Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
DIE SEWENTIGER- EN TAGTIGERJARE
Jeanette Koekemoer
" Ghadaffi van Libië wat deesdae weer baie in die nuus is het skynbaar heelwat hulp aan Nidal verskaf soos wat hy ook aan talle ander terroriste-organisasies geldelike hulp verleen het en daardeur vandag nog terroristevriende, ook in Suid-Afrika, het. Aan Nidal het hy in die tagtigerjare na bewering jaarliks 5 miljoen dollar gegee en sowat 6 miljoen vir die aanvalle op die lughawes van Rome en Wenen betaal tesame met aktiewe hulp waar nodig. Dit is nie bekend hoeveel hy aan die ANC tydens hulle aktiewe terrorisme-jare betaal het nie."
Alhoewel hierdie artikel nie hoofsaaklik oor 'n Suid-Afrikaanse terroristebeweging handel nie hou dit verband en word dit onder dieselfde reeks geplaas.
Aan die begin van die sewentigerjare het die organisasie Tahir al Hatani al Falsetini (Al Fatah) die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) oorgeneem. Yassir Arafat, toe nog leier van Al Fatah, het die leier van die nuwe groep geword wat as die PBO bekend gestaan het. Andrew Mack beweer dat een groep nie as verteenwoordigend van die Palestynse volk gesien kan word nie omdat daar soveel verdeeldheid onder die Palestyne bestaan. Wiesband en Roguly verklaar egter dat "the end of 1974 and early part of 1975 witnessed the rise of the PLO as fully authorised representative of the Palestinian people".
Volgens Eliyahu Tal het die groep reeds in 1964 ontstaan, maar dit het later 'n sambreelorganisasie geword vir 'n wye verskeidenheid groepe wat dikwels antagonisties teenoor mekaar was. Die meeste van hierdie groepe is in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare gestig.
"Die PBO het as gevolg van 'n wye verskeidenheid redes versplinter: van persoonlikheidsbotsings tot ideologiese verskynsels was daarvoor verantwoordelik – of selfs omdat 'n besondere Arabiese land sy eie, nie-amptelike terroriste-organisasie wou hê. 'n Aantal groepe – soos Swart September – dien as surrogate vir die 'gematigde' PBO vir die uitvoer van terreurdade in Europa en Asië. Die BPO ontken dan betrokkenheid hierby".Al Fatah is die grootste en dominante deel van die groep. Die Palestynse Bevrydingsleër (PBL) bestaan uit drie afdelings en word deur Irak, Sirië en Al Fatah beheer.
Saika is die tweede grootste groep. Saika maak van die Siriese weermag en wapens gebruik en tree volgens hul bevele op.
Die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) is nog 'n groep binne die PBO. Hierdie groep is in 1966 gestig deur dr George Habash en Waddih Haddad. Dit was die sterkste van die sogenaamde "Rejectionist Front " – organisasies. Die PFBP het onder andere met groepe soos die Wes-Duitse Baader-Meinhofbende en die Italiaanse Rooi Leër kontak gehad. Dié Marxisties-Leninistiese organisasie wou nie net Israel vernietig nie maar ook 'n wêreldwye rewolusie veroorsaak. Die PFBP het begin met die gebruik om vliegtuie te kaap terwyl Habash die stelling "no innocent victims" verkondig het. Terroristegroepe het hierdie stelling met ope arms verwelkom en aangegryp, en dit is deur almal gebruik.
Gedurende die sewentigerjare het Haddad talle terreurdade beplan en laat uitvoer. Hy was onder andere die beplanner van die transnasionale aanslag van die Verenigde Rooi Leër (VRL) op die Lod-lughawe waarin 26 mense gedood en tientalle gewond is.
Habash het as die leier en Haddad as die "hoof van spesiale operasies" bekendheid verwerf. Volgens Tal het die "PFBP" Waddih Haddad" ontstaan nadat Haddad in 1975 van Habash weggebreek het. Die splintergroep se basis was in Suid-Jemen, en hulle was verantwoordelik vir verskeie terroristedade in Europa. Hulle was ook verantwoordelik vir vliegtuigkapings soos dié by Entebbe en Mogadishu. Haddad was ook die regstreekse leermeester van die berugte en suksesvolleVenezolaanse terroris, Illich Ramirez Sanchez, alias Carlos Martinez, of net Carlos, ook bekend as Die Jakkals. Sanchez wat baie jare op vrye voet was het ook met bykans elke terroriste-organisasie in die wêreld kontak gemaak. Hy en Muammar Ghadaffi van Libië was voortdurend in verbinding met mekaar terwyl Sanchez ook finansiële hulp van Ghadaffi ontvang het. Toe hulle later nie meer kon klaarkom nie soos dit maar met 'n spul misdadigers gaan, het Sanchez uit Libië na Damaskus gevlug. Haddad is in 1978 deur inligtingsagente van Irak vergiftig.
Die PFBP Algemene Bevel onder Ahmed Jibril is gestig nadat hy in 1977 van die PFBP weggebreek het. Hierdie groep was sterk onder Libië se invloed en dié terroristetroepe het opleiding van die Siriese weermag ontvang. Hulle het hulle veral toegespits op Israeli-kinders as teikens en was vir aanvalle soos dié in 1970 op 'n skoolbus by Avivim verantwoordelik waarin nege kinders en drie onderwysers dood is.
Die Populêr-Demokratiese Front vir die Bevryding van Palestina (PDFBP) is in 1969 deur Nayef Hawatmeh gestig ná 'n geskil in die PFBP. Dié groep volg die Fatah-patroon en was vir aanvalle soos dié op Ma'alot in 1974 waarin 16 tieners dood en 62 gewond is, verantwoordelik.
Die Abu Nidal-groep onder Sabriel al Banna, alias Nidal, is vir aanvalle soos op die lughawes van Rome en Wenen op 27 Desember 1985 verantwoordelik.
Op 2 April 1986 is vyf persone dood en nege gewond toe 'n bom aan boord van 'n TWA-vliegtuig oppad van Rome na Athene ontplof het. Die Arabiese Rewolusionêre Selle en Die Selle van die Martelaar Azzidan al-Kaschash, wat ook 'n verbintenis met Abu Nidal en Abu Musa het, het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.
Op 6 April 1986 het 'n bom in 'n Berlynse diskoteek ontplof. 'n Amerikaanse soldaat en 'n Turkse vrou is in die aanval dood terwyl 155 mense gewond is. Vier organisasies het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar naamlik die Rooi Leër, die Baader-Meinhofbende, die anti-Amerikaanse Arabiese Bevrydingsfront en die Swaard van Islam. Volgens polisie-offisiere wat die daad ondersoek het, is die aanval egter heel waarskynlik deur Abu Nidal beplan.
Ghadaffi wat deesdae weer baie in die nuus is het skynbaar heelwat hulp aan Nidal verskaf soos wat hy ook aan talle ander terroriste-organisasies geldelike hulp verleen het en daardeur vandag nog terroristevriende, ook in Suid-Afrika, het. Aan Nidal het hy in die tagtigerjare na bewering jaarliks 5 miljoen dollar gegee en sowat 6 miljoen vir die aanvalle op die lughawes van Rome en Wenen betaal tesame met aktiewe hulp waar nodig. Dit is nie bekend hoeveel hy aan die ANC tydens hulle aktiewe terrorisme-jare betaal het nie.
Die paspoorte wat aan die terroriste vir bogenoemde dade verskaf is was van Tunisiese werkers afkomstig. Hulle is uit Libië geskop nadat hulle paspoorte deur die Libiese owerheid gekonfiskeer is. Volgens Nordland en Wilkinson het Sirië moontlik nog meer hulp verskaf as Libië.
Terroristegroepe, veral die Palestynse groepe, steun mekaar onderling. In Maart 1986 het Yassir Arafat in 'n toepsraak gesê:
"The PLO was masterminding most of the operations carried out in southern Lebanaon against Israel... The legitimacy of the Palestinian gun will not be dropped until the Palestinians return to their state, with Jerusalem as its capital".
Die algemene Arabiese strategie het aanvanklik invalle uit Jordanië en Sirië op sekere teikens in Israel ingesluit. Hul doelwit, naamlik die demoralisering van die volk en die uiteindelike kapitulering van die regering, het in hierdie geval misluk. Die aanvalle het nie die Jode se moed en moreel gebreek nie maar dit inteendeel versterk.
Rob Kroez beskryf hulle strategie as volg:
- Hulle werk nie vanuit Israel nie maar vanuit onder andere Libanon en Sirië, dus het hulle meer vryheid van beweging as wat hulle in Israel self sou gehad het.
- Hulle beskik oor die fanatieke moed om 'n daad van terreur deur te voer. Vrees vir die dood skrik hulle nie af nie.
- Omdat hulle baie steun in die Arabiese lande geniet is hulle wapens altyd van die nuutste en beste, en het die groepe selfs tot gesofistikeerde lugafweermissiele toegang. Die PBO beskik oor hul eie kantore en uniforms. Wapens word vryelik van kommunistiese kant af aan hulle verskaf.
Die Palestynse terroriste is baie wreed soos deur die jare geblyk het uit hulle aanvalle op lughawes en kinders. Dit is ongelukkig so dat die nuusmedia weens onderlinge mededinging gedurig die mees sensasionele nuus probeer verkry het om dit so aan die wêreld te bied. Terroriste het dit geweet en hierdie feit tot onbeskaamd misbruik want terrorisme het die nuusmedia baie nodig om hul doelwitte te bereik naamlik skok, vrees en berugtheid. So het hulle deurentyd gesorg dat die risiko's wat hulle neem nie tevergeefs is nie want die bevolking moet van hulle stryd bewus gemaak word deur middel van die media. So hoor ons ná 16 jaar onder 'n kommunistiese regering, 'n voormalige terroristebeweging wat duisende swart en wit Suid-Afrikaners vermoor het, nog steeds van hulle "struggle"-jare om beheer oor Suid-Afrika te kon kry om daarvan die "Black Republic" te maak waarin hulle nou vinnig besig is om te slaag deur die blankes te verwilder en uit te moor.
Bron: Terrorisme, die feite – RJ Greyling