Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom is ons bang vir die dood as ons weet dat ons geliefdes op ons wag? Om met hierdie wete te sterf, is in werklikheid ʼn wonderlike avontuur!
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (6 - SLOT)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
Die nageslag van Sem en Jafet
Noag se woorde in Gen.9:25-27 raak die ganse mensegeskiedenis. Dis as’t ware ‘n beknopte samevatting van die wêreldgeskiedenis. Uit Sem het die Semiete gestam waarvan die Israeliete die bekendste volk was. Hulle was bevoorreg om God se Woord te ontvang en deur hulle sou die nasies na God kom.
Jafet beteken wyd uitbrei. Uit sy nageslag sou die groot koloniste van die wêreld stam wat Europa, Persië en Indië bevolk het. Jafet se nageslag het in twee rigtings versprei. Een groep is Europa toe terwyl die ander na Persië en Indië is.
Gam se nageslag het die koninkryke van Babel en Egipte opgerig. Beide was vir lank wêreldheerser totdat God, op sy bestemde tyd, hulle heerskappy tot niet gemaak het. Na Sem se terugkeer uit die twee ballingskappe is Babilon onderwerp. Daarna was die Perse die wêrelheersers en na hulle die Grieke en toe die Romeine, almal uit die nageslag van Jafet.
DIE STRYD OM DIE TROON (10)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
GESKROEI TUSSEN TWEE VURE
Die 10 stamme word deur die Assiriërs weggevoer
Ek is Jesaja, die profeet van die Here, wat saam met my volk Israel en sy konings die aanslae van die Assiriërs en hul vorste deurgemaak het. Israel - en ook Juda – was nog besig om te herstel van al die verraderlike aanvalle wat die Arameërs of Siriërs onder hulle leier Hasael gemaak het, toe die Assiriërs as nuwe vyand verskyn.
Hulle was wreedaards, wat met hulle bloedige veldslae, brandstigting en wegvoering van buit, hele volke gedeporteer het. Die Here het hulle as instrument gebruik om Israel vir sy ongehoorsaamheid te tugtig. Maar daarna het Hy hierdie wrede, oorlogsugtige heidense volk van die aarde af weggevee deur gebruik te maak van die haat van die volke wat deur hulle onderdruk is.
GETROUHEID
Anton Bosch
"Om getrou te wees beteken dat iemand anders se belange swaarder weeg as ons eie."
Die verhaal van Dawid en Jonatan se vriendskap is van die mees aangrypende gedeeltes in die Bybel. Hierdie twee mans was ware vriende en een van die kenmerke van daardie verhouding was hulle wedersydse getrouheid en lojaliteit.
Jonatan was veronderstel om die troonopvolger in Israel te wees aangesien hy Saul se seun was. Tog het hy geweet dat die Here vir Dawid gekies het om sy plek op die troon in te neem (dit was nie as gevolg van ‘n fout aan Jonatan se kant nie maar die gevolg van sy vader se sondes). Desnieteenstaande die feit dat Jonatan al die redes in die wêreld gehad het om Dawid te haat, het hy aan Dawid getrou gebly en selfs teen sy eie vader vir Dawid kant gekies ten einde Dawid te beskerm en te ondersteun.
LANGS DIE TOELANIERIVIER
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Versigtig kom die twee voorste rooibokramme oor die lang sandbedding aangestap. Enkele treë na agtertoe, waar die hoë apiesdorings teen die skuinste van Toelanie se skurwe walle wortel, staan die res van die trop onrustig en rondtrap, voordat hulle aarselend die twee ramme volg. Maar steeds bly elke sintuig gespanne, bedag op die geringste teken van gevaar.
Dit is winter. Al wat nog van die rivier oor is, is enkele vlak kuile wat deesdae die drukbesoekte suipings van die wild uitmaak.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (5)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
DIE LAND KUS
Die land Kus was aanvanklik suid van Egipte en nie waar die huidige Ethiopië vandag is nie. Die Egiptenare het dit Nubië genoem en die meeste van hul slawe daarvandaan gekry. Die eerste land wat Kus genoem is, het skynbaar aan Arabiese gebied gegrens. In 2 Kron.21:16 lees ons:“….en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is”.
Waar was hierdie land presies? Teen 2000 vC was Kus as die gebied tussen die tweede en derde Nylwatervalle bekend. Die dorp Siëne (vandag se Aswan) was destyds die noordelike grens daarvan. Die suidelike grens het heelwaarskynlik baie ver suid gestrek.
REG SO, OOM MOF
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (43)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Jong Koos Roodt was 'n student aan die Heidelbergse Onderwyskollege toe hy gekies is om vir Oos-Transvaal teen Noord-Transvaal te speel. Sy vreugde was natuurlik groot tot hy besef het hy moet teen die Blou Bulle se Mof Myburgh skrum.
Koos het die ergste verwag maar toe hy in die eerste skrum sak, voel hy ou Mof se skouer is nie naastenby so hard as wat hy hom voorgestel het nie. "Hier kan ek vandag vir my naam maak," dink hy by homself.
DIE STRYD OM DIE TROON (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
DIE ARAMESE AANSLAE
Oorloë, roof- en plundertogte van die Siriërs
Ek is die profeet Elisa. Ek het veel meer te doen gehad met die buitelandse aanslae van die heidennasies teen Israel, as Elia, my geëerde voorganger. In die regeringstyd van koning Jerobeam van die Noordryk, het die Siriërs aan die noordoostekant van Israel ‘n selfstandige nasie geword, met Damaskus as hul hoofstad. Gedurende Omri en Agab se regering het hierdie duisende Arameërs ‘n groot bedreiging vir die veiligheid van Israel geword.
REÏNKARNASIE, 'N PRIMITIEWE GELOOF
Chris J. Malan
Ons leef in 'n krimpende wêreld.
Dis nie net afstande tussen lande wat krimp nie — ook geestelike en godsdienstige afstande krimp geweldig. Suid-Afrika word gebombardeer met strominge en dwalings uit die Ooste waarvan ons ernstig rekenskap moet gee. Een van die growwe dwalings is die leer van reïnkarnasie of sielsverhuising.
WAT IS REÏNKARNASIE?
Die leer van die sielsverhuising of reïnkarnasie is 'n algemene gedagte onder primitiewe volke. Vanaf die vroegste tye het dit egter 'n belangrike plek in die godsdienstige lewe van Indië ingeneem. Tot vandag toe is dit in Indië feitlik die sleutel tot elke teologiese sisteem. As 'n mens doodgaan — so beweer die Indiërs — skop die siel die liggaam weg en gryp na 'n nuwe liggaam om daarin te woon.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (4)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
DIE TORING VAN BABEL
Nimrod het ‘n duidelike doel met hierdie magsonderwerping gehad. Hy wou die onderskeie mensegroepe op aarde in ‘n eenheid onder hom verenig. Na die sondvloed het Noag en sy mense ‘n nuwe lewe tegmoet gegaan. In Gen.9:1 lees ons: “En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde”. Ons aanvaar dat die mensdom onder die seënende hand van God aansienlik vermeerder het. Twee geslagte later begin ‘n vreemde ding onder mense kop uitsteek - in plaas van uit te beweeg in die landsgebiede wat God bepaal het, het Nimrod mense begin saamtrek ten einde sy mag en gesag te sentraliseer.
Na die vloed het mense hulle veral in die Mesopotamië gaan vestig omdat dit ‘n vrugbare landstreek was. Nie lank hierna nie het Nimrod op die toneel verskyn.
GROOTOOG, DIE DOODVOËL
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Dof sigbaar in die skemer, aan die kant van 'n groot opening tussen die bosse, sit 'n gespikkelde arenduil roerloos op 'n droë doringstomp en wag. 'n Goeie kwartier sit sy al so en tuur na die strooise hier voor haar op die kaalte. Daar om die strooise baljaar nog 'n paar klein klonkies luidrugtig rond. Grootoog, die arenduil, slaan hulle belangstellend gade, haar wydgerekte pieringoë vreemd-starend deur die skemer heen.
BID DAT DOMINEE HOM BEKEER!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (42)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die vader van die oud-Springbok George Daneel (1928 – 1932), oom Marthinus Smuts Daneel, was 'n predikant en sy eerste gemeente was op Calvinia. As student het hy vir Stellenbosch se eerste span gespeel, en met sy aankoms op Calvinia is hy gekies as kaptein van die dorpspan.
Die kerkraad was egter nie baie ingenome hiermee nie, veral nie toe hy een Sondagoggend met 'n blou oog van die vorige dag se wedstryd op die kansel verskyn nie.
Heelwat later het hy te hore gekom dat daar oral in sy gemeente gesamentlike gebede opgegaan het dat die Liewe Heer hulle dominee tog van "hierdie vreeslike soort spel moet bekeer".
DIE STRYD OM DIE TROON (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
OPPAD NA DIE AFGROND
Die volk word deur konings tot afgodediens verlei
Ek is Elia, die profeet van die Here. Hy het my geroep en gebruik om die volk van Israel ernstig te waarsku op ‘n tydstip in hul geskiedenis toe hulle konings met gruwelike afgodediens hulle verlei het om saam met hulle hiermee teen die Here te sondig.
Hierdie wegdwaal van God en sy gebod het sommer vroeg al in koning Salomo se tyd plaasgevind, toe hy vir sy uitlandse vroue aanbiddingsplekke opgerig het waar hulle hul afgode kon dien. Hulle het vir Salomo verlei om die Here naderhand nie meer met soveel toewyding te dien soos koning Dawid nie. Hy het begin om self die afgode te aanbid. Daarom het die Here die koningskap van hom afgeskeur en vir Jerobeam koning oor tien van die twaalf stamme gemaak.
OBGA! - OUMENSE BLY G'N AGTER!
Gerhardt Griesel vertel van ons kinders wat so vreeslik kode-taal huldig vandat die kortboodskappe met hulle dra-fone ingespan word. Dit het seker die ouers aangespoor om ook hulle eie kode-afkortings in te span want hier het hy 'n hele lys daarvan aan ons gestuur:
* BDD - By die Dokter
* BVSB - By Vriend se Begrafnis
* BDR - Bring die Rystoel
* KWS - Kry Weer Sooibrand
* SG - Skryf Groter
* MWG - Maag Werk Goed
* IMGA - Is My Gehoortoestel Aangeskakel?
* MGPBL - Moet Gaan, Pasaangeër se Battery Laag
* MGPBW - Moet Gaan Purgasie Begin Werk
* WWW? - Waar Was Ek Nou Weer?
OWPOA! – Of Wat Praat Ons Alles!
VANG HOM, HY ONTSNAP!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (43)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hier in die 1920's het die spelers van die Eshowe Rugbyklub rugbytruie met breë wit en rooi strepe gedra. Een van die spelers, ene Knox, het op 'n dag buite die dorp gaan draf om sy fiksheid op te knap. Ongelukkig vir hom het sy trui baie dieselfde gelyk as die drag wat die gevangenes in die plaaslike tronk gedra het. Nogal van die swart inwoners wat hom sien draf het, het hom vir 'n ontsnapte bandiet aangesien, hom agternagesit, gevang en aan die polisie oorhandig! Die arme Knox moes baie mooi verduidelik voordat hy losgelaat is.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (3)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
NIMROD
"Alexander Hislop sê iets belangrik in sy meesterwerk The Two Babylons. Op bladsy 34 skryf hy: “Now Nimrod, as the son of Cush, was black, in other words, was a Negro”. Argeologiese opgrawings het dit jare gelede al bevestig. "
Dit bring ons by Nimrod van wie Gen.10:8 sê dat hy begin het om ‘n geweldenaar op aarde te wees. Wie was hierdie geweldenaar? Hy was die seun van Kus. Gam was dus sy oupa en Noag sy oupagrootjie. Nimrod was die eerste mens op die aarde wat homself die titel van koning aangematig het. Hy was die simbool van opstand teen God en derhalwe ‘n tipe van Satan.
Nimrod is deur die heidene as ‘n godheid vereer. Hy het in Babilonië geleef waar hy etlike stede waarvan Nineve die bekendste was, opgerig het. Hy moes uitsonderlik groot gewees het. Die Griekse vertaling van die OT verwys na hom as Nimrod die reus. Tydens opgrawings in die ou Nineve is inskripsies gevind wat Nimrod as ‘n man voorstel wat ‘n bul kaalhandig doodmaak en sy horings as oorwinningstrofee op sy eie kop plaas.
DIE STRYD OM DIE TROON (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
DIE HARDNEKKIG KONING
Rehabeam wou nie die volk tegemoet kom nie
Ek is Semaja, een van die profete van die Here, wat sy Woord aan koning Rehabeam van Juda en aan die volk gebring het tydens daardie droewige gebeurtenis toe Israel in twee geskeur het.
‘n Klompie jare van te vore het koning Salomo vir Jerobeam, ‘n gesiene landsburger van hom, as opsigter aangestel oor die dwangarbeid van die Josefstam. Op ‘n dag kom Agija, een van my medeprofete uit Silo, hierdie Jerobeam teë op die pad na Jerusalem. Agija het vir hom ‘n boodskap van die Here gehad. Hy het sy nuwe mantel in twaalf stukke geskeur en vir die verbaasde Jerobeam gesê om tien stukke daarvan vir homself te neem. Die Here gaan die koningskap van Salomo afskeur en tien stamme van Israel aan Jerobeam gee. Net een stam sal vir Salomo oorbly, want hy het die Here verlaat en die afgode van die heidene aanbid.
RUGBYRUMOER OP BOISHAAI...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (42)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die dorp het rugbykoors
Die volgende kostelike skets oor die interskolerugby by Boys High is deur Freddie Kirsten, ‘n wynboer van Wellington wat twee sportmal kinders het, geskryf. Sy eie uitstaande sportprestasies is maar toe hy ‘n enkele keer op skool reserwevlagman vir die eerste span was, skryf hy.
In die Paarl het die akkerbome se blare reeds geval en die stamme is kaal in die bleek sonnetjie. Die dorp het leeggeloop Namibië toe en weer volgeloop. Die derde kwartaal het begin en eintlik behoort alles weer normaal te wees.
Toe is ek krapperig. Waarom weet ek nie. Ek kan net nie my vinger daarop lê nie, maar hier is ‘n paar manne in die dorp wat my irriteer. Ons kom normaalweg goed oor die weg, maar hier het so ‘n halwe knorrigheid oor my kom lê en nou vermy ek kontak met hulle.
Goed, goed, laat ek nou maar erken dat dit iets te make het met die feit dat dit weer interskoletyd is, en dat húlle kinders vir Gim speel en óns s’n vir Boishaai.
DRAMA BY DIE KUIL
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Die rivier se oewer is hier dig begroei om een van die grootste kuile van die Toelanie. Op die wal het ruie fynbos en katnael tussen die wilgers ingevleg sodat dit 'n paradys geword het vir vinke en ander voëls en ook vir sluipende wildekatte, muishonde en ander kleiner roofdiere.
Die son kom op. Aan die kant van die groot waterkuil op die sandbedding lê 'n ou knewel van 'n waterlikkewaan roerloos op die sand uitgestrek, dog as die koesterende sonstrale verskyn, kom daar meteens lewe in sy skynbaar stywe litte.
WAARSKUWING: 27/28 OKTOBER 2011 - 'NATIONAL DAYS OF MASS ACTION'
UIT HUL GESKIEDENIS WEET ONS DIS NIE 'N YDEL DREIGEMENT NIE!
Die ANC se Jeugliga het 'n massa-mobilisasie-en-aksie-program vir Oktober op hulle webblad geplaas by http://www.ancyl.org.za/show.php?id=8085 genoem die NATIONAL DAYS OF MASS ACTION.
Hulle het op Sondag 18 September in die Albert Luthuli Huis vergader om 'n konkrete program tot massa-aksie te beplan. Daar is toe besluit om op 27 en 28 Oktober 2011 massa-optredes in strategiese dele van Suid-Afrika te hou. Oral in die land sal daar betogings voorkom maar die hoofberoeringe sal op 27 Oktober gedurende die dag in Johannesburg en op die hoofpaaie oppad daarnatoe wees, en die middag op die paaie na Pretoria, die aand, die nag en die volgende dag op 28 Oktober in Pretoria oppad na en in die omgewing van die Uniegebou voortduur.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (2)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
KUS
Die vloek van Noag op Gam se nageslag was duidelik in sy oudste seun Kus se lewe te bespeur. Nie lank na die sondvloed nie het daar ‘n geweldige godsdienstige verval plaasgevind wat deur Kus gelei is. Die heidene het hom later vereer as die een wat afgodery gevestig het. Sy verering het sover as Egipte gestrek waar hy Hermes genoem is.
Die naam Hermes verdien aandag. Her was die Egiptiese benaming vir Gam en mes kom van die Egiptiese werkwoord mesheh wat die interressante betekenis het om uit te haal in die sin van geboorte te gee - soos ‘n baba wat by geboorte uit ‘n vrou gehaal word. Hermes beteken dus: uit Gam gebore of anders gestel: Seun van Gam.