Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In ons land sedert 1994 het ons geleer hoe lyk goeie sekuriteitsheinings om ons huise om misdadigers uit te hou, maar ons kan nie heeltyd daarbinne bly nie. God se evangelie werk ook so: dit beskerm ons terwyl ons daarbinne bly maar Hy wil hê ons moet dit uitdra, nie vir onsself hou nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (9)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
The vessel and those who assisted it contravened a number of provisions that relate to commercial vessels docking at South African ports, including SARS designation of a port of entry. The panel made recommendations in relation to the future management of foreign vessels’ docking at South African ports.
In a statement accompanying the report, the presidency said due to the classified nature of the evidence that informed the report, government will not publicly engage further on the substance of the report.
*
Die Regering sukkel om werk te skep, gee minister van finansies toe.
*
The executive summary of the report into the controversial docking of a Russian ship in Simon’s Town last year raises more questions than it does answers.
-Rebecca Davis
*
LEAKED GOVERNMENT MEMO: SOUTH AFRICA IS OFFICIALLY A FAILED STATE- GOVERNMENT HAS RUN OUT OF MONEY
31 August, the Ministry of Finance issued an internal Government memo, alerting both National & Provincial governments that the state has no more money available. In simple terms, the following will happen from the 15th of September this month at both National & Provincial spheres;
1) There is no money to pay Government workers their salary increments, so all Bargaining Council agreements are scrapped.
2) No bonuses to all Government employees.
3) No training of Government employees
4) Stop the hiring of all new Government employees.
6) Stop all Government spending on infrastructure development projects.
All the above mentioned will lead to a jobs bloodbath because Government workers salaries are the single biggest spending item in South Africa, followed by Government infrastructure development projects, therefore without the two, the economy will drastically shrink leading to mass scale retrenchment & affect everybody in all sectors.
Government itself has admitted in the memo that it doesn't know when it will be able to have money again to start it's normal spending again & is just hoping the economy will improve on it's own, until when- even Government doesn't know, so in other words the country is on autopilot.
*
In ‘n vinnige draai na die regterkant, kom die BMW vinnig nader en stamp die Land-Rover op die regterkant van sy buffer. Miskien het die drywer gereken dat ou Land- Rover in wese onstabiel teen spoed is, en hoop vir ‘n vinnige ongeluk. Hoe sal hy kon weet dat dit basies ‘n nuwerige Discovery is, met beter veerstelsel, stuurmeganisme en remme, waarop die ou bakwerk gemonteer is?
Alhoewel die Land-Rover vir ‘n paar benoude oomblikke effens begin dwars beweeg, kry Skeer dit intuïtief en vinnig onder beheer. Sodra die voertuig weer reguit loop, trap hy die rempedaal dood en die vier groot skyfremme laat die fris bande skuur op die grondpad. Die BMW se drywer het dit nie verwag of voorsien nie en hy stamp met sy brose voorkant die agterste onderkant van die Land Rover hard genoeg dat hy self die rem moet trap. Skeer het intussen die voertuig tot stilstand gebring en hy skakel vinnig n tru-rat, jaag terug na die BMW, wat nou sowat vyftien meter agtertoe tot stilstand gekom het, en stoot die kar agteruit, tot dit skuins draai en met sy tollende linker agterwiel oor die afgrond hang.
Skeer spring uit, pluk die R6 onder die sitplek uit en loop doelgerig na die BMW. Die passasiersdeur gaan oop en een van die makkers waag dit eerder om uit te spring en te hoop hy oorleef die val oor die twintig meter diepe afgrond, as om met die wapen kennis te maak. Skeer stamp met die blitsbreker die bestuurder se kantruit flenters, gryp ‘n handvol lang rasta-hare, pluk die kop by die stukkende venster uit en slaan die tromp van die R6 tussen die man se tande in, wat onmiddelik bloed en tandfragmente begin uitspoeg.
Of dit van die bewegings in en rondom die kar is, en of die grond net wegkrummel, sal niemand weet nie, maar die kar gly verder na die linkerkant en tuimel, met die een koplig wat nog skeel na boontoe wys, oor die afrond, val op die man wat uitgespring het, beweeg ‘n entjie verder teen ‘n baie skuins lysie en met ‘n slag tref dit die onderkant van die afgrond.
Skeer staan vir ‘n lang oomblik en kyk, draai om en loop terug na sy voertuig toe.
“Wat was dit, Oom?”
“Dit was sommer ‘n klomp ouens wat eerder wou wegkom as om te baklei.”
*
‘n Paar honderd kilometer vanwaar Skeer en Ezra hulle bevind, sukkel Rob Smit om nie die snelheidsgrens te oortree nie. Hy wil so vinnig as moontlik by sy seun uitkom en die fris V8 diesel onder die Touareg se enjinkap, met 310 kilowatt en 900 Newton-meter, is genoegsaam om die swaar kar teen meer as 230 kilometer per uur te laat snel, of van nul na 100 in onder 5 sekondes. Ten einde laaste skakel hy die spoedkontrole op 130 km/h, wat hom die nie-amptelike grasie van 10 km/h bokant 120 gee. Dit voel vir hom asof hy oor die pad kruip, met die egalige kraglewering en 8-spoed ZF ratkas wat amper alles by hom oorgeneem het.
Ten spyte van die uiters gemaklike sitplekke wat op en af, vooroor, agteroor, tilt boontoe of ondertoe kan verstel, is Rob ongemaklik. Die styfheid in sy nek en rugspiere wil nie skietgee nie en hy wil nie pille daarvoor sluk nie, met die vrees dat dit hom lomerig sal maak. Natuurlik sal die Touareg dit agterkom en hom met ‘n dringende sirene waarsku as die kar agterkom hy dwaal van koers af, maar hy is steeds skrikkerig. As jong student het hy amper agter die stuur van sy ou Volksie aan die slaap geraak en die kar omgegooi.
Sy gemoedstoestand weifel vanaf ontsteltenis, angs vir sy kleinkinders, woede en ‘n diepe gevoel van magtelose frustrasie. Hy besef dat hy by sy bestemming die een of ander gaan ervaar: as die kinders veilig is, verligting en frustrasie oor die gebeure, angs as hy niks kan doen nie en woede as hulle iets oorgekom het. Hy probeer sy seun, Mauritz, bel, maar tussen die lae berge is daar nie selfoonopvangs nie.
Kan die kar nie maar vinniger ry nie?
*
Ezra het uit sy rugsakkie ‘n ouerige Samsung selfoon gehaal. Die skermpie het ‘n skuins kraak vanaf regs bo na links onder, maar as hy die toestelletjie aanskakel, is die foto duidelik en amper skerp in die half-donker. Skeer wil eers vir hom vra om dit af te skakel, aangesien hy nie konsentrasie wil verloor nie en die helderheid pla hom, maar as hy skuinsweg sien dat dit ‘n foto is waarop hy, sy pa en ma is, gelukkig en laggend, sekerlik deur iemand anders geneem, laat begaan hy die mannetjie.
Wanneer ‘n kar van voor af kom, sien hy in die oomblik van die ligte dat daar trane oor Ezra se wange loop. Nogtans huil hy nie hardop nie. Skeer wil iets sê om hom te troos en bemoedig, maar besef hy is nie toegerus om die regte woorde te sê nie. Hy steek sy linkerhand uit en gee sy skouer ‘n ligte drukkie.
Net voor dagbreek laat sak die seuntjie sy koppie teen die sitplek se rugleuning en raak aan die slaap. Skeer vat die selfoon versigtig uit sy handjie en Ezra skrik half wakker, maar laat gaan dan en slaap verder.
Voordat hy die selfoon afskakel, kyk hy mooi na die prent. Dis van die laggende seuntjie op sy pa se skouers, met sy ma wat agteroor leun teen haar man. ‘n Tevrede glimlag is op haar mooi gesig. Skeer neem hom twee dinge voor, om die misdadigers vas te trek en uit te vind wat agter hierdie enigma skuil en tweedens om vir hierdie seuntjie die beste tuiste te bied wat hy moontlik kan.
(Kleinskeer)