER...

...VLOEK DER AARDE!

Dr JJ Snyman

Daar is niemand in hierdie land; nie eers die Jodin en Black Sash-lid, Helen Zille wat my meer walg as FW de Klerk nie. Indien iemand wat sulke verraad soos hy teenoor sy volk gepleeg het en met biljoene dollars daarvoor beloon is, en dan boonop nog waag om in die openbaar te verskyn, kan dit net aan een feit toegeskryf word - arrogansie!

A nation can survive it fools, and even the ambitious.  But it cannot survive treason from within.  An enemy at the gates is less formidable, for he is known and carries his banner openly.  But the traitor moves amongst those within the gates freely, his sly whispers rusting through all the alleys, heard in the very halls of government itself.  For the traitor appears not a traitor, he speaks in accent familiar to his victims, and he wears their face and their arguments, he appeals to the baseness that lies deep in the hearts of all men.  He rots the soul of the nation, he works secretly and unknown in the night to undermine the pillars of the city, he infects the body politic so that it can no longer resist.  A murderer is less to fear.  The traitor is the plague. - Cicero

Elke jaar op 2 Februarie moet die Afrikaner weer verneder word deur na hierdie vloek der aarde se manewales op TV te kyk. Nou is 'n straat na hom vernoem! Foeitog. En hy sê dit maak hom skaam. Sy optrede kan vergelyk word met 'n graad een dogtertjie met dié verskil dat so 'n kind wel opreg skaam is; De Klerk se optrede getuig van hoogmoed. As hy geen skaamte toon oor wat hy aan sy volk gedoen het nie, waarom sou hy skaam wees oor 'n straatnaam wat na hom vernoem word? Of het hy dalk bedoel, skuldig? Ja, selfs Judas het spyt gehad ...

Vir diegene wat vergeet het wat verraad is, word die boek van Albert Blake Boereverraaier:  Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog aanbeveel. Dit werp interessante lig op wat as verraad beskou is en behoort te word  en hoe verraaiers deur ‘n volk hanteer behoort te word.

Reeds tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881), ongeag die kortstondigheid daarvan, was verraad aan die orde van die dag. ‘n Sekere J van der Linden het tydens daardie oorlog die Boere se geheime beplanning aan die Britte oorgedra.  Nadat hy in ‘n skermutseling met die Britte gevange geneem is, het die krygsraad op 31 Desember 1880 ‘n verhoor gehou, hom aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel.  Op dieselfde dag is hy deur ‘n vuurpeloton terreggestel.

Vir die Boere van destyds was verraad teen die Afrikanervolk ‘n Judassonde omdat die Bybel hulle geleer het verraad is verwerplik.  Johanna Brandt het na die verraaiers as “Judasboeren” verwys.  ‘n Sekere genl. Ben Bouwer het soos volg na hulle verwys:

“Zij schandvlekten met hun laagheid die eervolle naam van die Afrikaner of Boer, (die eigenlijk slechts synoniem zijn).  Zie, daar keeren wij ons in afgrijzen van, daarvan walgt het gemoed van ieder eerlijk mensch, van elken Afrikaner die voor de eer van zijnen naam waakte als voor iets heiligs.”

Eugene Marais, die bekende volksdigter. het as volg na hulle verwys:

“ Wie zal het een dapper volk kwalijk nemen dat hy der verrader haat gelijk ieder eerlyk mensch den duivel, de zonde, en alles wat vuil en afschuwelijk is, haat?”.

Roland Schikkerling het na hulle verwys as ‘n eerlose gespuis wat vir ewig gebrandmerk is en ook as ‘n veragtelike gespuis.  President Steyn het self nog gedurende die oorlog gesê:

“Veragting vir die National Scouts sal voortduur tot ons kinders se kinders tot in verre geslagte.  Geen eerlike man sal sy hand na hulle uitsteek nie en geen Afrikaners sal hulle ken nie”.

‘n Sekere JPD Theunissen het tydens die Anglo-Boereoorlog die burgers met verskeie argumente tot oorgawe probeer beweeg.  Hy’t die gees van die défaitisme wat geheers het doelbewus misbruik en is nie net van verraad nie, maar ook van lafhartigheid beskuldig.  Hy beweeg ‘n klomp van sy makkers tot oorgawe waarna ‘n eed van neutraliteit afgelê word en Theunissen voortgaan met sy boerderybelange.  Hy is later deur die Boere gevang en van hoogverraad aangekla, skuldig bevind en is die doodsvonnis oor hom uitgespreek.  Beide De la Ray en Smuts het die doodsvonnis bekragtig.

Die bekendste twee voorbeelde van verraad was natuurlik dié van genl Piet de Wet en genl Andries Cronjé wat aktief saam met die Britte teen die Boere geveg het. Genl Christiaan de Wet het by geleentheid opgemerk dat indien hy sy broer sou raakloop hy hom “soos ‘n hond sou vrek skiet”.

'n Mens bevind jou dus in goeie geselskap as jy in die hardste terme denkbaar na hierdie veraaiers verwys. En De Klerk beklee nou die posisie van die nommer een verraaier in hierdie land. Ons is eerloos deur hom uitgelewer aan ‘n vyand wat alle middele tot sy beskikking gebruik om ons te vernietig. Dit is hoogverraad.

Waar die optrede van verraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog as skandelik beskou word en met hulle afgereken is indien hulle gevang is, loop hierdie vloek der aarde met 'n glimlag op sy gesig rond en word hy steeds ryklik beloon en geprys vir sy verraad. In plaas daarvan dat, soos na die Anglo-Boereoorlog, waar verraaiers vir jare geminag is en selfs uit kerke verban is, word hierdie verraaier-monster telkens uitgebeeld as die man wat ons land van 'n bloedbad gered het. Laat dit tienduisendmaal herhaal word: Dit is 'n blatante en infame leuen!

Daar is iets drasties fout met sekere volksgenote se oordeelsvermoë. Is dit afvalligheid wat die deurslag begin gee, of praat hulle maar net die media klakkeloos na as hulle ook vir De Klerk nog enige agting het? Wel, geen opregte Afrikaner kan enige respek hê vir 'n man wat tot sulke laagtes gedaal het nie! Hy mag nie toegelaat word om die mantel van verraaierskap enigins te probeer afwerp nie! Ja, geen opregte Afrikaner kan enigsins respek vir hom hê nie.