Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy kan die Here kwalik genoeg dank vir wat Hy gedoen het deur jou van die oordeel van God te verlos deur God se toorn op die sonde te dra en dood en hel te oorwin. Daarom behoort jy elke Christelike feesdag daaraan herinner te word wanneer jy sy opdrag nakom: "Ses dae lank kan werk gedoen word maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie – dit is die sabbat van die HERE in julle woonplekke." Lev 23:2
DIE BYBEL (16)
Lees reeks by DIE BYBEL
GELD
Dr JP Botha
Ons hele ekonomie draai vandag om geld, maar hoe het die mense van destyds gemaak?
Aanvanklik het die hele ekonomie op ruilhandel berus, met ander woorde, mense het produkte geruil. Spoedig het dinge soos diervelle, diere self, skulpe of graan meer waarde as ander items begin kry. In ongeveer die sewende eeu vC is die eerste munt in Listre in Klein-Asië gemaak van ‘n allooi van goud en silwer. ‘n Merk van die koining het die gewig gewaarborg. Die beginsel was dat edelmetale soos goud, silwer en brons volgens hulle gewig as ruilmiddel gebruik kon word. Tot aan die einde van die Ystertydperk (die sesde eeu vC) was ruilhandel nog baie algemeen. Daarna het “geld” (stukkies edelmetaal) begin oorneem. Die eerste Joodse munte dateer terug tot die tweede eeu vC en was van koper en brons gemaak.
GENADEWATER
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dié verhaaltjie speel af in ‘n landelike gebied waar ‘n gesin op ‘n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder ‘n uitmergelende droogte. Sake word vererger deur ‘n hittegolf wat hom in die gebied kom staanmaak het, wat lewe in die gebied amper ondraaglik maak. Op die lande staan die gesaaides inmekaar gedraai van die hitte, die melkbeeste strompel moeg-moeg oor die dorre grasveld heen. Melkproduksie het feitlik tot stilstand gekom en die suipings is byna opgedroog. Die bietjie wild wat nog op die plaas voorkom kry ook bitter swaar en skuil bedags onder bome om van die ergste hitte weg te kom.
By die plaasopstal het ‘n klein seuntjie ‘n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitlik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie. As dit nie nou binnekort reën nie, is dit verby met hulle, die diere én die gesaaides.
WAT DIE DIERE GESIEN HET
EEN VAN LEIPOLDT SE MOOISTES
Daardie droewige nag by Bloukrans en Boesmansrivier, waar Dingaan se hordes soveel weerlose Trekkers - veral kinders - vermoor het, se betekenis het Leipoldt in hierdie treffende natuurgediggie weergegee:
WAT DIE DIERE GESIEN HET
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
“Dit het gereën; die veld is nat,
En nat is die rooi-geel grond.
Die meerkat kom en sy ogies blink
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi.
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.”
VOORTREKKER- PIONIERS (1)
VOORTREKKER-PIONIERS IN OOS-TRANSVAAL
Dr JP Botha
Ek wil in ‘n aantal aflewerings die baie interessante, maar meesal minder bekende geskiedenis vertel van die Voortrekkers se doen en late in Oos-Transvaal. Dit sluit in die verhaal van Hendrik Potgieter en die Trekkers se verhuising na Ohrigstad; hulle tevergeefse pogings om Delagoabaai as hawe te benut; die stryd tussen die Potgieterparty en die Volksraadparty; Potgieter se verhuising na Soutpansberg; die Republiek Lydenburg en die eenwording van die Voortrekkergroepe na die Sandrivierse Konvensie van 1852.
Potgieter verhuis na Ohrigstad (1)
Die bewering dat Andries Hendrik Potgieter steeds na die noorde gehunker het omdat hy in Natal nooit enige heil gesien het nie, aangesien hy dié gebied as nog te na aan die Engelse beskou het, is seer seker oordrewe, maar dit is te alle twyfel waar dat Potgieter dié pionier is wat die republikeinse gebied ten weste van die Drakensberge vir die Voortrekkers gewen het. Dit is hy wat die gebied tussen die Vet- en die Vaalrivier van die naturellekaptein Makwana vir die Voortrekkers geruil het en dit is ook hy wat die Oorvaalse streek van die naturellegevaar gesuiwer en vir die Voortrekkers bewoonbaar gemaak het. So het hy ook na die tweede straftog teen Mzilikazi te Derdepoort die gronde wat tot op dié datum deur die onderdane van die Matebelekoning bewoon was as Voortrekkerbesit geproklameer en die Kaapse owerheid sowel as Mzilikazi daarvan kennis gegee.
‘n GOEIE STUK VERBEELDING
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
“Ja-nee, nefie, in hierdie ou Bosveld het ons al snaakse dinge beleef,” sê oom Jaap, boorling van daardie wêreld.
“Vanmelewe toe die Matlabasrivier nog seekoegate vol krioelende babers gehad het, wou ek mos ‘n klomp babers op een slag vang. Ek en my vrou het toe ‘n paar osrieme aanmekaar gelas, sowat dertig sterk vislyne met hoeke daaraan vasgemaak en afgesit rivier toe.
“By die rivier maak ons toe die een punt van die riem aan ‘n boomstam vas, en haak ‘n stuk vleis as aas aan elke hoek, voor ek met die ander punt van die riem na die oorkant swem. Dié punt maak ek aan ‘n ander boomstam vas sodat die lang riem oor die water hang met die hoeke in die water.
“Die volgende oggend is ons vroeg by die rivier om te sien hoeveel babers ons gevang het. Watwo babers, aan elke hoek hang ‘n wilde-eend, dertig van hulle altesaam.
DIE BYBEL (15)
Dr JP Botha
DOKTERS EN MEDISYNE
Wat het die mense destyds gedoen as hulle siek geword het?
Daar was die gewone siektes
Woestynmense het tipiese siektes gehad. Hulle het dikwels dieetsiektes gekry soos ontwatering, maagkwale en beri-beri ( ‘n siekte weens tekort aan vitamin B). Dit is egter baie moeilik om altyd uit die Bybel af te lei watter siektes daar ter sprake was. Daarmee saam was blindheid algemeen vanweë die sand wat so kwaai gewaai het. Dit is ook te wagte dat baie ma’s en kinders tydens geboorte gesterf het. Vroedvroue was egter van die vroegste tye af algemeen.
Minder as die helfte van die kinders het volwasse ouderdom bereik.
APOKRIEWE BOEKE (2)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Apokriewe Boeke
DIE WAARDE VAN 1 MAKKABEËRS
Die skrywer van hierdie boek is onbekend maar heel moontlik is dit 'n Jood uit Jerusalem. Hierdie is een van die apokriewe boeke waarvan die geskiedkundige inligting redelik betroubaar is. Dit begin met die verhaal van die magtige Alexander die Grote wat die grootste gedeelte van die destydse bekende wêreld verower het. Na sy dood is sy ryk verdeel waarvan twee van sy Masedonies-Griekse generaals die gebied van Egipte tot bo in Klein-Asië tesame met die volke in daardie gebied, gekry en probeer vergrieks het. Die vertelling handel oor die stryd van die Jode om hulle tempel, godsdiens en land te behou, maar veral oor een spesifieke familie, die Makkabeërs, Jode wie suksesvol weerstand teen die Griekse leiers wat hulle kultuur en godsdiens op die Jode wou afdwing, gebied het. Dit handel ook oor die politieke ooreenkomste en oorloë wat daar plaasgevind het, een daarvan die opwindende hoogtepunt van die rebellie wat plaasgevind het toe die tempel weer aan die Here toegewy kon word nadat die Grieke uit Jerusalem gejaag is. Vir hierdie hoogtepunt was 'n man met die naam Judas, seun van Mattatias met die bynaam Makkabeus, grootliks verantwoordelik. U sal dalk die Joodse feesnaam Hanukkah ken soos dit vandag nog gevier word om hierdie gebeure te herdenk.
1 Makkabeërs is 'n uitstekende bron van Joodse geskiedenis tussen die Ou en die Nuwe Testament. Ons leer ook om Daniël beter te verstaan aangesien 1 Makkabeërs juis handel oor dieselfde mense en tydperk.
Ons leer sommer ook waarom Suid-Afrika vandag so ontheilig word...
ELKE ETE... EN NAGMAAL
SO BLOEI JOU KINDERS OM JOU DIS
Marisa Haasbroek
Hulle kou kougom, strooi papiere rond en lawaai in die skool se gange. Dis waaroor onderwysers in die jare-1940's oor hulle leerlinge gekla het. In die jare 2000+ klink die klagtes van onderwysers oor leerlinge heelwat ernstiger: Hulle raak swanger, verkrag medeskoliere, rand mekaar aan en gebruik drank en dwelms.
Die afgelope sestig jaar of wat het die wêreld inderdaad aansienlik verander. Televisie en internet is alledaags. Ons kan nie meer sonder selfone nie. Baie min mense vervaardig vandag meer goedere, die meeste van ons maak ’n bestaan deur ons kennis of kundigheid te verkoop. Ons verwissel baie gereelder van werk as ons ouers en talle van ons moet herhaalde kere totaal van beroep verander net om aan die lewe te bly.
Die instelling waar ’n mens die verandering in die samelewing die duidelikste sien, is by gesinne. Hier is ’n bietjie grootskrik-statistiek:
- Die afgelope dertig jaar het buite-egtelike geboortes met 400% toegeneem.
- Tienerselfmoorde het met 300% toegeneem.
- ’n Kwart van tieners doen ’n seksueel-oordraagbare siekte tydens hulle hoërskooljare op.
Daar is raad om jou gesin teen hierdie euwels te beskerm. Bedrieglik eenvoudige raad:
'REBOOT' DIE KERK!
DIE INLIGTINGSREWOLUSIE EN KERK-WEES
Pieter van der Dussen Jnr
Dit is ‘n snaakse uitdrukking om te gebruik vir kerkwees, maar tog een wat noodsaaklik is! ‘n Rekenaar benodig mos ‘n 'reboot' wanneer daar soveel veranderings tydens die huidige sessie plaasgevind het dat dinge begin deurmekaar raak; dinge wil nou maar net nie vlot nie! So staan dit in die kerk vandag. Dit sou egter maklik wees om die vinger uitwaarts te draai en onmiddellik te reageer met ja, dié een en dáárdie maak sus en so, maar in eie geledere ook dinge mis te kyk: ‘n Rekenaar benodig ook ‘n 'reboot' indien daar iets ingrypends gebeur soos dat ‘n nuwe program gelaai en die rekenaar se vermoë uitgebrei word.
Die gemeenskap van vandag plaas die kerk in ‘n onbenydenswaardige posisie: Haar invloed word bevraagteken, haar leer belaglik gemaak en haar belydenis verafsku. In die loop van die artikel gaan eers na ‘n paar los begrippe gekyk word, maar die los begrippe sal al meer verskillende aansigte van dieselfde aspek word. Aan die einde kan die nodige gevolgtrekkings gemaak word oor hoe dit gekom het dat die kerk en gemeenskap nie meer ooreenstem nie en wat die kerk moontlik kan doen om die onvergenoeglike situasie te verbeter.
APOKRIEWE BOEKE (1)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Apokriewe Boeke
WAT IS APOKRIEWE BOEKE EN WAAROM HET DIT ONSTAAN?
Op hierdie webblad het ons al gepraat oor die apokriewe boeke van die Bybel. Nou gaan ons in 'n reeks meer breedvoerig daaroor gesels omdat talle mense nie weet wat dit is, waar dit vandaan kom en hoe om hierdie geskrifte te plaas nie. Daarby is dit 'n baie interessante onderwerp wat veral Christene sal verryk as hulle die boeke self lees.
Die betekenis van die woord 'apokrief' wat natuurlik 'n Griekse woord is, is 'om iets weg te steek." Dit beteken nie noodwendig om iets fisies te verberg nie maar eerder dat hierdie boeke nie bedoel was vir almal om te lees nie, moontlik net vir 'n klein groepie gelowiges wat die amper verborge waarhede daarin sou raaksien en verstaan. Heel moontlik is dit ook fisies weggehou van diegene wat tot verkeerde gevolgtrekkinge hieruit sou raak – veral die Nuwe-Testamentiese apokriewe blyk in hierdie kategorie te val.
Maar laat ons eers kyk na wat apokriewe eintlik is en waar dit vandaan kom.
Die heel eerste Christene het net soos ons vandag, ook lus gehad om te skryf en daar is talle verhale geskryf met 'n Christelike boodskap, briewe van bemoediging aan mekaar, en dokumentasie ter uitruil van inligting. Tesame met die Bybel het ons dus 'n redelike oorsig oor boeke wat in daardie tyd geskryf is alhoewel die apokriewe skrywers nie op dieselfde vlak as die Bybelskrywers gestel kan word nie.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (5)
Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek
HAVENGA SE KOALISIE-GEKONKEL
Dr At van Wyk
Sir Herbert Stanley, 'n gewese Britse Hoë Kommissaris, vertel van 'n gesprek wat hy met 'n intieme vriend en mede-reisiger van Havenga oppad terug van die Ottawa-konferensie gevoer het. Dié het aan hom gesê "that on that return voyage Mr Havenga had begun to think of coalition as feasible, desirable of General Smuts to make overtures, and still more in the processes of thought which led the Prime Minister to respond to those overtures."
Wie sou hierdie intieme vriend van Havenga gewees het? Bes moontlik Charles te Water, Hoë Kommissaris in Londen, wat in Kaapstad was met die opening van die Parlement op 20 Januarie, en met wie Stanley by daardie geleentheid 'n kort gesprek gevoer het.
Te Water, goed bevriend met sowel Havenga as Hertzog, was van September 1932 tot 24 Februarie 1933 op besoek in Suid-Afrika en het in Groote Schuur tuis gegaan. Pas ná sy aankoms het hy op 'n perskonferensie gewys op die "gekheid" van die bittere stryd tussen die taalgroepe wat oor goud ontstaan en Suid-Afrika se naam oorsee geskaad het, en op die mislukking van pogings om die ekonomiese nood binnelands te besweer. Dit het hy gepaar met 'n kragtige en openlike pleidooi dat die politieke verskille begrawe, die partystryd bygelê en sy beproefde landgenote byeengebring moes word.
‘N DROEWIGE STORIE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ja, sê ou Joggie vir my, hy het al baie gewonder oor die treurigste geluid op aarde.
Nou moet ek sê ons omstandighede was so dat jou gedagtes baie maklik in dié rigting gegaan het.
Ek ry die oggend oor daar na Joggie toe om te gaan kyk hoe dit gaan. En sonder veel woorde, toe ek hom na sy welstand vra, vra hy of ek nie saam met hom wil oorry na sy agterste land toe nie.
Ons ry.
Drie jaar gelede het ons ook gery toe Joggie my gaan wys het hoe lyk ‘n mielie as hy regtig die groei in hom het. Maar daardie jaar het die buie gereeld en op hul tyd gekom, en die land het blou in die mielies gestaan.
Vanjaar hou hy met die bakkie daar stil. Hy haal sy hoed af en sit dit tussen ons op die sitplek neer. Sy voorkop is wit en sy gesig is rooi gebrand. Sy hande is dik gewerk.
Ons kyk na die agterste land. Dis goeie grond. Hy ploeg hom tot amper teen die gesigseinder. Dis morge en morge mielies.
DIE BELEG VAN MAFEKING (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
HOE DIE WÊRELD REAGEER HET OP DIE ONTSET VAN MAFEKING
Die nuus dat Mahon se troepemag die beleerde dorp bereik het en daarin geslaag het om Baden-Powell en sy troepe te ontset, is deur middel van ‘n offisiële berig wat op Vrydagoggend, 18 Mei 1900 in Pretoria deur De Volksstem gepubliseer is, wêreldkundig gemaak. ‘n Korrespondent van Reuter se nuusagentskap het hierdie berig nog dieselfde oggend na Londen getelegrafeer en ‘n rukkie na 9 uur daardie aand het die berig die Britse hoofstad bereik. Die reaksie wat dit teweeggebring het, is ‘n treffende bewys van die geïdealiseerde beeld van die beleg van Mafeking, wat die Britse publiek vir hulle self gedurende die vorige sewe maande opgebou het.
Nadat die nuus die aand om halftien in die strate van Londen bekend geword het, het dit verbasend vinnig deur die hele stad versprei en groot skares het die strate en openbare pleine begin volstroom om met uitbundige vreugde fees te vier. Die burgemeester het op ‘n balkon van Mansion House verskyn en die skare toegespreek. Hy het onder andere gesê: I wish the music of your cheers could reach Mafeking. British pluck and valour, when used in a right cause, must triumph.
Oral in die groot stad se strate, op die pleine en in die teaters het die duisende Londenaars met wapperende vlae hul volksliedere luidkeels laat weerklink.
OOM PIET SELATI
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIE SMALHORINGKOEDOE EN DIE LEEU
Oom Piet Selati se pyp is yskoud, so gesels hy.
“Transnet, sê jy. O, jy bedoel Spoorweg. Ja, ja, ek ken die spoorweg. Ek het lank daar gewerk. Ek was kondukteur op die Selatilyn reg deur die Wildtuin oor die staalbrug by Komati, Tzaneen tot in Phalaborwa. . . Dis ‘n warm plek daardie. Ja, ek ken hom.
“Ja nee, dis warm aarde daar. Ek dink nou weer aan die dag toe ons, dis nou ek en Twaalftand van der Merwe een middag weer met die goederetrein van Phalaborwa op pad was. Twaalftand en die stoker was voor en ek was in die aapkas agteraan die trein. Dit was warm, kompleet of die son in die middel vasgesteek het. Ek het die deure van die trok weerskante oopgemaak, en omdat Twaalftand haastig was na sy vrou toe, het hy maar die 16-klas oopgetrek. Sien, hy het dinge nie so lekker vertrou met die SM nie. Dis nou die stasiemeester. Hoe dit ook al sy, tot die wind wat by die deure inwaai, was so warm dat dit jou skroei.
DIE BYBEL (14)
Lees reeks by DIE BYBEL
BELASTINGGAARDERS EN TOLLENAARS
Dr JP Botha
Belastingbetaal is amper so oud soos die mens self! In Israel was belastingbetaal ook iets algemeen. Elke keer as ‘n vreemde nasie Israel oorwin het, moes die Israeliete aan daardie oorwinnaar belasting betaal.
Afgesien van tempelbelasting, was daar ook ander belasting waarvan die Bybel vertel. Mense moes hulle dienste aanbied (2 Sam 20:24; 1 Kon 5;13; 2 Kron 2:2); hulle moes kos gratis gee (1 Kon 4:7) en dan is daar ook tol van handelaars gevra (1 Kon 10: 14-29). Soos reeds gesê, kon vreemde oorheersers ook belasting op volke lê waaroor hulle geheers het. Dit was vir die Jode ‘n baie sensitiewe saak dat hulle vir die Romeine moes belasting betaal. Daarom probeer hulle Jesus oor die belasting vasvra (Mark 12:13-17). As Hy sou sê dat ‘n mens nie belasting moes betaal nie, sou die Romeine vir Hom vies gewees het en as Hy gesê het dat ‘n mens wel belasting moes betaal, sou die patriotiese Jode nie tevrede gewees het nie.
GROND- MIKROBES, ONS VRIENDE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (9)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
As ons 'n bietjie oor die lewe van die mikrobes in die grond wil gesels, dan is dit nie nodig om 'n vrag grond van nader te bekyk nie. Nee, nie meer as – laat ons sê - 'n vingerhoed vol sal nodig wees nie. Want in daardie klein bietjie grond, wat so ongeveer 'n tiende van een ons ( 'n ons is sowat 30 gram) weeg, kan ons miljoene en miljoene lewende wesentjies kry.
Talrykste onder hulle is die bakterieë. In daardie ou vingerhoedjievol grond kan meer bakterieë wees as wat daar mense in sommige lande is. Maar nie alleen bakterieë nie, ook oerdiertjies en swamme, wiere en nog andere mikrobes behoort tot die bevolking van die grond.
Miskien kan 'n mens 'n beter voorstelling van die 'lewendige' grond vorm as jy jou probeer voorstel dat jy self nie groter as 'n mikrobe is nie. Daarvoor sou jy jou ongeveer tienduisend keer kleiner as 'n normale mens moet maak. Die wêreld sal dan 'n bietjie anders lyk. Die vingerhoedjie wat nie meer as ⅝ duim (sowat 2 cm) hoog en breed is nie, sal vir die mikrobe-mens 'n berg van 500 voet hoog en met dieselfde deursnee wees. Die klein sandkorreltjies sal in swaar klippe en rotsblokke verander wees en ons sal stewige skoene moet aantrek om die tog deur die geheimsinnige vingerhoedberg te kan maak.
DIE BELEG VAN MAFEKING (6)
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Dr JP Botha
BADEN-POWELL DIE "HELD"
Op 11 Februarie 1900 het ‘n versoek van lord Roberts, Baden-Powell bereik waarin hy gevra word om te probeer om die verdediging van die dorp vol te hou tot teen die helfte van Mei wanneer hulp uit die suide sou opdaag. Baden-Powell het nog kans gesien om hieraan te voldoen, ten spyte van die haglike toestand van die dorp se voedselvoorsiening op daardie stadium, maar hierdie versoek van lord Roberts was vir die geteisterde troepe en burgerlikes ‘n ware jobstyding.
Die vasgekeerdes het in berigte wat sporadies uit Mafeking uitgesmokkel is, hul lot teenoor die buitewêreld beklaag, bykbaar begerig dat hul volksgenote in Engeland moes weet hoe groot die ontberings was wat hulle hulself getroos het ter wille van die belange van die Empire en van die Koningin. Gevolglik het die Engelse in die moederland hul die lot van die “lydendes” in Mafeking so sterk aangetrek dat daar selfs druk op die Engelse Regering uitgeoefen is om die ontset van die beleërde dorpie te help bespoedig.
TRAWALLE MET HEUNING
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Retha Rix
Ek het die voorreg gehad om naby Calvinia op ‘n pragtige plaas groot te word. In die kranse was baie skeure waar bye nes gemaak het. Maar om hierdie heuning uit te haal, was ‘n operasie sonder narkose.
So het my pa en ‘n ou maat van hom saam met ‘n Hollandse vriend eendag besluit hulle gaan vir die vrouens ‘n bietjie soetgoed uithaal. Om die heuning by te kom, moet een man, gereedskap en al, met ‘n tou teen die krans af laat sak word tot regoor die skeur. Die manne moet dan bo die tou vashou en optrek as die hangende heuninguithaler skree: “Trek my op!”
My pa en oom Adriaan was albei maar lywig en sou nie die toets van die tou se drakrag slaag nie; daarom val die eer van die uithaal die Hollander te beurt. Hy word goed wysgemaak wat om te doen en veral wat om te skree.
Die bye was woelig die dag. Hulle het die Hollander eers so een-een gepiets. Hoppies van die plaas het altyd gesê, as ‘n by jou steek, moet jy gou brandewyn smeer, sodat die ander bye nie die bloed se reuk kry nie. Brandewyn was daar nie vir die Hollander teen die krans nie. Die bye het sy bloed geruik en in sarsies van twee gekom.
DIE GESTEELDE BYBEL
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N WARE VERHAAL
Dit was ‘n geskenk van haar oorlede moeder - die Bybel wat vir Mary Dane so dierbaar was bo alle ander dinge. Sy het dit jare lank gebruik. Uit die Bybel het sy vir die verwaarloosde seuns van haar Sondagskoolklas voorgelees, en baie van hulle het daardeur tot bekering gekom, sodat dit gelyk het of daar ‘n besondere seën van die Bybel uitgegaan net.
Maar nou is dit weg. Sy het tien maal die waarde van die boek belowe as beloning vir die een wat dit sou terugbring, maar tevergeefs! Haar Bybel het nie teruggekom nie. Al wat vir haar oorgebly het was om te bid dat dit ‘n seën sou bring aan die persone in wie se hande dit sou val.
Toe breek die oorlog uit. Mary Dane het haar woonplek verlaat om in ‘n hospitaal as verpleegster te gaan diens doen. Daar het juis ‘n vreeslike slag plaasgevind, en die hospitaal was vol gewondes en sterwendes. Onder die gewondes was daar een wat vir haar bekend gelyk het, hoewel sy hom nie dadelik kon plaas nie. Hy het haar sy naam genoem en gesê:
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (10)
HOE WEET EK DIS DIE REGTE LEIDING?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Omdat ons as mense sekere beperkinge het, soek en volg ons dikwels leiding oor 'n verskeidenheid aangeleenthede . Jongmense wil graag leiding hê in verband met hulle toekomstige beroep, die keuse van huweliksmaats en ander sake. Sakemanne soek leiding in die neem van sakebesluite, die inrigting van hulle bedryf ensovoorts. Politici soek leiding oor landsake. Daar is niemand wat nie soms hande in die hare sit en wens dat hulle oor meer wysheid beskik het nie.
As 'n mens nadink oor dié soort leiers wat suksesvol is, besef jy dis nou maar eenmaal so dat mense maklike leiding wil hê. Die meeste mense is traag om diep te dink en geduldig op 'n antwoord te wag. Hulle verkies kortpaaie. Daar is 'n popliedjie wat hierdie houding raak uitdruk: "Talking is cheap/ People follow like sheep/ Although there is nowhere to go..."
Verder wil mense konkrete leiding hê. Hulle soek sigbare leiers soos in die tyd van Samuel toe die Israeliete nie tevrede was met God as hulle enigste koning nie. Daarby is hulle geneig om leiers te volg wat hulle vlei. Hulle luister graag na leiers wat hulle na die mond praat. 'n Leier wat van mense noodsaaklike opofferings vra is selde gewild. Mense is maar te geneig om verkeerde leiding makliker te volg as goeie leiding. Hulle sien soms leiding in dít wat geen leiding is nie.