NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy jou BYBEL soos koek vir spesiale geleenthede gebruik, sal jy op 'n plek kom waar jy verhongerd staan omdat jy dit nie as Brood vir elke dag gebruik het nie.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

Ons taal is ryk aan gesegdes wat so raak en op die man af is maar waarvan heelwat in die vergetelheid geraak het omdat ons jonger mense dit nie almal ken nie.Ons begin dus hier met 'n reeks oor Afrikaanse uitdrukkings met verklarings daarby waarvan party nog bekend sal wees vir sommige lesers, en ander dalk heeltemal onbekend maar interessant en leersaam:
(1)
  • Hy sê nie a nie ( Hy praat glad nie.)
  • As jy a sê, moet jy ook b sê. (As jy met iets begin het, moet jy dit voltooi.
  • Hy ken nie a voor b nie, (Hy is heeltemal ongeletterd.)
  • Hulle aai en paai, maar dit help nie. (Hulle soebat en praat mooi, maar verniet.)
  • Hy is so glad soos 'n aal. (Hy kom weg voor jy dit besef.)
  • Hy het weer alwyn getap.(Hy is in 'n slegte bui.)
  • Hy hamer op dieselfde aambeeld. (Hy praat pal oor dieselfde onderwerp.)
  • Hy blaas die vuur aan. (Hy vererger die rusie.)
  • Hy jaag bokke. (Hy is besope.)
  • Hy maak dit dik aan. (Hy oordryf.)
  • Ek doen aan die hand. (Ek maak 'n voorstel.)
  • Hy is hoog aan. (Hy is dronk.)
(2)
  • Ons moes van meet af aan begin (Ons moes heel voor begin)
  • Gehalte prys homself aan (Onnodig om reklame te maak vir 'n goeie produk)
  • Wie sal die kat die bel aanbind? (Wie sal in belang van die groep die gevaarlike werk doen?)
  • Hy sal die stryd vir haar aanbind (Hy sal haar verdedig.)
  • Ek wou nog 'n grappie maak maar hy was sommer aangebrand (Hy het hom sommer vererg.)
  • Die aand lê nog ver (Moenie te gou besluit nie, daar kan nog enigiets gebeur.)
  • Hy sal die waarheid geweld aandoen (Hy sal leuens vertel.)
  • Hy ry aandskof by Sarie (Hy kuier saans daar.)
  • Haar klere is aangegiet (Dit pas so styf!)
  • Wie kom hier aangehoepel? (Wie kom hier aan met sulke krom bene?)
  • Hy was erg aangekap oor ek hom nie genooi het nie (Hy het beledig gevoel.)
  • Sy was erg aangekap na drie drankies (Sy was taamlik dronk.)
  • Hy was vroeg aangeklam (Hy was vroeg dronk).
  • Hy is nugter aangelê (Hy is 'n koelkop).
  • Hy is uit sy pa se aangesig gesny (Hy lyk soos sy pa).
  • Moenie hom in die gesig krap nie (Moenie hom beledig nie).
  • Wie sy neus skend, skend sy aangesig (Wie sy gesin beskinder benadeel homself).
  • Hy slaan die waarheid in die gesig (Hy jok).
  • Soek die aangesig van God (Bid tot Hom).
  • Sy het vir hom 'n kop aangesit (Sy't hom vir die gek gehou).
(3)
  • Hulle was deeglik aangesmeer (Hulle het 'n hegte vriendskap gehad.)
  • Sy is verlief op een van die aangespoelde manne (Hy het van elders gekom.)
  • Jy is op jouself aangewese (Jy moet sonder hulp klaarkom.)
  • Langenhoven het gesê jy moet jou deeglik aangord as jy met 'n vrou wil redeneer. (Vroeër is die swaard om die soldaat se middel vasgebind wanneer hy oorlog toe gegaan het.)
  • Aanhef lê nog voor! (Die ergste kom nog.)
  • Laat dit maar aankalk. (Skryf dit maar op my rekening.)
  • Hy wil by die meisie aanklamp. (Hy wil haar hart wen.)
  • Die idee wil my nie aanlag nie. (Dit pas my nie.)
  • Ek laat dit my nie aanleun nie. (Ek laat nie toe dat dit my pla nie.)
  • By haar is dit meer aanplak as iets anders. (Sy is nie 'n opregte mens nie.)
  • Sy sal jou met die nek aansien. (Sy sal hoogmoedig op jou neersien.)
  • Hulle sal vir hom duimskroewe aansit. (Hulle sal hom forseer om dit te doen.)
  • Hulle gaan vir jou 'n kop aansit. (Hulle gaan jou om die bos lei.)
  • Ek is nie lus vir jou aansmeerpraatjies nie. (Ek het nie lus vir jou kletspraatjies nie.)
  • Hy kry 'n aanvoelertjie as hy die lekker kos ruik. (Hy begin lus word vir die kos.)
  • Rook is 'n slegte aanwensel. (Dis 'n slegte gewoonte – aanwen=iets wat jy aanleer.)
  • Hier kom die geklede aap aan. (Hier kom die bespotlike vent.)
  • Kyk, aap het ook 'n stert gekry. (Iemand wat dink hy is belangrik.)
  • Hy sit daar nes 'n aap op 'n stokkie. (Hy lyk verleë en bedremmeld.)
(4)
  • Sy rus in die skoot van die aarde (Sy is begrawe.)
  • Dit was net 'n aardbewing in 'n mishoop ('n Groot bohaai oor 'n kleinigheid.)
  • Jy kon 'n aartappel in hom gaarmaak (Hy was woedend.)
  • Hy skil sy aartappels nie twee keer nie (Hy herhaal nie wat hy gesê het nie.)
  • 'n Mens skil nie aartappels in jou voorkamer nie (Wanneer iemand onvanpas in geselskap optree.)
  • Hy's 'n aartappelkop (Hy het nie baie verstand nie.)
  • Haar huis is 'n aasvoëlnes (Dit is baie deurmekaar.)
  • Hy het aasvoëloë (Hy sien iets baie gou raak.)
  • Abaddon – die hel word soms so genoem (Dis die Hebreeuse naam vir Engel van die Afgrond.)
  • Hy sit nog op die ABC-bank (Hy begin nou eers kennis versamel.)
  • Die abjater is so gemaak en laat staan (Hy is 'n onbeduidende persoon en sal nie ver in die lewe kom nie.)
  • Hy is deel van Abrahamskroos (Hy is 'n Jood.)
  • Abundantia het hier haar septer geswaai (Alles is hier volop – Abundantia was volgens die mite die Romeinse godin van oorvloed.)
  • Dit was sy Achilleshiel (Dit was sy swakheid – volgens die mite was die hakskeensening die enigste plek aan die Trojaanse held Achilles, waaraan sy moeder vasgehou het toe sy hom in die water gedoop het sodat hy onaantasbaar kon word.)
  • Ons moet die ou Adam aflê (Ons moet die sondige mens aflê.)
  • Hulle is familie van Adam se kant af (Verlangs familie.)
  • Hy drink Adamsbier (Hy drink water.)
  • Hy is in sy Adamsgewaad (Hy is kaal.)
  • Hy eet met sy Adamsvurk (Hy eet met sy hande.)
(5)
  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • (6)
  • Moet tog nie altyd ander afkam nie (Moenie ander verneder nie.)
  • Moenie die taak weer afkits nie (Gebruik jou tyd).
  • Oor al die liggame waaroor jy getrap het sal jy weer moet afklim (As jy van mense misbruik gemaak het sal jy eendag daarvoor boet.)
  • Jy sal daar kaal afkom (Jy sal aan die kortste ent trek.)
  • Hulle sal hom goed afpoeier (Hulle sal hom 'n deeglike pak slae gee.)
  • Hy sal sy werk weer afrits (Hy sal dit weer so vinnig as moontlik probeer klaarkry.)
  • Ons het 'n afsakkertjie gedrink (Ons het 'n likeur na ete geniet.)
  • Liewer afslyt as afroes (Dis beter om te verouder deur harde werk as van niks doen.)
  • Hy is 'n Agitofel, moenie sy raad volg nie (Agitofel was 'n listige raadgewer wat rampspoedige gevolge gebring het.)
  • Toe hy parlement toe is was hy maar net 'n agterbanker (Minder ervare persone sit in die agterbanke.)
  • Al hardloop 'n leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel (Die leuen sal ontbloot word.)
  • Pasop vir daardie agterklapper (Hy is 'n kwaadprater.)
  • Hy is 'n regte agtervelder (Hy is maar onopgevoed.)
  • Hy is 'n politieke akrobaat (Hy bly behendig uit die moeilikheid.)
  • Hy het vir hom 'n alabama homp afgesny ('n Baie dik sny afgesny.)
  • Hy sit of hy 'n albaster ingesluk het (Hy sit doodstil, praat niks nie.)
  • Die alfa en die omega van die saak (Dis die begin en die einde daarvan. Alfa + omega is onderskeidelik die eerste en laaste letters van die Griekse alfabet.)
  • Die werk is vir my algebra (Ek verstaan dit nie)
  • As hy 'n paar treë agteruit loop, trap hy op ou Alida se kop (Hy is nie van suiwer Blanke afkoms nie.)
  • Hy is 'n regte ou arrekrekeltjie (Hy is 'n verpotte ou skepseltjie – 'n alikruik is 'n skulpslak wat in vlak water op rotse langs die see voorkom.)

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes)

  • Die meisie is so suur soos asyn (Sy is onvriendelik).
  • Hy moes die Augias-stal skoonmaak. (Hy moes 'n geweldige taak baasraak – die mitologiese Griekse koning Augias, het 'n stal gehad waarin 3 000 beeste vir 30 jaar gehou is. Herkules het opdrag gekry om die mis te verwyder en die stal te reinig. Hy het die water van die riviere, Alpheus en Peneus, daardeur laat stroom.)
  • Hoewel hy eenvoudig geklee was, het 'n aura van verfyndheid hom omsweef. (Daar was 'n subtiele verfyndheid.)
  • 'n Harde duikslag op die rugbyveld het hom aansienlik awery besorg. (Spottend gesê as 'n speler 'n fisiese besering of skade opdoen – awery is die skade wat 'n skip ten tye van 'n seereis opdoen.)
  • Wie 'a' sê, moet ook 'b' sê. (As jy met iets begin moet jy dit voltooi.)
  • Sy baadjie is behoorlik afgeborsel. (Hy het 'n goeie loesing gekry.)
  • Dis bo my baadjie. (Ek sal nie daar kan bykom nie.)
  • Hy is aan die einde van sy baan. (Dis klaarpraat met hom.)
  • Dis op die langebaan geskuiwe. (Dit is uitgestel.)
  • Die berg het 'n muis gebaar. (Daar was 'n groot rumoer maar die uiteinde was 'n nietigheid.)
  • Moenie dit vir hom in die baard vrywe nie. (Moenie skimpe oor hom maak nie.)
  • Klein baas is beter as groot kneg. (Liewer selfstandig op klein skaal as om vir 'n gegoede baas te werk.)
  • Moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie. ( Moenie jou so toespits op die afkeur van die slegte dat jy die goeie miskyk nie – in die Middeleeue het gaste eerste geleentheid gekry om te bad; eers die man, dan die vrou en kinders, van oud tot jonk. Daarna het die huisgesin in dieselfde volgorde gebad, almal in dieselfde water. As dit die baba van die huis se beurt was, was die water al so vuil dat hy/sy maklik saam met die vuil badwater uitgegooi kon word!)

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (8)

(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes)

  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).
  • Hy koop 'n bakkersdosyn (Hy koop dertjien - Vroeër was dit die gewoonte dat 'n bakker 'n ekstra item bysit wanneer iemand 'n dosyn daarvan gekoop het om seker te maak dat hy die klant nie benadeel nie.)
  • Hy is van bakoortjie na stuuroortjie gestuur (Hy is sinloos rondgestuur).
  • Hy is in die ban gedoen (Hy is uitgesluit uit die kerklike gemeenskap).
  • Jy moet die banier hooghou vir ons skool( Jy moet ons skool se naam in ere hou).
  • Hulle het deur die bank geslaag (Niemand het gedruip nie).
  • Hy is bankvas gemaak (Hy is in die tronk gesit).
  • Barabbas is losgelaat (Die skuldige het losgekom).
  • Hy het sy kinders baster gemaak (Hy het sy kinders onterf).
  • Dit sit my in die bed (Dit verbaas my).
  • Vroeg uit die bed maak die beursie vet (As jy vroeg begin werk sal sukses nie uitbly nie).
(9) (Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes)
  • Jy moet bedag wees op sy skelmstreke (Jy moet op jou hoede wees vir hom.)
  • Dit was 'n bedekte aanval. (Dit was 'n inval wat geheim gehou is).
  • Dit was 'n bedekte seën (Ons het dit nie op daardie tydstip besef nie maar dit was goed dat dit gebeur het.
  • Hy is ryklik bedeel met aardse goedere (hy het baie geld of besittings).
  • Die eerstydse miljoenêr het tot die bedelstaf gedaal (hy besit niks meer nie – bedelstaf kom van 'n boemelaar's kierie).
  • Die bedolde gepeupel het in opstand gekom. (Die rasende mense het opstandig geraak).
  • Met al jou gewerskaf het jy my radio bedons (jy het dit nou heeltemal gebreek – kan ook gebruik word in 'jy is bedons' = jy is befoeterd.)
  • Hy het sy vriende heeltemal bedot (hy het hulle bedrieg).
  • Hy was bedug vir die dokter se uitslag (hy was bang en benoud dat dit slegte nuus sou wees.)

Ook so gebruik: Vir hom moet jy maar bedug wees (hy is 'n skelm).

  • Daardie misdadiger is 'n regte Beëlsebub (hy is 'n opperste duiwel – iemand om voor bang te wees. Die Hebreeuse Ba'al Zebbhub was die koning van die duiwels, die koning van die vlieë).
  • Hy is been-af op haar (hy is verlief op haar).
  • Hy neem sy bene onder sy arms (hy neem die loop, vlug van 'n situasie).
  • Jy sal jou bene moet dra ( jy sal jou moet haas).
  • Hy het 'n been daar gebreek (hy het daar verlief geraak).
  • Ek sal vir jou 'n been gooi (ek sal vir jou sê wanneer ek jou mening nodig het).
  • Hy staan met albei bene op die grond (hy is nugter en beginselvas).
  • Hy is op sy laaste bene (hy is al stokoud).
  • 'n Leuen het 'n kort been (met 'n leuen kom jy nie ver nie).
  • Hy kou ou bene (hy kra swaar)
  • Hy roer aan ou bene (hy haal ou argumente op).
  • Hy het nie 'n been om op te staan nie (sy argumente is niks werd nie).
  • Hy is vlug van been (hy kan vinning hardloop).
  • Moenie die vel verkoop voordat jy die beer geskiet het nie ( moenie belowe voor jy seker van jou saak is nie).
  • Die beeste het in die brand geloop (dis koffie sonder melk).
  • Daar is seker 'n bees dood (dis gebruik wanneer die jongmense op 'n streep na 'n geselligheid gaan).
  • Hoe groter gees, hoe groter bees (hoe hoër jou posisie is, hoe groter jou oortreding – geld blykbaar nie vir swart regerings nie...)
  • Hy koop 'n bakkersdosyn (Hy koop dertien - Vroeër was dit die gewoonte dat 'n bakker 'n ekstra item bysit wanneer iemand 'n dosyn daarvan gekoop het om seker te maak dat hy die klant nie benadeel nie.)
  • Hy is van bakoortjie na stuuroortjie gestuur (Hy is sinloos rondgestuur).
  • Hy is in die ban gedoen (Hy is uitgesluit uit die kerklike gemeenskap).
  • Jy moet die banier hooghou vir ons skool( Jy moet ons skool se naam in ere hou).
  • Hulle het deur die bank geslaag (Niemand het gedruip nie).
  • Hy is bankvas gemaak (Hy is in die tronk gesit).
  • Barabbas is losgelaat (Die skuldige het losgekom).
  • Hy het sy kinders baster gemaak (Hy het sy kinders onterf).
  • Dit sit my in die bed (Dit verbaas my).
  • Vroeg uit die bed maak die beursie vet (As jy vroeg begin werk sal sukses nie uitbly nie).
  • Sy rus in die skoot van die aarde (Sy is begrawe.)
  • Dit was net 'n aardbewing in 'n mishoop ('n Groot bohaai oor 'n kleinigheid.)
  • Jy kon 'n aartappel in hom gaarmaak (Hy was woedend.)
  • Hy skil sy aartappels nie twee keer nie (Hy herhaal nie wat hy gesê het nie.)
  • 'n Mens skil nie aartappels in jou voorkamer nie (Wanneer iemand onvanpas in geselskap optree.)
  • Hy's 'n aartappelkop (Hy het nie baie verstand nie.)
  • Haar huis is 'n aasvoëlnes (Dit is baie deurmekaar.)
  • Hy het aasvoëloë (Hy sien iets baie gou raak.)
  • Abaddon – die hel word soms so genoem (Dis die Hebreeuse naam vir Engel van die Afgrond.)
  • Hy sit nog op die ABC-bank (Hy begin nou eers kennis versamel.)
  • Die abjater is so gemaak en laat staan (Hy is 'n onbeduidende persoon en sal nie ver in die lewe kom nie.)
  • Hy is deel van Abrahamskroos (Hy is 'n Jood.)
  • Abundantia het hier haar septer geswaai (Alles is hier volop – Abundantia was volgens die mite die Romeinse godin van oorvloed.)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1697 gaste aanlyn