Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVROUE SE DRYFKRAG
Dryfkrag openbaar 'n samehorigheidgevoel vir die volkseie, volkvryheid, selfregering, vreedsame bestaan. Alle vroue se standvastigheid kan ongelukkig nie aangehaal word nie, want dit is 'n magdom. Slegs enkeles se volkseie dade word hier beskryf. Elke Boerevrou en Boeremeisie was egter heldin in woord en daad.
Jan Besuidenhout het by die begrafnis van sy broer Frederik, wat deur veertien pandoere onder Britse bewind onbillik doodgeskiet is, 'n beroep op die burgers van die distrik gedoen om sy broer se dood te wreek. Die owerheid het daarvan gehoor en kaptein Fraser het met honderd pandoere op die burgers toegeslaan. Dit was die begin van die Slagtersnek-rebellie. Onder meer het kommandant Nel en 'n handjievol burgers ook gehelp om hul landgenote te vang.
Jan Besuidenhout het geweier om oor te gee en het met sy pangeweer op hulle losgebrand. Sy dertienjarige seun het sy vader bygestaan en op die pandoere geskiet. Sy vrou Martha het die gewere vir hulle gelaai. Twee teen honderd was egter 'n ongelyke stryd. Toe Jan die doodskoot kry, gryp Martha sy geweer en veg voort. Haar klere was letterlik aan stukke geskiet met veertien koeëlgate deur haar rok.
Nadat hulle haar ontwapen het, het sy desperate pogings aangewend om haar man se bloedvloei te stop. Die Engelse offisier bied haar sy hulp aan, sy kyk hom egter met afsku en veragting aan en weier enige hulp van hom. So ook vir kommandant Nel wat sy tereg 'n verraaier noem. Dit word vertel dat die Boervroue kommandant Nel nie wou groet of sien nie. Die feit dat sy eie landgenote hom as 'n uitvaagsel bestempel het, het hy so ter harte geneem dat hy selfmoord gepleeg het.
Op die terrein van die Hoërskool Ladybrand staan 'n gedenkteken van gekapte klip met 'n eenvoudige, treffende inskripsie: "Mag Antjie Scheepers 'n besieling vir die dogters van ons volk wees!" Dit is een van die weinige monumente wat ter ere van een bepaalde vrou opgerig is omdat háár beginsels, moed en deursettingsvermoë in die veelbewoë jare van die Groot Trek die verbeelding van haar volk aangegryp het.
Haar lotgevalle is in 'n dagboek opgeteken en het vir die nageslag bewaar gebly. Na haar huwelik met Gerhardus Scheepers uit Graaff-Reinet se omgewing, het hulle ter wille van onafhanklikheid van 'n eie volk, in die vroeë dertigerjare noordwaarts getrek, in 1835 by die trekgeselskap van Louis Trigardt aangesluit en die Kaapkolonie verlaat.
Haar man het in 1837 aan die koors beswyk. Vir die res van die trek sou sy as hoof van die huisgesin vir nege kinders moes sorg en die boerdery behartig, wat sy met groot moed en deursettingsvermoë verrig het. Antjie Scheepers was allermins hulpeloos. Sy het mielies geplant, vir haar gesin 'n rondawel gebou en nodige voorrade geruil. Gebore en getoë in die pionierswêreld, was sy opmerksaam en op haar hoede vir gevaar. Verskeie kere het sy dit gewaar as die beeste afdwaal of as daar leeus in die omgewing was. Sy het geesteskrag gehad om staande te bly en het die ongelooflike ontberings van die tog na Delagoabaai oorleef. Ander vroue het nie so streng dagboek gehou nie anders sou ons meer van hulle geweet het.
Onafhanklike selfregering, dit wil sê apartheid, versterk geesteskrag, asook dryfkrag van vroue en lei tot ontwikkeling op alle gebiede. Die Voortrekkermans het dit hoog waardeer en daarop gebou.