DIE ANC
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Hierdie operasie sou Suid-Afrika met geweld omverwerp met die 210 000 tuisgemaakte handgranate, 48 000 tuisgemaakte landmyne en 1 500 tydbomme. Tussen 'n kwart en 'n halfmiljoen mense sou op hierdie wyse uitgewis kon word, en buitelandse ondersteuning het gereedgestaan om verder in te gryp tot hulp vir die ANC."
Terrorisme word nie slegs as 'n politieke vraagstuk beskou nie maar ook as 'n misdaad wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Terrorisme was nog altyd bloedige, gewetenlose moord en misdaad teen onskuldige slagoffers, soos die burgers van Suid-Afrika maar alte goed uit ondervinding weet, want enige bevolking met nasionalistiese 'neigings' is 'n teiken vir terrorisme. Hiervan kan Suid-Afrikaners getuig in die jare voordat ons hierdie land aan die terroriste persent gegee het.
In Suid-Afrika, voordat Swart terroriste baas van ons land geword het, was daar drie verbode organisasises wat deur middel van terreur gepoog het om die Blanke regering omver te werp. By name was hulle die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) in samewerking met die African National Congress (ANC), en die Pan African Congress (PAC), die drie gevaargroepe waarvoor alle Blankes in Suid-Afrika gevrees het. Behalwe dié drie organisasies was daar ook die South African Congress of Trade Unions (SACTU), wat die arbeidersvleuel van die ANC verteenwoordig het, en Umkhonto We Sizwe, wat die militêre vleuel van die ANC en SAKP as gesamentlike front verteenwoordig het.
Die ANC is op 8 Januarie 1912 in Bloemfontein gestig om oor die belange van die Swartes te waak en dit te bevorder. Dit was aanvanklik 'n kommunistiese organisasie, maar vanaf 16 Desember 1961 (let op hoe die datum gekies is: 16 Desember, die Witman se Geloftedag van Bloedrivier, en 1961, die jaar waarin ons onafhanklikheid as Republiek van Suid-Afrika verkry het), was die ANC baie meer as net kommunisties. Sedert daardie dag is die ANC 'n kommunisties-beheerde frontorganisasie.
Vanaf 1912 tot 1923 het die ANC 'n redelike mate van sukses in hul doelwitte gehandhaaf maar ná 1923 het daar 'n verswakking in die geledere van die ANC ingetree.
In 1943 het Bram Fischer, advokaat en gelyste kommunis, ingeklim met hersiening van die organisasie en die opstel van hulle nuwe grondwet. Teen die einde van daardie jaar word die African National Congress Youth League (ANCYL ) gestig (dieselfde organisasie waaruit Malema as president die Blanke in hierdie tyd al sy dae gee...) Baie van die ampsdraers van die ANC was ook lede van die ANCYL soos Oliver Tambo, Walter Sisulu en Nelson Mandela. Gedurende dieselfde jaar word ook die African National Congress Women's League gestig.
Om ten einde 'n front te vorm met die doel om ondermynende bedrywighede teen die Suid-Afrikaanse regering aan te blaas, het die organisasies gedurende 1954 tot die stigting van die Congress Alliance oorgegaan, wat deur die ANC, die SA Congress of Democrats (SACOD), die SA Indian Congress (SAIC), en die SA Congress of Trade Unions (SACTU) bestaan het. Laasgenoemde is eers in 1955 gestig maar het dadelik by die Congress Alliance ingeskakel.
Sowat 'n jaar na die stigting van die Congress Alliance het ongeveer 2 800 militantes op 25 en 26 Junie 1955 by Kliptown, Johannesburg, vergader as die Congress of the People waartydens die sogenaamde 'Freedom Charter' as sosialistiese vryheidsmanifes van die ANC aanvaar is en Joe Slovo dit ter skrif gestel het. Nelson Mandela het toe gesê dat hierdie 'vryheidsmanifes' die korttermynoplossing is vir die probleme wat deur Blanke heerskappy veroorsaak is. Tog het hy daarin geslaag om duisende Blankes 'n rat voor die oë te draai deur hulle te laat glo dat hy 'n plekkie vir die Witman in die Nuwe Suid-Afrika sou laat – terwyl die Blanke ná oorname van die ANC in 1994 op grootskaal landuit verdryf, verkrag en vermoor word. Dié aanhaling uit Alexander oor die Swart bewegings in Suid-Afrika versterk Mandela se stelling:
"Their common denominator is their aim to evict governments consisting primarily of whites of European origin and substitute themselves, that is, black Africans. Their claims to legitimacy are based on historical assertions, usually unsubstantiated, that black governments were ousted by white invaders and on the pronouncement of liberal European political theory, such as that government should be based on the consent of the governed and the paramouncy of majority rule. The fact that these theories are rarely, if ever, practised elsewhere in Africa seems of little relevance."
Vanaf die begin van 1958 het die ANC hom ook beywer vir 'n algehele boikot teen Suid-Afrika en op 8 April 1960 word beide die ANC en die PAC as verbode organisasies in Suid-Afrika verklaar. Ook afsplinterings van die organisasie is as verbode verklaar, en gedurende Junie 1962 het die "Defiance Campaign", die 'lydelike versetveldtog', begin. Hiervan was Nelson Mandela die hoof, en daar is van hul ANC-vlag by elke geleentheid gebruik gemaak, met die kleure Swart – wat die opkoms van Swart nasionalisme verteenwoordig het; groen – die landboupotensiaal; en goudgeel- die minerale rykdomme van Suid-Afrika.
As deel van hierdie veldtog is onder andere 'n Rooms-Katolieke non in Oos-Londen vermoor en dele van haal liggaam uitgesny, 'n filmteater in Port Elizabeth aan die brand gesteek en die werksters almal verkrag en gemartel, en vier Blanke mans daar vermoor. Die doel van die versetveldtog was om binnelandse oproerighede te bewerkstellig en om wrywing tussen Blank en Nie-blank aan te blaas. Opstande en onluste is gereël vir die eerste fase van terreur – gedurende die 1976-onluste het die geskiedenis homself herhaal en is onder andere 'n welsynwerker van die Witwaterrandse administrasieraad verkrag en wreed om die lewe gebring.
Nadat die Rivonia-arrestasies in Julie 1963 plaasgevind het, het die terroristiese bedrywighede van die ANC op die oog af minder gelyk maar hulle het ondergronds gegaan en vanuit die buiteland aanvalle begin loods. Die verspreiding van opruiende pamflette in 1966 was 'n herlewingsdatum van hulle misdade. Teen 1975 het hulle grootskaalse werwingsveldtogte in Suid-Afrika geloods, en het hulle in oorsese opdragte talle geheime bergingsplekke in Suid-Afrika vir oorlogwapens gevestig. Opgeleide terroriste het op grootskaal die land ingesypel en tydens die grensoorlog daardie jare - om die insypeling te probeer keer - het derduisende Blanke seuns van Suid-Afrika gesterf. Nog het talle terroriste daarin geslaag om die land met volle arsenaal binne te kom en bomme geplant soos onder andere die Kerkstraatbom waarin talle onskuldige slagoffers gesterf het en ander lewenslank vermink is.
Natuurlik het die buiteland, gedryf deur die internasionale geldmag hulle pionne in plek gehad en ANC-gevangenes het selfs gratis regshulp ontvang deur onder andere Ulrike Meinhof se sestien en Andreas Baader se vier en twinting prokureurs – mildelik gefinansier deur die buiteland. Veral Switserland, Swede, Nederland, en dan organisasies soos die Wêreldraad van Kerke en die International University Exchange Funds (IUEF), asook die Palestynse Bevrydingsorganisasie van Yassir Arafat, het groot bydraes gemaak, nie net finansiëel nie maar ook met daadwerklike hulp in veldtogte en verskansing van ANC-hooggeplaastes.
Toe die Suid-Afrikaanse polisie op 11 Julie 1963 die Rivonia-saak oopvlek, het 'n informant die huis van Walter Sisulu by Lilliesleaf uitgewys. Sestien dapper polisiemanne agter in 'n droogskoonmakerwa het die saak op die spits gedryf en onder andere dokumentasie van 'Operasie Mayibye' daar ontdek wat 'n groot bloedbad vir Suid-Afrika sou meebring indien dit nie dáár gekeer is nie. Die persone wat daardie dag daar aangetref is: Dennis Goldberg – ingenieur; Lionel Bernstein – argitek; Gavon Mbeke – joernalis; Bob Hepple – advokaat (wat later gevra het om as staatsgetuie op te tree maar landuit gevlug het); Ahmed Kathrada, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba, organiseerder van die ondergrondse ANC. Die belangrike inligting wat daardie dag daar gevind is het tot die arrestasies van Harold Wolpe, Elias Motsoaledi, Andrew Mlangani, Arthur Goldreich en James Kantor gelei, maar die belangrikste was die bloudruk van Operasie Mayibye. Hierdie operasie sou Suid-Afrika met geweld omverwerp met die 210 000 tuisgemaakte handgranate, 48 000 tuisgemaakte landmyne en 1 500 tydbomme. Tussen 'n kwart en 'n halfmiljoen mense sou op hierdie wyse uitgewis kon word, en buitelandse ondersteuning het gereedgestaan om verder in te gryp tot hulp vir die ANC.
En vandag steun al die oningeligtes, al die liberales, al die 'human cattle', die 'usefull idiots' en al die verraaiers in ons geledere - kom ons noem hulle almal saam 'n spul idiote - hierdie terroristebende wat die land reguit die afgrond in 'bestuur' omdat hierdie Swart bende eerstens terroriste is en niks van 'n Eerstewêreldland weet nie. Maar nog verstaan die idiotiese spulletjie nie waarom daar tot 60 mense per dag vermoor word vandat die ANC hierdie land persent gekry het en Suid-Afrika nou 'n Derdewêreldland is met die hoogste misdaadsyfer ter wêreld nie.
In die volgende aflewering: die PAC wat onstaan het as gevolg van tweespalt in die geledere van die ANC.