Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy iemand liefhet, sê dit tog vir hom of haar! Of dit jou man, kinders, ouers of wie ook al is. Want die persoon wat 'n mens die liefste het, is dikwels die een wat dit nie minste hoor. En liefde maak gesond – vir diegene wat dit uitdeel sowel as vir dié wat dit ontvang. Dit is soos God se vinger op die mens se skouer.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (31)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
NELSPRUIT - The South African Police Service (SAPS) in Mpumalanga, working together with the ProvJOINT structure, including the Department of Home Affairs and other role players like Police Intelligence, have uncovered a suspected military training base in White River and apprehended 95 foreign nationals in connection with the discovery.
Acting Provincial Commissioner of the SAPS in Mpumalanga, Major General (Dr) Zeph Mkhwanazi, convened the Provincial Joint Structures (ProvJOINTS) two days ago after receiving intelligence information about the suspected camp. This led to a joint operation being carried out today, Friday 26 July 2024, resulting in the raid and subsequent arrests.
The place, which was initially designated as a training site, appears to have been converted into an illegal military training base. The 95 individuals taken into custody are all Libyan nationals and are currently being questioned by the relevant authorities.
"We take any threat to the security and stability of our province and country very seriously," said Major General Mkhwanazi. "This operation demonstrates our commitment to acting swiftly and decisively against any activities that could undermine our national interests and ensure the safety of our citizens because that is our primary mandate."
The investigation is still ongoing, and further details will be provided as they become available. The SAPS would like to assure the public that there is no immediate threat to community safety.
Anyone with information about similar or related activities is urged to contact the SAPS Crime Stop number 08600 10111 or submit tips via the MySAPS App. All information will be treated with the strictest confidentiality.
*
“Ezra, maak toe jou oë!”
“Hoekom, Oom?”
“Omdat ek so sê!”
Skeer vergeet dat hierdie manier van praat nooit met hom gewerk het nie. Hyself het ‘n rebelse streek in hom, wat maak dat hy ook altyd wou weet waarom ‘n opdrag gegee word. Hy is nou baie kwaai, in so ‘n mate dat Ezra skoon verskrik is. Hy laat sak sy kop en hou sy hande voor sy oë. Tog kan hy tussen sy vingers deur sien wat aangaan. Skeer het nie tyd om te kyk of die kind sy bevele gehoorsaam nie. Die pad, indien dit so genoem kan word, is niks meer as ‘n tweespoorpaadjie nie en op baie plekke is dit onsigbaar in die diep sneeu.
Langs die pad, dit wil sê so ‘n tagtig meter van hulle af, is daar ‘n lang, breë vallei. Al die bome is afgekap en daarvan is vuur gemaak. Nieteenstaande het die vure uitgebrand en duisende mense mense lê in patetiese hopies in die sneeu, sommige van hulle langs en bymekaar, maar ander half eenkant en eensaam.
Die sneeu het die meeste van hulle al half bedek en dis duidelik dat hulle weens ontbering en dus ‘n gebrek aan skuiling, hitte en dalk honger omgekom het. Selfs al is die geruis van die groot bande in die sneeu duidelik hoorbaar, die gekreun van enjins wat teen kruipspoed die voertuie daardeur sleep, is daar geen aanduiding dat daar lewe is nie; geen mens wat regop kom of selfs halfpad uit die sneeu nie, geen hand wat beweeg of ‘n kop wat oplig nie. Selfs Skeer en Arno, Maya en van die ander wat al met die dood op verskillende vlakke te doen gekry het, is stomgeskrik.
“Is dit die einde van korrupsie? Of bloot onvergenoegdheid, dat jy alles nou wil hê, sonder om daarvoor te werk? Is dit die uiteinde van haat, bitterheid en afguns? Hierdie mense het tog seker vantevore ‘n skuiling gehad teen die koue, miskien ‘n huis, kaya of hut. Waarom was dit nie genoeg nie en moes hulle op hierdie harde en ongenaakbare manier uitvind dat jy nie kan breek, plunder en verbrand sonder om die gevolge daarvan te dra nie?” dink Skeer.
“Oom, wat het hierdie mense oorgekom dat hulle sommer so in die veld lê?”
“Ezra, het ek nie vir jou gesê om jou oë toe te hou nie?”
“Oom het, maar sonder om vir my te sê hoekom en dit is waarom ek gekyk het.”
Skielik is die roete so vol verysde liggame, dat hulle nie verder kan ry nie, sonder om oor die lyke te trap en daarvoor sien niemand kans nie. In plaas van Noord of Suid te gaan, en definitief nie verder Wes nie, kies die groep koers na die Ooste, na waar Krugerspos, soos op die handgemaakte kaart aangedui, naby Komatipoort en Marlothpark kan wees.
Dis hopeloos te gevaarlik om op die hoofroete te bly en hulle kies koers oor Sabie en Hazy View. Laatmiddag maak hulle kamp op die walle van die Krokodilrivier.
“Arno, hoe ver sal jy sê is ons vanaf die kruisie op die kaart?”
“Die Mac-Macvalle?”
“Ja.”
“Ons is so halfpad tussen Sabie en die valle?”
“Ek skat so, ja.”
“Dus is ons so sewe kilometer daarvandaan. Miskien minder.”
“In hierdie weer en modder – so ‘n uur se ry?”
“Ek dink meer. Die sneeu is plek-plek dik en die modder nog dieper.”
“Wat van ons ry sommer nou? Miskien kan ons ‘n beter en meer beskutte kamp kry as hierdie.”
Dis baie koud en die sneeu val plek-plek nog. Waar dit effens gesmelt het, maak dit die oppervlakte modderig en op ander plekke het die sneeu gesmelt en weer ge-ys. Selfs met vierwieldryf en knopperige modder-en-sneeu bande, gly hulle amper meer as ry. Wanneer een van die voertuie in ‘n sneeubank vasval, of deur ys breek, en op sy pens in die modder gaan lê, moet die ander voertuie saamspan om dit weer aan die gang te kry. Kort voor lank is almal vuil, koud en humeure begin kort word. Uiteindelik het Dons se Jeep die voortou geneem en dit gaan beter.
Die Pajero vul die agterhoede en is meer male as nie aan die agterkant van ‘n sleepband. Wat minder as ‘n halfuur se gemaklike ry onder gewonde omstandighede sou wees, is nou ‘n vyfuur-lange ekskursie.
Wanneer hulle min of meer op die plek is waar die kruisie op die kaart lê, is daar ‘n ou skaapkraal gebou uit klip. Met die voertuie daar binne getrek, maak dit ‘n baie primitiewe, maar dienbare kampplek. Binne minute is daar ‘n klein, maar fris vuurtjie aan die gang, water word gekook en blikkies tamatie en uie oopgesny.
Johan, ’n bo-baas mieliepapmaker in alle omstandighede, is vinnig om genoeg meel in ‘n driepoot te plaas vir ‘n bord vol. Frans het ‘n stuk boerewors, een van die laaste artikels wat hy in die dorp gekoop het, voor hy gevlug het, op ‘n klompie kole en binnekort is die heerlike geur daarvan hangende in die lug.
Die geduikte alluminium ketel kook voordat hulle kan opskep en koffie met kondensmelk word in die bekers en ou weermag firebuckets gegooi. Meer as een van die manne brand hulle bolip uit blote oorhaastigheid.
Almal is dankbaar om iets warms te eet en drink en kort voor lank is hulle snoesig onder komberse of binne slaapsakke. Hulle is veilig, aangesien niemand in hulle volle verstand sal beweeg in hierdie ekstreme weersomstandighede nie.
*
Sodra hulle oor die koppie kom, met die sneeuvlakte voor hulle, is die oorblyfsels van die sendingstasie en jeugrehabilitasiesentrum, Corpus Christi, reg voor hulle. Dis moeilik om van die heuwels af te kom en hulle ry versigtig, die hele tyd in laestrek vierwieldryf. Soms sak die voertuie se hoë bande tot meer as twee-derdepad weg in die sagte sneeu. Die ys onder die vars sneeu is glad en nie een van die voertuie ry die hele tyd reguit nie. Die bestuurders sou onder normale omstandighede gesweet het van inspanning, maar nou is dit te koud.
Skielik is hulle onder en kan selfs na tweede en derderat oorskakel. Wanneer hulle naby die uitgebrande gebou kom, waarvan hier en daar nog ‘n stukkie smeul en yl rokies daaruit optrek, trek Skeer skielik sy asem in. Die grusame toneel wat voor hulle uitgespeel lê, is so skokkend dat hy nie eers kans het om weer vir Ezra te laat oë toemaak nie.
Die lyke, man, vrou, kind en oumens, wit, swart, Indiër, lê grotesk en grusaam op die wit sneeu. Bloed, in plasse, strepe, waar die liggaame van die mense wat op die plek doodgemaak is, maak die rooi teen die wit soveel erger en meer intens.
Asof in ‘n dwaal, hou Skeer stil en loop na die naakte liggaam van ‘n jong meisie, sekerlik nie meer as veertien jaar oud nie. Sy lê met bene wydgesper teen die wit sneeu, haar kaal lyfie byna net so bleek as die sneeu om en onder haar. Langs die binnekante van haar bene is daar rooi bloedstrepe.
Dis asof iets in Skeer knak. Hy sak op sy een knie langs haar neer, terwyl hy die geweer met beide hande vashou, asof hy daarop stut. Hy kom wankelrig orent, trek sy baadjie uit en gooi teer die kledingstuk oor haar, om haar naaktheid te bedek. Hy voel nie die uiterse koue nie, lig sy mond in ‘n pyntrek na die hemel en roep hard:
“Here, as ek my nie teen hierdie barbare wreek nie, laat my dan ook so doodgaan!”
Hy draai om en loop stadig terug na die Land-Rover toe, waar hy woordeloos en styf-starend voor hom kyk. Dan skakel hy die voertuig aan en ry in ‘n wye draai rondom die hopies mens.
“Arno, hou asseblief stil.”
Maya is baie meer prakties as Skeer en die ander manne, wat in geskokte stilte verkeer. Sy haal ‘n stuk seil van agter die Land-Cruiser se bak af, loop na waar die meisie lê, neem Skeer se warm baadjie en gooi die seil oor die meisietjie se lyk.
“En nou?”
“Skeer gaan netnou koud begin kry, sodra hy oor die ergste skok kom.”
“Oom, Skeer, waarom huil Oom oor hierdie mense en nie die ander dooies daar anderkant nie?”
Skeer dink lank voor hy vir Ezra antwoord.
“Want die ander groep het self gekies om te wees waar hulle is. Hierdies het nie gekies nie, maar is doodgemaak.”
Die konvooi ry stadig, asof in skok verby die uitgebrande en verwoeste hoofgeboue van die sentrum, waar hulle uitklim en roep na enigiemand wat nog lewe. Daar heers ‘n letterlike doodse stilte, totdat die wind opsteek en deur die mure wat nog steeds staan, huil.
Teen namiddag hou hulle stil by ‘n hoë grondwal, uitgehol deur eeue se reën en wind, groot genoeg om skuiling teen die yskoue, snerpende wind te verleen. Vanaand is daar geen skertsery of half-ligsinnige praatjies om die vuur nie. Die skok het almal se fut uitgesleep.