Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'Groot' sondes kan ons maklik vermy: dit verg nie groot opoffering om nie moord, egbreuk, diefstal, ens , te pleeg nie; dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel: ons woede-uitbarstings, stilstuipes, ons selfsug, vloek en twis, ens, waaraan ons meestal skuldig is – dus is daar nie werklik 'groot' en 'klein' sondes nie...
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (9)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
6.5 Van Ecks Associates, Clientel, Co. Directors are all well known military intelligence officers and political figures. Large sums of funds to almost $1.6 billion were handled and controlled by the Van Eck Syndicate on instructions of these politicians and intelligence officers – There are in RSA R37 million in farms unaccounted for. $40 million are being held in secret accounts in Van Ecks name. An unauthorized amount of $6 million was paid to Mrs. Van Eck. There are in RSA various assets of enormous value, belonging to Afri-Air, a total of at least R700 million. Overseas funding in $ 400 million, is also unaccounted for. A further amount of $ 7000 million unaccounted, controlled by Van Eck. After scrutinizing some of Riaan Stander’s bank accounts, the following was found:
Adriaan Barend Stander
Selbornelaan 141
Lyttelton Manor, Pta.
Account name: Intercol Consultants (Pty) Ltd.
Volkskas bank – 0609-142-596, Verwoerdburg branch.
Account name: Intercol Consultants
Nedbank
Arcadia, Pretoria branch
Eastcorp South Africa
Bankcorp London
Swiftref – TBOAGB2L
90 Long Acre
London SC2E 9SF
Account name
Eastcorp main account – 01-38496030-4
El Rosario Trust account – (Eastcorp HQ) – 01-38497030-0
Anti Crisi (Eastcorp Technical Division) 01-38498030-5
Eastech International Bank SA
Boland bank
Swiftref: BOLBZAJC
Pretoria branch
Account name: Estech International Bank – 136 873 6001
Relevant bank official – Mr. L. Coetzee – Gen Man.
Eastech International Bank – Tacoma, Washington.
Moving money between accounts is easy, especially when it is done with the blessing of the major banks and government, but moving gold and weapons around the globe is not so easy.
Enter one of the key players, shipping tycoon Tony Giordiadis, from Greece. Giordiadis had very close ties with Richard Carter (now corporate manager of BMW), the spokesperson for the SA President FW de Klerk. On May 11 and 12, 1990, De Klerk paid an official visit to Greece. Here he met with Pres. Caramanlis and Prime Minister Mitsosakies. De Klerk also met Tony Gordiakis at this time. Of Greek origin, but London based, Georgiadis shipped oil to SA in contravention of sanctions and developed close relations with members of the NP gov. to distribute money freely, Georgiadis opened a bank account in Liberia for Mallar Incorporated (it was also through this account that bribes to the tune of $22 million wer paid to ANC officials during the Arms Deal).
Geordiadis’s father-in-law Lanaras once served as director of the shipping firm Alandis. The conspirators were faced by another huge obstacle – the loyal members of the Defence Force, Military Intelligence, National Intelligence Agency and the South Africa Police, who would immediately put a stop to the transactions, should they find out.
*
Magnus Delport staan op, loop na die venster toe, waar hy met sy hande agter sy rug staan. Skielik is dit asof die jare van hom afval, sy rug raak meer reguit en sy stem verloor baie van die oumens krakerigheid. Uiteindelik begin hy weer praat.
“Ek was nege en dertig jaar oud, ‘n agterbanker in die parlement, aangesien ek nog nie soveel senioriteit het as die ouer manne soos Vorster en Botha nie. Tog was ek vroeër, in die oorlog, een van die jongste manne wat die wreedheid van die Engelse moes aanskou in die interneringskamp op Koffiefontein. Ek het geweet ons volk se toekoms hang aan ’n draadjie, ‘n draadjie wat die Engelse finaal wil knip. Hoekom hulle so ‘n weersin in ons Afrikaners het, weet ek nie, maar dis oral duidelik.”
Hy maak sy oë toe en dis asof hy in die verlede terug is.
“Daar is nog kans om Tsafendas te keer en ek staan op om dit te doen. Miskien is daar ander maniere as om vir Verwoerd so koelbloedig uit te haal. Vorster kyk vir my kwaai aan onder daardie dik wenkbroue van hom en ek gaan sit weer. Ek besef ek is doodsbleek en is bang iemand sien dit en vra my wat aangaan. Tsafendas loop nader en ek sien die dolk in sy hand – ‘n beweging wat Lang Hendrik hom vroeër geleer het. Dit was ook Hendrik se werk om te sorg dat niemand in die parlement ‘n wapen by hom het nie. Hy staan in die linkerkantse deur, waar hy alles kan sien. Ek sien die bloed. Daar so so baie, ek het dit amper… ek het amper naar geword. Verwoerd het net agteroor gesak en toe was daar manne rondom hom. Ek het dadelik geweet dis die einde van ‘n era. Toe ek opkyk, was Lang Hendrik nie meer in die deur nie. Ek sien Oom John die aktetas neem en daarmee uitloop.”
“John is drie dae later onbestrede in Verwoerd se plek as Eerste Minister ingehuldig. Ek wonder toe vir die eerste keer waar ek my ingelaat het. Ek het vir Lang Hendrik gaan sien.
“’Hendrik, ek wil uit. Dis nie waarvoor ek aangemeld het nie’.
‘Jy kan nie uit nie. Ons het immers gesweer daar in Koffiefontein dat ons end-uit vir ons mense sal baklei. Verwoerd het in sy tas ‘n toespraak gehad waarin hy in plaas van segregasie, ‘n tipe federale stelsel voorstel’.”
“Die probleem was waar sou ‘n mens vir die blankes ‘n tuisland skep? Die Witwatersrand is waar die myne en die ekonomie was, wat nou net begin opstaan het. Ons kan dit nie afstaan nie, so ook Natal, die Vrystaat en ons bakermat, die Kaap. Die swartmense het nie die vermoë om van die tuislande ‘n sukses te maak nie, al sit ons hoeveel belastingeld daarin. Maar Hendrik Verwoerd het geglo hy kan dit maak werk. Die ander probleem was tyd. Ons moes tyd kry om die planne in werking te sit en 1966 was te vroeg.”
“Tyd waarvoor,” vra Priester?
Magnus gaan voort, asof niemand hom in die rede geval het nie.
“Twee weke later sit ek saam met Lang Hendrik, Connie Mulder, Eschel Rhoodie, PW Botha en nog so drie of vier manne by Vorster in sy kantoor.
“’Is julle in tot die fluitjie blaas, of nie?’ het Vorster gevra.
‘Wat gebeur tussen nou en die fluitjie se geblaas?’
‘As ons nou begin met ons planne, kan ons alles in plek hê voor die einde van die eeu, maar nie vroeër as dit nie. Mandela is in die tronk, die ANC verban, maar kom ons wees eerlik, hulle is yweriger ondergronds. Hulle het baie steun, nie net plaaslik nie, maar ook in die buiteland. Ons gaan nie Apartheid aan die gang kan hou vir nog baie lank nie. Die buiteland gaan ons straf met sanksies, met boikotte en ons gaan nie olie kan kry nie. Mense het gewoond geraak aan hulle karre en as die goed gaan staan sonder petrol, gaan hulle ons daarvoor blameer.’
‘Wat van Sasol?’
‘Sasol is aan die gang. Dit lewer ‘n groot deel van ons binnelandse behoeftes, selfs gas, wat nou-net in die pype gekom het. Maar vir hoe lank? En wapentuig – Willem, ek wil binne twee jaar ‘n industrie hê wat wapens kan vervaardig. Ek praat nie net van gewere en ammunisie nie, maar van pantserkarre, tenks, vliegtuie, kanonne. Dink jy dis moontlik om so ‘n ding te vestig binne twee jaar?’
‘Ons kan dit doen, John,’ het PW Botha gesê. ‘Maar dit gaan baie geld kos. Ons sal amper van voor-af moet begin en dis nie maklik nie. Laat ek kyk wat ek kan uitrig, dan kom ek terug na jou toe.’
‘Hoe lank?’
‘Twee weke.’
‘Connie, jy en Eschel moet vir ons ‘n plan maak om geld beskikbaar te kry. Verhoog belasting as dit nodig is, gebruik die winste van Sasol. Belas die myne meer, die Oppenheimers kan dit bekostig’.”
“Julle moet weet, daardie vergadering het amper tien ure aangehou. Ons elkeen het werk gekry en ons was opgewonde toe ons uiteindelik daar uitloop. Min het ek geweet hoeveel leuens en moorde nog sou plaasvind, hoeveel bloed sou loop om daarmee tyd te koop.”
Magnus draai om, loop na die sytafel toe en skink vir hom nog ‘n stywe whisky, wat hy klaar drink voordat hy weer by die venster gaan staan, hande nou in sy broeksakke. Niemand sê iets nie; die ou manne weet wat kom en die jongeres is nuuskierig, geprikkel deur wat hulle hoor. Buite is dit tjoepstil.
“Sasol was dadelik ‘n reuse sukses, sodanig dat die buiteland by ons kom kers opsteek het daaroor. Krygkor is in die wetboeke geskryf in 1968, minder as twee jaar later. Ons het Centurion tenks begin opbou en later ombou na die Olifante wat op die Grens gebruik is. Aanvanklik is diesels in die Saracens ingebou en moderne wapentuig, maar dit het nie gewerk nie. Ons het die ou uitgediende Panhard pantserkarre se Franse enjins vervang met Chev 2.5’s, en behoorlike bewapening. Later het die Ratel gevegsvoertuie gekom. Ons het Impala opleidingsvliegtuie gebou en later bewapen. ‘n Klompie Mirage vegvliegtuie en later van hulle ombou na Cheetah’s. Ons het FN FAL’s by België gekoop en ook die patentereg later, en R1’e gemaak. Duisende en duisende van hulle. PMP het ammunisie gemaak. Ons het Galil gewere by Israel gekoop en daaruit R4, 5’s gemaak. Nie een van julle weet hoeveel kundigheid, beplanning, maar ook en opoffering het daar ingegaan nie. Yskor was al van 1927 daar, grootliks as gevolg van die insette van die Broederbond, wat julle jonges so afkraak.
“Diensplig is geproklameer en elke jongman moes nege maande opleiding doen. Later is dit verleng na twaalf maande, en nog later, in 1976, na twee jaar. Na die Tweede Wêreldoorlog was ons weermag klein, maar met dit wat ons geweet het kom, is dit skielik eksponensieel vergroot. Nie net die Staandemag nie, maar ook die Diensplig, Burgermag, Kommando’s en Reserwemag. Iewers moes die geld vandaan kom. Eschell Rhoodie, Connie Mulder en ‘n klompie ander was absoluut briljant daarmee. Hulle was saam met my en die ander lede totaal en al verbind tot die oorwinning wat ons moes behaal teen die ANC, PAC, Inkhata, PLC, die unies en ook die buiteland. In 1971 het die oliekrisis wêreldwyd die ekonomie geknel en by ons ook. Intussen moes ons die Afrikaner oortuig dat hulle moes opoffer ter wille van ons stryd en saak.”
“’Oom John,’ het ek eendag gevra. ‘Hoe gaan ons die mense oortuig om aan te hou stem vir die Nasionale Party en dit waarmee ons besig is?’
‘Deur die NG Kerk en in mindere mate die ander twee Afrikaanse kerke. Vyf en negentig persent van die dominees in die NG Kerk is lede van die Broederbond. Hulle moet die kerke gebruik om die lidmate te oortuig ons saak is reg. Eerstens gaan ons die teologiese fakulteite suiwer van enige linksheid en sorg dat veral die twee groot Afrikaanse universiteite, Stellenbosch en Pretoria, net Broederbondslede aanstel as dosente. As jy die Afrikaner se godsdiens gebruik om ‘n saak te stel, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Hy is klaar oortuig, net omdat die dominee so sê.’
‘En daardie vyf persent dominees wat nie Broeders is nie?’
‘Ons raak van hulle ontslae. Wie nie vir ons is nie, is teen ons! En daardie vyf persent wat nie wil saamwerk nie? Ons maak die lewe vir hulle so moeilik, dat hulle self loop, of deur hulle kerkrade voortdurend in konflik gestel word. Waar iemand nie ‘n klag teen homself veroorsaak nie, maak ons een teen hom op. Dieselfde geld vir onderwysers, staatsamptenare en bankamptenare.’
“As ek nie reeds so diep in was nie, het ek geloop. Maar die moord op Verwoerd het my vasgemaak. Ek was deel van die komplot, as jy dit so wil noem, tot die einde toe. En nou wil ek ook ‘n draai gaan loop, as julle nie omgee nie. So ook my vriende. Ons oumans-blase en prostate – dié wat dit nog het – kan net sò lank knyp.”