Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons met probleme in ons alledaagse lewe worstel, is die ideaal om 'n langtermyn oplossing te vind. Korttermyn oplossings is meestal maar krisisbestuur en tydelik. Langtermyn oplossings het ten doel om volhoubare stabiliteit en vrede te bewerk.
VREES NIE DIE AFGODEDIENAARS
Ons leef in ‘n tyd van verval op sosiale, ekonomiese, politiese en veral geestelike gebied, en dit het ons gebring by die punt waar alles wat ons rustige voortbestaan verseker omgekeer is. Vir hierdie chaos in die wêreld is die owerhede te blameer, regerings wat voor mammon geswig het. Deur die hele wêreld het die konings of te wel leiers presies soos Psalm 2 daarop wys saam teen die HERE beraadslag, het die wêreldgeldmag die bande met Hom losgemaak en kon Satan sy vernietigingswerk met gemak uitvoer soos ook in Suid-Afrika waar Christene nou ‘n kritieke en gevaarlike fase beleef.
Maar die HERE spot met die vyandelike owerhede, en Hy sal sy belofte hou om hulle in sy grimmigheid te verskrik wanneer sy kinders bedreig word, Hy sal “hulle verpletter met ‘n ysterstaf, stukkend slaan soos ‘n erdepot.” Die spul kan maar almal saam moord skree en toi-toi terwyl hulle hul afgodebeuel blaas, hulle sal nie slaag in hulle vernietigingstog nie. Solank ons op die HERE vertrou, aan Hom alleen gehoorsaam is, en Hom “dien met vrees en bewing.”
Bid dat Hy sy volk se harte sal versterk en hulle meer geloofsvertroue as ooit tevore sal gee om die pad met Hom as die Leier aan te durf. Bid ook dat Hy Suid-Afrika ‘n Christen-owerheid sal gee wat weer stabiliteit en veiligheid sal bewerk.
Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
Hy wat in die hemel woon, lag: die HERE spot met hulle.
Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik...
U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Wees dan nou verstandig o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Psalm 2
SKERP SLAGSPREUKE2
SKERP SLAGSPREUKE
(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)
__________________
> >>
(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks
>
>>
>>>>>>__________________
In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.
Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.
'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.
Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.
>>Gratis af te laai
GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:
As God volke aan hul eie lot oorlaat
Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA
Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius
'n Oorblyfsel... deur genade alleen
Christen-Teokratiese Separatisme
Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling
Ons heilsverhaal in die Ou Testament
Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?
Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans
Macbeth - Shakespeare in Afrikaans
Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal
_______________
1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG
1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS
1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR>>‘N BESONDERE VERHAAL VAN BEMOEDIGING
Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . .
Anette lees die woorde van Matt 10:29 –
“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”
Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.