Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (19)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Wat van The Citizen?
Ek glo vandag nog dat die stigting van The Citizen of ten minste die motiewe daarvoor gesond was en in die nasionale belang aangepak is. Die redaksionele handves het The Citizen net so onafhanklik soos To The Point gemaak en baie meer onafhanklik van en krities teenoor die Regering as bv. Beeld, Die Transvaler, die SAUK-TV, S.A. Panorama, of S.A. Digest, laasgenoemde, beide 100 persent regerings gefinansierde tydskrifte.
Ek het die afgelope paar jaar met honderde mense gepraat, studente, sakemanne, politici, mense op straat en die oorweldigende mening is dat die besluit om The Citizen tot stand te bring gesond was en indien John Vorster net die durf gehad het om dit aan die publiek te stel, hy massiewe ondersteuning nie alleen van die publiek nie, maar ook van die sakegemeenskap sou gekry het.
Maar hy het op Oubosstrand gesit en teenoor sy nuusaandraer adv. Retief van Rooyen gekla dat hy enigiets behalwe The Citizen kon aanvaar. Maar as hy To The Point aanvaar het, waarom nie The Citizen?
Die Regering se poging om die beherende aandeel in die SAAN-groep te koop, het ek egter in ’n ander lig gesien. Indien die aandele van die groep nie gedaal het na die punt waar kontrole vir ’n paar miljoen Rand gekoop kon word nie, sou ons ’n oormame nooit eens oorweeg het nie. Dit was nie SAAN as ’n groep nie, maar The Rand Daily Mail wat aan die regering hoofbrekens besorg het. Opnames wat ek via Potchefstroom Universiteit en Wits laat maak het, het aangedui dat anti-apartheid en Verenigde Volke publikasies wat beleggings in Suid-Afrika aangeval het, wreedhede in rasse-verhoudinge illustreer, en onttrekking van beleggings in Suid-Afrika aanbeveel, vir 80 persent op inligting gebaseer is wat in The Rand Daily Mail en Financial Times, gevolg deur The Sunday Times verskyn het. Die buitelandse pers-verteenwoordigers in Suid- Afrika het op The Rand Daily Mail geteer. Sommige buitelandse joemaliste het nie eens die moeite gedoen om hul kopie te verander nie. Die mening van miljoene mense in twee dosyn lande was gevorm, nie deur die onafhanklike waarneming van die buitelandse pers in Suid-Afrika nie, maar deur The Rand Daily Mail. Die eenvormigheid van die berigte in Duitse, Franse, Engelse, Spaanse en Hollandse koerante was merkwaardig en ongelooflik.
Wat klaarblyklik nodig was, was ’n midde-van-die-weg Engelstalige oggendblad wat sy deure sou oopmaak en spesiale fasiliteite ook aan die groot buitelandse pers-korps in Suid-Afrika sou bied. (Daar is ongeveer 70 buitelandse persverteenwoordigers in Suid-Afrika, uitgesonderd Egipte, meer as in die res van Afrika tesame.) Instede daarvan dat buitelandse joernaliste hul stories net uit The Mail optel, kon hulle dit ook uit die nuwe koerant haal.
Die koerant sou ook ’n spesiale diens aan buitelandse Ambassades bied. Dit sou die byna 300 000 Engelssprekende immigrante in die Pretoria, Johannesburg en Vanderbylpark-driehoek wat nie Afrikaans kon lees nie bedien. Dit sou ’n spesiale diens aan die duisende buitelandse sakemanne verskaf wat in Suid-Afrika gevestig is en wie se enigste bron van openbare verslaggewing oor politieke en ekonomiese sake, ’n vyandiggesinde en bevooroordeelde oggendpers was. Natuurlik is die Afrikaanse koerante ook bevooroordeeld in hulle siening. Hulle volg weer die regerende party slaafs na. Die verskil is dat geen buitelandse joernalis Afrikaans kan lees nie, ook nie buitelandse maatskappy verteenwoordigers nie, behalwe die van Nederland en party van België. Die V.V. lede lees nie Afrikaans nie en die honderdduisende immigrante en toeriste lees ook nie Afrikaans nie.
Die beeld van Suid-Afrika wat voorgehou was en waaraan die wêreld Suid-Afrika veroordeel het, is geskep deur die Engelstalige pers by uitstek The Mail en The Financial Mail.
Omdat hierdie nuusblaaie heftig teen die regering en sy politiek gekant was, kon hierdie beeld niks anders as ongunstig wees nie.
As die wêreld Suid-Afrika moes beoordeel aan die hand van Die Transvaler of Beeld dan was Min P. W. Botha vandag president van die VN. Dit is die kern van die saak.
Die Departement van Inligting het tussen 1965 en 1975 sowat R2 500 000 van die belastingbetaler se geld spandeer om duisende meningsvormers, van oral oor die wêreld, na Suid-Afrika te bring. Bykans almal van hulle was verstom oor die verskil tussen wat hulle in die vyandiggesinde Engelse oggendkoerante gelees het en wat hulle self gesien het. Nie ’n kritiese pers nie, maar vyandiggesind en negatief, wat alles in hulle vermoë gedoen het om die Blankes so vinnig moontlik in die smeltkroes van politieke integrasie in te help.
Daar moet tog sekerlik een of twee Engelse oggendblaaie wees, het die besoekers byna soos een man gevra, “wat die realiteit van die veelvolkige struktuur van die Suid-Affikaanse samelewing aanvaar? Wat nie gedurig veroordeel nie maar ook nou en dan lof toeswaai vir die talle dinge wat die regering tog probeer doen om die uiteenlopende, ontwikkelende bevolkingsgroepe op te hef?”
“Ons was in die embarrasserende situasie”, het ek later aan vriende gesê, “dat ons nie eens een Engelse oggend- of Sondagkoerant kon aanbeveel wat ‘n teenvoeter vir die negatiewe beeld wat The Rand Daily Mail, The Cape Times en The Sunday Times geskilder het kon dien nie. Vele besoekers wou, ten alle koste, op ’n koerant in Suid-Afrika inteken. Ek het The Pretoria News en The Star voorgestel omdat hulle na my mening die mees verantwoordelike Engelse koerante was, met The Pretoria News, vanweë sy gemagtigdheid en ewewigtigheid, seker die beste koerant in Suid-Afrika. Ek weet nie of hulle ooit subskripsies uitgeneem het nie. Beide is middag en nie oggendkoerante nie”.
Toe Van Zyl Alberts in 1975 aan mnr. Vorster, dr. Mulder en myself vertel het dat die South African Associated Newspaper groep groot probleme het en dat aandele goedkoop verkry kon word, het ons dit as ’n gulde geleentheid gesien om die voorafgaande stand van sake reg te stel.
Tydens ’n dinee wat ek by my huis in Menlo Park vir dr Mulder, generaal van den Bergh, Jan van Zyl Alberts en Les de Villiers aangebied het, het ek Van Zyl Alberts gevra om die hele transaksie duidelik vir ons uiteen te sit. Ek het die gesprek by my huis as so geheim beskou dat Katy slegs die kos voorberei het. Daarna het sy na ons slaapkamer op die boonste verdieping gegaan terwyl die bediende huistoe is. Die kinders het op die boonste vloer in hul kamers gewerk. Ek het self die kos bedien. Dit was ons eenparige mening dat dit ’n gulde kans was om die SAAN groep deur middel van ’n frontorganisasie of ’n tussenganger te koop. Daar is besluit dat dr Mulder en ek die volgende dag of twee die Eerste Minister saam sou gaan spreek om die voorstel aan hom te maak.
Dr. Mulder en ek het in ’n weeksdag na mnr. Vorster gegaan om die SAAN-aangeleentheid en ander sake te bespreek, maar daar was nie tyd om volledig op die SAAN-voorstel in te gaan nie. Dr. Mulder het toe ingestem dat ek die Eerste Minister direk kon kontak sodra ons geweet het of ons in staat sou wees om genoeg geld te voorsien om die aandele uit die hand te koop. In hierdie stadium was net sowat R3 miljoen nodig. Generaal van den Bergh (op wie se plaas Alberts die eerste keer die saak opgehaal het) se begroting en my eie het tesame wel voldoende fondse gehad.
Met die generaal se medewete is ek terug na mnr. Vorster. Ek het die situasie aan hom geskets, die koste daaraan verbonde, en verduidelik dat mnr. Van Zyl Alberts deur mnr. Louis Luyt (mnr. Vorster se keuse as frontman) sou werk. Mnr. Vorster het ingestem en kort daarna het ek R2 miljoen aan Louis Luyt besorg.
Binne ’n paar dae het mnr. Vorster my uit ’n personeelvergadering laat roep om hom onmiddellik te kom sien. Hy het gerugte dat die aanbod gemaak sou word gehoor maar dat die nuus te vroeg uitgelek het. Hy het gesê dat die magte agter die SAAN-groep besig was om te hergroepeer om ’n Luyt-oorname te voorkom. Terwyl ek buite sy kantoor gewag het, het ’n bankier van Hill Samuels, Tony Botha, sy kantoor verlaat en ek het geraai dat mnr. Vorster die inligting van hom gekry het. Tydens ons gesprek was Vorster in ’n baie gemoedelike stemming. Hy het met onverbloemde genot geluister toe ek aan hom sê dat, volgens my inligting, daar opregte paniek onder die redakteurs en senior joernaliste van die SAAN-groep bestaan het. Hy het by my aangedring om uiters versigtig te wees, maar dat ek moet voortgaan en sien of ons dit nog kon regkry. By daardie geleentheid het ek aan mnr. Vorster gesê dat indien die SAAN-oorname deur die mat val, ons graag sy toestemming wou kry om voort te gaan met die stigting van ’n politieke dagblad om The Rand Daily Mail se invloed te beveg.
Ek het geweet dat die Afrikaners al vir meer as 30 jaar so ‘’n koerant wou sien. Ek het die enormiteit en gewaagdheid van die daad goed verstaan en nogtans was ek verheug toe mnr. Vorster sê dat indien ons begroting dit kon dra, ons dan die volgende jaar kan probeer. Daarom is die tweede fase eers in werking gestel nadat die regering nie deur middel van Louis Luyt kontrole oor SAAN kon verkry nie.
Mnr. Vorster, ten spyte van sy ontkenning, is reg van die begin af deur my ingelig. Ek het ook beide dr. Mulder en generaal van den Bergh te vore oor my gesprekke met die Eerste Minister ingelig. Hy was veral entoesiasties toe hy verneem dat Sir de Villiers Graaff, voormalige leier van die Verenigde Party, die Parlement gretig was om tot R1 miljoen saam met Luyt in die SAAN oorname te belê. Mnr. Vorster het van die begin af gevoel dat indien die SAAN-oorname nie sou slaag nie, Luyt gevra sou word om 'n Engelse koerant met staatsfondse te begin.
Daar is bereken dat dit van twee tot drie jaar sou duur voordat die koerant tot ’n winsbasis sou kom waarna daar met ’n nuwe Sondagkoerant begin.kon word om die invloed van The Sunday Times te neutraliseer en moontlik die kwynende Sunday Express ’n finale nekslag toe te dien.
Nadat die SAAN-oorname gefaal het, het ek mnr. Vorster op 3 November in sy kantoor in die Uniegebou gaan spreek om goedkeuring vir die tweede fase te verkry. Hy was ontspanne en voordat ons sake bespreek het, het hy van sy versameling muntstukke getoon wat hy in ’n regterhandse lessenaarlaai gehou het. Sy enigste waarskuwing was dat alles streng geheim moet bly en dat “julle net moet oppas dat julle nie julle jas in die deur vasdraai nie.
Daarna het ek onmiddellik verslag aan generaal van den Bergh gedoen. Later die middag het dr. Mulder van Kaapstad af aangekom en ek het hom in die kantoor van my gesprek met die Eerste Minister vertel en dat mnr. Vorster gesê het: “Nou maar goed. Gaan voort.” En dat ons versigtig moet wees. Daar was by my nooit die geringste twyfel dat Louis Luyt die Minister se keuse was om as front by die oorname van SAAN en die stigting van die nuwe dagblad op te tree nie. Mnr. Vorster het later voor die Erasmus-Kommissie getuig dat hy nie met ’n tang aan Luyt sou geraak het nie.
(Erasmus-Kommissie, Getuienis, Vol. 5, 1955.) Maar dr. Mulder, Van Zyl Alberts, Les de Villiers en ekself onthou baie duidelik dat generaal van den Bergh daardie aand by my huis in Menlo Park aan ons voorgestel het dat ons Luyt moet gebruik en dat dit ook mnr. Vorster se wens is.
Klaarblyklik het die generaal met die Eerste Minister gepraat nadat die saak die eerste keer geopper is.
Nadat generaal van den Bergh my telefonies meegedeel het dat ek Luyt kan kontak, het ek hom dadelik van my eie kantoor af getelefoneer. Luyt het die versoek om my te kom sien dadelik aanvaar en my gesê dat hy weet waaroor ek met hom wou gesels. Binne ’n uur het hy in my kantoor gesit. Hy kon sy opgewondenheid skaars bedwing.
Na die mislukte SAAN-poging het ons ook die stigting van die nuwe dagblad met Luyt bespreek terwyl ons met sy vliegtuig op pad na Bloemfontein was om ’n rugbywedstryd by te woon. Luyt se vliegtuig was van binne af in ’n soort rus- en studeerkamer omskep met verskeie gemakstoele, ’n lessenaar om by te werk, rusbanke en ’n kombuis en twee waskamers. Daar was vier van ons om die tafel in die vliegtuig: Louis Luyt, generaal van den Bergh, ekself en dr. Piet Koornhof. Toe die Erasmus-Kommissie dr. Koornhof oor hierdie geskiedkundige vlug uitgevra het, het hy skielik ’n massiewe aanval van geheueverlies ervaar. Hy moes alles in sy vermoë doen om te onthou of hy hoegenaamd ooit op die vliegtuig was. (Ek het dr. Koornhof se geheue vergelyk met die van my vrou s’n. Toe ek Katy vra of sy die vlug in geheue kan roep het sy dit nie alleen dadelik onthou nie maar bygevoeg dat mev. Koornhof en sy bymekaar gesit en met die ander dames gesels het terwyl ons vier mans om die tafel was.)
Gedurende die vlug het generaal van den Bergh vir Luyt gesê dat die Eerste Minister wou hê dat met die projek voortgegaan moet word en dat hy wat Luyt
is die aangewese man is om as eienaar op te tree. Dit is ook hoe Les de Villiers dit onthou nadat Luyt hom van die gesprek aan boord van die vliegtuig vertel het, soos in sy boek Secret Information beskryf is.
Op 10 November 1975 (my vrou se veijaarsdag) het ons ons eerste vergadering gehou om te probeer vasstel wat die koerant ons sou kos. Die byeenkoms het in Die Burgerspark Hotel in Pretoria plaasgevind. Louis Luyt was daar, Jan van Zyl Alberts, dr. Denys Rhoodie en Les de Villiers. Ek het mnr. Alberts gevra om ook ’n beraming van die koste te maak sodat ek dit met Luyt s’n kon vergelyk. Generaal van den Bergh was nie teenwoordig nie. Dr. Mulder ook nie.
Luyt was smoorkwaad omdat Van Zyl Alberts teenwoordig was en nog boonop gevra is om ook ’n beraming in te dien. Hy wou net nie aanvaar dat daar enigiemand in die land was, behalwe hyself en sy finansiële bestuurder, na wie hy kort-kort as ’n “genie” verwys het, wat ’n beter beraming as die twee van hulle kon uitwerk nie. Ons het aanvaar en saamgestem dat Alberts nie as front vir die koerant sou kon optree nie aangesien daar juis kort tevore nare stories in Rapport en Beeld was dat To The Point my blad sou wees. Alberts was toe reeds bestuurder van To The Point. Nietemin het ek daarop gestaan dat Van Zyl Alberts sou voortgaan om my oor die finansies van die koerant te adviseer.
Die beraming wat Luyt en sy finansiële adviseur aan ons by die Burgers Park Hotel voorsien het, was dat die koerant ongeveer R8 miljoen in belegging sou verg, dit wil sê, dat die bedrag belê word en dat die rente genoegsaam sou wees om die algemene lopende koste van die blad te dek. Die inkomste uit advertensies sou vir die res sorg. Ons het die aard van die koerant besproek, wie moontlik as redakteur aangestel moes word en toe saamgestem dat ons weer oor drie weke sou vergader. By die volgende geleentheid moes Luyt en sy adviseur met ’n finale finansiële projeksie en uiteensetting kom.
Vervolg...