ESKOM MINUS STEENKOOL OF FINANSIES?

Eskom het dalk nie genoeg steenkool nie

Meinhard Peters

Lees meer by OORSIG EN REPLIEK                                               

Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Met die aanvang van die wintermaande word berig dat Eskom se steenkoolvoorraad by baie kragstasies nie op die minimumvlakke is nie. Die vereiste is dat sowat 20 dae se voorraad te alle tye beskikbaar moet wees. Met die verlies aan steenkool-voorsiening wat van die Gupta-beheerde myne gekom het, het die voorraadvlakke skerp gedaal. Kenners meen dat die minimumvereistes in elk geval ontoereikend is, omdat ernstige falings by kragtasies of in die steenkoolmyne tot langer onderbrekings van kragvoorsiening as net 20 dae kan lei.

 

Eskom se interimbestuur het verklaar dat hulle nie probleme voorsien nie, maar hulle is baie diep in die skuld en is besig om aan te klop by die IMF vir lenings. Sonder ’n sterk finansiële basis kan Eskom nie onvoorsiene instandhouding doen of addisionele reëlings tref wanneer steenkool minder beskikbaar begin raak nie. 25% van die steenkool wat in Suid-Afrika gemyn word, word tans uitgevoer – en dit maak Suid-Afrika die derde grootste uitvoerder van steenkool in die wêreld. Die feit dat Eskom nie sy minimum voorraad steenkool kan handhaaf nie, het meer te doen met sy swak finansiële posisie en sy korrupte verhouding met die Guptas as wat dit met werklik tekorte aan steenkool in Suid-Afrika te doen het.