Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God help gelowiges om hul lewenskip reg te stuur sodat dit die storms van die lewe suksesvol kan trotseer. Daarom skyn God se reënboog van genade altyd helder in hulle lewe. God gee hulle die genade om ‘n lig aan te skakel eerder as om die donker te verwens. Daarom oorweldig spanning hulle nie maklik nie.
EERLIKHEID DEUG NIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (6)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oudminister van landbou, mnr Paul Sauer, was op sy dae kaptein van die Maties se tweede span.
Eendag vra oubaas Mark hom hoeveel hy weeg.
“Honderd sewe-en-sestig pond, mister Mark,”antwoord Sauer.
“Dom fool,” sê die oubaas. “As jy nou gesê het 185 pond het ek jou dadelik in die eerste span gesit!”
GAAN BOERE WAAI? OF BAKLEI...
MEDIAVERKLARING
TLU SA
Moet boere bly of ry?
TLU SA se Uitvoerende Komitee het kennis geneem van die ANC se aandrang dat grond sonder vergoeding gevat moet word en dat hy die land se Grondwet sal wysig om in belang van sy Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) daarvoor voorsiening te maak.
“Ons neem kennis en verstaan die onlangse uitlatings oor nasionalisering en grondbesit,” sê TLU SA se president, mnr. Ben Marais. “Dit beteken nie dat ons as boere goedsmoeds ons grond wat ons deur jare opgebou en bewerk het, aan enigiemand gaan afstaan sonder vergoeding nie. Individuele eiendomsreg word internasionaal erken en beskerm, en elke boer sal daardie reg met hand en tand beskerm,” sê mnr. Marais. “Ons weier om langer daarvan beskuldig te word dat ons grond gesteel het. Internasionale geskiedskrywers het op grond van opgetekende dokumentasie al bewys dat boere hulle grond op wettige wyse bekom het, en ons volstaan daarby.”
DIE AGTER- GEBLEWENES (1)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":
" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the
'A few years' he said, 'because we have built well. The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
VOORWOORD
As daar na Afrika verwys word as die 'donker' vasteland, verwys dit nie na die voorkoms van sy inheemse kinders nie. Afrika se donkerte strek baie verder as blote velkleur. Dis 'n donkerte van die gees. Afrika is die agterlikste vasteland ter wêreld en die tuiste van etlike miljoene mense na wie verwys word as 'agtergeblewenes'.
Afrika het agtergebly omdat hy so goed as niks bygedra het tot die mensdom se ontwikkeling nie. Daar is niks wat hy met trots kan wys nie. Hy het feitlik geen swartes van naam opgelewer nie. Enkeles het wel 'n rimpeling op die groot meer van die Afrikasiel veroorsaak wat die rustigheid van die riete aan die oewer liggies versteur en die voëls selfs vir 'n rukkie laat swyg het. Verder het hulle niks vermag nie. Absoluut niks nie.
Afrika se mense kon nie eens diere tem of nuwe landbougewasse ontwikkel nie. Elke dier wat hulle besit en elke gewas wat hulle plant, het van die buiteland gekom. Nogtans word sy leiers gereeld met heuningkwasse bygekom asof hulle groot verdienste gehad het. Oor die gruwels waarvoor hulle in hul eie land verantwoordelik is, word daar liefs geswyg. Afrika se leierskap is 'n deurlopende prentjie van algehele onbeholpenheid en 'n gebrek aan beskawing.
1904: CHINESE WORD IN TRANSVAAL INGEVOER
KULTUURDAGBOEK 22 JUNIE
Na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 het dit lank baie swak met die Transvaalse goudmynbedryf gegaan. Dit het verder beteken dat die Rand nie so vinnig gegroei en verengels het as wat Milner en sy Britse trawante gehoop het nie. Gevolglik is besluit om goedkoop Chinese mynarbeid in te voer ten einde die tekort aan ongeskoolde arbeiders uit te wis.
Alles is blissnel en stil-stil gereël. Op 22 Junie 1904 het die eerste Chinese aangekom. In Julie het hulle begin werk.
Binne die eerste jaar was hier sommer gou eers 34 000, spoedig 54 000 en uiteindelik 62 000 Chinese aan die Rand saamgetrek. Dit het 'n ernstige probleem op talle terreine geskep. Die Afrikaner het hom verder bedreig gevoel. Volke-onrus het toegeneem.
In April 1905 is Milner terug Engeland toe.
GEREGVERDIGDE WEERSTAND
VOLKSSTUDIES (1/5)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
5.1 ‘n Hegte volksband
Wanneer ‘n mens
DIE PRYS VAN ONS STILTE
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
Hoe meer die man se stilte vir jou werd is wat van jou kwaad weet, hoe minder moet jy hom daarvoor betaal. Jy sal dieselfde artikel môre en oormôre weer moet koop.
Van al die lae skurke in die wêreld is die 'afperser' die man wat van jou geld afpers onder dreigement dat hy andersins jou skande of misdaad sal openbaar maak, die gemeenste. Hy is 'n rower, want hy neem wat hom nie toekom nie; hy is 'n lafaard want hy steel sodat hy nie kan gestraf word nie; hy is 'n verraaier want hy laat hom omkoop van sy plig; en hy is 'n dubbele bedrieër want hy hou wat hy afgestaan het om dit weer met wins van die hand te sit.
Maar hy is nie die enigste van die soort nie. Die arme reisiger breek sy disselboom en ek is die naaste buurman wat hom kan help. Ek laat hom dubbeld betaal omdat hy nie in die geleentheid is om in die ope mark geholpe te raak nie. Is ek nie 'n geldafperser met die voordeel wat ek trek uit sy ongeluk nie?
DIE WONDERLIKE SEISOENE
...EN 21 JUNIE
Dr JP Botha
Ons gee vandag aan ons lesers ‘n stukkie AARDRYKSKUNDE omdat u waarskynlik die besonderhede daarvan al vergeet het of nie meer daaraan dink nie.
Dit is vandag 21 Junie 2011. Dit is vandag Winter-sonnestilstand, want dit is die kortste dag en die langste nag. Van môre af begin die dae stadigaan elke dag effens langer word en die nagte effens korter, tot op 22 September. Daardie dag noem ons Lente-dag-en-nag-ewening want op daardie dag is die dag en die nag weer ewe lank.
Daarvandaan word die dae nog verder elke dag effens langer en die nagte effens korter. Dit gebeur tot op 21 Desember wanneer die dag op sy langste is en die nag op sy kortste. Ons noem daardie dag Somer-sonnestilstand.
Daarvandaan word die dae stadigaan weer al hoe korter en die nagte al hoe langer totdat hulle weer ewe lank is op 22 Maart, wat ons noem Herfs-dag-en-nag-ewening.
Dit is ons vier pragtige seisoene se aanvangstye wat deur ons liewe Here so bepaal is om vir die mens tot permanente en maksimum diens te wees.
MANDELA NOU KAPOET?
...EN SA-BELEGGERS SIEN DEUR ANC
Ou Kriewelkop
" Mnr Jaap Marais het eenmaal voor 'n afwagtende gehoor gesê: 'In daardie rewolusionêre klimaat gaan julle op 'n dag by die bank kom en 'n briefie op die geslote deur vind wat stel: 'Toe tot latere kennisgewing'. Dan moet julle nie verbaas wees nie; hierdie dinge is oor en oor gesê, dit sál gebeur. ' "
Die kommunistiese ANC-regime is so gewoond aan argelose korrupsie dat hy nie eers besef dat hy sy buitelandse beleggers met oop oë verjaag nie. Maar mens moet darem ook 'n sekere IK besit om dit te kan weet. Dit is maar soos ook Malema se uitgangspunt dat hulle die boere sal vermoor en die grond sommer net vat; die boere is nie nodig nie sê hy want Pick n Pay het heeltemal genoeg kos. Dit is dalk nie net vir houtwerk wat hy 'n F moes kry nie... As die ou spul maar kon sien hoe ons boere hier op die platteland woel om vir Pick n Pay te seëlverpak met bindende kontrakte wat meebring dat die boer wat soms kort van produk raak omdat sy oes op grootskaal van die land gesteel word of soms natuurskade opdoen, daardie beskrewe produk by ander boere moet uitkoop om aan Pick n Pay te bly lewer om sodoende nie kontrakbreuk te pleeg nie. Maar as Malema sê Pick n Pay het nie die boer nodig nie, wie is ons dommes nou om te stry.
Maar terug na beleggers se skokke: Dit was dan ook die geval met die ANC se onlangse poging om Johannesburgse Kelvin-kragstasie aan ‘n Amerikaanse kragvoorsiener, Globeleq, te verkoop. Eskom het homself sleg op 'n teer plek geskok met hierdie argeloosheid. Globeleq is glo hierheen gelok om Kelvin te koop en daar is aan hom voorgehou dat die kragstasie een van die grootstes in Suid-Afrika is, op volle sterkte loop en jaarliks reuse winste oplewer. Maar met die buitelanders se aankoms in Suid-Afrika moes hulle ontdek dat die Kelvin-kragstasie net 25% van sy kapasiteit lewer en ook op die punt is om in duie te stort. Soos die meeste ander stasies. (Vir diegene wat dit nog nie het nie, kry maar sommer gou vir julle die nodige gastoerusting en kragopwekkers).
VOORTREKKER-PIONIERS (15)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
DIE BUITELANDSE HANDEL MISLUK (2)
Intussen het die volksraad, in weerwil van die mislukking van die ekspedisie van 1847, die hoop om ‘n vliegvrye pad na Delagoabaai te vind, nie laat vaar nie en onderwyl die Animo onderweg na die suide was, planne beraam om weer ‘n ekspedisie na die kus te stuur om met behulp van Joas se volk ‘n veilige pad na die baai te soek. Hulle was van plan om tot by Inhambane deur te dring, om ook die handelsmoontlikhede daar te ondersoek.
Die kommissie wat ook onder andere Jacobus Burger, Dawid Joubert en Carolus Trigardt ingesluit het, het aan die begin van 1848 op hulle reis vertrek en was so gelukkig om in Delagoabaai aan te kom op dieselfde tydstip waarop die Animo, van wie se koms hulle natuurlik geen kennis gedra het nie, aldaar anker gewerp het. Hulle kon dus eindelik persoonlik met Smellekamp in aanraking kom.
Van handel was daar egter geen sprake nie.
'N KERSNAGGEBED
Nog 'n pragtige gedigte by Gedigte
deur C Louis Leipoldt
Bedaar, O Heer, die hartstog wat tot haat
Teen broer en buur wil opbruis as ek vind
'n Vriend nie meer tot vriendewerk gesind,
'n Maat van ouds nie meer my troue maat;
Skenk my die krag om, wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
En sonder trots en sonder huigelary
My plig te doen voordat my dag verdwyn;
WIE IS DIE GROOTSTE RASSEHATERS?
VOLKSSTUDIES (1/4)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
4.1 Valse skulderkenning
Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme. As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik op ‘n skulderkenning neerkom. Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself.
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! "
4.2 Geen gelyke nie!
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Eendersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want hulle is dan almal blank!
MALEMA DRYF REWOLUSIE NA PUNT
TLU SA
Grondbesettings
WEES BLY JY'T NIE GESPEEL!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (5)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In Skotland se wedstryd teen Engeland in 1938 het die Skotte ‘n roemryke oorwinning van 21-16 op die Engelse heiligdom, Twickenham, behaal. Die Skotse held van die dag was Wilson Shaw wat die span aangevoer het en boonop twee skitterende drieë gedruk het waarin die Engelse verdedigers op streep agter hom bly lê het. Hy was ongetwyfeld die man van die wedstryd en is na die eindfluitjie skouerhoog deur sy spanmaats van die veld gedra.
Na die wedstryd het Shaw gaan stort en aantrek, en toe hy die teekamer binnestap, het hy langs ‘n ou Engelse omie gaan sit. Hy het gedink hy sal maar die oom se dag maak en met hom ‘n geselsie aanknoop.
“By golly, it was really hot out there today,” begin hy met die ou oom gesels.
Waarop die oubaas antwoord: “Yes, but aren’t you lucky you weren’t playing!”
VOORTREKKER- PIONIERS (14)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die buitelandse handel misluk (1)
Soos reeds vermeld, was een van die vernaamste oogmerke wat die Boere hulle met die verhuising na Ohrigstad gestel het, die opbou van gesonde en gereëlde betrekkinge met die buiteland oor die Portugese hawe Delagoabaai. Die 'vrye weg naar see', sodat hulle sonder enige belemmering met die nie-Britse wêreld, insonderheid hulle ou stamland Nederland, handels- en ander betrekkinge kon aanknoop, was hulle hoofdoel. Om dit te bereik, moes hulle egter ‘n goeie handelsweg na die baai vind en dit was juis die knoop: Die streek wat hulle van die baai geskei het, was besmet met malaria en tsetsevlieë en was bowendien bewoon deur vyandiggesinde naturellestamme wat vir hulle ‘n voortdurende bedreiging gevorm het. Vir die Boere het die daarstelling van ‘n gereelde verbinding met die buiteland dus in die eerste plek beteken die ontdekking van ‘n veilige en gesonde weg na die Portugese hawe, Lourenco Marques. Daaraan het hulle hul dan ook van die staanspoor af gewy.
PA-STAAN...
KORSIES OP DIE RYGBYVELD (5)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een naweek, vroeg na 1900 gaan speel Petrusburg op Boshof en soos gewoonlik maak die manne sommer ‘n groot kuiergeleentheid daarvan. So twee maande later kry een van Petrusburg se manne opdrag van die landdros om hom te kom sien. Die landdros vertel hom dat ‘n meisie van Boshof laat weet het sy is swanger en dat die speler die pa van die baba is. Hy kry toe geleentheid om op Boshof sy saak te gaan stel.
Die speler beraadslaag met sy kaptein, en die dag met die hofsaak op Boshof is al sy spanmaats saam met hom in die hof om hom te ondersteun.
SKEIDING BRING VREDE
VOLKSSTUDIES (1/3)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
Swart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede. Nadat die koloniste uit Afrika verdryf is, het burgeroorlog in die meeste lande uitgebreek en miljoene lewens geëis. Tot vandag toe nog ervaar min swart lande vrede. Vrede is net so skaars in Afrika as Nazi-sentimente in Jerusalem!
Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons! Die geweld en wanorde wat die swart bedeling gebring het, het die Boerevolk wreed ontnugter - presies die teenoorgestelde as wat vanaf ontspoorde kansels en verraderlike politieke podiums aan ons voorgehou is. Die blanke Eva is deur die politieke-kerklike slang verlei om haar rug op die paradyslewe te draai.
3.2 Vredesdemonstrasies
Die swart geweldsbedeling was vir baie van die verraderlike politici ‘n groot verleentheid waaraan hulle iets dringends moes doen. Veelrassige vredesdemonstrasies was die antwoord.
ERKEN RASSEVERSKILLE!
VOLKSSTUDIES (1/2)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Disraeli het ook gewaarsku dat elke ras wat toelaat dat sy bloed vermeng raak, verdien om ten gronde te gaan."
2.1 ‘n Teenstrydigheid
Rasse verskil nie net in velkleur van mekaar nie. Rasseverskille lê baie dieper as dit. Die miskenning van hierdie verskille is een van die hoofredes vir die voortslepende chaos en wanorde in ons land. Suid-Afrika is ‘n daaglikse toneel van verskeurdheid, onversetlikheid en rassehaat. Die ANC
Terwyl feitlik elke nuusberig oor die werklikheid van rasseverskille berig, bepaal die nuwe grondwet dat daar geen onderskeid op grond van ras gemaak mag word nie. Dit skep ‘n onhoudbare situasie. Selfs buitelandse nuusmedia berig toenemend oor die werklikheid van rasseverskille. Dis immers 'n Godgegewenheid waarmee deeglik rekening gehou moet word. Die minagting daarvan maak rassebotsings onafwendbaar.
2.2 Aanskouingslesse
RASSE- VERMENGING - ‘N DODELIKE VERGISSING
Die wêreld het al dikwels slimgeleerde mense opgelewer wat dom dinge aangevang het. Hierdie mense het ‘n sekere lewensrigting ingeslaan wat vir hulle reg gelyk het en hulle fout eers agtergekom toe dinge begin skeefloop het. Ongelukkig het baie van hulle soveel openbare aansien geniet, dat dit die dwaasheid van hulle mistastings verberg het! Daarbenewens was hulle ook te trots om hulle fout te erken en te red wat daar te redde was.
As ‘n mens nie met God se Woord rekening hou nie, is vergissings onvermydelik. As jy nie gaan bid en waak soos wat die Bybel sê nie, kan jy maklik gif vir ‘n geneesmiddel en ‘n anker vir ‘n reddingsgordel aansien! In Jer.17:9 waarsku die profeet nie verniet nie: "Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?" .
Een van die dodelikste vergissings van alle tye word op die gebied van die staatkunde gevind. Baie mense glo dat ‘n staatsbeleid van rassevermenging ongekende vrede en voorspoed vir ‘n land bring. Die teenoorgestelde is eerder waar - oral waar rassevermenging as politieke model in die wêreld gevolg is, het vrede en voorspoed gewyk.
Ten spyte van al die aanskouingslesse deur die eeue ywer dwase politici en ontspoorde kerklui nog steeds vir ‘n rasvermengde hemel-op-aarde bedeling.
MALEMA DREIG BLANKES - AL WEER!
Soos aangedui op hierdie webwerf sit ons die politieke stryd hier voort op 'n nie-partypolitieke wyse om só kulturele mag vir ons volk te help bewerk sodat hy homself kan handhaaf in die hoop dat dié kulturele mag een of ander tyd in die toekoms sal oorvloei in politieke mag na die hande van ons volk. Daarom plaas ons soms mediaverklarings met aktuele inhoud van ander instansies in die hoop dat dit ons volk se ore sal bereik en hulle aanspoor om die stryd te bly stry.
Afrikaner Volksparty
MEDIAVERKLARING
MALEMA SE DREIGEMENT AAN BLANKES OP JEUGDAG
In Beeld van 16 Junie 2011 verskyn uitlatings wat die jeugleier Julius Malema gemaak het tydens sy toespraak op Jeugdag. Ons haal uit die berig aan:
“Hy het spesifiek verwys na wit mense se afkeer van grondhervorming en regstellende aksie. Volgens hom is wit mense van nature rassisties.
Die ANC-jeugleier het regeringsbeleid en die ANC-leiers se “politieke onwilligheid” om rykdom doeltreffend te herverdeel tydens die openingsrede van die ANC-jeugliga se nasionale konferensie in Gallagher Estate in Midrand fel gekritiseer.
Malema het twee keer gevra of die huidige ANC-leiers regtig die moed en ideologiese ingesteldheid het om wit kapitaal en mynhuise aan te pak.
"Ons weier om langer so te lewe. Grond moet sonder vergoeding afgeneem word, maar sonder geweld en oorlog en eerder met ons politieke mag".
VOORTREKKER-PIONIERS (13)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die skeuring in die gemeenskap (4)
Ofskoon die hoofkommandant hom oënskynlik nie veel aan die lasterpraatjies gesteur het nie, het sy aanhangers soos JFS Tredoux ook nie geaarsel om die volksraad steeds by die publiek in ‘n slegte lig te stel nie, met ‘n ruime mate van sukses. Só min ondersteuners het die raad sedert die “vrede” geniet dat sy ledetal nooit weer na meer as 16 uitgebrei kon word nie. Die praatjies van persone soos JFS Tredoux, as sou die raad die publiek verraai het, het die aansien en gesag van die volksraad sodanig laat kwyn dat dit later moeilik geword het om kandidate vir die raadsverkiesings te vind. Gedurende die laaste dae van die bestaan van die volksraad te Ohrigstad, het lede selfs begin weier om langer diens te doen as gevolg van periodieke beledigings wat hulle van persone uit die publiek tydens sittings moes verduur.
Vir Potgieter was hierdie getwis hoogs onaangenaam. Hy het hom egter stil gehou en in afwagting van Smellekamp hom gereed gemaak om ‘n ekspedisie na die noorde te onderneem.