19 Desember 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kerstyd is ’n tyd van blydskap  en vreugde  want ons herdenk God se koms na die aarde in Christus Jesus, onse Here.  Dis egter geen ydele blydskap nie, maar iets anders; ’n blydskap wat ’n mens nederig maak, want dis die verhaal van ’n Koning wat teruggestaan het.   God het in Christus vir ons teruggestaan.