WIE IS NKOSI?

God of ’n bose gees?

Andrè van den Berg

Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg

Shakespeare vra: “Wat is daar in ’n naam?” Steek daar iets in ’n naam?   Vir seker!  ’n Goeie naam word maklik verkry, maar ʼn slegte een moeilik om van ontslae te raak.   ’n Naam sê vir jou iets van ’n persoon, veral as dit die lewende God is.

Moslems sê dat Christene in der waarheid dieselfde God as hulle aanbid.   Hulle (Moslems) noem Hom net Allah.   Is dit waar?   Alles behalwe!   “Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here” (Deut.6:4).   Allah kan nie God wees nie omdat Allah van sy volgelinge verwag om hulle seun te stuur om vir hom te sterf - die berugte heilige oorlog (jihad).   Die ware God sê: "Ek het my Seun gestuur om vir jou te sterf " (Joh.3:16).   Daarbenewens het die Moslems se afgod nie ’n seun nie, maar die lewende God wel!

Gelowiges moet baie versigtig met die Naam van God omgaan omdat dit ’n heilige Naam is en hulle godsbegrip altyd aan die Skrif toets.   Dit sal verhoed dat ons soos ’n Israel van ouds ’n goue kalf maak en glo dat dit God is.

Nadat die Christelike grondwet in 1994 met behulp van ontspoorde kerke geskrap is, het die heidendom aan die suidpunt van Afrika oorhand toegeneem.  Alles wat goed en eerbaar was, het onder die heiden-hiel deurgeloop, ook ons eens geliefde volkslied wat van die almag en heerlikheid van God betuig het.   Dis met ’n omstrede lied  Nkosi sikelel’ iAfrika vervang wat glo die staatkundige eenheid van die nuwe bedeling simboliseer.

Die ATKV het hierdie lied in Afrikaans vertaal.  Dit begin met die woorde:  ”Seën ons, Here God, seën Afrika, laat sy mag tot in die hemel reik, hoor ons as ons in gebede vra, seën ons in Afrika, kinders van Afrika…”

Oningeligte mense sien dit as ’n godsdienstige lied.  ’n Gesamentlike kommissie van die NG Kerk en Hervormde Kerk het selfs die moontlikheid ondersoek om dit in hul Liedboek op te neem.   Die voorstel het van ’n lidmaat van die NG Kerk gekom wat jare gelede ’n jeugleier van die NP was en daarna ’n ANC parlementslid geword het.     

Die redakteur van die Liedboek het laat blyk dat hy geen beswaar teen die insluiting van hierdie lied in ’n hersiening van die Liedboek voorsien nie.   Dis om die waarheid te sê in die eerste samestelling van die Liedboek oorweeg, maar nie geplaas omdat lidmate nog nie daarvoor gereed was nie.   Hy meen egter dat die tyd vir hierdie “gebed vir die mense van Afrika” nou ryp is.

Nkosi sikelel’ iAfrika word van meet af aan as die nasionale lied van die swartes van Suid-Afrika beskou.  Dis al jare lank die ANC se volkslied.  Die melodie en  eerste vers is deur ene Enoch Sontonga, ’n onderwyser van ’n Metodiste-sendingskool, geskryf.   Hy is in 1904 op 44 jarige ouderdom oorlede.

Sontonga het in Klipspruit naby Johannesburg gewoon en verskeie liedere geskryf.   Nkosi sikelel’ iAfrika is in 1900 gepubliseer en daarna in talle swart skole gesing.   Na die stigting van die ANC (1912) is dit as slotlied van hul politieke vergaderings gesing en in 1925 het dit hul formele strydlied geword en sedertdien ’n politieke kleur verkry.  Dis rewolusionêr en word dikwels met gebalde vuiste in die lug gesing.  Desondanks beskou leke en ontspoorde kerke dit as ’n godsdienstige lied.

Nkosi sikelel’ iAfrika het aanvanklik slegs een vers gehad.  ’n Xhosa digter het later nog ses verse bygeskryf.  Die volledige teks is in 1927 gepubliseer en in 1929 in die Presbiteriaanse Xhosa-liedereboek opgeneem om swartes glo van hul menswaardigheid en skeppende vermoëns bewus te maak.   Alhoewel dit oorspronklik nie as ’n opruiende lied bedoel was nie, het dit spoedig ’n politieke kleur verkry omdat swart politieke vergaderings daarmee afgesluit is.

Maar wie is Nkosi?  Is dit ’n alternatiewe naam vir God, die Vader van ons Here Jesus?    Baie beslis nie!   Swartes aanbid Nkosi lank voordat sendelinge hul met die saligmakende Evangelie bereik het.   Om Nkosi goedsmoeds as die God van die Bybel te aanvaar, is om soos ’n Israel van ouds ’n goue kalf te maak!

Die Afrikaans/Zoeloe woordeboek verklaar khozi met swart bergarend en khosi met koning/kaptein. Nkosi is die groot voorvader-gees van die swartes en nie die God van die Bybel nie. Wie hom as die God van die Bybel aanvaar, kan net sowel enige godsbegrip van watter volk of afgodsdiens ook al as die God van die Bybel aanvaar.   Dis ’n verbreking van die eerste gebod en skending van die heiligheid van die Drie-enige God!

Tot wie se eer sing word Nkosi sikelel’ iAfrika gesing?  ’n Kaptein, ’n koning of ’n swart berg-arend?   Onkundige volksgenote word gruwelik mislei om ’n voorvader-gees te besing.   Voorvadergeeste is niks anders as bose geeste nie!   Dis opvallend hoeveel swartes die naam of van Nkosi het.   Christene sal nooit  die Naam van die Here as ’n eienaam of van gebruik nie!

Waarom is hierdie lied sonder noemenswaardige teenstand aanvaar?   Omdat mense in ’n gemaksone verval het en alles vir die waarheid aanvaar sonder om behoorlike ondersoek na die uitsprake van kerk – en politieke leiers te doen.   Dis geriefliker as ander dit vir jou doen.  Vandaar die onkunde:  “My volk gaan te gronde weens ’n gebrek aan kennis” (Hos.6:4).   Onkunde maak van mense gevangenes in hul eie land:  “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis…” (Jes.5:13).

Nkosi sikelel’ iAfrika is nie met die Bybel of enigeen van ons belydenisskrifte versoenbaar nie.   Dit adem al te duidelik ’n volksvreemde gees en breek ’n mens se hart as volksgenote dit by openbare byeenkomste soos internasionale sportbyeenkomste hartlik saamsing, nie eens in ons skole te praat nie!

Die teks van Nkosi sikelel’ iAfrika vind nie sy oorsprong in die Christelike geloof nie.   Nog minder slaag dit die toets van ’n gebed.   Daar is byvoorbeeld geen verheerliking van Jesus Christus nie.  Dis eerder, so eie aan Afrika, eenrigtingverkeer, horisontaal en aards gerig.

Let veral op die herhalings.  Seën ons, Here God, seën Afrika, laat sy mag tot in die hemel reik….” Ses maal.   Die woorde: “Lei ons tot eenheid en begrip.  Hoor ons as ons U om vrede vra” is ’n gebed vir verbetering van die lewe sonder enige opregte skuldbelydenis.

Die agtergrond en volledige teks van hierdie lied hinder ware gelowiges.  Dit verkondig Swart Teologie.   Swartes is fel teen kolonialisme gekant en sterk op politieke bevryding ingestel.  Dis al vryheid waarin hulle in werklikheid belang stel.  Nie die vryheid in Jesus Christus nie.   Enige teologie wat die mens se omstandighede as vertrekpunt het, is vreemd aan die Evangelie van die verlossing in Christus Jesus. “Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Nkosi sikelel’ iAfrika klink nie na die taal van die Evangelie nie, maar verraai eerder swartes se beheptheid met tradisionele natuurkragte en die aanbidding van voorvadergeeste.    Nkosi sikelel’ iAfrika is ’n onomskrewe aanbidding van ’n vreemde goddelike mag wat bokant die werklikheid optree.  Elkeen vertolk dit soos hy wil.   Gevolglik is dit sinkretisties (godsdiensvermenging) en nie met ons Christelike belydenis te versoen nie.

Die woorde:  ”Daal neer, o Heilige Gees” word ses maal herhaal.  Dis nie die trant van die Bybel nie, maar tipies heidens.  Jesus waarsku teen herhalings: “En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie; want hulle dink dat hulle deur baie woorde verhoor sal word” (Mt.6:7)

Nkosi sikelel’ iAfrika is slegs vir mense aanvaarbaar wat glo dat die godheid op baie maniere aanwesig is en onder baie name aanbid kan word.   Dit adem die gees van die tradisionele Afrika-godsdiens met sy verering en vergoddeliking van ontslape voorouers.

Hou in gedagte dat die Christendom ’n baie dun lagie Westerse vernis oor die Afrika mens is.  Dit word Sondae gepoets, maar daarna vir die res van die week onder ’n tradisionele heiden-lewenstyl bedek.      Gevolglik is daar min egte geloofsgemeenskap tussen die Afrika mens en Westerlinge moontlik.   Ons kan beswaarlik saam oor die ewige dinge van God sing!

Waarom het geen Hindoe, Moslem, Boeddhis of enige ander afgodsdienaar al ooit beswaar teen Nkosi sikelel’ iAfrika gemaak nie?  Omdat dit veelgodery bevorder.  Hierdie lied slaag wel die toets van ’n godsdienstige lied, maar dis nie ’n Christelike lied nie.  Daar word wel tot God gesing en van ’n  Gees melding gemaak, maar dis nie die Vader van onse Here Jesus Christus of die Heilige Gees wat ons van sonde, geregtigheid en oordeel oortuig nie (Joh.16:8).

Daar is geen verwysing na Jesus Christus as tweede Persoon van die goddelike Drie-eenheid nie.   Daar word net van God en Gees gepraat.  Dit sluit eerder by die tradisionele godsdiensbeskouing van die swartes met ’n hoofgod en voorvadergeeste aan.   Skynbaar het dit by die meerderheid van die vrysinnige kerke verbygegaan dat Nkosi sikelel’ iAfrika nie eenmaal van Christus praat nie en in der waarheid van God ’n politieke handlanger maak.  Geen wonder dat dit met ons land so sleg gaan nie!

“Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoenners, die kinders wat verderflik handel!   Hulle het die Here verlaat….hulle het agtertoe weggedraai.  Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk?   Die hele hoof is siek en die hele hart is krank.  Van die voetsool af tot die hoof toe, is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe!.....Julle land is ’n wildernis....vreemdes verteer julle landerye in julle teenwoordigheid  en dit is ’n wildernis soos by die omkering van  deur vreemdes.  En die dogter van Sion het oorgebly soos ’n skermpie in ’n wingerd, soos ’n slaapplekkie in ’n komkommertuin, soos ’n beleërde stad” (Jes.1:4-8).

Mag God die Boerevolk dieselfde genade as aan Israel bewys!

(Ex.20:1-6; 32:1-8)