Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy iemand liefhet, sê dit tog vir hom of haar! Of dit jou man, kinders, ouers of wie ook al is. Want die persoon wat 'n mens die liefste het, is dikwels die een wat dit nie minste hoor. En liefde maak gesond – vir diegene wat dit uitdeel sowel as vir dié wat dit ontvang. Dit is soos God se vinger op die mens se skouer.
ADINA SE BRIEWE (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
By die Galilese See
Daar het 'n paar maande verloop voordat Adina uiteindelik weer van haar besige en geleerde vader 'n brief van Alexandrië af ontvang het. Die rabbi was skynbaar half onwillig om duidelik uitspraak te gee op al die gretige en dringende vrae wat sy dogter aan hom gestel het. Hy het in sy brief dit maar net weer beklemtoon dat die Messias, wat reeds al so lank deur die Joodse volk verwag word, 'n indrukwekkende, invloedryke militêre figuur sal wees. Hy sal Israel se vyand verpletter, voordat hy die troon in Jerusalem bestyg en met die glorie van 'n koning Dawid oor sy volk sal regeer.
Adina het in 'n effens ontmoedigde trant aan rabbi Efraim geskryf:
Aan my hooggeëerde Vader
Ek dank u uit my hart vir die baie welkom brief wat ek uiteindelik van u ontvang het. Ek begryp dat u by die universiteit baie werk het om te doen en nie elke week aan u dogter in Jerusalem kan skryf nie.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (8)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
DOEN GOD VANDAG NOG WONDERWERKE?
“Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25).
Wat is ‘n wonderwerk? Is dit wanneer jy bv. in geldelike nood verkeer en jy ontvang ‘n anonieme koevert met ‘n paar duisend rand in jou posbus? Nee, dis ‘n bestiering wat van God se werking in ons lewe en antwoord op gebed getuig. Wonderwerke is uitsonderlike gebeure wat op bevel van ‘n geestelike leier op so ‘n wyse geskied dat diegene wat dit aanskou, besef dat dit van God kom.
Wonderwerke getuig ook van ‘n boodskapper se Goddelike sending.
VOORTREKKER – PIONIERS (24)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Versoeningspogings (4)
Nadat kieslyste ingesamel is het die volksraad in Januarie 1851 te Elandsrivier vergader en omdat die raad huiwerig was om self ‘n beslissing te vel, het hy dit gelaat in die hande van die krygsraad, bestaande uit die twee landdroste, die kommandante en veldkornette wat wyslik besluit het om maar liewer vier kommandant-generaals aan te stel, naamlik WF Joubert vir Lydenburg, AH Potgieter vir Soutpansberg, AWJ Pretorius vir Magaliesberg en ‘n gedeelte van Marico, en JA Enslin vir die ander deel van Marico, doch wel te verstaan alle onder het gezag en instrukties van den Eedele Volksraad.
NP-VERRAAD – ONS VOLK VANDAG (3)
Jeanette Koekemoer
Reeks by NP-Verraad - Ons volk vandag
TREURNICHT WORD TRANSVAALSE LEIER VAN DIE NP
PW Botha het in sy tyd as Eerste Minister heelwat opsienbarende besluite geneem, soos ook die grootste Kabinetskommelings in die land se geskiedenis. Die Kabinet is op 20 Augustus 1980 tot twintig lede vergroot. Van die ses nuwe ministers is drie manne van "buite die politiek" ingebring: genl Magnus Malan, Weersmagshoof as Minister van Verdediging; dr Gerrit Viljoen, oudrektor van die Randse Afrikaanse Universiteit as Minister van Nasionale Opvoeding; en dr Dawie de Villiers, ambassadeur in Londen as Minister van Nywerheidswese.
Ná PW se vierde hersamestelling van die Kabinet moes daar vergoed word vir die eerste twee (wat kort na Vorster se uittrede gevolg het) se tekort aan 'n plekkie vir adjunk-minister Andries Treurnicht. Tien dae ná hierdie Kabinetsverandering is dr Treurnicht verkies tot Transvaalse leier van die Nasionale Party. Eensklap was daar 'n splinternuwe faktor in die politiek van Transvaal ... en van Suid-Afrika...
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (7)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
CHARISMATIESE MISVERSTANDE
“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim.2:15).
Die charismatiese teologie het in der waarheid weens misverstaan van die Bybel tot stand gekom en daarna vinnig oor die aarde versprei. Ek gaan op vier Skrifgedeeltes wys wat deur charismate hoog aangeslaan, maar geheel en al misverstaan word.
Die eerste is Mt.12:22-31 wat oor die sonde teen die Heilige Gees handel. Ons begin aan die hand van die vyf basiese beginsels van Skrifverklaring by die letterlike betekenis van hierdie gedeelte. Die Fariseërs het letterlik gesê dat Jesus sy genesingskrag van die Satan gekry het. Op daardie tydstip was Jesus se aardse bediening alreeds twee jaar aan die gang waartydens Hy aan die Fariseërs en Israel bewys het dat Hy God is. Desondanks het die Fariseërs Hom nie geglo nie.
As ons tweedens die sintese-beginsel gebruik, kyk ons na ander dele van die Bybel wat daarmee saamhang.
ADINA SE BRIEWE (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Die bruilof
Rabbi Efraim het nie gedeel in sy dogter Adina se opgewonde verwagtinge oor die koms van die Messias nie. Hy het vir haar geskryf dat daar in die verlede al baie dwaalleraars in Israel was wat hulle valslik as die Messias voorgedoen het. Dit kom vir hom voor asof hierdie Jesus van wie sy skryf, maar net weer een van hulle is. Die Messias wat gaan kom, sal 'n persoon van mag en invloed wees. Hy verwag dat Hy tevoorskyn sal tree uit die geledere van die Sanhedrin, as een van die invloedryke Fariseërs, want so 'n man sal tog in staat wees om die hele volk in totale opstand teen die Romeinse oorheersers te lei. Dit het Adina se nuutgevonde geluk vertroebel, maar haar entoesiasme nie lank gedemp nie. Sy het aan haar pa geskryf:
Liewe Vader
Ek was so opgewonde toe tant Hanna verlede week aan my u brief oorhandig wat daardie dag saam met die kameel-karavaan van Alexandrië af gekom het. Ek wou so graag hoor hoe dit met u persoonlik gaan en of die huisbediendes vir u goed genoeg sorg.
NP-VERRAAD – ONS VOLK VANDAG (2)
Jeanette Koekemoer
Reeks by NP-Verraad - Ons volk vandag
VORSTER SE OPVOLGER AS EERSTE MINISTER
Op Donderdag, 28 September sou 172 koukuslede van die Nasionale Party 'n nuwe hoofleier aanwys wat op grond van die meerderheid wat die Nasionale Party in die Parlement gehad het, Suid-Afrika se agtste Eerste Minister sou word.
Drie kandidate was nog in die veld. In Die Burger is PW Botha aangehaal dat sy verhouding met albei sy kollegas deurentyd van die beste was en dat hy hoop die poging vir 'n verenigde Suid-Afrika ook ná die verkiesing sou voorgaan.
Dr Connie Mulder het ondermeer gesê hy glo die demokratiese weg moet gevolg word en dat 'n stemming moet plaasvind. "Party-eenheid sal op geen wyse geskaad word nie omdat ons al drie onderneem het om ons by die besluit van die koukus neer te lê."
Pik Botha, die derde kandidaat, se kommentaar was: "Wat ookal gebeur, die vriendskap en lojaliteit van die kollegas wat my kandidatuur steun, het my lewe verryk. Ek sal dit nooit vergeet nie."
DIE BYBEL (28)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Die Nuwe Testament (2)
"Die dissipels van Jesus het waarskynlik tot drie jaar saam met Jesus geleef".
Die Messias sterf, maar staan uit die dood op
Jesus was voorbereid. Hy het nie gevlug nie, maar die pad van lyding geloop. Nadat Hy verhoor is en op grond van vals beskuldigings aan die kruis tereggestel is, is Hy begrawe. Sy volgelinge was verslae, want hulle het gehoop hy sou alles verander (Luk 24:21).
Maar dinge sou verander en sommer gou ook. Daardie Sondagoggend gaan Maria, een van Jesus se volgelinge, graf toe, maar ontdek met ‘n skok dat die graf leeg is. Die liggaam is weg. Haar aanvanklike skok het egter in ‘n wonderlike ervaring verander. By die graf het sy die Here ontmoet, maar Hy was nie dood nie. Hy was lewendig! Daar en dan het sy geweet: Hy het uit die dood uit opgestaan. Dit was die onwrikbare bewys dat God aan die kant van Jesus was. Hoe anders sou Hy uit die dood kon opstaan as die Here van lewe en dood Hom nie die krag gegee het om lewendig uit die graf uit te stap nie?
PROF VERDIEN PAKSLAE!
Die volgehoue propaganda om ons volk se fundamentele waardes, ons sin vir afsonderlikheid en ons Chritelik-nasionale lewensbeskouing af te kraak; die verraad en bedrog waardeur die politieke mag oor ons land aan ‘n swart terroristebende oorhandig is en die volgehoue aanslag van moord en wandade teen ons mense, waarin selfs nie kleuters en hulpelose bejaardes ontsien word nie, het die Afrikanervolk se vlak van frustrasie verby die grense van verdraagsaamheid opgejaag. ‘n Voorval soos dié moes noodwendig een of ander tyd plaasvind.
STAAT TART AFRIKANERVOLK
Afrikaners word opgeroep om hul misnoë
ADINA SE BRIEWE (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
By die Jordaan
Adina kon nie wag totdat sy van haar vader in Alexandrië 'n antwoord op haar eerste brief aan hom ontvang het nie, want sy het intussen in die heilige land nog meer dinge beleef waaroor sy graag vir hom wou skryf:
Liewe Vader
Ek is nou al 'n paar maande hier in die goeie Jerusalem en my verblyf by oom Simon, tant Hanna en Salóme word elke dag aangenamer en interessanter. Ek moet voor u bely dat my kennis van Hebreeus nog nie veel verbeter het nie, want ek hoor dit maar net af en toe wanneer ons by die tempel kom en die skrifgeleerdes dit praat. Ek ken Aramees al amper beter, want dit is oom Simon hulle se huistaal.
Tant Hanna het vir my 'n liefdevolle moeder geword. Sedert Mamma se dood agt jaar gelede, het ek haar tere sorg baie gemis.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (6)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
ONVERANTWOORDELIK MET DIE BYBEL!
"Homoseksueles haal bv. graag Mt.19:12 aan: 'Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is...' Dit gaan nie hier oor homoseksualisme nie, maar oor oujongkêrels! "
“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim.2:15).
Hermeneutiek is die wetenskap van Bybelverklaring en ‘n onmisbare bousteen in teologie. Die charismatiese beweging word aan ‘n gebrek aan verantwoordelike Bybeluitleg gekenmerk, maar ten spyte daarvan lof toegeswaai vir hul geesdrif en opkikkering van die kerk.
Die onverskillige wyse waarop baie charismate met die Bybel omgaan, getuig van ‘n ernstige gebrek aan verantwoordelike teksuitleg. Jesus sê by geleentheid vir die Skrifgeleerdes: “... Julle dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie....” (Mt.22:29). In plaas daarvan om die Skrif uit te lê, lê charismate eerder hul ervarings uit!
VOORTREKKER - PIONIERS (23)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Versoeningspogings (3)
Op 23 Mei 1849 het al die belangstellendes in die republiek te Derdepoort vergader om die vereniging finaal te beklink. Hendrik Potgieter het nie opgedaag nie en die pasverkose volksraad het besluit om hom “aan te skryf” om by die volgende sitting van die raad wat gedurende September 1849 te Krugerspos sou plaasvind, te verskyn, ten einde alle verskille uit die weg te ruim.
Die volksraad het sitting geneem met ses Ohrigstadse lede teenwoordig en vyftien ander nuut-ingesworenes. Die 33 Artikels is eenparig as grondwet aanvaar en daar sou elke vier maande ‘n sitting van die volksraad plaasvind. Daar is verder besluit om ‘n Commissie Raad van vyf lede in die lewe te roep wat in dringende gevalle noodsaaklike besluite kon neem gedurende tye wanneer die volksraad nie sit nie, op voorwaarde dat die besluite later deur die volksraad bekragtig moes word.
TAXI, TAXI, HENSOP!!
DIS MOS WAAROM BUURSTATE VIR MEKAAR DAAR IS...
Vanoggend is daar weer 'n pragtige storietjie in die nuus. Dit lyk of Zimbabwe sommer vinnig by Suid-Afrika leer en nie andersom nie... Dis nou wanneer die Swart polisie Swart huurmotorbestuurders of dan maar sommer gewoon taxi-eienaars, in gewapende rooftogte besig hou.
Klink of die polisie maar altyd aan die wenkant is – vroeër toe gewapende roof nog nie so in die mode was soos nou nie het verkeerspolisie groot somme omkoopgeld van taxi-eienaars met onpadwaardige voertuie geëis. Selfs onder Blanke regering het mens dikwels verby 'n afgekeerde taxi gery en gesien hoe die bestuurder 'n som geld aan die verkeersbeampte oorhandig.
TVL SONDER BRANDSTOF
Dele van Noordwes is tans sonder brandstof weens ‘n staking, terwyl Sasol se direkteure glo reuse-verhogings ontvang het.
Solidariteit sê in ‘n verklaring hy het inligting ontvang dat die direkteure van Sasol in die 2009/’10 geldjaar 81% méér as in 2008/’09 ontvang het. (Sommige tot 100% verhoging).
Die vakbond sê dié feite was “die laaste strooi wat Solidariteit-lede laat besluit het om tot die staking in die petroleumsektor toe te tree.” Werkers van spesifiek PetroSA sal Donderdag (14 Julie) begin staak. Werkers van Sasol se Secunda-aanleg sal binnekort by dié groep aansluit.
Intussen sê mnr. Ben Marias, voorsitter van die TLU SA, hy kan nie verstaan hoe direkteure sulke reuse-verhogings ontvang terwyl werkers op grondvlak met 6% of 7% tevrede moet wees nie. “Hoe kan jy vir jou mense sê jy kan nie vir hulle meer aanbied nie, maar jou verhoging lyk só? As dinge dan só sleg gaan, hoekom kry almal deur die bank dan nie sulke lae verhogings nie?”
Verbruikers loop deur
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (2)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
VREDE, WAARHEID, GEREGTIGHEID EN LIEFDE
" Volgens kommunistiese definisie is "vrede", kommunistiese wêreldverowering. Wanneer hulle jou van jou land en voedsel beroof, jou tot rasende, hopelose opstand prikkel, en dan uitmoor, is hulle besig om 'vrede' te bewerkstellig. Ons is die slagoffers, nie van hulle huigelary nie, maar van ons eie onkunde."
VREDE
Aangesien die Kommuniste in 'n staat van oorlog verkeer begeer hulle natuurlik vrede. Waar jy ookal 'n Kommunis vind, vind jy 'n voorstander van 'vrede'. "Vrede" is een van die goue woorde van hulle woordeskat.
Hulle het allerhande soorte "vredes"-beweging; hulle het vredeskampanjes, vredespryse, vredeskonferensies, vredesoptogte. Elke Kommunis is 'n aanhanger van vrede.ADINA SE BRIEWE (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Adina in Jerusalem
Nie lank na Adina se aankoms in Jerusalem nie, het sy aan haar vader, rabbi Efraim van Alexandrië oor haar wedervarings by haar nuwe tuiste geskryf en vertel watter indruk die heilige stad op haar gemoed gemaak het:
Liewe Vader,
Ek kan amper nie meer wag dat die volgende kameel-karavaan hierdie week na Alexandrië moet vertrek nie, want ek brand om u te vertel wat ek alles beleef het vandat ek 'n maand gelede hier in Jerusalem aangekom het. Die karavane se halte is buite die stad by die Gihonfontein, naby die Waterpoort.
Die lang reis was maar baie vermoeiend. Die ou groot diere stap tog so stamperig oor die grond. My lyf was voos gekneus en die warm son het ons daelank geteister. Dit was op sy ergste toe ons die kant van die Sinaïwoestyn bereik het.
VERKEERDE BAL
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (18)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hier in die laat 1970’s speel die Shimlas teen Collegians van Uitenhage (bekend as die “wa met die rooi wiele”) in die jaarlikse klubkampioenskappe in Durban. In ‘n lynstaan op Collegians se kwartlyn beland die Shimlas se Ryk Smuts aan die opponente se kant, met die bal wat uit sy hande val en die lynstaan wat in ‘n losgemaal ontaard. Ou Ryk draf toe ewe onskuldig terug na sy eie kant, maar met die omdraaislag sien hy hier lê die bal teen die losskrum. Hy gryp dit onmiddellik en laat waai doellyn toe maar wat hy nie weet nie is dat die baljoggie intussen ‘n ander bal aangegee het waaroor onder in die losskrum geveg word.
Nadat hy sy “drie” met ‘n sierlike duik aangeteken het, kyk hy om, net betyds om te sien hoe Collegians aan die ander end van die veld oorgaan vir ‘n drie met die regte bal! Boonop het die grensregter aan Ryk se kant net so hard saam met hom doellyn toe gehol, en het dalk nog ‘n groter idioot as Ryk gevoel.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (5)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
PROFETE OF DWAALLERAARS?
"Maar hy wat profeteer, spreek tot mense woorde van stigting en troos en bemoediging” (1 Kor.14:3).
Daar is baie dinge wat my van die charismatiese beweging hinder. Die hinderlikste van almal is die roekelose wyse waarop hulle twyfelagtige profesieë vir die waarheid aansien. Duisende liggelowiges glo dat dit ‘n vars openbaring is wat God deur laaste dag-profete aan die kerk gee. Pastore verwag van gemeentes om daarop te reageer asof dit die Woord van God is. En as jy hulle op hul dwaling wys, word jy as ‘n werktuig van die Satan gesien wat die eindtyd-profete teenstaan!
John White, ‘n Amerikaanse charismatiese leier, skryf die Satan vrees die woorde wat vars van God se lippe kom. Daarom laat hy geskille ontstaan om die eindtyd-profete wat met die Heilige Gees aan die brand is, stil te maak.
DIE BYBEL (27)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Die Nuwe Testament (1)
Die tyd was ryp
Die ballingskap het die geskiedenis van Israel en die wêreld heeltemal verander. Die Jode het hulle land en tempel verloor. Hulle is as slawe van vreemde konings na Babel en die Perse weggevoer (die gebiede waar die huidige Irak lê; dit is ook die omgewing waar Abraham oorspronklik vandaan gekom het). Dit was nie vir hulle maklik om so in ‘n vreemde land as slawe sonder hulle tempel en vryheid te leef nie. Hulle het maar die hele tyd bly droom oor hulle tempel in Jerusalem wat hulle wou gaan herbou en die vryheid wat die volk destyds onder koning Dawid gehad het. Hulle het begeer om dit terug te hê. Hulle het gewonder wat en wanneer God gaan wys dat Hy die magtige Een is en hulle gaan terugneem na die beloofde land.