Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u geweet die Nuwe Testament se oudste manuskripte dateer om en by die einde van die 2de eeu n.C.? Daar bestaan geen oorspronklike Griekse teks nie, maar slegs kopieë van manuskripte. Ons is egter baie gelukkig om manuskripte te hê wat 100-150 jaar ná die oorspronklikes gekopieer is.
1854: DIE GRONDWET VD OVS GEPROKLAMEER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854, wat die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat verseker het, is 'n 'Raad van Volksrepresentaten' of kortom Volksraad van 29 lede deur die verskillende veldkornetswyke en dorpe verkies. Hul eerste bestuursdaad was om die tradisionele republikeinse staatsbeskouinge van volksoewereiniteit en uitoefening van die volkswil in 'n geskrewe grondwet vas te lê. Die twee uitlanders JJ Groenedaal, Nederlander en onderwyser, en JM Orpen, Ier en landmeter, het waarskynlik die grootste bydraes tot die bewoordingvan die grondwet gelewer.
KULTUUR- DAGBOEK 10 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.Jacobus Johannes (Jim) Fouché word in 1968 in die Groote Kerk in Kaapstad ingehuldig as tweede staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Die inhuldiging het te midde van groot openbare belangstelling op 10 April plaasgevind. Tydens die plegtigheid waar die predikante JS Gericke, dr PSZ Coetzee en prof WD Maxell voorgegaan het, het mnr Fouché die ampseed voor hoofregter LC Steyn afgelê. Na afloop hiervan is die nuwe Staatspresident na die Parade waar hy deur die Eerste Minister, mnr BJ Vorster, aan tienduisende lede van alle bevolkingsgroepe voorgestel is. In sy toespraak het mnr Fouché gesê dat deur sy verkiesing erkenning gegee is aan die waarde van toegewyde diens van die gewone mens. Hy het ook daarvoor gepleit dat Suid-Afrika 'n beleid van leef en laat leef volg, en dat elke bevolkingsgroep die waarborg van selfbehoud moet hê.
2. 1854: Die grondwet van die Oranje-Vrystaat word geproklameer. Lees meer hieroor in hoofartikel.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (1)
083 444 7672)
Die ou geweerkolf is glad en koel teen sy wang. Dit ruik na baie dekades, letterlik amper ‘n honderd en vyftig jaar, se geweerolie, Ballistol, Hoppe’s Nommer 9, Young’s .303 en die Q20 van onlangs.
Dis ‘n reuk wat net ou gewere se kolwe en aksies het, wat ingetrek het in en teen die okkerneuthout, staal en brons. Daar is nog die reuk van ou swartkruit, gemeng met die rook van moderne rooklose dryfmiddel.
Hy was aanvanklik bang dat die nuwe rondtes die bykans honderd en vyftig jaar-oue aksie sou beskadig, maar hy het geen opsie gehad nie. Tot dusver hou dit nog en hy kan geen krake of swelling iewers opmerk nie. Die aksie is nog glad en stewig. Die slagdoppies bult nie uit nie.
1860: EMILY HOBHOUSE GEBORE
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 9 APRIL
Emily Hobhouse is op Liskeard in Cornwallis, Engeland gebore. As pastoriedogter het sy haar sieklike vader pligsgetrou versorg en 'n leidende aandeel in gemeentewerk geneem. Sodoende het sy die skadukant van die maatskaplike lewe leer ken en is die weg gebaan tot die opheffingswerk wat sy later in Suid-Afrika sou doen. Vir haar as oortuigde pasifis, het die oorlog teen die Boere-republieke haar van meet af aan teen die bors gestuit en het die Konsentrasiekampbeleid van die Britse militêre owerheid in Suid-Afrika haar met weersin vervul. Enersyds het sy haar verontwaardiging openlik in toesprake, brosjures en briewe aan die pers gelug, en andersyds het sy oorgegaan tot die stigting van 'n noodlenigingsfonds.
Met die karige bedrag van R600 op dié wyse geïn, is sy persoonlik na Suid-Afrika en het sy 'n aantal uitgebreide reise deur die oorloggeteisterde gebied onderneem ten einde eershandse inligting oor die toestand in die kampe in te win en terselfdertyd persoonlik noodlenigingswerk te doen. Op dié wyse word sy vir die Boervrou en –kind die verpersoonliking van ware menslikheid en mensliewendheid te midde van oorlogsmart en –onreg.
KULTUUR- DAGBOEK 9 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. David Pratt, 'n Natalse boer, skiet en tref dr Hendrik Verwoerd, Premier van Suid-Afrika, met twee skote uit 'n .22 outomatiese pistool in die kop toe lg die Randse Paasskou in 1960 open. Pratt, wat sielsiek verklaar is, sterf aan sy eie hand op 1 Oktober 1961.
2. Die Slag by Jammerbergdrif: genl de Wet en sy manskappe beleër die Britse garnisoen onder bevel van EH DDalgety sowat 5 km noordwes van Wepener in die Vrystaat, maar sonder welslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1900.
3. Emily Hobhouse, Britse pasifis en maatskaplike werker onder Afrikanervroue en –kinders in konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is in 1860 op die dorpie St Ives, naby Liskeard in Cornwallis (Brittanje) gebore. Sy besoek op haar 41e verjaardag in 1901 die konsentrasiekamp by Mafikeng in Transvaal. Lees meer in hoofartikel.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (18)
083 444 7672)
“Julle weet nie hoe welkom julle is nie.”
Maxim en sy makkers het oor die heining gespring en wag nou saam met die ou man en sy mense daaragter. Hulle was gelukkig om net ses manne aan die dood af te staan, met nog vier lig gewond.
“Wat nou?”
“Ons het een van twee opsies: ons kan hulle aanval, of ons kan wag.”
“En aanval is nie regtig ‘n opsie nie?”
“Nee.”
“Nou is hulle weer agter die huise en heinings, waar ons hulle nie kan raaksien nie. Miskien kan ons vanaand in ‘n klein groepie uitbeweeg onder dekmantel van die donker en hulle getalle minder maak.”
1848: BOERE VERSET HULLE TEEN SIR HARRY SMITH
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 8 APRIL 1848
Nadat die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, op 3 Februarie 1848 wederregtelik en teen die sin van die meeste blanke inwoners die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot Britse grondgebied, te wel die Oranjerivier-Soewereiniteit, verklaar het, het veral die republikeinsgesinde immigrante noord van die Vetrivier besluit om hulle teen hierdie daad te verset. Hiervoor het hulle die hulp van Andries Pretorius, die bekende Voortrekkerleier, ingeroep, wat toe aan die Magaliesberg geboer het. Dit was hy wat aan Smith gesê het: "Hier vlug ons van die Britse gesag en waarheen ons wil, neem u alles in besit, waar moet ons heen? U sal daardeur die Emigrante-Boere tot twee weë dwing, nl om hul wettig gekoopte land te verdedig, of dieper die wildernis in te gaan."
KULTUUR- DAGBOEK 8 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Demokratiese Party word in 1989 dmv 'n samesmelting van die Progressiewe Federale Party onder leiding van Dennis Worrall en die Nasionale Demokratiese Beweging onder leiding van Wynand Malan gestig. Dit lei later tot die Demokratiese Alliansie.
2. Ds Petrus van der Spuy, eerste Suid-Afrikaans-gebore predikant in die land, lei 'n dankdiens in 1752 by geleentheid van die eerste eeufeesviering van die vollksplanting aan die Kaap. Kanonskote word die middag afgevuur en goew Rijk Tulbach onthaal die aand Kompanjie-amptenare en Kaapse burgers in die Kasteel.
JESUS IN DIE TALMOED VOLGENS GROK A.I.
Grok is 'n generatiewe kunsmatige intelligensie-kletsbot wat deur xAI ontwikkel is. Gegrond op die groot taalmodel (LLM) met dieselfde naam, is dit in 2023 as 'n inisiatief deur Elon Musk van stapel gestuur. Die kletsbot word geadverteer dat dit 'n "sin vir humor" besit en direkte toegang tot die susterplatform X, (voorheen bekend as Twitter) verskaf.
In April 2023 het Elon Musk in 'n onderhoud op Tucker Carlson Tonight gesê dat hy van plan was om 'n KI-kletsbot genaamd "TruthGPT" te ontwikkel, wat hy beskryf het as "'n maksimum waarheidsoekende KI wat probeer om die aard van die heelal te verstaan". Hy het aan Carlson uitgesê dat ChatGPT “opgelei word om polities korrek te wees”. TruthGPT sou later bekend staan as "Grok".
Op 12 Maart was daar 'n tweet op X deur @MenchOsint, wat die kunsmatige intelligensie-robot Grok gevra het:
“Volgens die Talmoed, waar is Jesus?
“Volgens die Koran, waar is Jesus?”
Grok het geantwoord:
GEDAGTE VIR DIE DAG
"Pilatus sê vir Hom: Wat is die waarheid?" – Johannes 18:38
Pilatus het goed geweet wat die waarheid was, maar het onder druk van die Jode (terwyl hy geweet het Jesus is onskuldig) steeds voortgegaan om die gepeupel ter wille te wees.
Hy het ook gemaak of hy nie verstaan wat Jesus bedoel met: "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie". Uiteindelik verloor Pilatus die stryd teen sy eie gewete!
Pilatus se sonde, sy politieke bande, sy vrees, bind hom om Jesus nie vry te laat nie. Pilatus se morele agteruitgang het stap vir stap tydens die verhoor van Jesus van hom 'n patetiese, vreesagtige pion gemaak en hom verbitterd gelaat.
Die les hieruit vir ons is dat ons lewens in die waarheid gegrond moet wees. In Jesus se woorde moet ons die stem van God hoor anders sal ons lewens ook in ongeloof en bitterheid eindig!
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (17)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die klein, goedkoop Chinese tweerigting radiotjie kraak effens.
“Alfa-een, Alfa-een, kom in vir Alfa-twee.”
“Alfa-een, stuur.”
“Ons is in posisie, geen voorvalle.”
“Roger, Alfa-twee.”
“Alfa-drie, Alfa-drie, kom in vir Alfa-een.”
“Alfa-drie stuur.”
“Is julle tien-vier?”
“Positief, Alfa-een.”
1861: "NUWE KERK" IN PIETERMARITZ- BURG INGEWY
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 7 APRIL
Op dié dag is die "Nuwe Kerk" van die Nederduitse Gereformeerde gemeente Pietermaritzburg in 'n gees van nederige, diepe dankbaarheid ingewy. Dit is gebou op die halwe erf van Langmarkstraat 34. Ds P Huet was toe predikant van die gemeente, en verskeie hooggeplaastes soos die luitenant-goewerneur, die hoofregter en die sekretaris van naturellesake, het saam met die gemeente die inwydingsplegtigheid bygewoon.
Dit was die tweede kerkgebou van die gemeente en is opgerig onmiddellik langs die eerste, die ou Geloftekerk, wat later die Voortrekkermuseum geword het. Die twee geboue het min of meer dieselfde getal sitplekke gehad maar die nuwe gebou het nodig geword omdat, soos dr HE Faure – predikant van die gemeente in 1855 – op 18 Julie van daardie jaar aan die regering verklaar het, "the one at present in use is altogether in 'n state of dilapidation."
KULTUUR- DAGBOEK 7 APRIL
1. Die Hugenotemonument in Franschoek in die Kaap word in 1948 ingewy. Dit herdenk die koms van nagenoeg 200 Franse Hugenote-setlaars tussen 1688 en 1700 oa A de Villiers, J Malan, Piere Jourdan en G Leroux.
2. Joao de Nova, adelike Galisiese ontdekker in diens van Portugal, land in Mosselbaai in 1501 en laat 'n klip met 'n inskripsie agter wat vandag in die sorg van die Suid-Afrikaanse Museum is.
3. 1861: Die "Nuwe Kerk" in Pietermaritzburg word ingewy. Lees hieroor in hoofartikel.
MOENIE KLEINGELOWIG WEES NIE
Ds AE van den Berg
“En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?” (Mat.14:31).
Wat 'n aangrypende verhaal! Een nag terwyl die dissipels vivang, kom Jesus op die water na hulle aangeloop. Hulle het hul boeglam geskrik en gedink dit was 'n spook. Toe Jesus hul gerusstel dat dit Hy was, het Petrus Hom gevra of hy op die water na Hom toe kon kom? “En Hy sê: Kom!...” (:29). Daarop het hy uit die skuit na Jesus geloop; 'n wonderbeskikking!
Mat.14 leer ons hoe ware geloof lyk, iets wat ons almal meer van wil hê om ook die storms van ons eie lewe te trotseer. God help ons en gee in die Bybel die nodige lig om enduit met Hom te wandel. Die besonderhede van die verhaal leer ons dat geloof selfs op water kan loop.
MAAK TYD VIR 6 APRIL SE GELOFTE!
Ons volk word vermoor en verdruk deur 'n swart owerheid wat ons van die aardbol wil afvee. Ons het bedelaars in ons eie land geword. Is dit die goeie hoedanighede van die huidige regering wat hulle in beheer oor ons geplaas het, of is dit ons swak hoedanighede wat ons onder ‘n strafgerig van ons hemelse Vader geplaas het? Verdien ons nie dit wat oor ons gekom het nie? Waarom gaan dit tans so sleg met ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika? Is dit nie omdat ons nie meer ons geloftes betaal nie?
Baie volksgenote bring 16 Desember darem weer deur met herdenking van die Gelofte van Bloedrivier soos ons belowe het om dit soos 'n Sondag deur te bring - 'n dag van die Here.
Maar wat het geword van Van Riebeeckdag wat op 6 April herdenk word?
Wat van die herdenking van die Gelofte van Paardekraal wat bepaal dat ons as volk jaarliks by Paardekraal op 16 Desember bymekaar sal kom en die oorwinning van die ZAR oor die Britse anneksasie van 1877-1881, gedenk?
1652: AANKOMS VAN JAN VAN RIEBEECK
...EN DIE GELOFTE VAN 1654
Die middag om 14:30 van 5 April 1652 word Tafelbaai gewaar deur die opperstuurman van die Drommedaris, een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai land om 'n verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was die Goede Hoop en die Reijger, wat hulle om vieruur die oggend by die Drommedaris aan die Kaapse kus aangesluit het.
Die skepe het op 6 April naby die kus bly lê terwyl Adam Hulster, die boekhouer, en die onderstuurman, Aernt van Leveren, per sloep vertrek het om Tafelbaai te verken. Twee uur voor sononder het hulle berig dat daar geen skepe in die baai is nie en kon die Drommedaris en die Goede Hoop die baai binnevaar en by die "versse'-rivier anker gooi.
GEBED VAN JAN VAN RIEBEECK
6 APRIL 1652
O Barmhartige Goedertieren God en Hemelse Vader,
waar dit u Goddelike Majesteit behaag het om ons tot die bestuur van die sake van die Verenigde Nederlandse Oos Indiese Kompanjie
alhier aan die Kaap die Goeie Hoop te beroep
en ons tot die doel met ons aanwesige Raad in u Heilige Naam vergader is om met hulle advies sodanige besluite te neem waarmee die grootste diens
van die gemelde Kompanjie bevorder, die reg gehandhaaf,
en onder hierdie wilde brutale mense indien moontlik u ware gereformeerde Christelike Leer mettertyd voortgeplant en verbrei mag word, tot die lof en eer van u Heilige Naam en die welstand van ons Here Prinsipale – waartoe ons sonder u genadige hulp allermins in staat is –
so bid ons U derhalwe, o allergenadigste Vader, dat U ons met u vaderlike wysheid wil besoek, en in ons vergaderinge sal voorgaan en ons harte so sal verlig dat alle verkeerde gevoelens, misverstande en ander dergelike gebreke van ons geweer mag bly, teneinde ons harte van alle menslike aantastings te reinig, en ons gemoedere so gesteld
dat ons in ons beraadslaginge niks anders mag voorneem of besluit
as wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam,
en die beste diens van ons Here en meesters sonder om in enige mate
op eie baat of persoonlike wins ag te gee, dit en nog baie meer wat tot die uitvoering van ons opgedraagde dienste en saligheid nodig mag wees.
Ons bid en begeer dit in die Naam van u geliefde Seun,
ons Heiland en Saligmaker Jesus Christus wat ons leer bid het:
Onse Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word.
Laat u Koninkryk kom.
Laat u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
en vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.
Want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid.
Amen.
6 APRIL SO BINDEND SOOS 16 DESEMBER
Waarom gaan dit tans so sleg met ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika? Is dit nie omdat ons nie meer ons geloftes betaal nie? Ons volk word vermoor en verdruk deur 'n swart owerheid wat ons van die aardbol wil afvee. Ons het bedelaars in ons eie land geword. Is dit die goeie hoedanighede van die huidige regering wat hulle in beheer oor ons geplaas het, of is dit ons swak hoedanighede wat ons onder ‘n strafgerig van ons hemelse Vader geplaas het? Verdien ons nie dit wat oor ons gekom het nie?
Is dit nie ook omdat ons wel nog die Gelofte van Bloedrivier probeer onderhou maar die res vergeet het nie ?
Wat het geword van Van Riebeeckdag wat ons vandag nog net soos Geloftedag op 16 Desember bind?
Wat van die herdenking van die Gelofte van Paardekraal wat bepaal dat ons as volk jaarliks by Paardekraal op 16 Desember bymekaar sal kom en die oorwinning van die ZAR oor die Britse anneksasie van 1877-1881, te gedenk?
En die eerbiediging van die ZAR Volksraadbesluit van 31 Mei 1882 waarin geproklameer is dat 27 Februarie jaarliks as ‘n dag van verootmoediging deurgebring sal word sodat die weldade van die Almagtige God in herinnering geroep word en die eer van die oorwinning aan Hom gegee word?
SKENK HOM U VERTROUE
Hannes Ollewagen
Ps. 32:1-11
“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie, wat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou – met goedertierenheid sal Hy hom omring.” (:8-10).
Ons dink weer terug aan 6 Apri 1654. Dit was twee jaar nadat Jan van Riebeeck met sy reisgeselskap in die Kaap aangeland het. En ’n terugblik oor die vorige paar jaar van hul lewens het hulle tot ’n ootmoedige besef van God se goedheid en leiding in hul lewens gebring. Hierdie besef het die hartsnare só diep geraak dat hulle besluit het om ’n Gelofte af te lê wat ten doel gehad het dat hul nageslagte in ewigheid hierdie goedheid en leiding van God moet onthou. Ek haal graag vir u ’n gedeelte hieruit aan:
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Skielik is daar ‘n beweging langs die ou man en ‘n lyf val by hom op die grond. Hy skrik en wil die haelgeweer omswaai om die nuwe bedreiging die hoof te bied, maar hy hoor Len langs hom skreeu, hard genoeg dat hy dit bokant die knal van die gewere, voor en langs hom, die demping van die dofies en sy konsentrasie op die mense voor hom kan hoor:
“Hey, wag nou, dis ek, Len!”
Len gaan sonder om te aarsel of te wag vir ‘n antwoord aan:
“Ek sien jy het ‘n paar boye agter die bome?”
Hy bring ‘n geweer aan sy skouer en in feitlik dieselfde beweging trek hy die sneller. ‘n Paar stukke rowwe bas spat voor en agter die boom uit en ‘n slap figuur val langs die stukke.
“’n Vier-vyf-agt Lott het nog altyd kant gebring!” skreeu Len opgewonde, haal oor en skiet nog ‘n man agter die boom uit.
“Vatso, ma se kind!”