Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE... want die HERE sal nie vir ewig verstoot nie – Klaagliedere 3
1800: GRAAFF- REINET SE REBELLE GEVONNIS
KULTUURDAGBOEK 3 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1795 het rebelle van Graaff-Reinet hulle teen Kompanjiegesag verset, landdros HCD Maynier verjaag en 'n 'vrye Republiek' verklaar – onderdanig slegs aan die Republiek van Nederland. Met die eerste Britse verowering van die Kaap in 1795 het die rebelle ook hierdie gesag verwerp maar hulle is later verplig om hulle te onderwerp.
Toe die veldkommandant Adriaan van jaarsveld in 1799 op aanklag van vervalsing gearresteer is, het groot protes gevolg maar die daaropvolgende onrus is deur die owerheid onderdruk.
1919: VRYHEIDS- DEPUTASIE KEER TERUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Vryheidsdeputasie onder leiding van genl. J.B.M. Hertzog uit Europa in Durban geland, bitter teleurgestel oor die afloop van hulle onderneming. Hertzog, bygestaan deur N.C. Havenga, D.F. Malan, F.W. Spies, E.G. Jansen en Gey van Pittius (sekretaris) het, aangemoedig deur pres. Wilson (VSA) se beklemtoning van die selfbeskikkingsreg van klein nasies as beginsel grondslag vir die vredesonderhandelinge na Wêreldoorlog I, ook na die vredeskonferensie in Parys (Frankryk), 1919, gegaan om namens Suid-Afrika se nasionaalgesindes te pleit vir die herstel van die voormalige Boererepublieke se onafhanklikheid.
1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 3 September 1917 publiseer De Burger ‘n brief wat drie vroeër gedateer is, onderteken deur J.E. de Villiers. Hierdie brief en sy ondertekenaar was bestem om ‘n unieke rol te speel in die Helpmekaarbeweging, wat gestig is om rebelle se skuld en –boete te delg na die Rebellie van 1914. Jakob Elisa de Villiers (later oom Japie Helpmekaar genoem) is op 31 Desember 1835 op die plaas Waterval, Groot Drakenstein, gebore. Hy was in 1917 ‘n welgestelde boer uit die Paarl, ‘n godsman en ‘n volksman. In sy brief aan De Burger bied hy aan om £500 aan die Helpmekaarbeweging te skenk, mits 500 ander persone bereid sou wees om elk £100 tot die fonds by te dra.
1848: TRANSORANJE TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gebied ten noorde van die Oranjerivier is in die veertigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur voortdurende botsings tussen verskillende bevolkingsgroepe. Konflik, spanning en onrus het hoogty gevier. En dit sou uiteindelik tot die uitbreiding van die Britse gesag oor gebied lei. Tussen die Afrikaners wat daar woonagtig was, was daar ‘n diep politieke kloof. Die lojaalgesindes onder Michiel Oberholster het Britse onderdaanskap begeer, terwyl die republikeine onder Jan Mocke geensins onder die Britse gesag wou kom nie.
1902: PRETORIA NORMAAL- KOLLEGE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Uitvoerende Komitee van Transvaal het op 10 Julie 1902 besluit om agt erwe en twee huise in Sunnyside, Pretoria, van mnr EF Bourke te koop vir die instelling van 'n normaalkollege.
Op Dinsdag 2 September 1902 het die stigting van die kollege werklik plaasgevind toe mej Maria Elizabeth Bosman van Newcastle haar vir inskrywing aangemeld het.
OM IN DIE GEES TE BLY
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.” (:23&24).
Geloofsekerheid. Hoe weet ek dat ek werklik gered is? Daar is sommige wat van mening is dat dit iets is wat God alleen weet. Menige mens sal dalk antwoord dat ons maar hoop dat ons eendag die ewige saligheid sal beërwe. Myns insiens is hierdie saak veels te belangrik om maar eenvoudig te hoop dat dit eindelik goed sal uitwerk. Ons ewige saligheid is iets waarmee ons onsself ernstig mee moet bemoei en waarvoor ons hard moet ywer. Christus gee ons pertinent hierdie opdrag in Luk. 13:24. “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.”
1904:ACVV (VROUE- VERENIGING)
KULTUURDAGBOEK 1 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikanervrou as pioniermens en Voortrekkerleidster is oorbekend. Sy het wondere verrig. Die invloed van die Afrikanervrou ná die ellende van die Tweede Vryheidsoorlog en haar rol met die opheffing van 'n verwarde, vernederde volk wat verstedelik en verarm het, steek egter selfs hoër uit. Georganiseerde vrouebewegings het in ons land immers nie om stemreg en gesag gepleit nie maar het ontstaan om die gemeenheid en beleid van uitwissing ten opsigte van die Afrikanervrou en Afrikanerkind in die konsentrasiekampe deur Brittanje, teen te gaan. Hulp is verleen en protesvergaderings gehou – in Kaapstad, Paarl en op Cradock.
Vroueverenigings het oral ontstaan en kosbare werk verrig, maar verenigde optrede was nodig want die ellende was ontsaglik, en hulp was noodsaaklik soos met die armblanke vraagstuk in 2011.
1918: DR DF MALAN SE BEROEMDE TOESPRAAK
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag spreek dr DF Malan 'n vergadering op Malmesbury toe en bepleit vir die eerste keer onafhanklikheid vir Suid-Afrika. Dr Malan het die onderwerp sterk aangeroer, hoewel sy partyleier, genl JBM Hertzog, en die Nasionale Party self gesê het dat die tyd nog nie daarvoor ryp is nie – maar met die duidelike verstandhouding dat daar ook "aan die ander kant geen anti-republikeinse propaganda gemaak sou word nie". "Aan die ander kant" het egter nie aan dié verstandhouding voldoen nie, en dr Malan het sy openbare onafhanklikheidspleidooie daarna as "geheel onvermydelik" bestempel:
KULTUUR- DAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1918: Lees in hoofartikel waaroor dr DF Malan se onafhanklikheidstoespraak hoofsaaklik gehandel het.
2. 1871: Basoetoeland se administrasie word met dié van die Kaapkolonie verenig.
3. 1929: Die spoorlyn tussen Messina en Beitbrug, die grenspos tussen SA en Zimbabwe, toe nog Rhodesië, geopen.
4. 1977: Die administrasie van Walvisbaai in SWA word na Kaapprovinsie verplaas.
1900: ZAR DEUR ENGELAND GEANNEKSEER
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lord Roberts was van mening dat wanneer hy in besit van Pretoria, die Transvaalse hoofstad, sou wees, die Republikeinse magte hulle aan Britse gesag sou onderwerp. Toe Roberts op 5 Junie 1900 Pretoria aan die spits van sy troepe ongehinderd binnegery het, het daar, anders as wat die Britte verwag het, geen versoek om onderwerping van Boerekant gekom nie en moes die oorlog dus voortgesit word.
Sowat twee maande later het die slag by Dalmanutha in die laaste week van Augustus plaasgevind. In die waan dat hierdie vir die Boere verlore slag die einde van alle Boereweerstand sou beteken, het Roberts op hierdie dag die ZAR tot Britse gebied geproklameer.
BAKPOEIERBLIKKIE GELOOF
Ds A.E. van den Berg
“Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr.11:1).
Die mens is van nature verlore en volg derhalwe eerder 'n lewenspad weg van God af. Gevolglik is sy ewige eindbestemming die hel. Jesus sê self: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mat 7:11).
Desondanks wil niemand graag hel toe gaan nie. Kan 'n mens dit verhoed ? Jy moet gered word; iets wat jy self nie kan doen nie. Niemand is so goed dat hy sy ewige eindbetemming kan verander nie. As jy in diep water in die moeilikheid beland, kan jy mos nie jouself aan die hare beetskry en wal toe sleep nie! Iemand sal dit vir jou moet doen, en dis Jesus. Maar daarvoor moet jy geloof hê.
KULTUUR- DAGBOEK 30 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1953: Die Familiebybel in die vorm van die State-Vertaling het 'n baie belangrike rol by huisgodsdiens in die Afrikaanse gesinsverband gespeel; hiermee in gedagte is besluit om met die verskyning van die revisie van die Afrikaanse Vertaling, 'n Familiebybel in Afrikaans vir Afrikaanse gesinne beskikbaar te stel.
2. 1955: Rondalia het in 1955 as vakansie-oord by Hibberdene begin onder leiding van C.A.Bisschoff. Spoedig is dit omgeskakel in 'n Toerklub. Dit het gou 'n uiteenlopende reeks diense aan die motorpubliek begin lewer en vakansie-oorde, motelle, en die grootste duikklopwerk- en toetssentrum-organisasie in die land gewoerd met verskeie takkantore en die hoofkantoor in Pretoria. Hulle het ook 'n pragtige toeristeblad uitgegee genoem Die Mylpaal.
1848: GEVEG BY BOOMPLAATS
KULTUURDAGBOEK 29 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die republikeinsgesinde Trekkers tussen die Oranje- en Vaalrivier was gekant teen die anneksasie van die gebied deur sir Harry Smith vroeg in 1848. Op versoek van die Winburgers het Andries Pretorius met ‘n mag wat later tot 1 000 aangegroei het, in die Oranjerivier-Soewereiniteit aangekom en die Britse Resident versoek om die land te verlaat.
KULTUUR- DAGBOEK 29 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1688: Die Franse predikant Pierre Simond sluit hom in opdrag van die Here XVII by die Hugenote in die Kaap aan.
2. 1848: Die slag van Boomplaats: hierdie veldslag waarin die Voortrekkers (Andries Pretorius se burgermag op versoek van die Winburgers) deur die Britte onder bevel van sir Harry Smith verslaan is, vind op hierdie dag plaas in die distrik Trompsburg in die Vrystaat. Opstandelinge is 'n boete gelykstaande aan wat vandag R40 000 sal wees opgelê.
GESEËNDE LENTE!
Die winter met sy kloue wat dood bring en verderf,
het met die windvlaag koue die landskap vaal geverf.
Toe, nuutgewek, het ingetrek die liewe skone lente in die land,
met voëlgesang die heeldag lang in weergalose soet refrein.
Al die mense is nou vrolik – heerlike lente na die koue winterweer;
al die mense is nou vrolik, niks kan ooit die lentevreugde keer!
Wie van ons oueres ken nie hierdie pragtige lied nie! Hoe laat dit ons aan ons onbesorgde jeugdae dink, wek dit heimweë na jonkheid blye môre, na laggies lank verlewe. Dan voel ons ook die traan in ons oë staan, en ons fluister: Here, vergewe! Hoe helder klink die vrolike sang van jongmense en kinders in die lente:
Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing.
Al die kriekies kriek daarbuit', elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier.
Hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier.
TOELATINGSVEREISTE
Die leraar besoek die nuwe inrigting vir verstandelik gestremdes.
“Hoe besluit julle wie om hier op te neem?” vra hy die verpleër.
“Ons maak ’n bad vol met water en gee aan die persoon ’n lepel, koppie en emmer met die opdrag om die bad leeg te maak” sê die verpleër.
“O, ek sien, die slim een sal die emmer neem omdat dit groter is” sê die dominee begrypend.
“Nee, die slim een sal die badprop uittrek. Waar sal u graag ’n bed wil hê, dominee? Naby ’n venster?” vra die verpleër.
KULTUUR- DAGBOEK 28 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1844: Victoria-Wes in die Noord-Kaap is op hierdie dag as Victoria gestig.
2. 1945: Agricura Laboratoria Beperk wat op inisiatief van dr HO Mönnig gestig is, produseer aanvanklik veemiddels maar onderneem later ook die vervaardiging van plantinsekmiddels, wat langs hierdie weg 'n wesenlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse landboubedryf lewer.
3. 1875: Lees in hoofartikel meer oor die merkwaardige vrou, Maria Elisabeth Rothman, (M.E.R.)
1875: MARIA ELISABETH ROTHMAN (M.E.R.)
KULTUURDAGBOEK 28 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Maria Elisabeth Rothman is op Swellendam gebore. As M.E.R. het sy een van die mees geliefde en gewaardeerde skryfsters van die Afrikaanse letterkunde geword.
M.E.R. was een van die eerste vroue wat in Suid-Afrika 'n BA-graad verwerf het. In 1922 word sy aangestel as die eerste vroueredaktrise van Die Burger. Weens haar daadwerklike belangstelling in maatskaplike werk is sy in 1928 benoem tot die organiserende sekretaresse van die ACVV.
In 1938 word 'n Carnegiebeurs aan haar toegeken en het sy 'n studiereis onderneem na die VSA. Ook verskeie Europese lande het sy besoek.
1962: JOHANNESBURG STADSKOUBURG OPEN
KULTUURDAGBOEK 27 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Wat 'n openingsaand: die pragtige Stadskouburg, pas voltooi, open met 'n Afrikaanse opera! Toe die voorgordyn vir die eerste keer opgetrek word op 27 Augustus 1962, was dit in teenwoordigheid van die Republiek se eerste Staatspresident adv. CR Swart, en sy gade, en die Eerste Minister, dr HF Verwoerd en mev Verwoerd. Die dirigent vir die opvoering was ook 'n bekende Johannesburgse Afrikaner, dr Anton Hartman. Ons land se bekendste en destydse voorste sopraan, Mimi Coertse, is van die Staatsopera in Wenen, Oostenryk, teruggebring om die hoofrol te sing. Die manlike hoofrolle is deur Gé Korsten, en Hans van Heerden vertolk.
1966: TRANSVAALSE KOORRAAD GESTIG
KULTUURDAGBOEK 27 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie liggaam het sy ontstaan in die eerste plek te danke aan die suksesvolle optrede van die Republiekfeeskoor in 1966 by die Sentrale Fees by die Voortrekkermonument.
Die geesdrif van die persone wat deelgeneem het, het diegene wat die leiding op hulle geneem het, laat besef dat die geleentheid nog nie verby is om ons volk tot 'n singende volk te inspireer nie. Die Koorraad het dus opgetree as 'n koördinerende liggaam vir die verskillende kore en aanverwante verenigings en het daadwerklik bygedra tot die bevordering van sang in die algemeen deur die reël van plaaslike koorfeeste en ook koorfeeste op provinsiale of streeksbasis.