Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beloning vir harde werk is nie wat ‘n leier daarvoor ontvang nie, maar wat hy daardeur bereik. Niemand behaal per toeval sukses nie. Dis harde werk. Die geheim van enige leier se sukses is dat hy doodgewone werk buitengewoon goed doen. Hy beland nie in die seekatgreep van ydele, onversadigbare drange na sukses nie. Wie hierin beland, is soos ‘n man wat met ‘n gorilla stoei en nie kan nie ophou as hy moeg word nie. Die dierasie moet eerste moeg word!
GELOFTEDAG SE EISE AAN DIE AFRIKANER
Dr Danie Theron
“Ons geskiedenis is gemaak deur mense wat bereid was tot stryd”. – Jaap Marais, Geloftedag, 16 Desember 1976
Elke jaar rondom Geloftedag en by die lees en herlees van die geskiedenis, ontdek mens ‘n nuwe dimensie aan hierdie dramatiese gebeurtenis in ons geskiedenis. En jaarliks besef mens die geweldige impak wat dit op ons het, of minstens behoort te hȇ.
Die gebeure van 16 Desember kan egter nie in isolasie gesien word nie. Die hele 1838 is monumentaal! Die moorde by Blaauwkrans en Weenen het vir die Voortrekkers van 1838 die werklikheid van Afrika met ‘n bliksemstraal verlig. Dit het die Voortrekkers van daardie tyd gelouter en as ‘n eenheid saamgebind en begeester om daarna die Slag van Bloedrivier te beleef. Triomfantlik.
So wat het dan na 155 jaar verander? En waarom? Wat die barbaarsheid van die moorde op ons volksgenote betref, verskil dit niks van Blaauwkrans en Weenen nie. Maar in plaas daarvan dat dit ons gelouter het, en tot die besef gebring het, soos prof HB Thom dit stel om te differensieer tussen die volke, het dit talle sogenaamde volksleiers saggemaak; in so ‘n mate dat papbroeke vandag die leiding in ons volk geneem het. Die lakens uitdeel, soos hulle sȇ. Dis ongelukkig die harde realiteit waarmee ons opgesaal sit. Onder hulle tel diegene wat vir ons vertel het dat die prys van meerdere stryd te hoog is, en dat ons nie meer aan onsself as Blankes moet dink nie, maar as Afrikaanses. Wat differensiasieaflag as sou dit rassisties en oudmodies is.
Die groot historiese les van Bloedrivier en trouens ons hele geskiedenis het nou vervaag te midde van Judasbokke soos Cassie Aucamp, Willie Spies, Ernst Roets, Flip Buys en andere wat baie duidelik besig is om die Afrikaner met versoeningspraatjies na en oor die afgrond te sleep. In skrille kontras staan die helde van weleer soos Paul Kruger, MT Steyn, Christiaan de Wet, Koos de la Rey en Andries Pretorius, laasgemeldes wat hulle deur stryd, van die vyand onderskei het. En na hulle, dr Malan, adv Strijdom, dr Verwoerd en mnr Jaap Marais.
So, interessant is dat wanneer mens na die karakter en aard van Andries Pretorius kyk, jy sien dat hy die vyand gaan soek het! Hy het die vyand die geveg aangesȇ! Hy het hom uitgedaag, selfs en veral op die dag van die slag. Dis wat leierskap is – leierskap wat moed het. Want Andries Pretorius het presies geweet met wie hy te doene het.
En niks, maar niks, het verander nie. Dieselfde instinkte van moord en doodslag is vandag steeds te vinde by die barbaredom. Om te midde daarvan voor die vyand te kruip, met lofbetuigings vir “Madiba” te kom, skreeu ten hemele.
En vergeet daarvan dat Maroela Media en Pretoria FM namens die Afrikaner praat. Ja namens die kruipende Afrikaner miskien, maar nooit namens die vegtende Afrikaner nie.
Een belangrike toets vir hierdie Judasbokke is hulle standpunt oor dr HF Verwoerd. Nie een van hulle sal hom as ‘n held beskou nie en nie een van hulle sal sy beleid vandag verdedig nie. Dr Verwoerd het gestaan waar Andries Pretorius en Paul Kruger gestaan het. Hy het in daardie vaste spore geloop.
Maar deur breinspoeling en indoktrinasie en blootdeur die oormag van propaganda wat hierdie omgekoopte “konserwatiewes” tot hulle beskikking het, het die kreet van verandering oplaas ook sy houvas op ‘n grootdeel van die Afrikaner gekry. En dit onderskei hulle van die die nasionale Afrikaner. So het die kreet van verandering ons volk op sleeptou geneem waar Afrikanerleiers skaam is vir apartheid en verraad teen ons volk gepleeg het en steeds pleeg.
Nou word hofsake oor Afrikaans en oor ras en oor alles waaraan Afriforum moontlik kan dink, gemaak maar die siel van die Afrikaner is uitgeruk toe aan hom vertel is ons volk het nie ‘n rassebasis nie. Dit terwyl die vyand alles teen ons doen uit hoofde van syrassebasis. Ons speel dambord en die vyand speel skaak.
Wat altyd besef moet word is dat enige volk se helde kom uit stryd, en nie uit die geledere van die vredemakers, die paaiers, die swigters, die mooipraters, die soebatters en die verskoningmakers nie. Dit kom uit die geledere van daardie mense wat staan by die identiteit van ons volk. Ons volk is nie ‘n bastervolk nie! Ons volk het ‘n rassebasis.
Die selfrespek wat vandag oor is in ons volk, is daar vanweē mense wat nie skroom oor hulle identiteit nie, wat die grondwet verwerp omdat dit juis ons identiteit verwerp en by mense wat hulle nie besighou met vroompraatjies by die vyand nie.
By alles wat ons gedenk in hierdie dae, die vaste geloof van ons voorvaders, hulle durf en moed, hulle afhanklikheid voor God – dink ook en veral weer oor wie die Afrikaner is en watter leiers vertrou kan word met ons toekoms.
Die woorde van GA Watermeyer is gepas:
“Bly blank my volk, bly blank in gees.
Laat helderheid jou hartslag wees….
Jou hooggebed by Bloedrivier,
Gee jou geloofsgestalte hier.”