NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (19)

Dr Eschel Rhoodie (1984) 

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

Wat van The Citizen?

Ek glo vandag nog dat die stigting van The Citizen of ten minste die motiewe daarvoor gesond was en in die nasionale belang aangepak is. Die redaksionele handves het The Citizen net so onafhanklik soos To The Point gemaak en baie meer onafhanklik van en krities teenoor die Regering as bv. Beeld, Die Transvaler, die SAUK-TV, S.A. Panorama, of S.A. Digest, laasgenoemde, beide 100 persent regerings gefinansierde tydskrifte.

Ek het die afgelope paar jaar met honderde mense gepraat, studente, sakemanne, politici, mense op straat en die oorweldigende mening is dat die besluit om The Citizen tot stand te bring gesond was en indien John Vorster net die durf gehad het om dit aan die publiek te stel, hy massiewe ondersteuning nie alleen van die publiek nie, maar ook van die sakegemeenskap sou gekry het.
Maar hy het op Oubosstrand gesit en teenoor sy nuusaandraer adv. Retief van Rooyen gekla dat hy enigiets behalwe
The Citizen kon aanvaar. Maar as hy To The Point aanvaar het, waarom nie The Citizen?

Die Regering se poging om die beherende aandeel in die SAAN-groep te koop, het ek egter in ’n ander lig gesien. Indien die aandele van die groep nie gedaal het na die punt waar kontrole vir ’n paar miljoen Rand gekoop kon word nie, sou ons ’n oormame nooit eens oorweeg het nie. Dit was nie SAAN as ’n groep nie, maar The Rand Daily Mail wat aan die regering hoofbrekens besorg het. Opnames wat ek via Potchefstroom Universiteit en Wits laat maak het, het aangedui dat anti-apartheid en Verenigde Volke publikasies wat beleggings in Suid-Afrika aangeval het, wreedhede in rasse-verhoudinge illustreer, en onttrekking van beleggings in Suid-Afrika aanbeveel, vir 80 persent op inligting gebaseer is wat in The Rand Daily Mail en Financial Times, gevolg deur The Sunday Times verskyn het. Die buitelandse pers-verteenwoordigers in Suid- Afrika het op The Rand Daily Mail geteer. Sommige buitelandse joemaliste het nie eens die moeite gedoen om hul kopie te verander nie. Die mening van miljoene mense in twee dosyn lande was gevorm, nie deur die onafhanklike waarneming van die buitelandse pers in Suid-Afrika nie, maar deur The Rand Daily Mail. Die eenvormigheid van die berigte in Duitse, Franse, Engelse, Spaanse en Hollandse koerante was merkwaardig en ongelooflik.

Wat klaarblyklik nodig was, was ’n midde-van-die-weg Engelstalige oggendblad wat sy deure sou oopmaak en spesiale fasiliteite ook aan die groot buitelandse pers-korps in Suid-Afrika sou bied. (Daar is ongeveer 70 buitelandse persverteenwoordigers in Suid-Afrika, uitgesonderd Egipte, meer as in die res van Afrika tesame.) Instede daarvan dat buitelandse joernaliste hul stories net uit The Mail optel, kon hulle dit ook uit die nuwe koerant haal.

Die koerant sou ook ’n spesiale diens aan buitelandse Ambassades bied. Dit sou die byna 300 000 Engelssprekende immigrante in die Pretoria, Johannesburg en Vanderbylpark-driehoek wat nie Afrikaans kon lees nie bedien. Dit sou ’n spesiale diens aan die duisende buitelandse sakemanne verskaf wat in Suid-Afrika gevestig is en wie se enigste bron van openbare verslaggewing oor politieke en ekonomiese sake, ’n vyandiggesinde en bevooroordeelde oggendpers was. Natuurlik is die Afrikaanse koerante ook bevooroordeeld in hulle siening. Hulle volg weer die regerende party slaafs na. Die verskil is dat geen buitelandse joernalis Afrikaans kan lees nie, ook nie buitelandse maatskappy verteenwoordigers nie, behalwe die van Nederland en party van België. Die V.V. lede lees nie Afrikaans nie en die honderdduisende immigrante en toeriste lees ook nie Afrikaans nie.

Die beeld van Suid-Afrika wat voorgehou was en waaraan die wêreld Suid-Afrika veroordeel het, is geskep deur die Engelstalige pers by uitstek The Mail en The Financial Mail.

Omdat hierdie nuusblaaie heftig teen die regering en sy politiek gekant was, kon hierdie beeld niks anders as ongunstig wees nie.

As die wêreld Suid-Afrika moes beoordeel aan die hand van Die Transvaler of Beeld dan was Min P. W. Botha vandag president van die VN. Dit is die kern van die saak.

Die Departement van Inligting het tussen 1965 en 1975 sowat R2 500 000 van die belastingbetaler se geld spandeer om duisende meningsvormers, van oral oor die wêreld, na Suid-Afrika te bring. Bykans almal van hulle was verstom oor die verskil tussen wat hulle in die vyandiggesinde Engelse oggendkoerante gelees het en wat hulle self gesien het. Nie ’n kritiese pers nie, maar vyandiggesind en negatief, wat alles in hulle vermoë gedoen het om die Blankes so vinnig moontlik in die smeltkroes van politieke integrasie in te help.
Daar moet tog sekerlik een of twee Engelse oggendblaaie wees, het die besoekers byna soos een man gevra, “wat die realiteit van die veelvolkige struktuur van die Suid-Affikaanse samelewing aanvaar? Wat nie gedurig veroordeel nie maar ook nou en dan lof toeswaai vir die talle dinge wat die regering tog probeer doen om die uiteenlopende, ontwikkelende bevolkingsgroepe op te hef?”

“Ons was in die embarrasserende situasie”, het ek later aan vriende gesê, “dat ons nie eens een Engelse oggend- of Sondagkoerant kon aanbeveel wat ‘n teenvoeter vir die negatiewe beeld wat The Rand Daily Mail, The Cape Times en The Sunday Times geskilder het kon dien nie. Vele besoekers wou, ten alle koste, op ’n koerant in Suid-Afrika inteken. Ek het The Pretoria News en The Star voorgestel omdat hulle na my mening die mees verantwoordelike Engelse koerante was, met The Pretoria News, vanweë sy gemagtigdheid en ewewigtigheid, seker die beste koerant in Suid-Afrika. Ek weet nie of hulle ooit subskripsies uitgeneem het nie. Beide is middag en nie oggendkoerante nie”.

Toe Van Zyl Alberts in 1975 aan mnr. Vorster, dr. Mulder en myself vertel het dat die South African Associated Newspaper groep groot probleme het en dat aandele goedkoop verkry kon word, het ons dit as ’n gulde geleentheid gesien om die voorafgaande stand van sake reg te stel.

Tydens ’n dinee wat ek by my huis in Menlo Park vir dr Mulder, generaal van den Bergh, Jan van Zyl Alberts en Les de Villiers aangebied het, het ek Van Zyl Alberts gevra om die hele transaksie duidelik vir ons uiteen te sit. Ek het die gesprek by my huis as so geheim beskou dat Katy slegs die kos voorberei het. Daarna het sy na ons slaapkamer op die boonste verdieping gegaan terwyl die bediende huistoe is. Die kinders het op die boonste vloer in hul kamers gewerk. Ek het self die kos bedien. Dit was ons eenparige mening dat dit ’n gulde kans was om die SAAN groep deur middel van ’n frontorganisasie of ’n tussenganger te koop. Daar is besluit dat dr Mulder en ek die volgende dag of twee die Eerste Minister saam sou gaan spreek om die voorstel aan hom te maak.

Dr. Mulder en ek het in ’n weeksdag na mnr. Vorster gegaan om die SAAN-aangeleentheid en ander sake te bespreek, maar daar was nie tyd om volledig op die SAAN-voorstel in te gaan nie. Dr. Mulder het toe ingestem dat ek die Eerste Minister direk kon kontak sodra ons geweet het of ons in staat sou wees om genoeg geld te voorsien om die aandele uit die hand te koop. In hierdie stadium was net sowat R3 miljoen nodig. Generaal van den Bergh (op wie se plaas Alberts die eerste keer die saak opgehaal het) se begroting en my eie het tesame wel voldoende fondse gehad.

Met die generaal se medewete is ek terug na mnr. Vorster. Ek het die situasie aan hom geskets, die koste daaraan verbonde, en verduidelik dat mnr. Van Zyl Alberts deur mnr. Louis Luyt (mnr. Vorster se keuse as frontman) sou werk. Mnr. Vorster het ingestem en kort daarna het ek R2 miljoen aan Louis Luyt besorg.

Binne ’n paar dae het mnr. Vorster my uit ’n personeelvergadering laat roep om hom onmiddellik te kom sien. Hy het gerugte dat die aanbod gemaak sou word gehoor maar dat die nuus te vroeg uitgelek het. Hy het gesê dat die magte agter die SAAN-groep besig was om te hergroepeer om ’n Luyt-oorname te voorkom. Terwyl ek buite sy kantoor gewag het, het ’n bankier van Hill Samuels, Tony Botha, sy kantoor verlaat en ek het geraai dat mnr. Vorster die inligting van hom gekry het. Tydens ons gesprek was Vorster in ’n baie gemoedelike stemming. Hy het met onverbloemde genot geluister toe ek aan hom sê dat, volgens my inligting, daar opregte paniek onder die redakteurs en senior joernaliste van die SAAN-groep bestaan het. Hy het by my aangedring om uiters versigtig te wees, maar dat ek moet voortgaan en sien of ons dit nog kon regkry. By daardie geleentheid het ek aan mnr. Vorster gesê dat indien die SAAN-oorname deur die mat val, ons graag sy toestemming wou kry om voort te gaan met die stigting van ’n politieke dagblad om The Rand Daily Mail se invloed te beveg.

Ek het geweet dat die Afrikaners al vir meer as 30 jaar so ‘’n koerant wou sien. Ek het die enormiteit en gewaagdheid van die daad goed verstaan en nogtans was ek verheug toe mnr. Vorster sê dat indien ons begroting dit kon dra, ons dan die volgende jaar kan probeer. Daarom is die tweede fase eers in werking gestel nadat die regering nie deur middel van Louis Luyt kontrole oor SAAN kon verkry nie.

Mnr. Vorster, ten spyte van sy ontkenning, is reg van die begin af deur my ingelig. Ek het ook beide dr. Mulder en generaal van den Bergh te vore oor my gesprekke met die Eerste Minister ingelig. Hy was veral entoesiasties toe hy verneem dat Sir de Villiers Graaff, voormalige leier van die Verenigde Party, die Parlement gretig was om tot R1 miljoen saam met Luyt in die SAAN oorname te belê. Mnr. Vorster het van die begin af gevoel dat indien die SAAN-oorname nie sou slaag nie, Luyt gevra sou word om 'n Engelse koerant met staatsfondse te begin.

Daar is bereken dat dit van twee tot drie jaar sou duur voordat die koerant tot ’n winsbasis sou kom waarna daar met ’n nuwe Sondagkoerant begin.kon word om die invloed van The Sunday Times te neutraliseer en moontlik die kwynende Sunday Express ’n finale nekslag toe te dien.

Nadat die SAAN-oorname gefaal het, het ek mnr. Vorster op 3 November in sy kantoor in die Uniegebou gaan spreek om goedkeuring vir die tweede fase te verkry. Hy was ontspanne en voordat ons sake bespreek het, het hy van sy versameling muntstukke getoon wat hy in ’n regterhandse lessenaarlaai gehou het. Sy enigste waarskuwing was dat alles streng geheim moet bly en dat “julle net moet oppas dat julle nie julle jas in die deur vasdraai nie.

Daarna het ek onmiddellik verslag aan generaal van den Bergh gedoen. Later die middag het dr. Mulder van Kaapstad af aangekom en ek het hom in die kantoor van my gesprek met die Eerste Minister vertel en dat mnr. Vorster gesê het: “Nou maar goed. Gaan voort.” En dat ons versigtig moet wees. Daar was by my nooit die geringste twyfel dat Louis Luyt die Minister se keuse was om as front by die oorname van SAAN en die stigting van die nuwe dagblad op te tree nie. Mnr. Vorster het later voor die Erasmus-Kommissie getuig dat hy nie met ’n tang aan Luyt sou geraak het nie.
(Erasmus-Kommissie, Getuienis, Vol. 5, 1955.) Maar dr. Mulder, Van Zyl Alberts, Les de Villiers en ekself onthou baie duidelik dat generaal van den Bergh daardie aand by my huis in Menlo Park aan ons voorgestel het dat ons Luyt moet gebruik en dat dit ook mnr. Vorster se wens is.

Klaarblyklik het die generaal met die Eerste Minister gepraat nadat die saak die eerste keer geopper is.

Nadat generaal van den Bergh my telefonies meegedeel het dat ek Luyt kan kontak, het ek hom dadelik van my eie kantoor af getelefoneer. Luyt het die versoek om my te kom sien dadelik aanvaar en my gesê dat hy weet waaroor ek met hom wou gesels. Binne ’n uur het hy in my kantoor gesit. Hy kon sy opgewondenheid skaars bedwing.

Na die mislukte SAAN-poging het ons ook die stigting van die nuwe dagblad met Luyt bespreek terwyl ons met sy vliegtuig op pad na Bloemfontein was om ’n rugbywedstryd by te woon. Luyt se vliegtuig was van binne af in ’n soort rus- en studeerkamer omskep met verskeie gemakstoele, ’n lessenaar om by te werk, rusbanke en ’n kombuis en twee waskamers. Daar was vier van ons om die tafel in die vliegtuig: Louis Luyt, generaal van den Bergh, ekself en dr. Piet Koornhof. Toe die Erasmus-Kommissie dr. Koornhof oor hierdie geskiedkundige vlug uitgevra het, het hy skielik ’n massiewe aanval van geheueverlies ervaar. Hy moes alles in sy vermoë doen om te onthou of hy hoegenaamd ooit op die vliegtuig was. (Ek het dr. Koornhof se geheue vergelyk met die van my vrou s’n. Toe ek Katy vra of sy die vlug in geheue kan roep het sy dit nie alleen dadelik onthou nie maar bygevoeg dat mev. Koornhof en sy bymekaar gesit en met die ander dames gesels het terwyl ons vier mans om die tafel was.)
Gedurende die vlug het generaal van den Bergh vir Luyt gesê dat die Eerste Minister wou hê dat met die projek voortgegaan moet word en dat hy wat Luyt
is die aangewese man is om as eienaar op te tree. Dit is ook hoe Les de Villiers dit onthou nadat Luyt hom van die gesprek aan boord van die vliegtuig vertel het, soos in sy boek
Secret Information beskryf is.

Op 10 November 1975 (my vrou se veijaarsdag) het ons ons eerste vergadering gehou om te probeer vasstel wat die koerant ons sou kos. Die byeenkoms het in Die Burgerspark Hotel in Pretoria plaasgevind. Louis Luyt was daar, Jan van Zyl Alberts, dr. Denys Rhoodie en Les de Villiers. Ek het mnr. Alberts gevra om ook ’n beraming van die koste te maak sodat ek dit met Luyt s’n kon vergelyk. Generaal van den Bergh was nie teenwoordig nie. Dr. Mulder ook nie.

Luyt was smoorkwaad omdat Van Zyl Alberts teenwoordig was en nog boonop gevra is om ook ’n beraming in te dien. Hy wou net nie aanvaar dat daar enigiemand in die land was, behalwe hyself en sy finansiële bestuurder, na wie hy kort-kort as ’n “genie” verwys het, wat ’n beter beraming as die twee van hulle kon uitwerk nie. Ons het aanvaar en saamgestem dat Alberts nie as front vir die koerant sou kon optree nie aangesien daar juis kort tevore nare stories in Rapport en Beeld was dat To The Point my blad sou wees. Alberts was toe reeds bestuurder van To The Point. Nietemin het ek daarop gestaan dat Van Zyl Alberts sou voortgaan om my oor die finansies van die koerant te adviseer.

Die beraming wat Luyt en sy finansiële adviseur aan ons by die Burgers Park Hotel voorsien het, was dat die koerant ongeveer R8 miljoen in belegging sou verg, dit wil sê, dat die bedrag belê word en dat die rente genoegsaam sou wees om die algemene lopende koste van die blad te dek. Die inkomste uit advertensies sou vir die res sorg. Ons het die aard van die koerant besproek, wie moontlik as redakteur aangestel moes word en toe saamgestem dat ons weer oor drie weke sou vergader. By die volgende geleentheid moes Luyt en sy adviseur met ’n finale finansiële projeksie en uiteensetting kom.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3416 gaste aanlyn