BASTA MET OPGEE EN OORGEE

1906: 2011: DIE AFRIKANER WIL VOORTLEEF

Kriewelkop

"Dit is asof die Here ons patriotisme noudat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaners sal sterf."

Só het genl Beyers op hierdie dag, 19 Maart in 1906 in De Volkstem in Pretoria geskryf. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare ná die Engelse Oorlog oor die Afrikaners se wil om voort te leef.

Ds HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: "Ons Kerk is onder, maar niet dood... ons volk is onder, maar niet dood."

En genl CR de Wet, die vasberade bittereinder, het tydens pres Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: "Onze plicht is het te strijden voor de toekomst."

Dít, is steeds die plig van elke reggeaarde Afrikaner, om vandag onder die hiel van 'n Swart kommunistiese regime te stry vir die toekoms van ons volk en ons kinders. Die Here beproef ons nou amper meer as tevore, en ons patriotisme is waarlik uitgeroei, van nasionalisme is daar by net 'n Gideonsbende iets van te bespeur, maar Hy verwag steeds dat ons as Afrikáners sal sterf; nie as verbasterdes, verdwaaldes en afgedwaaldes, verraaiers en oorgeërs nie. Ons plek is binne hierdie volk, só deur God bepaal, en hier moet ons stry om te oorleef, want stryd is lewe!

In die woorde van ds Ds HC de Wet : Wij blijven Afrikaners!