SA NOU MEER VERNIEL AS IN AARDSKUDDING!

'N GRATIS MOET-LEES BOEK VIR ELKE VOLKSGENOOT:

NO SHIPS IN THE HARBOUR by die skakel No Ships in the Harbour

Hierdie boek handel oor die haglike toestand waarin Suid-Afrika verkeer, veral nadat dit deur die verraderlikheid van voormalige NP-leiers aan 'n onbevoegde, godlose swart regime in 1994 oorhandig is. Andrè van den Berg het dit in 2004 geskryf om die buiteland oor die werklike stand van ons land in te lig. Natuurlik het dit daar op dowe ore geval aangesien die inhoud reguit op die man af is oor die moord, korrupsie, verkragting en geweld in Suid-Afrika. Nie in Amerika of in Engeland is die boek toegelaat nie want dit sou die finale oorname van Suid-Afrika deur die Wêreldgeldmag verder bemoeilik indien hierdie feite toe internasionaal bekend sou word.

Die skrywer slaag uitstekend daarin om die onversoenbaarheid van die liberalisme met die nasionalisme, die Christendom met die heidendom, en die onwerkbaarheid van rasse-integrasie in Suid-Afrika uit te lig. Die leuens oor apartheid, wat dit werklik beteken en meebring, die gebrek aan leierskap, en talle kommerwekkende kwessies word sonder omhaal maar met insig bespreek.

Die verval sedert die ANC probeer om 'n eens vooruitstrewende Eerste Wêreldland te 'regeer', word aan die kaak gestel: swak mediese dienste, patetiese onderwys, die totale kriminele staat waarin die land verkeer, dit alles word met reg bestempel as 'n meer vernietigende verloop as wat selfs 'n ernstige aardskudding teweeg sou bring.

In die slothoofstuk bespreek die skrywer die enigste uitweg uit die vernietigende proses van rasse-integrasie en die dringende her-instel van afsonderlike ontwikkeling vir die voortbestaan van ons volk.

Hierdie boek behoort deur elkeen wat oor ons volk se oorlewing bekommerd is, gelees te word. Laai dit af by die skakel No Ships in the Harbour , ook regs op hierdie webblad onder GRATIS E-BOEKE.