Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons het die voorreg om weer vandag die geboorte van Jesus Christus te herdenk. God het sy enigste Seun gestuur omdat dit noodsaaklik was dat Jesus waarlik volkome mens word sodat Hy as't ware saam met ons onder die oordeel oor die sonde kon inskuif, ten spyte daarvan dat Hy sondeloos is. Dit was juis sy sondeloosheid wat gemaak het dat Hy sy groot lyding en God se toorn kon verduur – iets wat geen sondaar kan doen nie. So het Hy die sonde oorwin en vir ons verlossing gebring.
VERHOUDING TUSSEN BOER EN WERKER
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Ons herinner u net weer daaraan dat al die artikels oor bogenoemde onderwerp, uit B Spoelstra se boek, Ons volkslewe van Toeka verkry word. Die hoofstuk waaruit ons vandag ons gegewens put, het Spoelstra betitel: 'Die verhouding van K----- en boer in die ou dae.' Ek sal maar in hierdie artikel in plaas van die gewraakte woord wat ons glo nie mag plaas nie, afwisselend die benaminge Bantoes, inboorlinge en Swartes gebruik.
In ons warm en sonnige Suid-Afrika was die witman en veral die boer op die plaas met die swaar werk baie afhanklik van die hulp van die swart nasie.
SAAM MET JAN F CELLIERS
Ek het van jongsaf die pragtige gedigte wat Jan Celliers ‘n honderd jaar gelede geskrywe het, baie geniet. Sommige daarvan se bekoring lê in die eenvoud daarvan, wat die dieper betekenis duidelik verbeeld. Ons gaan nou drie van hulle saam geniet:
WAGHONDJIES
Ek is hier, en ma is hier,
ons twee lê op baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby!
anders word ons knor ‘n daadjie –
kry jou bene dalk ‘n hap,
kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand, en raak ons nie!
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)
GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."
Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.
God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.
DIE KAREEBOOM BY DE WILDT
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
"Dit was 'n tweeledige toespraak. Die eerste gedeelte het gehandel oor Suid-Afrika Eerste, en die tweede gedeelte oor Wit Suid-Afrika. Hier het generaal Hertzog sy segregasiebeleid kort en skerp weergegee."
Mens en land. Mens en bodem. Dit groei aanhoudend – alles loop deur die tyd aaneen. Diaz se stormvaart, en sy kruis op die klipperige kus; Retief se traktaat in 'n bladsak by Dingaan se stat; die Vrystaatse vlaktes; goudgrawery onder die aarde; Yskor se roesrookskynsel teen lae wolke. Al dié dinge is saamgebind in dié land. En nog meer – vele wat op die uitdraaipaaie lê.
Dié dinge gaan ons soek – die saamspan van mensegees en land se reën en natuur en hart – soos die geskiedenis gemaak word.
HOE SOU DIE PERSKES RUIK...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die meeste plase het vroeër jare hoë solders gehad en daarbo is alles en nog wat gebêre. Dit was ook die gebruik om jou doodskis vooruit te laat maak en daar te bêre vir die dag as die doodsengel kom aanklop. Oom Jan se gerieflike plaashuis het ook ‘n solder gehad en getrou aan die algemene gebruik, het hy vir hom en tant Annie elkeen ‘n doodskis laat maak en dit op die solder gebêre.
Een jaar het hulle op die mooi plaas ‘n besonder geseënde persketyd beleef. Wat nie opgeëet en weggegee kon word nie, het die tannie bottelsvol van ingelê en konfyt gekook en groot hoeveelhede gedroog. Toe al haar beskikbare houers vol was, het sy een van die kiste van die solder laat afhaal en dit met heerlike droë perskes gevul en hom weer op sy “rusplek” laat terugplaas.
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (3)
(Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA)
LANG HENDRIK SE GUNSIE VIR DIE CIA
"Sê vir die generaal ek hoop hy brand in die hel!" In Suid-Afrika het Hendrik van den Bergh hardop uitgebars van die lag toe dit aan hom vertel is. Die lot van die dubbele agent in die hande van die KGB was voorspelbaar."
Vroeg in Julie 1967 het 'n senior CIA-agent Hendrik van den Bergh besoek. Tot die mees onlangse voorval het die twee mans 'n professionele, dikwels wedersyds voordelige verhouding gehad. Die Amerikaner het by 'n venster gestaan en oor Pretoria gekyk.
"Wat het jy vir die Rosenthals gesê?" wou hy weet.
GAAN DAN HEL TOE!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Klomp jongmense woon 'n konferensie by waar hulle voorligting ontvang oor hoe om met mense oor hulle sieleheil te praat en hulle van die versoeningsverdienste van Christus se offer aan die kruis te vertel. Na afsluiting van die verrigtinge stap ‘n jongman wat dit bygewoon het, met die straat af na sy huis toe. Hy steek vas voor ‘n vreemde persoon wat in sy rigting aangestap kom en hy besluit om dit wat hy geleer het dadelik van toepassing te maak. Hy vra vir die vreemdeling: “Wil jy graag hemel toe gaan?”
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (1)
'N BELOFTE VAN LEIDING
J.A. Loubser
"Gewoonlik is 'n mens blind vir jou eie sluheid. 'n Mens kan byvoorbaat aanvaar dat daar in jou godsdiensbeoefening sekere bewuste en onbewuste motiewe aanwesig is waaragter jou eie belange en eie ambisies verskuil word."
Elkeen van ons kom een of ander tyd in ons lewe by vurke in ons lewenspadwaar ons kritieke besluite moet neem wat ons toekoms ingrypend kan beïnvloed. Dit is veral dan dat 'n gelowige opnuut die groot vraag vra: Kan God my leiding gee in hierdie beslissing? Moontlik het jy op hierdie tydstip van jou lewe 'n besondere behoefte om meer te leer oor die leiding van die Heilige Gees. Ons gaan in die volgende veertien aflewerings in hierdie reeks uitvind hoe God my lei, ook hoe Hy volke lei, en hoe ek kan weet wat die wil van God vir my en my volk is in hierdie spesifieke situasie waarin ons ons nou bevind.
DUITSE WESIES (7)
STAPPE GEVOLG OM DIE SKEMA IN WERKING TE STEL
(Lees reeks by Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
" Ook die Duitse reaksie moes eers getoets word voordat verder met die skema gegaan kon word."
Nadat die vergadering dus in beginsel die wenslikheid van 'n kinder-immigrasieskema goedgekeur het, is daar beraadslaag oor die stappe wat gevolg moes word om so 'n skema in werking te stel. Almal was dit eens dat daar eerstens met die insameling van fondse begin word. Daar is gevoel dat vir sodanige skema daar aan die begin net om bydraes van 100 pond of meer gevra word. Kleiner bydraes soos byvoorbeeld van skoolkinders kon saamgevoeg word om die bedrag van 100 pond vol te maak. Voordat daar egter met die insameling van 100 pond-bydraes begin word, moes beloftes van nog groter skenkings (die bedrag van 5 000 pond is genoem) verkry word. Die ideaal was om 'n gewaarborgde bedrag van 25 000 pond in te samel voordat die publiek om donasies gevra word.
DIE AFRIKANERVOLK VOOR 'N KRUISPAD (1)
ONS WAS NOG NOOIT SO VERWARD EN VERDEELD SOOS TANS NIE
Prof JJ Pienaar
Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. (Ons gaan nie hier 'n nuttelose debat voer oor die begrippe 'Afrikaner, Boere-Afrikaner of Boer nie). So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:
SAL ONS MEKAAR IN DIE HEMEL HERKEN? (2)
AKTUELE VRAE
(Lees reeks by Aktuele vrae)
Ons het ‘n tyd gelede aan 'n gedeelte van dié onderwerp aandag gegee; kom ons delf nou dieper:
As jou ouers dood is, sal hulle jou ken as jy sterf en jy kom in die hemel?
Ja, die Bybel sê dat die gelowige onmiddellik na sy sterwe geestelike heerlikheid met Christus by God in die hemel geniet. Lees maar onder andere Luk. 16: 19 tot 31, II Kor. 5: vers 1 tot 8 en I Tess. 4 vers 13 en 14 en ook in die Openbaringboek waar die gesaligdes geteken word as nou al lofprysend en juigend voor God se troon, in sy teenwoordigheid. Maar hierdie genieting van geestelike heerlikheid sonder die liggaam, is ook ‘n bewustelike bestaan en daarom sal geliefdes mekaar dan ook in hierdie heerlikheid herken.
SUID-AFRIKA TYDBOM TIK
KRIEWELKOP
Suid-Afrika sit met 'n sogenaamde arbeidsmag van miljoene Swartes en skaars meer as twee miljoen Blankes. Die werkloosheidsyfer is enorm maar word verdoesel deur die massas wat nie meer soek na werk nie en deur misdaad aan die lewe bly. Intussen bereken die regime die werkloosheid slegs op diegene wat werklik na werk soek, op 'n skrale 24% en word daar geswyg oor miljoene wat reeds "werk" het in die vorm van diefstal.
Waarom niemand presiese getalle van die huidige Suid-Afrikaanse bevolking kan noem nie is oor die Swart regime sy laaste bevolkingsopname in 2001 probeer doen het, en ek sê 'probeer' want hulle het nie eers die moeite gedoen om by my woonplek in 'n area met 'n bereikbare straatadres en 'n telefoonnommer in die telefoongids, aan te klop nie - wat mens laat grynslag oor hoe hulle die miljoene plakkers bereken. Maar hulle het die arrogansie om 'n geskatte beraming in 2010 te maak, en dan wil hul sommetjies mens laat skater as jy na ander faktore in hulle 'landsbestuur' kyk. Maar kyk eers hierna:
ONTVANG GELOWIGES VANDAG NOG VISIOENE ?
Kan ‘n mens vandag nog ‘n openbaring (bv. ‘n visioen met ‘n opdrag) van God ontvang? Wat sê die Bybel in hierdie verband?
Wat word bedoel met ‘n visioen? Dit is wanneer die ontvanger van die visioen in ‘n wakende toestand is terwyl hy met sy volle bewussyn beelde sien en stemme, geluide en woorde verneem. Dit alles vind buite die waarneming van die sintuie plaas. ‘n Visioen kan suiwer simbolies wees, maar kan ook van so’n aard wees dat daar vreemde, fantastiese en selfs monsteragtige gestaltes voorkom.
God kan vandag nog deur middel van ‘n visioen met ‘n mens praat. God is soewerein, ook in die manier waarop Hy vandag nog in die wêreld werk.
HOU OP TYD MORS OP ZUMA!
KRIEWELKOP
Aanvanklik het ek gedink geen ingeligte mens lewer kommentaar op Zuma se goedkoop manier van stemwerwing nie want dis mos maar eie aan sy kultuur. Wat kan dan nou nuuswaardig daaromtrent wees? Dis mos nie die eerstemaal dat dié Swart Afrikaleier stemme vir die ANC probeer werf deur met die hel te dreig nie. En in wese is die hel vir sy nasie nie juis 'n bedreiging nie.
Zuma het die vorige keer selfs Angus Buchan se hulp ingeroep wat toe aan sy duisende toehoorders gepredik het "God sê julle moet gaan stem." Hy kon netsowel sy sin voltooi het met "...want anders gaan julle hel toe." Want ons moet God mos gehoorsaam wees. Wat is die verskil tussen wat Buchan gesê het toe almal vir hom handegeklap het, teenoor wat Zuma nou gesê het – so stukkie partypolitiek?
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (3)
TAALOORNAME OF -VERPLASING
Dr JC Steyn
Die proses waarvolgens 'n groep mense hul eie taal laat vaar en 'n nuwe taal aanneem, noem ons taaloorname of ook genoem taalverplasing. Taalverplasing hoef nie gepaard te gaan met kulturele of sosiale assimilasie nie. Dit word getoon deur 'n raaiselagtige geval van taalverplasing in Suid-Afrika.
Die Damaras van Suidwes-Afrika het hulleself genoem "swart mense" (Nu Khoen). Dis ook die Namas se benaming vir hulle, terwyl die Herero's van die 'swart slawe' (Ovazoro) praat. Hierdie 'swart mense' praat dieselfde taal as die 'rooi mense', soos hulle die Namas noem. Ondertrouery en sosiale vermenging het selde plaasgevind in die eeue wat verloop het nadat die Damaras die taal van die Namas aangeneem het.
DIE BELOOFDE LAND (2)
(Lees reeks by Die Beloofde Land)
DIE KUSVLAKTE
Dr JP Smuts
Die kusvlakte strek vanaf die rivier die Litany (Leontes) in die noorde tot aan die Rivier van Egipte in die suide. Hierdie kus was onherbergsaam, rotsagtig en ongeskik vir die seevaart. Nie alleen het dit geen natuurlike hawens besit nie, maar dit is ook 'n lysy-kus, dws, die winde waai daarteen, nie daarvandaan nie. Aan die ander kant was dit 'n groot beskerming vir die land, omdat dit geensins vir 'n vyand gerade was om die land van die seekant af aan te val nie, wat ook nooit gebeur het nie.
Om dieselfde rede het die Israeliete self ook nooit 'n seevarende volk geword nie. Wel het Salomo 'n handelsvloot opgebou, maar dit was nie van blywende aard nie. Des te meer moet ons die prestasies van die Fenisiërs roem wat tog daarin geslaag het om die groot handelsvolk van die ou tyd te word.
NUUSKIERIG TOT DIE DOOD TOE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gedurende die depressiejare was patrone maar ‘n skaars en duur item, veral in Suid-Wes waar die manne allerhande soorte planne gemaak het om ‘n stukkie vleis in die pot te kry. Ons wou nie ons kosbare patrone op tarentale mors nie want hulle is tog maar net voëls, maar ons het allerhande soorte planne probeer om tarentale te vang, of om hulle met mielies te verlei. Ons het maar min sukses gehad totdat ons uiteindelik hulle swakpunt agtergekom het.
Wat jy met hulle moet doen, is om teen skemer in die veld te loop en rustig te gaan sit tot jy sien ‘n swerm tarentale vlieg in ‘n kameeldoringboom in om hulle daar vir die nag te gaan tuismaak. Dan wag jy tot sterk skemer en stap stadig voetjie vir voetjie nader aan die boom.
SWART VERNIELSUG ROEI WILD UIT
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Eintlik gaan ons voorgeslag in hierdie artikel net toeskouers wees van hoe die swart inboorlinge veral in die 19e eeu die volop wild in ons land deur middel van georganiseerde jagpartye, uitgeroei het.
Die baie wild in die ou dae
As ons die oumense hoor vertel van al die wild wat hulle gesien het op die vlaktes en bulte van Transvaal, klink dit amper soos fabels. Hulle vertel dat die bulte “gebuig” het onder die wild, dat springbokke, blesbokke, wildebeeste en al die ander soorte onuitroeibaar gelyk het. Ons is geneig om te dink dat hulle weggetrek het in plaas van dat hulle uitgeroei is. Dit lyk onmoontlik dat so baie wild in so ‘n kort tyd doodgeskiet kon word. Maar as ons hoor hoe die swartes te werk gegaan het om wild in die hande te kry, is dit verstaanbaar dat wild vandag in ons land skaars is.
VREEMDE VLIEËNDE VOORWERP
‘N LEKKER KORSIE VAN PASTEI
U het lanklaas so ‘n interessante gelieg gehoor as hierdie een:
Ons bly tussen Swellendam en Heidelberg, teen die Langeberge, daar waar die bergwind gemaak word. Ek het my vrou belowe ek sal ‘n dak oor die voorstoep opsit en was besig om sinkplate vas te slaan, terwyl die bergwind al sterker word. So teen halfelf sê my vrou sy gaan die ketel aansit vir tee. Ek sê ek wil net gou nog die laaste sinkplaat vasslaan, dan kom ek. Na ‘n groot geskarrel is ek toe weer op die dak met die plaat besig, dakskroewe in die sak, een in die mond en die hamer in die hand. Ek skuif die plaat mooi haaks en sit kruisbeen daarop, net reg om die eerste skroef in te slaan.
Skielik skep die wind my met plaat en al en styg met my op!
ONTGINNING VAN GOUD EN ANDER MINERALE
SKOOLPROJEK
Suid-Afrika het van die rykste mineraalneerslae ter wêreld, en uitvoere van goud en verskeie ander minerale verdien jaarliks baie miljarde rande. Dít is die rede waarom Suid-Afrika buitelandse vyande in die vorm van die Internasionale Geldmag het wat baie graag hierdie land van ons wil afneem om al ons ondergrondse rykdomme vir hulself in te palm.
Mynbou het baie belangrik geword en word tegnies al hoe meer gevorderd. Vadag word rekenaars gebruik om rotsbarstings te voorspel, brande op te spoor, en myn-ingenieurs te help om myne te ontwerp.
GOUD
Bakke en ornamente van goud wat in die Transvaal gevind is bewys dat mense reeds 700 jaar gelede daar goud kon ontgin. Vroeë Europese reisigers het klein hoeveelhede goud in die Magaliesberge en by die Oranjeriviermond gevind, en in 1871 is 'n myn by Eersteling naby Potgietersrus begin. Meer goud is later ontdek, veral na die oostekant by Lydenburg, Barberton en Pelgrimsrus. Barberton was die middelpunt van die goudstormloop en meer as 20 000 fortuinsoekers het daarheen gestroom.