Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons word soms so verblind deur ons besittings dat ons nie net die groot verskraling in ons eie sielelewe nie agterkom nie, maar ook die nood en die behoeftes óm ons nie raaksien nie. Besittings kan 'n blink swaard in die hand van Satan word.
SA KERNWAPENS VOOR 1994 OORGAWE (1)
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer was dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika hierdie land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994, voor die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
Suid-Afrika se kernontwikkelingsprogram in die sewentiger- en tagtigerjare was nie ‘n ontspanne proefneming om wetenskaplike kennis te bekom nie maar ‘n strategiese en taktiese noodsaaklikheid om so gou moontlik oor bruikbare kernwapens te beskik – bruikbaar ter selfverdediging teen ons internasionale vyande wat die onrus binnelands bly stook het. As gevolg van die land se politieke beleid was daar nie net ekonomiese sanksies nie maar ook internasionale wapenboikotte wat die uiteindelike motivering vir die bou van ses atoombomme in ‘n relatiewe kort tydperk was. Die sukses hiermee het weer eens bewys hoe onmoontlik dit is om ‘n ontwikkelde Eerste-wêreldland te keer om homself te bewapen.
By terugskoue na amptelike verslae oor daardie jare blyk dit duidelik dat Suid-Afrika in staat was om nie net ‘n onafhanklike afskrikmiddel te bou nie maar ook om dit suksesvol aan te wend veral teen die land wat al Suid-Afrika se vyande vir baie jare mildelik voorsien het van militêre wapens – Rusland. Soos Suid-Afrika se destydse eweknie Israel, was sy onverbiddelike uitgangspunt: as hy as gevolg van Moskou op sy knieë forseer word sou hy hom saam grondtoe neem.
Alhoewel daar deur die jare ook baie geskryf is oor Suid-Afrika se kernwapenprogram was daar onsekerheid of Suid-Afrika ooit enige kerntoestel van watter aard ookal tydens 'n eksperiment laat ontplof het. Die rede hiervoor was die uiters streng geheimhouding. Washington, Moskou, Parys en verskeie ander lande het geweet wat in Pretoria aan die gang was maar hulle het geen inligting van die fyn besonderhede gehad nie. Daarom was die toets van die wapens nie inligting wat die buitewêreld se ore bereik het nie – inteendeel, die burgers van Suid-Afrika was nie eers daarvan bewus nie. Toetsing in die geheim was die belangrikste deel van die kernontwikkeling en om te kon verseker dat die regte pad gevolg is.
Selfs op die webwerf van die Instituut vir Wetenskap en Internasionale Veiligheid ( Institute for Science and International Security – ISIS) is daar heelwat inskrywings oor Suid-Afrika maar selfs daar kon die vraag oor die toetsontploffings lank nie met sekerheid beantwoord word nie.
Een persoon het egter ‘n besliste mening hieroor uitgespreek. ‘n Afgetrede Intelligensie agent (CIA) Tyler Drumheller het in 2006 ‘n boek getiteld On the Brink gepubliseer waarin hy oor sy besoek aan Suid-Afrika tussen 1983 en 1985 skryf:
Ons het operasionele suksesse gehad, veral wat Pretoria se kernaanleg betref. Ons het bewyse gevind dat die apartheidsregering inderdaad ‘n kernbom in 1979 in die Suid-Atlantiese see getoets het. Hulle het ook ‘n landingsisteem daarvoor ontwikkel waarmee hulle deur Israel bygestaan is.
Drumheller se weergawe is nie ‘n verrassing nie aangesien Suid-Afrika nie net oor voldoende uraan beskik het nie maar ook oor talentvolle wetenskaplikes wat op ‘n hoogs ontwikkelde vlak kon saamwerk.
In ‘n poging vir oplossings teen internasionale dreigemente was daar groot sekuriteit vir Suid-Afrika in die ontwikkeling van kernwapens. Al is dit slegs as afskrikmiddel voorgehou bestaan daar genoeg rede om te glo dat Suid-Afrika die wapens in ‘n staat van oorlog met vasberadenheid en werklik voortreflik sou aanwend.
Daar is nie net ses kernbomme in Suid-Afrika gebou nie maar ook ‘n volledige afleweringsisteem ontwerp waarmee dit na enige teiken geneem kon word, hetsy deur die Brits-ontwerpte Buccaneer vegvliegtuig of deur middel van die hoogs gesofistikeerde medium-tot-langafstand ballistiese missielprogram. Die Suid-Afrikaanse regering het Israel se hulp ingeroep om met die ontwikkeling van verskeie missiellandingsisteme behulpsaam te wees wat as die ‘RSA-reeks’ bekend sou staan, weergawes van wat in Israel se verdedigingsmag onderskeidelik genoem is die Jericho 2 (YA-3) en Shavit. Twee toetsmissiele in die RSA-3-kategorie wat spesifiek ontwerp is om kernwapens te ‘vervoer’ is laat in die tagtigerjare gelanseer met ‘n bevredigende afstandresultaat van 350 kilometer.
In 1958 het die Raad op Atoomkrag die eerste kernnavorsingsprogram geloods. Dit het ook die navorsing van ‘n konsep-kernreaktor behels. Aan die hoof hiervan was dr Abraham Johannes Andries ‘Ampie’ Roux wat later as die meesterbrein van die kernwapenprogram bekend gestaan het. Dit was sy taak om Suid-Afrika se kernnavorsing en –program te beplan en te ontwikkel, planne wat in 1958 reeds goedgekeur is deur die Minister van Mynwese, senator Jan de Klerk,en ironies die vader is van FW de Klerk, die man wat verantwoordelik was vir die vernietiging van die hele kernontwikkeling toe hy die Eerste-wêreldland wat sy vader help opbou het in ruil vir miljoene dollars en wêreldse verering aan ‘n onbevoegde Swart terroristiese bende oorhandig het.
Suid-Afrika se kernprogram het uit drie basisse bestaan. Die eerste was navorsing op uraan en soortgelyke stowwe. Tweedens moes daar voetwerk gedoen word oor radio-isotope en bestraling, en laastens moes daar deeglike studie gedoen word om ‘n kernreaktor te ontwerp.
Om hierdie uitgebreide navorsing te kon doen moes die Raad op Atoomkrag sy kwartiere vanuit ‘n kantoorblok in die middestad van Pretoria skuif na veiliger oop ruimtes en is nuwe kwartiere in die landelike gebied wes van Pretoria by Pelindaba gevestig.
Vervolg…(2)