Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Met ons sondige natuur stry ons so graag vir ons eie eer, dikwels téén die eer van die Here. Die oomblik as iets ons eie eer bedreig, verset ons ons daarteen. Maar wanneer ons vír die eer van God moet stry dan bly ons stil. Hoeveel keer het jý al geswyg omdat jy bang was dat mense jou sal verwerp?
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (23)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaanse onder die Engelse bronne
“If you cannot read all your books...fondle them---peer into them, let them fall open where they will, read from the first sentence that arrests the eye, set them back on the shelves with your own hands, arrange them on your own plan so that you at least know where they are. Let them be your friends; let them, at any rate, be your acquaintances.”
― Winston Churchill
*
A new report revealed that the South African Police are concerned about unrest, violence, and boycotts in some parts of the country as the general elections loom. City Press reported that an SA Police Service crime intelligence unit warns of numerous direct and indirect risks. A direct risk is truckers blocking key routes. They demand that foreign drivers not be allowed to work in South Africa. The report also highlighted specific areas which may be targeted, including parts of KwaZulu-Natal, Gauteng, and North West. It warned that many communities threaten to use the upcoming elections to protest poor service delivery.
Another concern is that police station armouries in KwaZulu-Natal, Gauteng, and the Western Cape could be targeted by protestors who want to steal guns. The South African police’s crime intelligence report aligns with warnings from the business and finance community.
BMI’s associate director of operational risk, Derrick Botha, said South Africa’s upcoming elections pose the greatest risk for political violence since the advent of democracy. The risk is largely heightened by newcomer uMkhonto we Sizwe (MK), the party led by former president Jacob Zuma. If the MK Party does not accept the outcome of May’s elections, this could lead to mass unrest across South Africa, similar to the July riots in 2021.
Zuma’s imprisonment for contempt of court was the immediate cause of the July riots, and the unrest was concentrated in KwaZulu-Natal and Gauteng. What began as protests in support of Zuma quickly spiralled into wider riots and looting, as underlying economic grievances played a part. Botha said these riots showed the willingness of many Zuma supporters to resort to violence. Therefore, this willingness could again be showcased if the former President’s party does not accept the election results this year.
Award-winning economist Dawie Roodt is concerned about violence and unrest in South Africa amidst a political transition period. Roodt said South Africa has very high levels of unemployment, rising poverty, and a growing number of people who go to bed hungry. There are also around 28 million people who rely on the government’s social grants every month to survive.
“These grants are becoming less valuable because of high inflation. That means the social grants’ value is declining in real terms,” he said. South Africa’s society is already very polarised, and the uncertainty surrounding the elections creates a volatile mix.
Some political leaders’ unrealistic promises and divisive rhetoric to gain votes add fuel to the fire. He referenced Gauteng Premier Panyaza Lesufi’s promise that if the ANC wins the elections, everyone could immediately go to private hospitals.
“Imagine a hundred people going to a private hospital, and there is a confrontation with private security. There are many other examples,” Roodt said.
“All these factors put pressure on the society, and I am very concerned about the possibility of violence,” Roodt said.
He said in a worst-case scenario, there could be a repeat of the violence and looting experienced in KwaZulu Natal and Gauteng in July 2021.
“There can be a spark that sets the whole thing in motion. That is what I am concerned about,” he said.
“The unrest can pick up momentum because of the underlying factors, like unemployment and poverty. These forces can drive violence in South Africa.”
Former deputy chief of the South African Army, General Roland de Vries, warned that any trigger event around the elections could cause unrest and violence, similar to the July 2021 riots.
De Vries told Biznews that many trigger events can cause the state to lose control in specific areas, which could lead to anarchy in these areas. He explained that the high youth unemployment, households struggling financially, and increased absolute poverty have created a dangerous environment.
“If the state finances collapsed, where it could no longer pay social grants, there will be havoc in South Africa,” he said.
This is not the only scenario that could trigger unrest and violence. Many other events, especially around the elections, could also lead to problems.
De Vries warned that the government is not well equipped to deal with these situations, which could lead to anarchy.
“Anarchy could erupt in small areas of the country and spread to create a dangerous situation in larger parts,” he said. He said one of the major threats is criminal elements closing major roads, like the N3, preventing food from being distributed throughout the country.
“The problem in South Africa is not food security. It is when the roads are closed and stops the food from reaching people,” he said. It is the government’s responsibility to contain outbreaks of violence. However, it may not be equipped to deal with these events.
“I am concerned about the state’s capability of pre-empting, preventing, or containing such threats,” De Vries said.
“I doubt the state can contain such threats and stabilize the environment quickly to prevent it from spreading.”
-Daily Investor • 19 May 2024
*
Dit was harde werk, waar al die manne hulle kant gebring het. Die vooras van die plaasbakkie is uitgehaal, skoongemaak, die ou olie uit die ewenaar getap en vervang met vars olie. Die skyfremme van Arno se voertuig is afgehaal en dit vervang die dromme wat nog deel van die ouer voertuig is.
Met al die koppelings klaar; die dryfas, rempype en skokbrekers in plek, is dit net die remme wat gebloei moet word en net daar kom die probleem. Die stelsel wil eenvoudig nie deurbloei nie en die manne maak later beurte om die rempedaal te pomp, terwyl John die bloeiskroewe oop en toedraai. Die manne se woordeskat is van sò ’n aard, dat die vroue hulleself later verskoon, selfs Maya, wat in die weermag daaraan blootgestel was.
“Oom,wat beteken ‘****’?”
“Dis lelike woorde, Ezra en ek wil nie hê jy moet dit ooit sê nie, hoor jy?”
“Ja, Oom, maar wat beteken ‘@@@@’”?
“Dis ook nie woorde wat jy mag sê nie.”
“Maar waarom sê die ander ooms dit so baie?”
Skeer gee die outjie ‘n vuil kyk, wat waarskuwings inhou.
Uiteindelik merk John op dat hulle die wiele se remknypers (“callipers”) verkeerd-om het, dit wil sê die linker een aan die regterkant en andersom, met die bloeiskroewe aan die onderkant van die knypers ern dus is daar die hele tyd lug in die sisteem. Met die twee knypers omgeruil, en die bloeiskroewe aan die bokant van elkeen, kom die pedaal met die eerste bloeipoging op en die remme is weer reg.
“Drie ure en vier bottels remvloeistof later en ons almal leer weer iets.”
Met die frustrasie agter die rug en met nuwe woorde geleer, was die manne die ghries en olie van hulle hande af – John s’n is vuil tot by sy elmboë – en met nuwe woorde bygeleer, stap hulle huis toe. Wanneer hulle naby genoeg is, vul die geur van braaivleis die omgewing.
*
In plaas van om voortdurende grootskaalse gevegte te voer, is dit soveel beter om kleiner, maar harde aanvalle te loods op mense wat na aan jou grense kom. Wanneer ‘n groep ‘n bufferstrook vir hulle skoongemaak het, is dit van kardinale belang om te sorg dat niemand dit binnekom nie.
Met die beskikbare hommeltuie, wat ook nagsig, infrarooi en ligaftastingsvermoë het, kan die groep enige vyandelike betreding opspoor en neutraliseer nog voordat dit ‘n bedreiging word. Daarvoor is jong, sterk, fikse en dapper manne nodig en Nicodemus is baie dankbaar vir dié waaroor hulle beskik. Tien goedgemikte rondtes is dan baie goedkoper as duisende wat afgevuur moet word wanneer die gevegte groot raak.
Natuurlik moet daar altyd, vier-en-twintig/sewe en elke dag van die week, maand en jaar nie een oomblik die waaksaamheid verslap nie. Dit is moeisaam, kan vervelig word, is uitputtend en verg opoffering van almal in die kamp.
Elke man vrou en meeste van die groter kinders werk soos Nehemia vanouds, maar in plaas van troffel en spies in die linker en regterhande, met meer moderne werktuie en vuurwapens.
“Wat weet jy, Tamar?”
“Ek weet nie baie nie, maar ek het, wat julle noem, vroulike intuïsie.”
“En dit sê vir jou wat?”
“Dat ons bloedige rewolusie amper verby is.”
“Hoe kan jy dit sê?”
“Ek kan sien as mense, nie ons s’n nie, die ander, moed verloor. Ek kan dit aanvoel. Dink maar daaraan hoe lanklaas ons ‘n aanval gehad het wat goed georkestreerd was en wat met mening uitgevoer is. Die bietjie vat-en-voel geweld teen ons die afgelope tyd was maar effentjies en ek het aangevoel hulle harte is nie daarin nie. Kyk maar dit was vinnig en gou verby, voordat hulle in werklikheid ons grense betree het. Ons gaan aan – ons het kos, water, blyplek en relatiewe veiligheid. Ons slaap warm en droog, behalwe wanneer ons veld toe moet gaan, ons lag en gesels, die jongmense raak verlief en bo alles, ons het hoop en ‘n toekoms. Hierdie ander mense het niks daarvan nie. Hulle slaap nou al vir jare ongemaklik, koud en nat, het nie genoeg kos om te eet nie en hulle is nooit veilig van hulle eie mense af nie. Hulle moed is gebreek en glo my, dis net ‘n kwessie van ‘n kort tydjie, dan gaan hulle teen hulle eie leiers draai en vrede kom soek.”
Tamar was verkeerd, maar niemand sou dit kon raai nie en almal het gehoop sy is reg.
*
“Mag ek weet waarheen is julle op pad?”
Voor iemand kan antwoord, praat Ezra.
“Ons gaan die Krugergoud soek, Oom. My oupa se oupa se oupa van my ma het geweet waar dit is.”
“Die Krugermiljoene?”
“Dis reg.”
“Aahh. Julle weet daar is mense wat dit al vir ‘n honderd jaar lank soek? Ek dink nie eens dit het werklik bestaan nie, maar as julle dink julle weet waar dit is, dan moet julle seker maar gaan tyd en brandstof mors daarmee.”
“Wel, dis ons tyd en brandstof. En, totdat die land opgeruim en weer aan die werk is, is dit net so ‘n goeie plan as enigiets anders.”
“Daarmee stem ek saam. Julle weet daar was ‘n groot ophef gemaak so rondom 2000?”
“Ja, 2001, as ek reg is. ’n Klomp mense daar by Ermelo se wêreld het daarna gaan soek by ‘n soutpan, waar ‘n aantal Zulu’s ‘n paar honderd goudstukke opgegrawe het, alreeds in die 1960’s.”
“En julle weet dat die geskiedenis prof, ek dink sy naam is Frans-Johan Pretorius, gesê het die goud het nooit bestaan nie en as dit wel bestaan, kon dit nooit ‘n miljoen onse wees nie, want die myne wat Paul Kruger genasionaliseer het, kon in daardie tyd beslis nie meer as ‘n sewe of maksimum agt honderd duisend munte geproduseer het nie.”
“Dis waar, maar weet jy hoeveel is sewe honderd duisend Krugerponde werd? Dit klink my asof versamelaars tot ses duisend dollar elk vir die munte kan betaal.”
“Dis seker so vier komma twee miljard dollars. Dis baie geld, veral nou met die rand, wat letterlik niks werd is nie. Waarom weet jy so baie daarvan af?”
“Ek het ook al daar by Ermelo gaan soek destyds. Ek was een van daardie grouers in daardie tyd. Julle weet dan sekerlik ook dat die destydse bittereinder, Duquesne... wat was sy voornaam?”
“Fritz. Hy het ook die van Joubert gebruik en hy het beweer dat hy agtien wavragte goue munte gaan versteek het.”
“Netso. Maar hy het, nadat hy deur die Britte gevang is, in ballingskap Bermuda toe gegaan, ontsnap en na Amerika gereis. In1941 is hy gevang vir spioenasie en na sy vrylating, agtien jaar later, het hy as armsalige gesterf in 1956. As hy dan so arm uit die tronk gekom het, waarom het hy nie daarna gaan soek vir die goud nie. Hy weet mos waar dit was!”
“Ek het geen idee nie. Maar nou ja, ons gaan maar daarna soek. As ons tyd en diesel mors, is dit ook maar so.”
“Kan ons saamgaan?”
“Jy het dan nounet gesê daar is nie so ‘n skat nie en jy het al jou redes genoem. Waarom in des lewe sal jy – julle dan wil saamgaan?”
“Want ons het ook tyd en diesel om te mors en ons weet dis net ‘n kwessie van tyd dan gaan hierdie plek weer aangeval word. Ons sal veiliger by en saam met julle voel.