Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Christen is jy vry om vandag ten volle in die hede te leef want jou verlede is heeltemal vergewe en jou toekoms is heeltemal seker – ontspan dus en gee al jou aandag aan wat jy vandag moet doen.
REKENAAR IN DIE KIES (6)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
COOKIE = KOEKIE
Nou nie so lekker soos jou ma se koekies nie, inteendeel, meeste rekenaargebruikers hou niks hiervan nie. Dit is inligting soos jou naam en voorkeure wat 'n webbediener omtrent jou versamel en as 'n teks-leêr aan jou blaaier (browser) gee om te bêre. Oorspronklik was dit bedoel om pasklaar inligting gemaklik beskikbaar te stel maar dit is natuurlik ook 'n gerieflike manier vir adverteerders en ander onwelkomes om inligting oor jou te versamel. Die woord kom van die UNIX-bedryfstelsel.
CPU = SVE
Die afkorting staan vir 'Central Processing Unit'; of dan Sentrale Verwerkingseenheid. Dit is die brein van die rekenaar wat al die berekeninge doen.
CURSOR = MERKER
Nie iemand wat vloek soos 'n matroos nie – die merker is die flitsende strepie op jou skerm wat die plek aandui waar jy gaan skryf as jy begin tik.
CU-SeeMe = CU-SeeMe
So amper die teenoorgestelde van wegkruipertjie – 'n program vir videokonferensies. Daarvoor het jy 'n klankkaart, mikrofoon, luidsprekers en 'n videokamera aan jou rekenaar gekoppel nodig. Dan kan jy via internet sien met wie jy gesels.
Vervolg...
NAME, PLEKKE EN PLAE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ons ou volkie se behoud is maar in sy humorsin en so paar dingetjies daarmee saam; kyk nou byvoorbeeld na die genaamgeeëry; as hy eers vassteek dan bly hy daar. So ken ons 'n Tandeman (sy lang tande was werklik die rede vir dié naam), en 'n Blink Piet (hy spog na al die jare nog met alles al het hy dit verloor), en ou Five To (dis die ou oom wat sonder uitsondering vyf minute voor sluitingstyd by besighede instap maar 'n halfdag se werk gedoen wil hê), en so is daar menige, onder andere ook 'n boer wat jare lank met wortels geboer het wie se naam nou nog vasstaan as Willie Wortelman al het die donkergroenes sy plaas gevat en hy toe maar die dorp se vuilgoed begin wegry het omdat die swartes nou plase vat en nie meer tyd het vir vullisverwydering nie.
BEWAAR ‘N ERFENIS EN BOU 'N TOEKOMS
HISTORIESE DVD’S EN CD’S TE KOOP
wat die teregstelling van Gideon Scheepers en die rol van Graaff-Reinet in ons
geskiedenis dek . Dit bevat ook uittreksels uit ‘n aantal DVD’s van Suidland Media
en ‘n voordrag oor die betekenis van die geskiedenis vir 21ste eeuse Afrikaans) DVD 50
Bringers van die Lig (‘n Verhoogstuk oor die lewe van Jan en Maria van
Riebeeck en hulle gesin, onder leiding van Isabelle Steenkamp met Peter Breden-
kamp in die hoofrol) CD 60
HELP TOG DIE 'PROF' OM SY OUERS OP TE SPOOR!
Kriewelkop
Ek het in 'n vorige artikel verduidelik dat 'n volk, ook ons Afrikanervolk, soos in broederskap met mekaar staan, soos 'n bloedfamilie waaraan ons almal behoort – so absoluut dat ons geen keuse het nie; en so geheel en al dat dit nie gedeeltelik kan wees nie maar volkome – 'n saak waaraan jy en ek niks kan verander nie want ons is binne hierdie volksverband gebore en geplaas deur ons Skepper. Maar nou kom daar 'n ou seerower met sy kopdoek, en nogal met die Afrikaanse naam Piet Croucamp, van die Universiteit van Johannesburg, met 'n paar slegruik uitlate oor Afrikaners en Afrikanerskap, en nou moet ek weer dink of daar nie maar tog ander maniere is hoe sekere 'Afrikaners' in ons volk geland het nie. Ek meen nou maar, hulle kon dalk in die bond omgeruil gewees het. Of is dalk uit 'n ander volk wat te sleg was om hulle eie kind groot te maak, toe aangeneem deur 'n Afrikanergesin, uit die goedheid van hulle harte, wat die arme weeskind na die beste van hulle vermoë probeer opvoed het, alhoewel so 'n onnatuurlike ding meestal 'n onbegonne taak blyk te wees.NOG SA-BURGERS VLUG LANDUIT
Ons kopdoekprof sien die saak heeltemal reg: Afrikaners hoort nie in 'n land waar soveel korrupsie, misdaad en onvermoë van 'n sogenaamde regering is nie. Hulle kan dit nie meer in hierdie vernielde land uithou nie. Reeds in hierdie eerste kwartaal van 2012 volgens die jongste PPS vertrouensindeks oorweeg meer mense as in 2010 om Suid-Afrika permanent te verlaat. Die redes wat hiervoor aangevoer word, is misdaad, swak gehalte van onderwys, treurige gesondheidsorg en politieke onsekerheid. Hierdie bevindinge klop feitlik identies met die jongste Grant Thornton Internasionale Sakeverslag wat bevind het dat 20% van uitvoerende direkteure van genoteerde en private ondernemings in SA dit in die eerste kwartaal vanjaar ernstig oorweeg het om die land vir goed te verlaat.
Maar ongelukkig vir die proffie gaan hier 'n Gideonsbende van Afrikaners wat vir niks stuit nie, oorbly. Sal daar dán vir doekdraers soos hy nog plek wees...
SAMEBINDING VAN ONS VOLK
RASSESKEIDING TER VOORTBESTAAN
Kriewelkop
Daar word voortdurend geveg oor die benaming Afrikaner of Boer. Ons het hier op Gelofteland al talle artikels daaroor geplaas en hiérdie artikel is nie bedoel om daardie dispuut te heropen nie maar juis om die noodsaak van samebinding binne ons volk te beklemtoon. Samebinding omdat ons as 'n volk soos in broederskap met mekaar staan, soos 'n bloedfamilie, 'n familie waaraan ons almal behoort – so absoluut dat ons geen keuse het nie; en so geheel en al dat dit nie gedeeltelik kan wees nie maar volkome – 'n saak waaraan jy en ek niks kan verander nie want ons is binne hierdie volksverband gebore en geplaas deur ons Skepper. As ons dan die term Afrikaner of Boer in hierdie artikel gebruik is dit nie verwysend as 'n keuse van een die twee nie maar oor wie ons is: 'n blanke Afrikaanssprekende volk in Suid-Afrika.
OOR DIE DOODSTRAF
Marius Coertze
Doodstraf word afgeskaf
"Ek is egter van mening dat ons nie moet sit en wag totdat Afrika se mense eendag moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is nie, want dit mag duisende jare neem, indien ooit..."
Gedurende 1995 het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika 'n beslissing gevel dat die doodstraf hier ter lande afgeskaf word. Gevangenes wat reeds tot doodstraf gevonnis is, se vonnisse is verander na lewenslange gevangenisstraf.
Voorspelbaar en tipies van die liberalisme en die sekulêre humanisme, word lewenslange gevangenisstraf beskou as 'n mensliewender soort straf as die doodsvonnis. Of lewenslange gevangenisstraf in die oorvol en sindikaatbeheerde Suid-Afrikaanse tronke werklik mensliewender as die doodstraf is, is egter 'n debatteerbare punt.
Die handves van menseregte bepaal in artikel 11 daarvan: Elke mens het die reg op lewe. Dit klink op die oor af goed. Maar daar is tog 'n paar vrae wat ontstaan: Het die mens dan nie voorheen die reg op lewe gehad nie?
DIE KLEUR VAN BLOED BINNE DIE ANC
Kriewelkop
Daar ís darem maar net sommige dinge wat 'n witmens se verstand te bowe gaan – en dít is nie die dinge van witmense nie! Ek meen nou so: hier staan onse uit-die-ANC-geskorste Julias daar in Illovo nog steeds onder die vaandel van die ANC en vertel vir hulle wat om te doen. Dis nou met betrekking tot die voormalige ANC-hoof van misdaad, of is dit die misdaadhoof... nietemin, sy naam is Richard Mdluli en moet glo uit die polisie gehaal word en 'n ambassadeurspos in Somalië kry. So sê Juju vir Zuma moet hy doen. Dít opsigself is egter nie vreemd nie want dis ou tradisie in die ANC om elke ou regeringskelm se warm water so bietjie af te koel met 'n ander pos wat selfs groter inkomste bring.
GEMAALDE VLEIS LIG WENKBROUE
Lucille Botha
Bykans ‘n derde van maalvleis wat ontleed is, is met vark- of hoendervleis gemeng of daarmee besmet, het ‘n voorlopige studie bevind. Dit sal oor die volgende paar maande deeglik ondersoek word.
Volgens prof. Louw Hoffman, professor in vleiskunde aan die Universiteit van Stellenbosch, is die US ná die halaal-skandaal vroeër vanjaar genader om DNA-analises van maalvleis en wors te doen. “Byna 30% van die produkte het varkvleis bevat,” het hy by die Rooivleis en Abattoirvereniging se konferensie op Stellenbosch gesê. Dit is nie op die etikette aangetoon nie.
D A N I Ë L (7 - SLOT)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DANIËL SE VISIOENE
In die derde jaar van die Galdese koning Bélsasar, seun van die rondvlugtende koning Nabonedus, wat toe nog nie deur die Meders agterhaal is nie, het Daniël vir Bélsasar die skrif aan die muur verklaar. In daardie selfde jaar het Daniël in ‘n droomgesig van vier snaakse diere ‘n visioen beleef van wat in die toekoms sou plaasvind. Die leeu met vlerke is die Babiloniese ryk, die vraatsugtige beer is die Medo-Persiese ryk, die vinnige luiperd is die Macedonies-Griekse ryk wat in vier verdeel is. Die vierde dier is die Romeinse ryk. Daarna volg die einde, die koningskap van God se volk. Die tien horings van die vierde dier wys op die verbrokkeling van die Romeinse ryk en die elfde horing is die ryk van die antichris.
OP JUL MERKE, GEREED, MOOR!
UIT DIE PERD SE BEK
Kriewelkop
Nou ja, as die swartes binne die kantore van die ANC reeds die ekonomiese ineenstorting sien kom, wie is óns om dit nie te wil glo nie! Gaan lees maar die berig as u dit nie wil glo nie by Businessday se webwerf.
Die kantoor van die ouditeur-generaal van die ANC, by monde van ene Nombembe, waarsku aanhoudend oor die vervalle en korruptiewe en meestal bankrot toestand waarin die staatsdepartemente verkeer, veral met betrekking tot finansies en munisipale vlak, nou reeds vir 'n hele paar jaar. Daarom is daar rede om te glo dat 'n totale ekonomiese ineenstorting baie naby is, glo hy. Die waarskuwing van die OD vertel van 'n regering wat so besig met sy eie plekkie in die son is dat geen aandag aan belangrike regeringsake gegee word nie.
D A N I Ë L (6)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
IN DIE LEEUHOK
Die magtige wêreldryk van die Galdeërs in die noord-ooste van oud-Israel, wat verantwoordelik was vir die laaste wegvoering van ons volk, waaronder ook ekself en my jong vriende, het aan die einde van sy wêreldmag gekom toe die Meders Babel verower het en koning Darius ons as gevangenes van die Galdeërs geërf het.
Die 62-jarige koning Darius het geweet van my en my vriende se goeie diens aan die land en die kroon. Hy het 120 amptenare oor sy koninkryk aangestel en drie hoofde as toesighouers oor die belange van die koning. Ek was een van die drie. Toe het die Here my weer genadiglik in staat gestel om my werk met soveel onderskeiding te verrig dat koning Darius my oor sy hele ryk wou aanstel.
Die amptenare en hoofde het toe uit jaloesie begin fout soek om iets te vind wat hulle teen my werk kon inbring.
SO KAN SANRAL VERDER GEKELDER WORD
Volgens Cliff Johnston van die SA Nasionale Verbruikersunie, word motoriste reeds wyd aangeraai om by SANRAL terugbetaling te eis vir hulle e-kaartjie. Dit sal SANRAL glo R25 miljoen laat opdok indien almal wat reeds geregistreer is terugbetaal moet word. Die logiese rede vir die terugeis is klaarblyklik die feit dat daar nie binnekort oplossings vir die huidige dispuut oor die tolstel sal kom nie en geregistreerders het daarom die reg om hulle geld terug te vra.
SANKSIES TEEN SA VIR OLIE UIT IRAN
Hoor nou die redes wat Obama aanvoer waarom daar sanksies teen Iran en sy olie-uitvoere ingestel word: Iran sowel as sy Sentrale Bank, finansier terrorisme - asof Amerika dit nie self doen nie! En deur geldwassery is Iran glo 'n bedreiging vir die internasionale monitêre sisteem, sê Obama. Maar dat Israel by Amerika gaan tjank het vir hulp omdat hulle bang is Iran gooi 'n kernbom in Israel, veral op Tel Aviv – nou nie dat Amerika aanmoediging nodig het om Iran te probeer kelder nie – word verswyg. Intussen lag Iran se leier, Ayatollah Ali Khamenei, al die pad oor sy twee volstoomwerkende uraanverrykkings-aanlegte.
U sal onthou ons het onlangs berig oor Iran wat so intelligensiedig is dat nie veel van sy kerninligting uitlek nie maar ook dat Iran tans minstens twee uraanverrykkingsaanlegte in volle werking het.
SO WORD VERBRUIKERS NOU VERNEUK
Verbruikers betaal meer vir minder
Anita Morkel
Bepaalde handelsname se sneespapierverpakkingshet gekrimp van 200 snesies na 160 of 180 en die prys is presies dieselfde as voorheen. In sommige gevalle kos dit selfs meer as vroeër en dit is veral dan wat ‘n verbruiker snuf in die neus kry. Wel, dit is wanneer verbruikersweerstand teen die bepaalde produk begin opbou.
Sogenaamde grysprodukte wat deur kettingwinkels onder hul eie handelsnaam verkoop word se sneesdoekies het minder snesies in, maar die prys het gestyg.
Sneespapier - soos die meeste Suid-Afrikaanse produkte - se pryse het die afgelope jare (en veral sedert verlede jaar) met rande gestyg. ‘n Kartonhouer met 200 snesies het sowat R9,99 gekos en kan nou tot soveel as R19,99 vir 180 snesies kos, afhangende van watter handelsnaam aangekoop word.
YSLIKE VERSKIL TUSSEN AFRIKAANSES EN AFRIKANERS!
Sal ons hulle nooit afskud nie?
Die Afrikaner
Kykers op die staatsuitsaaier se nuus kon die week sien hoedat plaasbesetters ’n plaas by Komatipoort gaan beset het, en hoe arrogant en aggressief hulle was.
In dieselfde week het ’n klomp Afrikaanses agter geslote deure met die ANC gaan gesels, omdat die ANC wil weet waarom Afrikaners nie vir hulle wil stem in verkiesings nie.
Laat ons net begin deur die onderskeid baie duidelik te maak: die klomp wat hulle laat vang het om agter geslote deure te gaan konkel met die ANC om dié klomp voormalige terroriste aanvaarbaar vir die Afrikaner te maak, verteenwoordig nie die Afrikaner- of Boerevolk nie. Hulle verwys baie graag na hulleself as AfrikaanSES, en dis ’n baie sinvolle en duidelike onderskeid tussen ons.
REKENAAR IN DIE KIES (5)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n volledige Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
CLOCK SPEED = KLOKSPOED
Nie die spoed van jou blitsige vuurwa op die snelweg nie, maar die snelheid waarmee jou rekenaar se sentrale verwerker (CPU) berekeninge doen. Die klok verwys na die rekenaar se ingeboude horlosie wat die pas aangee. Hoe vinnger die klok, hoe vinniger kan die sentrale verwerker sy opdragte uitvoer. Die klokspoed word aangedui in megahertz.
CMOS = CMOS
Uitspraak soos die mees jong mense deesdae tale meng: You 'see mos'. 'Complementary Metal Oxide Semiconductor' – waar die wesenlike inligting oor jou rekenaar gestoor word . Daar is 'n batterytjie wat die CMOS aan die gang hou wat, as dit pap word, jou rekenaar aangeheueverlies laat ly en dan see jy mos niks verder nie!
CONFIG.SIS = KONFIGURASIESTELSEL
Dit bevat 'n leêr met spesifieke opdragte wat uitgevoer word elke keer as 'n rekenaar aangeskakel word. Programme wat nodig is om sekere toestelle soos 'n klankkaart en videokaart reg te laat werk, word so gelaai.
CONFIGURATION = KONFIGURASIE
Dit is jou rekenaar se situasie van bv hoeveel hardeware hy het, hoeveel geheue daar is, ens. 'n Minimum konfigurasie is die vereistes waaraan jou selsel moet voldoen ten einde sekere programme te kan gebruik soos Windows.
CONFIGURE = KONFIGUREER OF INSTEL
As mens nuwe harde- of sagteware kry moet jy dit instel om met die rekenaar se bepaalde konfigurasie te laat saamwerk. As dit hardeware is, is daar soms kontakbene (jumpers) om te stel. Met sagteware word sekere inligting oor bv die klankkaart en videokaart benodig. Deesdae gebeur baie van hierdie instellings outomaties.
Vervolg...
D A N I Ë L (5)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DIE SKRIF TEEN DIE MUUR
Die Here het die ou Galdese koning nog ‘n geruime tyd toegelaat om oor Babel te regeer voordat hy uiteindelik opgevolg is deur die laaste Galdese koning, Bélsasar. Hierdie koning het egter kortstondig onder spannende omstandighede regeer, want die Meders uit die noorde het die een na die ander verwoede aanval op Babel en sy inwoners geloods. Onder hierdie gevaarlik-wisselende omstandighede het koning Bélsasar besluit om die beste daaruit te haal. Hy het saam met 1 000 van sy amptenare ‘n groot fees by sy paleis in Babel gehou.
Toe almal reeds lekker en vrolik aan die drink was, beveel die koning dat al die goue voorwerpe wat sy voorganger, Nebukadnesar, uit die tempel van die Here in Jerusalem verwyder het, gehaal moes word sodat hy saam met sy vooraanstaande amptenare, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
PLAASBESETTING BY KOMATIPOORT
TLU SA MEDIAVERKLARING
TLU SA het homself na die beste van sy wete probeer op hoogte stel van die geval in Komatipoort waar ‘n aantal swartes op ‘n plaas opgedaag het om die boer te beveel om die grond te verlaat.
Die boer is geen lid van TLU SA nie.
Die betrokke plaas is skynbaar reeds as deel van die grondhervormingsproses aan ’n nuwe eienaar oorgedra nadat daar ’n eis op die plaas was. Die nuwe eienaar het blykbaar met die boer ’n kontrak aangegaan dat dié nog vir ’n sekere tyd die plaas sou huur en voortgaan met sy boerderybedrywighede.
’n Geskil het skynbaar ontstaan nadat die nuwe eienaar nie ten volle vertroud was met die inhoud van die huurkontrak nie, en wou die huurder summier van die plaas verwyder.