11 MAART 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer ons die herfstyd van ons lewensduur binnegaan is ons geneig om depressief en vol neuroses te raak. Die oorgang van somer waar ons in die fleur van ons lewens was, sterk, vol moed, dapper, gesond, is so dramaties dat ons moet waak teen donker in die gemoed. Herfstyd het self die opwinding van manjifieke kleure: rooi, pers, geel, goud, brons, pragtig! So het die herfs van ons lewe die moontlikeheid om wonderlik kleurvol te wees: vol wysheid, humor, deernis, geduld en baie ander vreugdes wat ryklik bot in hierdie tyd.