Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Selfbejammering is gif vir jou gees en maak jou selfsugtig. Niks maak ‘n mens so eensaam as wanneer eie belange jou enigste belange word nie. En dis wat selfbejammering doen! Laat mense nooit van jou sê: “Wat ‘n selfsugte mens!” nie.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (12)
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
DIE EIESINNIGE SAUL
Een van die heerlike werklikhede waarvan die Bybel getuig, is dat God 'n God is wat die gelowiges lei. Selfs in die moeilikste omstandighede kan hulle op sy leiding reken. Die keersy van hierdie werklikheid is dat mense wel sal volg waar die Here lei. Indien hulle leiding van die Here ontvang en dit nie volg nie, staar ongeluk en verwoesting hulle in die gesig. Selfs van konings word stiptelike gehoorsaamheid aan die Woord van die Here gevra. Dít, sou die eerste koning van Israel, Saul, tot sy bittere spyt ontdek. Hieroor kan 'n mens meer lees in 1 Samuel 15: 1-18.
Saul was die eerste koning in die beloofde land. Watter geleentheid het hy nie gehad om die Here se seën te ervaar nie! Hy kry 'n duidelike opdrag van God, wat aan hom sê: "Jy sal die Amalekiete oorwin. Dan moet jy hulle almal met die banvloek tref."
Saul doen nie presies wat God eis nie. Hy maak eerder soos sy 'gesonde verstand' en sy manskappe sê.
HY KYK VIR JOU !
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (8)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Oubaas Mark (AF Markotter), vroeër jarelange afrigter, organiseerder, en “baas” van rugby in Suid-Afrika toe dit nog in sy kinderskoene was, is 'n legende om so bietjie oor te berig:
Die oudskoolhoof van die Primêre Skool op Montagu, Flippie Basson, het op sy dag vir Maties gespeel en een Vrydagaand in 1929, die aand voordat hulle Maitland sou aanpak, gaan dans hy by die ou Conserve. Een van hul afrigters, oubaas Mark, se voorskrifte was om Vrydagaande rustig deur te bring en vroeg te gaan slaap, maar toe Flippie nog so lekker skoffel, sê een van sy maats vir hom: “Kyk wie staan daar by die deur...”
Toe Flippie opkyk, raak hy koud toe hy in die einste oubaas se oë vaskyk.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (6)
Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek
AANDELEBEURS-HISTERIE
Dr At van Wyk
" Hertzog: 'Ek gaan die Kongres belê om te besluit of ek reg gehandel het en as die Kongres my handelswyse afkeur dan sal ek bedank. Dan kan julle 'n ander leier kies.' "
Dit is seker nie toevallig dat die Suid-Afrikaanse "Kaffirs" juis op 1 Februarie die Londense aandelebeurs erger op hol gehad het as sedert die goudstormloop van 1895 nie. Die Londense Daily Express van 2 Februarie skets die toneel in sy hoofvoorbladberig onder die opskrif "Kaffir Boom Excitement in City Open-air Market – Big Share Deals in Street – Share Prices Leap":
" 'n Stoeiende skare kopers en verkopers van aandele het gisteraand 'n opwinding in Throgmorton Street veroorsaak soos nie sedert die goudstormloop van 1895 belewe is nie. Tot laataand was aandelemakelaars, klerke en klante saamgehok in 'n opelug-aandelebeurs, vasbeslote om die opvlamming in "Kaffirs" ten volle te benut.
VERWOERD KEER MACMILLAN SE WINDE...
Lees spesifieke voorafgaande gebeure by 13 JAAR MET DR HF VERWOERD (7)
DR VERWOERD SE BEDANKINGSWOORD NÁ MACMILLAN SE BELEDIGENDE 'WINDE-VAN-VERANDERINGE'-TOESPRAAK OP 3 FEBRUARIE 1960
As u deur hierheen te kom niks meer gedoen het nie as om dit moontlik te maak dat die beginsel oral deurdring dat niemand iets goeds kan doen deur te probeer om iemand van wie se sienswyse hy verskil, seer te maak nie, maar dat slegs die goeie daarvan kan kom om aan andere goed te doen, dan sal u reis so ver suidwaarts, wel deeglik beloon wees.
Geagte Eerste Minister, u het aan my 'n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so 'n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in 'n paar kort woorde te bedank.
Soos u wel deeglik weet is daar twee maniere waarop 'n mens 'n mosie van dank kan benader. Die eerste is om feitlik elke mededeling wat u gedoen het, te herhaal en te beaam. Dit veronderstel natuurlik dat 'n mens alles wat u gesê het, kan onderskryf, wat ek nie in alle opsigte kan doen nie, maar dit veronderstel ook 'n ietwat vervelende herhaling wat ek nie aan u wil opdring nie.
'n Tweede moontlike metode is om kommentaar te lewer op elke punt wat u aan ons voorgelêhet. Dit sou nog erger wees. Dit sou 'n woordestryd tussen u en my beteken by hierdie geleentheid wat sekerlik nie daartoe gepas is nie.
DUITSE WESIES (11)
KEUSE VAN KEURDER WAT NA DUITSLAND MOES GAAN
(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Die regering het ingestem dat die Fonds sy eie mediese keurder na Duitsland stuur op voorwaarde dat daar toegesien moes word dat slegs fisies en geestelik gesonde kinders die land ingbring word. Dit is aan drie lede van die dagbestuur opgedra om 'n geskikte geneesheer te soek. Dit was geen maklike taak nie want na beraming sou die keuring van die kinders ongeveer drie maande duur. Dit sou beteken dat 'n praktiserende geneesheer sy praktyk vir 'n geruime tyd sou moes sluit met gevolglike verliese. Die bestuur kon sy mediese keurder hoogstens 50 pond per maand betaal. Die bestuur het egter te hore gekom van 'n sekere dr Frank Rosseauw wie in Londen 'n opgeleide kinderspesialis was, en besig met verdere studies in hierdie veld. Daarby het hy ook die toestande in Duitsland baie goed geken aangesien hy na afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n geruime tyd verbonde was aan 'n kindervlugtelinghospitaal in Lübeck, in die Britse sone van Duitsland. Rosseauw was reeds in Londen en derhalwe sou dit relatief maklik wees om hom vandaar na Duitsland te stuur.
DIE AGTER- GEBLEWENES (3)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
BESKAWING
Samuel Huntingdon, 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, waarsku dat in die toekoms konflikte nie soseer tussen lande nie, maar tussen botsende beskawings gaan plaasvind. Die toenemende botsings tussen blankes en swartes is alreeds 'n aanduiding hiervan.
Beskawing is 'n sekere wyse van dink en doen, ooreenkomstig 'n bepaalde waardesisteem. Van ware beskawing is daar in Afrika min sprake. Al wat hier gesien word, is 'n bitter dun vernislagie wat op die oog af soos regte beskawing lyk. Nogtans word hierdie skyn so suksesvol aangewend, dat baie mense nie deur hierdie rookskerm
Afrika se inheemse kinders is van nature ordeloos en het 'n hekel aan dissipline. Die blankedom was die eerste gedissiplineerde invloed waarmee hulle in aanraking gekom het en het dit van meet af aan teengestaan. Blankes wat hulle beskaafde waardes probeer leer het, moes telkens maar die handdoek ingooi en die aftog blaas.
Swartes het niks met rus gelaat wat vir blankes kosbaar en edel was nie. Die goeie dinge wat blankes vir hulle gedoen het, is grootliks verag terwyl opgesweepte massas ook dit afgebreek het wat tot hulle eie heil gestrek het. Selfbenadeling en verwoesting is eie aan die Afrikamens se psigiese ingesteldheid. Hy dra die gene van sy eie ondergang in homself om.
DIE HEERSKAPPY VAN ONS AANWENDSELS
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
Deur lange oefening kom 'n mens so ver om onwetend kwaad te doen of onwetend goed te doen.
Ons leer 'n moeilike vreemde taal soos Duits of Latyn, en by die eerste sinne wat ons begin opstel, moet ons pynlik by elke woord nagaan watter vorm hy behoort aan te neem uit die groot aantal waaruit ons te kies het. Is die woord manlik, vroulik of onsydig? Watter naamval word beheers deur die werkwoord? En met al ons moeite maak ons foute, en as ons onderwyser ons daarop wys, sê ons "hoe is dit moontlik?" Maar ons leer en ons leer en ons word so vertroud met die taal dat ons naderhand ingewikkelde sinne skryf of praat, net soos 'n gebore Romein of Duitser, en net soos ek my moedertaal hier skryf, sonder om ooit aan die grammatika te dink. Sonder dat ons van enige poging of inspanning bewus is kom die regte vorm van elke woord dadelik voor. En dan is dit, wanneer ons die minste moeite doen, dat ons die taal die beste skryf. Met ál die harde arbeid van die vroeër dae, het ons hom sleg geskryf. So werk 'n leerling-ambagsman baie harder as sy baas maar met al sy sukkel doen hy nie sulke goeie werk nie.
VOORTREKKER-PIONIERS (16)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
DIE BUITELANDSE HANDEL MISLUK (3)
Die kommissie, bestaande uit 29 man met 11 waens het op 15 Mei 1851 na die baai afgereis. Hulle sending het egter slegs ‘n ryke oes aan teleurstelling opgelewer. In die eerste plek kon hulle nie daarin slaag om ‘n behoorlike terugvrag vir die skip bymekaar te maak nie omdat die olifantjag misluk het en toe hulle in die baai aankom, het hulle osse die een na die ander begin vrek aan ‘n 'onverwachten en heevigen ziekten', met die gevolg dat hulle verplig was om op 25 Julie, nadat hulle ongeveer 100 trekosse verloor het, afgesien van een van die lede van die geselskap wat langs die pad gesterf het, huiswaarts te keer, vyf dae voor Smellekamp se aankoms in die baai!
VOLKSLEIER, TEOLOOG, PREDIKANT
Deur A.G.Visser leer ons sommige leiersfigure verstaan...
'n VOLKSLEIER
Sy volk sal hom vereer, vertrou,
Die toekoms in sy hande laat.
Vir hom sal hulle glo al sou...
Al sou hy ook die waarheid praat!
TEOLOOG
Hy is nie net gereformeer,
Maar – nota bene – streng!
JOU ONBAAT- SUGTIGHEID RED JÓU
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Christengelowige het op 'n dag 'n behoefte gehad om die onderskeid en voorkoms van die hemel en die hel beter te verstaan. Tydens sy gesprek met God daaroor is daar aan hom twee deure gewys met die uitnodiging om dit oop te maak en binne elkeen te gaan kyk.
Toe hy die eerste deur oopmaak het hy 'n groot ronde tafel gesien met 'n yslike groot pot heerlike bredie reg in die middel van die tafel. Die bredie het so geurig en lekker geruik dat sy mond gewater het. Die klomp mense wat aan tafel gesit het was egter baie maer en sieklik. Dit kon die man nie verstaan nie want hulle het dan met langsteellepels gesit wat aan hulle arms vasgegespe was waarmee hulle genoeg van die heerlike bredie kon skep.
DIE AGTER- GEBLEWENES (2)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
HAAT
Daar is dikwels na Afrika verwys as 'n ontwakende reus. Dis egter nie waar nie. Afrika is geen reus in die ware sin van die woord nie. Hierdie vasteland is wel 'n paar honderd miljoen groot, maar ongelukkig is elke deel in stryd met homself en met die ander.
Afrika het homself van meet af aan aan sy eie keel beet. Gevolglik is hy meer teen die grond as op sy bene. Met elke treë wat hy gee, haak sy strydlustige bene met mekaar. Sy ingewande is deurmekaar en sy verwarde brein koorsig van 'n droom wat so onwerklik is soos 'n feëverhaal.
Sy ore suis van die duisende tale wat gepraat word en in sy are vloei die gif van 'n verterende haat wat soos 'n kleed om hom hang - 'n haat jeens die blanke. Hy glo dat die koloniale blanke hom verraai het deur hom soos 'n bruid na die kerkdeur van die beskawing te lei en hom toe versaak het.
Dis ook 'n leuen. Kolonialisme was nie 'n euwel nie, maar eerder 'n vakleerlingskap in beskawing. Afrika se inheemse kinders het egter die vaktoets gedruip en toe hul blanke onderwysers die skuld gegee vir hul swak prestasie. Daarna het Afrika vreemde norme verkry. Blank is sleg en swart is goed.
APOKRIEWE BOEKE (3)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Apokriewe Boeke
1 MAKKABEËRS HOOFSTUK TWEE
DIE JODE BEGIN VASSKOP TEEN DIE HEIDENE
Mattatias was 'n priester wat uit die familie van Joarib gekom het. Hulle was tradisioneel Jode wat so onberispelik by die Joodse gebruike gehou het dat hulle steeds onthou word vir hul toewyding in die godsdiensstryd tydens die Hanukkahfees.
Mattatias se pa was Johannes, die seun van Simeon, eers van Jerusalem en later Modeïn, 'n dorpie ongeveer 30 km noord-wes van Jerusalem – daar is nou niks meer oor van hierdie dorpie wat deur die Makkabeërfamilie opgerig is nie.
Mattatias het vyf seuns gehad: Johannes Gaddi, Simon Tassi, Judas Makkabeus, Eleasar Awaran en Jonatan Apfus.
Mattatias het al die onheilighede gesien wat in Juda en Jerusalem aangegaan het; heiligdomme het in die hande van vreemdelinge geval, die tempel is verneder en die ornamente is weggedra, babas en jongmense is in die strate doodgemaak, die dogters is verkrag en vermoor, en dit alles nadat die volk nie meer die Wet van God onderhou het nie en met die vreemdelinge deurmekaar geraak het en hulle saam hulle afgode begin dien het. Dit is soos ons God volkere mos maar altyd straf wanneer hulle Hom verlaat en ontrou word: deur vreemdelinge toe te laat om oor te neem, te plunder, te verwoes wat heilig was, en dat die vreemdelinge dan die volk uitmoor – net soos tans in Suid-Afrika aan die gebeur is.
GOEIE OU DAE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (7)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Oubaas Mark het weer op ‘n dag vir Danie Craven uitgeskel: “Jy speel soos ‘n skaap. Praat met jou voorspelers. Voorspelers speel net as mens hulle vloek!”
Maar hy het altyd sy waardering vir Craven getoon. Toe Craven eers weg van Stellenbosch af was, het oubaas Mark meermale gekla: “Ag, waar’s die dae toe Craven deur ‘n man kon gaan soos Epsomsout!”
BLANKE VERSET
VOLKSSTUDIES (1/6)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
6.1 ‘n Noodlottige eksperiment
Spyt kom altyd te laat as ‘n mens nie leer wat om betyds te vermy nie. Die Boerevolk is 'n lewende getuigskrif van wat met 'n volk gebeur as hy sy verraaiers nie betyds vasvat nie. Politieke verraaiers en kerklike volkssaboteurs het ‘n verstikkende duisternis oor ons eens sonnige vaderland laat daal. Alles het begin toe hulle volksgenote aangemoedig het om hulle lotsgebondenheid met die swart gemeenskap te aanvaar. Dit sou volgens hulle hemel op aarde vir ons land bring. Net die teenoorgestelde het gebeur. Hierdie noodlottige eksperiment wat die hel aan ons voete laat losbars het, het ons ons vryheid gekos!
Maar is dit neusie verby met die Boerevolk? Nee, waar daar ‘n wil is, is daar altyd ‘n weg. Die Boerevolk is slegs tydelik verlam, maar het nie gaan lê nie. Die voorlopertekens van 'n oplaaiende gees van verset word by die dag al hoe duideliker. Wanneer 'n rivier se watervlak skielik styg en ontwortelde plante begin verbyspoel, is dit 'n duidelike teken dat vloedwater oppad is.
Die ANC is besig om ‘n deksel sonder ontsnapklep op 'n stoompot vas te skroef. Dit gaan een of ander tyd ontplof.
EERLIKHEID DEUG NIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (6)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oudminister van landbou, mnr Paul Sauer, was op sy dae kaptein van die Maties se tweede span.
Eendag vra oubaas Mark hom hoeveel hy weeg.
“Honderd sewe-en-sestig pond, mister Mark,”antwoord Sauer.
“Dom fool,” sê die oubaas. “As jy nou gesê het 185 pond het ek jou dadelik in die eerste span gesit!”
GAAN BOERE WAAI? OF BAKLEI...
MEDIAVERKLARING
TLU SA
Moet boere bly of ry?
TLU SA se Uitvoerende Komitee het kennis geneem van die ANC se aandrang dat grond sonder vergoeding gevat moet word en dat hy die land se Grondwet sal wysig om in belang van sy Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) daarvoor voorsiening te maak.
“Ons neem kennis en verstaan die onlangse uitlatings oor nasionalisering en grondbesit,” sê TLU SA se president, mnr. Ben Marais. “Dit beteken nie dat ons as boere goedsmoeds ons grond wat ons deur jare opgebou en bewerk het, aan enigiemand gaan afstaan sonder vergoeding nie. Individuele eiendomsreg word internasionaal erken en beskerm, en elke boer sal daardie reg met hand en tand beskerm,” sê mnr. Marais. “Ons weier om langer daarvan beskuldig te word dat ons grond gesteel het. Internasionale geskiedskrywers het op grond van opgetekende dokumentasie al bewys dat boere hulle grond op wettige wyse bekom het, en ons volstaan daarby.”
DIE AGTER- GEBLEWENES (1)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":
" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the
'A few years' he said, 'because we have built well. The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
VOORWOORD
As daar na Afrika verwys word as die 'donker' vasteland, verwys dit nie na die voorkoms van sy inheemse kinders nie. Afrika se donkerte strek baie verder as blote velkleur. Dis 'n donkerte van die gees. Afrika is die agterlikste vasteland ter wêreld en die tuiste van etlike miljoene mense na wie verwys word as 'agtergeblewenes'.
Afrika het agtergebly omdat hy so goed as niks bygedra het tot die mensdom se ontwikkeling nie. Daar is niks wat hy met trots kan wys nie. Hy het feitlik geen swartes van naam opgelewer nie. Enkeles het wel 'n rimpeling op die groot meer van die Afrikasiel veroorsaak wat die rustigheid van die riete aan die oewer liggies versteur en die voëls selfs vir 'n rukkie laat swyg het. Verder het hulle niks vermag nie. Absoluut niks nie.
Afrika se mense kon nie eens diere tem of nuwe landbougewasse ontwikkel nie. Elke dier wat hulle besit en elke gewas wat hulle plant, het van die buiteland gekom. Nogtans word sy leiers gereeld met heuningkwasse bygekom asof hulle groot verdienste gehad het. Oor die gruwels waarvoor hulle in hul eie land verantwoordelik is, word daar liefs geswyg. Afrika se leierskap is 'n deurlopende prentjie van algehele onbeholpenheid en 'n gebrek aan beskawing.
1904: CHINESE WORD IN TRANSVAAL INGEVOER
KULTUURDAGBOEK 22 JUNIE
Na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 het dit lank baie swak met die Transvaalse goudmynbedryf gegaan. Dit het verder beteken dat die Rand nie so vinnig gegroei en verengels het as wat Milner en sy Britse trawante gehoop het nie. Gevolglik is besluit om goedkoop Chinese mynarbeid in te voer ten einde die tekort aan ongeskoolde arbeiders uit te wis.
Alles is blissnel en stil-stil gereël. Op 22 Junie 1904 het die eerste Chinese aangekom. In Julie het hulle begin werk.
Binne die eerste jaar was hier sommer gou eers 34 000, spoedig 54 000 en uiteindelik 62 000 Chinese aan die Rand saamgetrek. Dit het 'n ernstige probleem op talle terreine geskep. Die Afrikaner het hom verder bedreig gevoel. Volke-onrus het toegeneem.
In April 1905 is Milner terug Engeland toe.
GEREGVERDIGDE WEERSTAND
VOLKSSTUDIES (1/5)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
5.1 ‘n Hegte volksband
Wanneer ‘n mens
DIE PRYS VAN ONS STILTE
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
Hoe meer die man se stilte vir jou werd is wat van jou kwaad weet, hoe minder moet jy hom daarvoor betaal. Jy sal dieselfde artikel môre en oormôre weer moet koop.
Van al die lae skurke in die wêreld is die 'afperser' die man wat van jou geld afpers onder dreigement dat hy andersins jou skande of misdaad sal openbaar maak, die gemeenste. Hy is 'n rower, want hy neem wat hom nie toekom nie; hy is 'n lafaard want hy steel sodat hy nie kan gestraf word nie; hy is 'n verraaier want hy laat hom omkoop van sy plig; en hy is 'n dubbele bedrieër want hy hou wat hy afgestaan het om dit weer met wins van die hand te sit.
Maar hy is nie die enigste van die soort nie. Die arme reisiger breek sy disselboom en ek is die naaste buurman wat hom kan help. Ek laat hom dubbeld betaal omdat hy nie in die geleentheid is om in die ope mark geholpe te raak nie. Is ek nie 'n geldafperser met die voordeel wat ek trek uit sy ongeluk nie?