AFRIKANERS STAAN STERK

Johan Dorfling

Met 'n breë uitkyk na wat nou om ons hier in Suid-Afrika aan die gang is, laat my besef dat die geskiedenis herhalend is en dat ons voortdurend daaruit moet leer omdat dit tans weer op vandag van toepassing is. Die beginsels is altyd dieselfde soos wat ek uit 'n toespraak van dr D F Malan vasgestel het. Hieronder is 'n verkorting van dr Malan se wysheid soos ek dit verstaan. Meeste van die woorde is soos hy dit gestel het.

Die gevare wat ons dreig, openlike vyandigheid, dreigemente, verdrukking met getalle, kan die rug van die Afrikaner nie breek nie. Almal wat dit nog probeer, selfs met listigheid, sal tot hulle verdriet uitvind dat dit nie moontlik is nie.

Ons het die idee van 'n eie Afrikanervolk as 'n heilige erfenis oorgeneem van ons wyse stigter en heldhaftige voorouers, van Piet Retief en Andries Potgieter, van Paul Kruger en Marthinus Steyn en Christiaan de Wet, en wat in 'n jarelange stryd dit beskerm en bevorder het en dit vrugbaar gemaak het. Op ons rus in hierdie tydvak van stryd die verantwoordelikheid om 'n eenheidsfront te behou. Die sogenaamde gelykheid in ‘n reënboognasie is onmoontlik. Daarvolgens sal ons nooit 'n eie volk kan wees nie. Geen eie volkslied of vlag nie, geen eie volk of taal nie, altyddeur ondergeskik aan vreemdes. So 'n halfgebakte nasie is 'n onding. Ons volk is ons eie en niemand anders s'n nie.

Rassehaters wat agter die glasdeur staan en ons daarvan beskuldig, is opsetlik moedswillig en uittartend. Ons mense word aangeval, hoe kan ons dan die haters wees as ons goeie verhoudinge voorstaan?  Die aanvallers op rustige en vreedsame mense is die haters.

Volksgenote, kom ons bly saamwerk en saamstaan. Dit is 'n vereiste. Ons wys die rassehaters wat ons aanval dat hulle die skuldiges is.

Die eerste vier verse van Gustav Preller se gedig lui soos volg:

HOE LANG?

Daar ruis soms stemme in die nag,

wat fluister, eers gesmoor en bang,

maar luider straks, skoon altyd sag:

"Hoe lang?"

Hoe lang moet ons nog swerf en stry,

en stil-swaar worstel met die dwang,

en hoon en smaad en skimptaal ly;

"Hoe lang?"

Hoe lang verdra ons nog en wag,

en tel die trane op ons wang,

en duld en ly en treur en smag;

"Hoe lang?"

As volk, hoe lang sal ons nog kyf

eer ons deurgrond die dure drang

tot vry-wees wat ons almal dryf,

"Hoe lang?"

Kom ons antwoord dat die "Hoe lang?" nou hier is. Kom ons werk saam en draai die afwagting om na  "nou doen ons"  en verkry die vry-wees waarna Gustav Preller namens ons volk gestreef het. Kom ons doen sonder verskonings of verwyte wat die taal van hensoppers/lamsakke is. Stilsit is net 'n verskoning om niks te doen.

Volhard en Wen