GLO DIT AS JY WIL !
Dr JP Botha
Dit het gister, Vrydag 11 Maart 2011 in ‘n voorstad van Pretoria gebeur. Ons het ‘n winkel binnegestap met ‘n pakkie koeverte wat daar gekoop is, maar omdat dit te klein vir die doel was wou ons dit graag vir groteres omruil. Ons vra toe vir die verkoopsdame of sy asseblief met die bestuurder kan praat, en kry ‘n mooi, vriendelike antwoord dat die bestuurder nie in die winkel is nie, maar ons kan, as sy wil, met die manager praat. “Maar,” vra ons, “het julle dan hier twee bestuurders? Manager in Afrikaans is mos bestuurder.”
Maar die vriendelike verkoopsdame antwoord: “Nee, die bestuurder is die eienaar van hierdie winkel en hy is nie vandag hier nie, maar ek sal u na die manager toe vat, dan kan u met hom praat.”
Hieroor kan mens net lag met ‘n traan. Watter taal praat ons Afrikaners deesdae? Waar leer hulle dit?