NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek moes eers alles van my nietigheid leer ken voor ek die grootheid van my Skepper kon begryp.

TATOEËRING IS SONDE

Wat sê die Bybel oor tatoeëring? Julle mag ook ter wille van ʼn dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here” (Lev.19:28).

Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word.   Die ergste is dat baie van hulle lewens so verrot is, dat dit eerder ʼn waarskuwing moet wees oor hoe daar nie geleef moet word nie!

Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis ʼn baie ou heidengebruik.   Daar is selfs mummies met tatoeëermerke gevind. In Assirië, Egipte en Babilon het slawe-eienaars bv. ink onder die vel van hul slawe laat inwerk om, soos ʼn brandmerk, eienaarskap aan te dui.   Nie net slawe nie, maar ook eertydse misdadigers is met merke getatoeëer.

In die OT was sulke merke ʼn teken van afgodsdiens. Afgodedienaars het hulle graag laat tatoeëer en daarmee aangedui dat hulle aan ʼn sekere afgod behoort. Keiser Konstantyn het in die vierde eeu nC alle tatoeëermerke in die gesig verbied sodat die gesig die onbesoedelde beeld van God kon weerkaats.   In 767 nC het pous Adrianus alle tatoeëermerke verban, ook op die lyf. Dit word vertel dat die kruisvaders ʼn kruis op hul liggaam laat tatoeëer het sodat, indien hulle sou sterf en hul liggame gevind word, hulle ʼn Christelike begrafnis kon kry.

Israel het tatoeëermerke as ’n toewydingsteken aan afgode verag. Sommige het hul egter in tye van godsdienverval laat tatoeëer ten einde hul eenstemmigheid met die gees van die tyd te betoon. Dit gebeur vandag weer. Tatoeëring en afvalligheid gaan saam.

Sommige mense wil moderne tatoeëring regverdig deur Lev.19:28 as ʼn OT verbod en deel van die uitgediende seremoniële wette te beskou. Hulle sê dat die NT dit nêrens verbied nie. Dis gevaarlik om so te redeneer. Mense kan gevaarlike aannames maak. Bestialiteit, geslagsomgang met diere, word bv. slegs in die OT verbied. Beteken dit dat die NT dit goedkeur?   Allermins!  

Lev.19:29 sê bv. dat ouers nie hul dogters vir hoerery mag gebruik nie. Die NT sê niks daaroor nie. Is dit derhalwe toelaatbaar?   Nee, gelowiges durf nooit so redeneer nie. Wat in die OT verbode was, is ook in die NT verbode waar dit die geloof raak.   Slegs die Joodse seremoniële wette en Sabbat het na die opstanding van Christus met die Nuwe Verbond uitgediend geraak.  

Lev.19:28 verbied snye en tatoeëring. Heidene het hul gereeld stukkend gekerf as teken van rou en droefheid.   Die Baal-priesters is ʼn voorbeeld hiervan: “En hulle het hard geroep en hulleself volgens hulle gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het” (1 Kon.18:28).  

God noem in Lev.19:28 twee heidengebruike in een asem omdat beide oor die mens se liggaam gaan. Snye en tatoeëring is van meet af eie aan alle sataniese kultusse.   Lev.19:26-28 verbied sulke dinge.

Tydens die Middeleeue het baie mense hul in die geheim laat tatoeëer as ʼn teken van vereenselwiging met ʼn sekere belangegroep, amper soos bendes vandag. Wie met so ʼn merk gevang is, is dikwels deur die Roomse Kerk van heksery beskuldig en in sekere gevalle selfs op brandstapels verbrand.

Gelowiges dink baie anders oor hul liggaam as heidene. Omdat dit die siel huisves, is dit, solank as wat ons leef ʼn tempel van God: “Of weet julle nie dat julle liggaam ʼn tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie? “ (1 Kor.6:19).  

God wil dat gelowiges verantwoordelik met hul liggame omgaan: “Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees…” (:20).   Heidense snye en merke is niks anders as liggaamskending nie en derhalwe sonde in die oë van die Here. “Weet julle nie dat julle ʼn tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand ʼn tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is julle” (1 Kor.3:16,17).  

Die Bybel roep gelowiges op om alles tot eer en verheerliking van God te doen: “Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja! (Ps.150:6).   Jes. 61:3 sê dat ons ʼn planting van die Here tot sy verheerliking is.   Hoe kan mense met tatoeëerings van doodsbeendere, spinnerakke en demone God verheerlik? Is God dan nie lewe nie? en dit terwyl tatoeëerings van die dood getuig!

Gelowiges is anders as ongelowiges. Hulle volg hul leefwyse nie klakkeloos na nie. Paulus skryf aan die gelowiges in Rome om nie soos die wêreld te wees nie, maar anders op te tree (Rom12:2). Gelowiges moet anders lyk. Hulle dra ook hulle hart op hul vel. As jou hart skoon is, sal jou vel ook skoon wees.

Gelowiges se gees kom in opstand teen tatoeëring. Dit pas net so min by ʼn gelowige as ʼn standbeeld van Adolf Hitler in Jerusalem!   Dit pas eerder by geweldenaars, misdadigers en onverskilliges.   Getuig tatoeëermerke enigsins van ʼn verloste siel?   Nee, eerder die teenoorgestelde!   Die losbandigheid, demone en wreedhede wat uitgebeeld word, gee aan mense ʼn misplaaste magsgevoel.   Geen oorlogskildery wen ʼn geveg nie!

Tatoeëring vlam in tye van geestesverval en die toename van heidendom op. Die geskiedenis van Suid-Afrika getuig baie duidelik daarvan! Toe die Christen grondwet in 1994 hier afgeskaf is, het die heidendom met al sy kentekens opgevlam. Dit getuig van sataniese verwarring en weerhou mense om die eer van hul lewens aan Jesus te gee.   Wie Hom minag, sal enigiets anders minag.

Die Heilige Gees lei nie mense om hul te laat tatoeëer nie. Hy lei hulle eerder weg van afgodstekens!   Navorsing toon dat baie mense wat tatoeëermerke laat aanbring het later bitter spyt daaroor was, veral na hul bekering toe die Gees hulle van sonde oortuig het. “Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek” (Spr.21:5). Tatoeëermerke met ongunstige assosiasies en/of herinneringe aan ʼn ou sondige lewe kan nie anders as om gelowiges te hinder nie.

Ons leef in ʼn tyd wat mense nie aanstoot wil gee nie. Die manie oor politieke korrektheid is een van die duidelikste bewyse daarvan. Desondanks skroom mens nie om God aanstoot te gee nie.  Tatoeëermerke het nog niemand nader aan God gebring of die geloof in Jesus vertrek nie.   Dit laat mense eerder in die geloof veragter.  

Lev.19 is geskryf toe Israel op pad na Kanaän was waar heidense leefwyses aan die orde van die dag was. Israel moes anders wees – ambassadeurs en advertensies vir God. So moet Christene ook vandag wees: “Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense” (2 Kor.3:2).

Israel het in die tyd van Josua die heidendom binnegetrek om die bose teen te staan en God se eer onder ʼn verloregaande heidendom te verkondig. In Suid-Afrika het presies die teenoorgestelde gebeur - die Satan het ʼn eens Christelike volk binnegetrek en sy slawe duidelik gemerk.    

Ongelowiges steur hul allermins aan God.  Hulle handel na goeddunke met hul liggame. Gelowiges is anders - hulle steur hul wel aan God en handel nie met hul liggame na eie wil nie. Hulle laat nie toe dat iets hul getuienis vir Jesus ondermyn nie.

Rom.14 gee ʼn aantal riglyne vir gelowiges in hul omgang met ongelowiges. Hulle mag nie aanstoot gee of mense laat struikel nie.   Daarbenewens moet hulle ander se gevoelens eerbiedig en nie onnodig die aandag op hulself vestig nie.   Dit wat gelowiges uitbeeld moet ʼn positiewe getuienis asook ʼn aanknopingspunt tot gesprek oor Jesus wees. “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ʼn lewende, heilige en aan God welgevallige offer....” (Rom.12:1).

Die heidendom spoel tans soos ʼn magtige stroom dwarsdeur ons land en sleur duisende volksgenote mee. Kyk hoe lyk baie van ons volksgenote - kleredrag, haarstyle, tatoeëermerke; net soos heidene!   Iemand op die verkeerde lewenspad het geen aansporing nodig nie. Net ʼn sonde besef laat so ʼn mens van rigting verander!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 912 gaste aanlyn