LIEWE KIND, WEET JÝ WAT IN JOU HANDBOEK STAAN?

KRIEWELKOP

Daar word al geruime tyd voor en ná die sogenaamde Hersiene Nasionale Kurrikulum oftewel Kurrikulum 2005 oor die ANC-onderwys gevra:
Pa en Ma, weet julle wat in jul kinders se handboeke staan? Maar die tyd is nou hier om ook te vra: Liewe kind, weet jý wat in jou handboeke staan? Met die laaste vraag word egter nie bedoel of die besef van die Godlose kommunistiese leerplan tot ons deurdring nie maar of die kind wat reeds nie meer waffers vaar met taalleer vandat die ANC in beheer van skoolleerplanne is nie, nog hoegenaamd kán lees.  En nou is daar nuwe kurrikulumdokumente vir standerd agt tot matriekleerlinge in die vooruitsig wat daarop neerkom dat daar met taalleer weggedoen word onder die vaandel dat dit voortaan deel van literatuur en kreatiewe skryfwerk moet wees, sommer so terloopse ietsie wat ook mettertyd sal verdwyn, en reeds besluit is dat dit ook nie afsonderlik getoets mag word nie sodat daar geen bewysbare uitsprake oor die al swakker taalwerk van leerlinge gemaak hoef te word nie.

Taalleer word in die huidige kurrikulum darem nog as ’n afsonderlike afdeling van taalonderrig gehanteer en sluit aspekte soos die gebruik van leestekens, spelling, taalwerk en sinsbou in. Nietemin vat-vat ons kinders so aan hul Amerikaanse eweknie waar die grootste persentasie matrieks elke jaar nie eers hul eie rapportverslae kan lees nie!

Maar ons moet nie dink dat hierdie beplanning uit onnoselheid plaasvind nie, nie hier op eie bodem nie, en ook nie elders met dié "internasionale neiging" soos daar ewe verskonend beduie word nie. Daar is baie spesifieke "strategies" (lees Engels) waarom hierdie pad gevolg word. As die ANC-departement die afskaling van dié deel van die kurrikulum deurvoer, sal dit onder andere alle huistale sal beïnvloed om nader te kom aan die eenkleurnasie wat vir die Nuwe Wêreldorde voorberei word. Maar daar is verskeie redes waarom veral die blanke volk van Suid-Afrika nie meer in staat moet wees om te kan lees nie. Lees hieronder ook The Manifesto on Values, Education and Democracy (Department of Education, 2001) identifies ten fundamental values of the Constitution, die sogenaamde Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring oftewel Kurrikulum 2005, se standpunte wat in Engels aangehaal word omdat dit eintlik te vreemd aan ons gereformeerde woordeskat is dat dit nie in Afrikaans werk nie.

Een meer belese joernalis van Beeld het die voorreg wat ons kinders in die apartheidsjare in skole beleef het met bietjie meer insig as wat te wagte is benader toe sy sê ons was in Suid-Afrika onder beskaafde bewind vir dekades lank daaraan gewoond dat ons kerke, skole en gemeenskapslewe ‘n redelike mate van eenheid gevorm het. Oor die algemeen was die gees van gereformeerde belydenis sigbaar in die staatskole gebaseer op kurrikulums en voorskrifte wat eerbied en ootmoed aan die Bybel en die Naam van die Here betoon het.

Dit het ons in die gewoonte gebring om nie te hard oor skool hoef te gedink het nie. Onderwysstandaarde was opsigself sodanig dat min kommentaar nodig was, en dat mens selfs sou kon redeneer dat wat in geloofsleer dalk bietjie by die huis reggeskaaf moes word, in elk geval vergoed word deur goeie wiskunde, Engels, biologie en so meer. Vakonderwys op hoë peil met goeie resultate.

Dit het alles verander, maar het ons denkwyse en insig verander? Dit kom nie so voor nie, ons is stiksienig in ons goedvertrouendheid dat daar soos in die verlede onder 'n blanke regering nou steeds die heel beste vir ons kinders gedoen sal word. Hierdie houding getuig ook van 'n geslag ouers wat te bang is dat hulle self die verkeerde keuses vir hulle kinders sal maak en hulle daarom maar liewer aan die vreemde sal uitlewer. Indien dit nie waar was nie, sou elke denkende ouer sy kind uit hierdie bose staatskole gehaal het en as hulle dan nie in staat is om self aan die kind beter onderrig te gee nie, hierdie kosbare geskenk van God aan 'n volkseie skool toevertrou het.

DIE HERSIENE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING

The Manifesto on Values, Education and Democracy (Department of Education, 2001) identifies ten fundamental values of the Constitution. These are:

  1. Democracy
  2. Social Justice and Equity
  3. Non-Racism and Non-Sexism
  4. Ubuntu (Human Dignity)
  5. An Open Society
  6. Accountability (Responsibility)
  7. Respect
  8. The Rule of Law
  9. Reconciliation

The Manifesto further identifies 16 strategies for familiarising young South Africans with the values of the Constitution. These strategies find expression in the Revised National Curriculum Statement and include:

  1. Nurturing a culture of communication and participation in school.
  2. Role-modelling: promoting commitment as well as competence amongst educators.
  3. Ensuring that every South African is able to read, write, count and think.
  4. Infusing the classroom with a culture of human rights.
  5. Making Arts and Culture part of the curriculum.
  6. Putting history back into the curriculum.
  7. Learning about the rich diversity of cultures, beliefs and world views within which the unity of South Africa is manifested.
  8. Making multilingualism happen.
  9. Using sport to shape social bonds and nurture nation-building at schools.
  10. Ensuring equal access to education.
  11. Promoting anti-racism in schools.
  12. Freeing the potential of girls as well as boys.
  13. Dealing with HIV/AIDS and nurturing a culture of sexual and social responsibility.
  14. Making schools safe to learn and teach in and ensuring the rule of law.
  15. Promoting ethics and the environment.
  16. Nurturing the new patriotism, or affirming a common citizenship.

Soos Leonard van der Dussen, Besturende Direkteur van Indicato Onderwys dit stel, daar is dalk dinge hierin wat op sigwaarde mooi klink, maar dadelik moet ons die vraag vra of die geregtigheid van God hierin is? Of hier belydenis is… of net menslike waardes. En dis daardie deel wat ons moet besef: die huidige staatskurrikulum gaan van die mens uit; daardie mens wat selfverlossing soek in die mensliefde en die mensvrede. Die “rule of law” wat hier bo bedoel word, is daardie verstrengelde menslike wetjies wat “social justice and equity” en sulke dinge probeer regkry, terwyl God se Tien Gebooie geen plek hier het nie. “Democracy” word ‘n beginsel (“fundamental value”) terwyl dit g’n Bybelse grond het dat sogenaamde demokrasie die wyse van regeringsamestelling móét wees nie. Israel van ouds wou minstens darem ‘n koning hê, en dit was al gereken as opstand teen God; Suid-Afrika van vandag wil sy redding in die mense se sogenaamde opregtheid en liefde vind: in ubuntu, in non-racism and non-sexism en an open society (sit maar die TV aan en slaan haas enige tydskrif vandag oop en sien presies hoe open ons society geword het: niks is meer heilig nie). Ons moet gewaarsku wees dat waar ons tot hiertoe maar filosofies die probleem van menseregte aangetoon het, ons in die kurrikulum self te doen het met ‘n reëlregte gekombineerde kommunistiese- en Afrika-aanslag op ons kinders en dus op ons voortbestaan en ons belydenis.

Strategies! Strategieë, alles daarvan, om van die blanke, sy vermoëns en veral sy godsdiens ontslae te raak.