OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (1)

 

 Dr Gustav Norval

 

1=Noukloof

2=Nabas

3=Kub

4=Swartmodder

5=Rietmond

6=Warmbad

 

Die inheemse bevolking van Namibië sluit in die Nama-Hottentotte (waaronder die Afrikaanders van Jonker Afrikaner, Witbooi se Witkamme, Awa-koi, Velskoendraers van Aroab, die Kopers van Kochas, die Fransman’s, Groot Dodens, Swartboois, Bondelswarts, Topnaars), Herero’s, Bergdamaras, Bergtopdamaras, Boesmans (San- en Heikomgroepe), Basters (olv. Lamberts, Izak, Maans van Wyk, Goliath en Boois), Griekwas (die produk van slawe en Europese vermenging) en die volk van Bersheba.  Die Namas was die Boere inisieël goedgesind, maar was haaks met die Herero’s, wie se beeste hulle gebuit het om wapens by smouse te ruil. Die Witboois het in 1851 uit die Kaap na Namibia getrek en hulself as Britse onderdane beskou. Ene Morris, Lewton, Lewis, Dixon, Sherman, Duncan, Stewardson en Grayburn het drank en gewere in Namibië gesmokkel in ruil vir beeste en sodoende het die Namas en Hereros in gevaarlike plunder- en moordbendes verander.

Die Boesmans het kort-kort die plaasboere se vee geroof en so het ene Frans Smit en Jacobus van der Westhuizen die rowers gedurende 1895 agtervolg. Hulle het op die rowers afgekom en hul ammunisie op hulle weggeskiet. Daarna moes die twee deur die warm dor sandwêreld vir die Boesmans vlug. Frans was gewond, gevang en daarna doodgemartel, terwyl sy maat die aand die kamp gehaal het. Die volgende dag het die mense Frans se geskende lyk gekry met sy keel en neus vol sand geprop.   Die booswigte was gevang en aan die Duitsers uitgelewer.