Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vrede word nie in raadsale of deur ooreenkomste gesluit nie. Vrede is ook nie iets waarvoor jy wens nie. Vrede kom uit die harte van mense. Dit is iets wat jy maak, wat jy doen, iets wat jy is en wat jy weggee.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (5)
083 444 7672)
The illegal expropriation of land by the government and land invasions by criminals (Zimbabwe style land grabs).
-Genl Roland de Vries
*
“BEE procurement alienates investment, inhibits maintenance and infrastructure development, weakens fiscal resilience, thereby decreasing economic growth, which in turn harms employment prospects especially of poor black people who lacked marketable qualifications.”
– Gabriel Crouse
*
Apartheid word gedefinieer as segregasie as gevolg van ras, velkleur of ander merkbare ondeskeid. Segregasie beteken om apart te sit, behandel of af te sonder. (Afsonderlike ontwikkeling – RED.)
Onder Apartheid was daar 58 wette teen Swartmense, Kleurlinge, Indiërs en ander Asiate. Tans is daar 116 segregasie of diskriminerende wette teen Blankes. Dit beteken dat daar aan die begin van 2024 meer apartheidswette onder die ANC is as onder die NP. Die logiese gevolgtrekking is dat Suid-Afrika tans ‘n groter apartheidstaat is, as wat die geval was vanaf 1948 tot 1994.
Dawie Roodt het eendag opgemerk dat hy oral in ‘n woestyn van armoede en hongersnood voorsien dat daar eilandjies van voorspoed en rykdom sal wees. Niemand sou kon voorsien dat daar in ‘n land waar onrus en chaos heers, eilandjies van orde en samehorigheid sal wees nie.
Boere en inwoners van plattelandse dorpsgebiede begin hulle al meer verset teen die boelies binne die polisie en die regering. Dubbele standaarde kan net tot op ‘n punt verduur word en dan sal teenstand volg. Nie net besef mense gaandeweg dat hulle nie meer op die SAPD kan staatmaak nie, maar huiwer selfs om misdaad aan te meld, met die wete, bewustelik of onbewustelik, dat hulle self die gevaar loop om gearresteer te word. Niemand vertrou meer ‘n blou uniform nie.
In Groblersdal word dit duidelik dat die gereg kant geskies het teen wet en orde. Sommige groeperings word toegelaat om te betoog en ander word gearresteer. Die twee aangeklaagdes is skuldig bevind, nog voordat hulle hulle saak in ‘n openbare hof kon stel. Drie jong manne meld hulleself by die polisie aan, bloot omdat hulle deel van die verkeerde groep is, en ‘n lasbrief vir hulle arrestasie uitgereik is, omdat hulle kwansuis by openbare geweld en die aanhitsing daarvan verantwoordelik is. Een van hulle was gedurende die optog die hele tyd aan die binnekant van die hof.
Waarom gebeur dit? Omdat die regering bang is. Hulle is desperaat om die boompie te breek voordat hy dorings maak. Dit lei egter net tot verdere ontnugtering.
Skok en verbasing gaan oor in wantroue en wantroue sal onafwendbaar lei tot verset, hetsy lydelik of geweldadig.
Panyaza Lesufi, die premier van Gauteng, het besluit om 10 000 manne en vroue te gebruik as ‘n tipe mag tussen die polisie en die sekuriteitsmagte. Hulle word van die straat afgneem, deur die weermag opgelei, ’n uniform gegee en losgelaat op die burgery. Die DA maak ernstig kapsie hieroor en met reg. Dit druis in teen ‘n hele aantal wette en regulasies waarin die polisie en die weermag hulle bevind. Soos iemand dit tereg stel: “Die polisie is daar om te beskerm en dien. Die weermag om te soek en vernietig.”
Die soldate is nie opgelei om polisiewerk te doen nie en hulle het dus nie die vermoë om ‘n semi-polisiemag op te lei en toe te rus nie. Dis in werklikheid totaal en al absurd.
Totdat die besef deurdring dat dit dalk ‘n privaat weermag (of deel daarvan) is om die regerende party te beskerm teen die samelewing.
*
Cor Viljoen en Dionne het langsaan Klaas se winkel in ‘n leegstaande huis ingetrek. Die ander inwoners het vir hulle die paar nodige meubels ingedra en hulle maak hulleself so tuis as wat moontlik is.
Die hele dorp se inwoners maak kos en deel sover moontlik aan die boere en ander uit, wat nou ingekom het. Baie van die maaltye is eenvoudig, soos pap en wat ookal beskikbaar is, soms skaap en ander kere wors. Soms net melk en suiker of sous wat oorgeskiet het. Vandag is dit Sondag en hulle het almal saam kerk toe gegaan en saam geëet in die Boeresaal. Die vroue het hulle beste gedoen met dit wat beskikbaar is, sonder om vandag te laat eet wat môre nodig gaan word.
Dis nou laatmiddag en Cor maak gereed om te gaan wagstaan by die hoofingang van die dorp. Hy was en trek skoon aan. Op die nuutgeleende bedkassie lê sy ou rewolwer. Hy kyk, soos altyd wanneer hy die ding iewers neergesit het, na die wapen en besef daar is iets besonder aan dit. Natuurlik is daar nuwer en kragtiger kalibers, soos die 460 &W, of die .50’s, maar hy het niks meer nodig as die ou .44 Magnum wat reeds uit die 1950s’ kom nie. Ja, .357 Magnums is sekerlik meer van ‘n goeie opsie, maar hy voel hy het deesdae iets groters nodig.
Hy kan nie anders as om eers weer na die ding te kyk nie, voordat hy dit aan sy lyf gord. Daar is iets net reg aan die ou Ruger Super Blackhawk met die kort, 127mm loop. Dis asof die dimensies net reg is. Dis swaar en skop hard, maar dit skiet ‘n 240 grein koeël teen veel vinniger as die snelheid van klank, is nog vol krag en momentum op afstande van meer as twee honderd meter en dis vir hom die perfekte wapen.
Hy vat ook sy lang geweer, ‘n relatiewe moderne Lee-Enfield in .303 kaliber, vat die ekstra magasyne, sit sy hoed op, vat ‘n bottel water, groet vir Dionne en loop die honderd en vyftig meter na die plek waar die wagpos is.
“Jy is vroeg, Cor.”
“Jy kan maar afstaan, Basie. Die kos is baie lekker en die vroue het vir jou uitgeskep.”
“Ja, maar Liza het reeds vir my gebring. Sy het ook hier gewag tot ek klaar was en my bord en beker teruggevat.”
Liza is ‘n baie aanvallige jong nooi wat ‘n paar maande gelede teruggekom het van Bloemfontein, waar sy mediese wetenskappe gestudeer het, voordat die medestudente alles ontwrig het. Die dorp se apteker het die pad gevat, aangesien hy nie deel wou wees van hierdie klomp rebelle nie, wat na sy mening almal doodgeskiet sal word deur die regering se magte en die dorpenaars het vir Liza ‘n soort praktyk ingerig in die apteek self. Saam met die ander bejaarde dokter, is daar nou dus twee medici in die dorp en as Cor die tekens reg lees, gaan hulle dalk net nodig word.
Wanneer hy op die kampstoel gaan sit, voel hy iets in sy baadjiesak. Hy het die stuk klere lanklaas aangehad en as hy in die binnesak voel, kry hy ‘n A4 bladsy waarop hy ‘n artikel van ’n paar weke gelede uitgedruk het. As hy dit begin lees, wonder hy hoe akkuraat dit is.
Tuesday, 6 February 2024The Real State of the South African Nation
President Cyril Ramaphosa will deliver his State of the Nation Address on Thursday, and it’s sure to be brimming with pomp, promises and prophesying. Last year, Ramaphosa used his Sona speech to highlight four areas of concern that the government would be addressing urgently. Twelve months on, let’s see how they’ve done:
The energy crisisThe promise: A minister of electricity would be appointed to take full responsibility for overseeing all aspects of the electricity crisis; The result: Minister or no minister, South Africa endured its worst year of load shedding in 2023.Cost of livingThe promise: The Social Relief of Distress Grant would continue until 2025 and other social grants would be increased to combat deepening poverty;The result: Despite these grants an estimated 13.8 million South Africans live below the food poverty lineUnemploymentThe promise: Unemployment would be addressed through the expansion of the Employment Tax Incentive and further recruiting by the Social Employment Fund; The result: Unemployment sat at 31.9% at the end of Q3 2023, with 47% of South Africans reliant on a social grant.Crime and corruptionThe promise: Strengthening of the SAPS to prevent crime and increased capacity at the National Prosecuting Authority;The result: In Q3 of 2023, South Africa’s per capita murder rate for 2022/23 was the highest in 20 years.
Not to put too fine a point on it but if your spouse made this many broken promises, it would be over by now.So what of the 2024 edition of soon-to-be-broken promises? If the President’s speechwriters were in touch with reality, his address would go a little something like this: Fellow South Africans, we’re in trouble. Deep trouble. Load shedding is crippling the economy. Inefficiency and dysfunction at our ports and on our rail network are destroying our export market and crippling local development.At least 4.9 million young South Africans are unemployed.
With 81% of children aged 10 unable to read for meaning, the future of the next generation doesn’t look any better. Corruption is the language of our leaders. Our political system is broken. But don’t worry, that’s all going to change. Trust us. Trust politicians? Thirty years on, even the most optimistic have lost faith. But there is still hope. There is a national election this year and an informed electorate can save South Africa by using their vote to enact change.
*
“Kan ek maar kom meemaak aan jou mymeringe?”
As Cor opkyk, sien hy vir Dionne langs hom staan. Hy was so verdiep in die artikel en konsentreer om dit te ontsyfer, aangesien Engels nie juis sy gunsteling taal is nie, dat hy nooit haar voetstappe gehoor het nie.
“Natuurlik, my lief,” sê hy en staan op sodat sy kan gaan sit.
Hy besef weer hoe lief hy haar het en hoe gelukkig hy is om haar te kon hê as vrou. Hy trek haar effens nader en soen haar impulsief op die mond. Op daardie oomblik klap daar skote en hy voel hoe word haar lyf slap in sy hande. Hy is ook effens van balans af, trap agtertoe en struikel oor die kampstoel. Hy val agteroor, met Dionne bo-op hom.
In die val trek hy die ou rewolwer, en as hy grond tref, sien hy die drie polisiemanne minder as tagtig meter van hulle af. Met sy linkerarm nog om sy vrou, kyk hy verby haar en trek hy die eerste skoot. Dit is laag en hy tref die naaste man in die middel van sy regter bo-been, die tweede onder sy lyfpantser en die derde in die keel.
Cor tel vir Dionne op in sy arms, soos ‘n ma haar baba sou dra en hardloop die honderd en vyftig meter terug na die dorp toe.