Met die dreigement van landswye geweld vir komende Dinsdag 30 Junie, hoef ons ook nie onder die huidige hiel en hel van 'n swart terroristebende te dink moorde op Blankes, Boeregesinne en plaasboere is 'n nuwe verskynsel nie. Die aanslag om van Blankes in Suid-Afrika ontslae te raak het verskerp maar die Swartes het nog deur alle tye probeer om die Blanke uit Suid-Afrika te dryf.
Die Republiek van die Oranje-Vrystaat het sedert sy totstandkoming in 1854 met die Basoeto-vraagstuk geworstel. Die Tweede Basoeto-oorlog het op 9 Junie 1865 uitgebreek omdat die Basoeto's hul herhaaldelik skuldig gemaak het aan skending van die grense, veediefstalle en aanranding en moord op die burgers.
Die eerste veldslag van die oorlog het ten gunste van die Basoeto's verloop. Hierna het die Basoeto's Vrystaatse gebied binnegeval, groot verwoesting gesaai, plase afgebrand en duisende stuks vee gesteel. Vele gruweldade is ook gepleeg.
Op 27 Junie vermoor die Basoeto's byvoorbeeld 543 Basters op 'n lafhartige en bloeddorstige manier, barbaars soos ons dit ook vandag ondervind tydens moorde wat soms met onmenslike marteling gepaard gaan omdat wreedheid in hul aard is.
Sulke voorbeelde in vroeër jare kan talle maal vermenigvuldig word. In dié verband verdien die berugte Basoeto-moord op die gesin Pretorius vermelding.
'n Geselskap van Transvaalse transportryers bestaande uit Pieter Pretorius, jonger broer van Andries Pretorius, sy drie seuns, Jan, Albertus en Jacobus, Andries Smit, en die vrou en twee kindertjies van Jan Pretorius asook 'n aantal nie-blanke bediendes het op 27 Junie 1865 op die transportpad van Durban na Pretoria uitgespan. Hulle was vreedsaam langs die westelike hange van die Drakensberge met hul waens en 'n vrag negosieware op reis. Hulle het sowat 'n halfmyl van die Natalse grens in die distrik Harrismith uitgespan. 'n Groep Basoeto's het skielik op die geslskap afgekom en hulle met vriendskaplike gebare genader. Toe die Boere egter hulle geweers neersit het die Basoeto's die mans op 'n verraderlike en wrede wyse vermoor. Die Basoeto's het mev Pretorius en die twee klein kindertjies asook een van die waens met hulle saamgeneem. Die wa het egter onderweg gebreek en die vrou en kinders is aan hulle lot oorgelaat. Hulle het na ontsettende ontberinge Harrismith twee dae later bereik.
Vanweë hierdie lafhartige moord het pres Pretorius oorlog verklaar teen Mosjesj, en 'n Transvaalse mag onder kmdt.-genl Paul Kruger is na Basoetoland gestuur om die Vrystaters by te staan.
Wat ons op 30 Junie te wagte kan wees, is grootskaalse, landswye oproer waar swart op swartgeweld sekerlik gaan seëvier maar dis nie waar dit gaan bly nie. Die eeue-lange haat van die Swarte vir die Blanke sal oorspoel na blanke gebiede. Geen mens sal presies weet hoe dit gaan verloop nie maar tekenende van die Swarte sal hy plunder, moor en brand sover hy gaan. Ons kan maar net bid dat die hemelse Vader al sy kinders in hierdie land sal beskerm, maar Hy vra van ons darem ook om self iets te doen: eerstens, wees bewus van die gevaar wat kan ontstaan; tweedens, wees fisies paraat – bly uit gevaarlike gebiede uit vir die volgende dae en sorg dat jy bewapen is; derdens maar die belangrikste, sorg dat jy binne die geestelike kring onder beskerming van God staan – bid, glo en vertrou dat Hy sy kinders sal bewaar van die Satanskinders se aanslae!