Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
TERWYL die flitse van groeiende gevaar om die Blankes van Suid-Afrika uitslaan, vanweë die vrye beweging wat aan die SA Kommunistiese Party en die ANC gegee is; die talle toegewings wat aan die buiteland gemaak is ten einde druk af te koop; die toenemende ontwrigting van die samelewing deur Kommunisties geïnspireerde stakings, en die stygende bewustheid dat daar vir die waardes en belange van die Afrikanervolk en sy patriotiese landgenote geen beskerming sal wees nie, het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk, toe hy nog Staatspresident was, op 26 Junie 1990 ontmoet vir ’n gesprek oor sy pad na “die Nuwe Suid-Afrika”
AfrikanervoIk uitgedaag
Swig, vlug of veg
Tydens die ontmoeling tussen die Staatspresident en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe op 26 Junie 1990 het hy ter inleiding gesê:
“Ek wil baie reguit met u praat, ek word op politieke verhoë, waar van u greeld saam is, van Kommunisme beskuldig - ja, in hierdie week was dit in die koerant gewees. Ek word ’n Kommunis genoem ... Robert van Tonder-hulle, dit was in die afgelope twee weke: die Kommunis, FW de Klerk.
Ek word 'n verraaier genoem! Daar word gesê dat ek die Kommunisme omhels; u sê ook dat daar gesê word Mandela is ’n bondgenoot van my. Die hele prentjie wat voorgehou word, is dat ons ’n raadsbesluit geneem het om die Afrikaner en Blanke uit te lewer aan Swart leiers”.
Uiteraard kon in die beperkte tyd nie uitvoerig op hierdie bewerings gereageer word nie. Maar dat dit gedoen moet word, is vanselfsprekend. Dit is waarom dit in hierdie publikasie gaan.
Die NP en die Kommunistiese beleid
De Klerk se hervormde benadering tot die Kommunisme verdien nadere betragting in samehang met sy beswaar dat hy deur sekere mense “’n Kommunis” genoem word.
Wie dit ook al doen, maak waarskynlik die afleiding uit die feit dat daar duidelike ooreenkomste is tussen wat die Kommuniste in die ANC nastreef, en die beleid wat die NP-regering uitvoer. In die gesprek tussen De Klerk en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe is hy gewys op die stryd wat die Kommuniste oor die jare teen apartheid voer, byvoorbeeld die opskrif in New Age, die Kommunistiese Party van Suid- Afrika se mondstuk, van 7 Desember 1961: New Moves to smash apartheid. Die Kommuniste se stryd was deurgaans regstreeks teen die basiese waardes van Afrikanernasionalisme. Mnr Pik Botha sê egter nou dat dit die Nasionale Party se beleid is "to eradicate apartheid"! ( The Pretoria News, 9 Febmarie 1990) !(en dr. Gerrit Viljoen sê die NP is deel van die anti-apartheid-beweging!
Oor die uiiters belangrike - eintllik oorheersende strydvraag van die Suid-Afrikaanse politiek het De Klerk en sy party derhalwe die indruk onuitwisbaar gevestig dat hulle die Kommunistiese beleid omhels het teen wat die Nasionale Party se beleid altyd was. (De Klerk is op sy Europese toer deur ’n linkse Fransman selfs bestempel as “’n bekeerling”, dit wil sê ’n bekeerling tot die linkse ideologie).
Die Kommuniste en hulle linkse geesgenote het teen apartheid geveg om rassegelykstelling te verkry, as voorwaarde vir ’n konstitusionele bestel van een mens, een stem, wat as ’n middel tot omverwerping van die Suid- Afrikaanse politieke orde en die onderwerping van Afrikaners aan ’n Swart regering moet dien.
En die beginsel van een mens, een stem is nou deur die De Klerk-regering (Beeld, 20 April 1990) aanvaar.
Hoewel die NP-regering hom beroep op “die vrye mark”, volg hy die sosialistiese en Kommunistiese dogma van ekonomiese en politieke gelykmaking van Swart en Wit, wat vloek teen elke beginsel van die sogenaamde vrye mark, omdat dit ’n miskenning van meriete is.
Daarby wil hy die uiteenlopende volke en rasse in Suid-Afrika onder een sentrale politieke mag plaas, net soos die Kommuniste in die Sowjet- Unie, die Oos-Europese state en die Kommunistiese state in Afrika gedoen het — en wat oral nie net sigbaar misluk het nie, maar wat ellende en dood van vele as kenmerk het. Dus, verre daarvandaan dat die NP ’n anti- kommunistiese beleid volg, is die omgekeerde eerder waar oor al die belangrike politieke strydvrae in Suid-Afrika.
“Verandering” as Kommunistiese metode
Nie net basiese waardes en oogmerke van die Kommunisme is deur die Regering aanvaar nie, maar ook metodes van die Kommunisme. DieNP- leiding se volgehoue aandrang op “verandering” is ’n voorbeeld hiervan. Abraham Fischer het as leier van die SAKP sy volgelinge meegedeel: “Klem sal geplaas word op die nodigheid vir verandering — en deur volgehoue propaganda sal die publiek se weerstand afgebreek kan word”. (The Citizen, 27 Oktober 1976). En dit is presies die metode wat die NP- leiding toegepas het om die Nasionale Party se beleid te verander ten gunste van wat die Kommuniste verkondig.
Die Regeringslui se afwisselende gebruik van die woord “aanpassing”, “hervorming” en “vernuwing” in plaas van “verandering”, maak geen verskil aan die wese van die saak nie. “Hervorming” is steeds “verandering”. En die bedenklikheid van die beleid is dat dit presies saamval met die Kommunistiese tegnieke van ondergrawing van ’n samelewing. Mnr. PW Botha het as Minister van Verdediging op 23 Maart 1973 in die Volksraad gesê: “Die Russe gebruik ‘change agents’, wat ook volop in Suid-Afrika is en om elke hoek optree as ondergrawers van die nasionale wil”. (Die Transvaler, 24 Maart 1973).
Soos die De Klerk-regering “verandering” en “hervorming” te weeg bring in Suid-Afrika, is hulle volgens hulle voormalige leier se uitspraak in die rol van “change agents”, wat die nasionale wil ondergrawe en sodoende die Kommunistiese oogmerke bevorder.
NP doen wat Kommuniste sou doen
De Klerk kan ’n geldige beswaar daarteen hê dat hy ’n Kommunis genoem word, maar hy kan nie ontken nie, dat elke belangrike stap wat hy sedert begin Februarie 1990 uit naam van “hervorming” gedoen het, die Kommunistiese oogmerke en doelstellings in Suid-Afrika bevorder het. Dit is trouens onbetwisbaar dat as die Kommunistiese Party in Suid-Afrika aan bewind was, hy ook elke stap sou gedoen het wat die De Klerk-bewind sedert 2 Februarie 1990 gedoen het.
Hierdie vereenselwiging van die Regering met die Kommunistiese beleid en oogmerke sal uiteraard toeneem volgens sy eie dinamika. En namate dit gebeur, sal die Regering se vyandskap teen die Kommuniste vinnig afneem, en sal vyandskap toeneem teen dié wat die Kommuniste teenstaan. Dft is volkome onvermydelik en voorspelbaar.
Dan sal die teenstanders van die Kommuniste al meer bestempel word as die radikale en die vyande van die samelewing, omdat hulle weier om mee te doen aan die uitvoering van beleid wat die Kommunisme bevoordeel en bevorder.
Kommunisme teen Afrikanernasionalisme
Drie van die Kommunistiese voorskrifte in die stryd om hulle doelstellings te verwesenlik, was steeds:
• Val die magte van “rassisme en militarisme” aan en verslaan hulle. (Dit is presies wat die De Klerk-bewind sedert Februarie 1990 op onmiskenbare wyse doen).
• Verander die sielkunde van die Afrikanervolk, sodat hulle hul “rassistiese, nasionalistiese en militaristiese” idees prysgee en hulle vereenselwig met die opvattings van die meerderheid van die mensdom.
(Die De Klerk-regering se optrede en uitsprake pas presies by hierdie Kommunistiese voorskrif).
• Die Afrikaners is hardvogtig en onmenslik en moet heropgevoed word.
(Dít is die essensie van die De Klerk regering se beleid van “hervorming” en “vernuwing”. Afrikaners moet vervreem word van die opvattings en waardes wat hulle het en wat hul ouers gehad het, en moet “hervorm” word tot wat die Kommuniste hulle wil maak).
Revolusie in twee fases
Die De Klerk-bewind se argument dat óf ’n liberale revolusie bewerk- stelling moet word, óf ’n gewelddadige revolusie deur die Kommuniste sal onvermydelik word, gaan nie op nie. Die Kommunistiese revolusies het oral en te alle tye in twee fases verloop: voldoening aan die minimum- vereistes (waaraan die liberale revolusie voldoen), en voldoening aan die maksimum-vereistes (waardeur die gewelddadige vestiging van die Kommunistiese heerskappy geskied). Dus, die regering se liberale “hervorming” is net die herkenbare wegbereiding vir die Kommunistiese revolusie.
Daar is ’n opvallende teenstrydigheid in die De Klerk-bewind se benadering tot die Kommunisme. Enersyds probeer hulle hul veranderde houding teenoor die Kommuniste regverdig deur te beweer dat met die ineenstorting van Kommunistiese staatsordes in Oos-Europa, die Kommunisme nie meer ’n gevaar in Suid-Afrika sou wees nie. Aan die ander kant beweer hulle dat as daar nie vinnig beweeg word om in Suid-Afrika met die Kommuniste in onderhandeling te tree nie, dit “bloedvergieting en die vernietiging van die Afrikanervolk tot gevolg sal hê”. Natuurlik, as die Kommunisme nie meer ’n mag is om mee rekening te hou nie, waarom met hulle onderhandel, en dit op hulle voorwaardes! Met 27 van die ANC se 35 Hoofbestuurslede as geïdentifiseerde Kommuniste volgens Africa Confidential, onderhandel die De Klerk-bewind inderdaad met die SA Kommunistiese Party, onder dekmantel van “African Nationalism”—en vind die onderhandeling plaas op die voorwaardes van die Kommuniste.
Onderhandeling op ANC/SAKP-voorwaardes
Dit is een van die ontstellendste aspekte van De Klerk en sy regering se optrede dat hulle in die ontwikkelende onderhandeling met die ANC/ SAKP bereid is om alles van die kant van die Blankes op die tafel te plaas— politieke mag, militêre mag, ekonomiese bates, kulturele waardes — terwyl die ANC/SAKP nie net niks het om op die tafel te plaas nie, maar aanmatigende eise stel!
Die aard van hierdie onderhandelings wat in vooruitsig is, is derhalwe onderhandelings tussen twee voormalige oorlogvoerendes wat die oorlog oënskynlik gestaak het, maar waar een kant klaarblyklik uit ’n posisie van mag die voorwaardes stel (soos die oorwinnaar) en die ander kant al die toegewings maak (soos die verloorder). Die onderhandelings is dus vredesonderhandelings, wat gevoer word op die ANC/SAKP se voorwaardes; en dit, terwyl die ANC steeds voortgaan met die oorlog langs vier weë.
- Hy sit die wapenstryd voort;
- hy hou vo! met die diplomatieke oorlog deur byvoorbeeld Mandela se buitelandse besoek in Junie-Julie 1990;
- hy sit die ekonomiese oorlog voort deur sanksies te bepleit,
- en hy verhewig die revolusionêre oorlog deur stakings, massa-optogte, die ontwrigtende neerplakkery van hordes Swartes by dorpe en stede, en die ontwrigting van onderwys in die Swart dorpe. Die ANC veg steeds met alle middels.
Dit is gans en al duidelik dat die ANC die tipiese Kommunistiese taktiek volg deur voor te gee dat hulle gereed maak om vreedsaam te onderhandel, maar tegelyk sit hulle die oorlog onveranderd voort. So ’n misleidende dubbelloop taktiek is standaardgebruik by Kommuniste. Op 22 Julie 1990 het koerante, onder andere The Sunday Star, berig dat tientalle ANC-geweldenaars — almal lede van die SA Kommunistiese Party — geruime tyd tevore gearresteer is in verband met planne van ’n beoogde opstand in Suid-Afrika. Daar word voorgegee dat die ANC-leiding en seifs die Umkontho we Ziswe-opperbevel nie van die planne geweet het nie. Indien wel, is Mandela se leiding van die ANC fiktief. Dit is veel meer aanneemlik dat die ANC/SAKP ’n tweeslagtige prosedure volg en gereed maak om op die geleë tyd grootskaalse geweld te ontketen.
ANC wil mag ooraeem
Onderhandelings is vir die ANC en die SAKP net nog ’n middel waardeur die revolusionêre oorlog gevoer word om ’n Sowjet-Suid-Afrika tot stand te bring, en die De Klerk-bewind is daarvan bewus, soos uit vroeëre uitsprake af te lei is.
"Toe De Klerk as Minister van Nasionale Opvoeding byvoorbeeld rugby-administrateurs tereg gewys het oor hulle gesprek met die ANC in Lusaka (waarna elders hierin ook verwys word), het hy onder andere daarop klem gelê dat die ANC “net belangstel in die oorname van mag in Suid- Afrika”. (Beeld, 20Oktober 1988).
’n Bietjie meer as vyftien maande later is hy cgter bereid om met die ANC te onderhandel oor die belangrikste politieke saak van Suid-Afrika — ’n nuwe grondwet — en nog vóór die onderhandeling in erns begin, aanvaar hy die belangrikste grondwetlike eise van die ANC en die SAKP: een mens, een stem, en afskaffing van alle maatreëls wat onderskeid maak op grond van ras en kleur!
Kommuniste en revolusie
Om, soos Regeringsmense in Suid-Afrika doen, die Kommunisme bloot te beoordeel op grond van sy aandrang op ’n staatsbeheerde ekonomie teenoor “vrye ekonomie”, is nie net uiters simplisties nie, maar ook gevaarlik.
“Die Kommunisme," het genl. Jan Smuts gesê, “is die evangelie van die revolusie”. En dit is veral die kenmerk van die Kommunisme wat te alle tye ter sake is, maar veral in die huidige Suid-Afrikaanse situasie.
Oliver Tambo, leier van die Kommunisties beheerde ANC, het gesê: “Ons is revolusionêre en dis ons werk om revolusie te skep ... ons finale doelwit is revolusionêre oorname van die mag”.
De Klerk is óf nie bewus van hierdie oogmerke nie, óf hy neem in naïwiteit aan dat die Kommuniste dit laat vaar het.
Revolusie hoef nie gewelddadig te begin nie. Dit kan ook “’n geruislose revolusie” wees, waaroor Groen van Prinsterer in een van sy briewe geskryf het, en wat “a revolution by bookkeeping and law-making” genoem word deur Whittaker Chamers in sy insigryke werk, Witness. Dit is soos die revolusie in Suid-Afrika sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966 verloop het; maar dit is veral sedert Februarie 1990 in ’n volgende fase, wat alles behalwe geruisloos verloop.
De Klerk se opmerking by die Persklub van Kaapstad dat “die pas van verandering redelik asemrowend” moet wees (Beeld, 31 Maart 1990) is uiters ontstellend in die lig van die Kommuniste se revolusionere metode, want revolusie is juis verandering teen ’n snelle pas. Niks kan meer gewis die voltrekking van revolusie verseker nie as verandering teen “’n byna asemrowende pas”.
En die revolusionere strewe van die Kommuniste in Suid-Afrika is om die Afrikaners as die sogenaamde onderdrukkers te onderwerp aan die sogenaamde onderdruktes.
“Klas” en “ras” is in Suid-Afrika deur die Kommuniste gelyk gemaak, en daardeur is die voorwaardes geskep om die Suid-Afrikaanse situasie te vertolk in die politiek-ekonomiese terme wat die Marxisme onderlê, naamlik ’n orde van (Afrikaanse) onderdrukkers en (Swart) onderdruktes, wat omgekeer moet word. En die De Klerk-bewind doen mee aan hierdie revolusionêre oogmerke.
Dat De Klerk aanstoot daaraan neem dat hy ’n Kommunis genoem word, is te begrype. Maar hy sal moet besef dat met die dinge wat hy doen, die onderskeid tussen sy party en die SAKP byna heeltemal vervaag het. Die Nasionale Party het nou onder dekmantel van “hervorming” die draer van die liberalisties-Kommunistiese waardes en sentimente geword tot onmiddellike bedreiging van Blankes se bestaan in Suid-Afrika.
Plakkery en Freedom Charter
Die vlaag van plakkery deur Swartes wat sedert Junie-Julie 1990 in Suid- Afrika plaasvind, is so klaarblyklik georganiseer as ’n middel tot onder- myning van die gesag en orde dat daaroor nie eens te redeneer is nie. Van die begin af was daar betroubare inligting dat die SA Kommunistiese Party dit beplan om ontwrigting te veroorsaak en die regering onder druk te plaas.
Waar die plakkery wyd verspreid is, en so-’n groot omvang aangeneem het, kan in terugblik duidelik gesien word hoe een na die ander stap die weg daartoe geopen het, en dat die Regering in naïwiteit of as deel van ’n beleid, saamgewerk het aan ’n beplanning waarvan hy blykbaar die implikasies nie begryp het nie.
Beheer laat vaar - vervolg