NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ronald Reagan het oumense teen huigelaars gewaarsku en gesê: As mense jou begin vertel hoe jonk jy lyk, is dit maar net ‘n ander manier om te sê dat jy deksels oud word!

BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (4)

)

Dis asof die afgelope dertig jaar van hom afgegly het. Maans Bredell is weer ‘n spesmagte-lid. Hy is ‘n operateur, wat in die geheim beweeg, min of geen spore laat nie, van die veld leef en vir die owerhede hoofbrekens besorg.

Die stewels wat hy van Dawie gekry het, het hy sporadies ingeloop en die eerste twee weke dit afgewissel met sy ou, ingeloopte tekkies. Hy het na die tweede dag ‘n waterblaas ontwikkel op sy linker hakskeen en het laag gelê totdat dit gesond was. Nou beweeg hy met beide stelle skoene vinnig en amper geluidloos. Hy het in die berg ingesmelt, die omgewing so ver as vyftien kilometer na alle rigtings verken en skuilplekke gaan uitsoek. Hy is verbaas oor die hoeveelheid bosbokke, bosvarke, tarentale en ander kleinwild wat in die berg bly.

Hy het nog niks geskiet nie, want sy enigste wapen, die rewolwer, het ‘n knal wat sal dawer teen die klowe en kranse. Hy leef van die biltong, beskuit, eetbare plante en knolle, bessies, vis wat hy met ‘n stuk kabel en ‘n gebuigde haakspeld vang. Hy drink uitsluitlik water. Maans was nog altyd redelik skraal en fiks, maar nou, op drie en vyftig, is hy gehard, fiks en hy het die laaste paar onse vet afgegooi.

Lank gelede was SWAPO, FAPLA en die ANC-insypelaars Maans se vyande. Gedurende daardie tyd het hy deur die digte bosse en savannas van die Grens en vir ‘n wyle tussen Alldays en Messina geopereer. Toe was hy natuurlik jonger en het uitgesien na ‘n vrou en kinders, ‘n loopbaan, ‘n huis en ‘n kar of twee van sy eie.

Dis nou van hom af weggeneem en die vyand is nou nie meer die mense wat van buite die grense af ingekom het nie, maar diegene wat sy vrou en kinders van hom af weggevat het. Hy glo in vergewe, maar nie vergeet nie. Lankal was sy ekskursies in die bos tydelik en daar was logistieke steun vanaf die regering. Nou is dit permanent en die regering kan hulle steun maar los.

“Forgive your enemy, but remember the bastard’s name.”

Met die verkenning en voorbereiding afgehandel, is Maans besig om terug te beweeg dorp toe.

“En vanaand moet hulle rondkyk!”

*

Basie Froneman staan in die polisiestasie. Hy is jonk, stewig – amper geset - met ‘n baard wat tussen yl en vol wissel. Sy arms is bruingebrand, hy dra groen bosklere en die onderkant van ‘n rewolwerloop steek onder sy moulose baadjie uit. ‘n Verveelde polisiesersant kom uiteindelik na hom toe.

“Yes, how may I help you?”

Basie kyk met afkeer na die pet wat hoog bokant haar kop sit. Sy het ‘n hooggestapelde bolla van kunshare op haar kop. Haar oë is donkerblou gegrimeer, lippe helderrooi en sy is baie stewig gebou.

“Hulle moes seker vir haar ‘n uniform laat maak,” dink hy. Dan antwoord hy in sy beste Engels.

“Captain, I would like to make a case of burglary and theft from my store at the farm Spuitfontein.”

“Hokei. Fill this form in.”

Nadat Basie sy naam en ID nommer ingevul het, skryf sy stadig en met groot, ronde letters sy klagte in.

“Is something broken or stolen?”

“Yes, the lock is broken.”

“What kind of lock?”

“Does it matter? A hanging lock.”

“You mean a ‘padlock’?”

“Yes, okay, a padlock.”

Sy gaan aan met skryf. Uiteindelik kyk sy op.

“What is stolen, and what is it worth?”

“A twenty five kilogram bag of fertilizer. I don’t know what is it worth.”

“Hokei. We will look into your complaint as soon as a vehicle is available.”

Nie een polisieman het ooit opgedaag nie.

*

“Phineas, waar is die ekstra kan diesel, wat daar in die klein stoor moet wees?”

“Die een van die trekker?”

“Ja, man. Ek het hom nog gister daar gesien. Net ek en jy het ‘n sleutel vir die slot en ek het hom nie gevat nie.”

“Hau. Ek weet hy was daar. Nou vandag ek soek hom ook, ek soek hom, ek kry hom – hy is weg! En, meneer, die nuwe groot draadtang en die handbyltjie – ook nie daar nie.”

“Gaan soek totdat jy hom kry.”

Maar in sy hart weet hy die kan sal nooit weer gevind word nie. Wie het werk vir twintig liter diesel, ‘n handbyltjie en ‘n tang, en sal soveel moeite doen om net dit te steel as daar soveel ander waardevolle gereedskap beskikbaar is?

*

“Nee, hel man! Jy kan nie ernstig wees nie.”

Dawid staan met verbasing en ‘n stukkie afgryse en kyk na die voertuig wat Joe aangebring het. Dis ‘n laat sestig model MAN ses-by-ses lorrie waarop ‘n waterboor gemonteer was. Dit het nie ‘n enjin of ratkas in nie, maar wel die aste, bakwerk en selfs die sitplekke. Hy het dit met sy Isuzu aangesleep en op ‘n ander bakkie se agterkant lê ‘n nuwerige geel enjin en ratkas.

“Ek is, boet. Ek het ‘n Cat V8 diesel wat uit ‘n slootgrawer kom en ‘n agtspoed-ratkas. Die oordrakaste is nog daar, so dis nie ‘n ondoenbare projek nie.”

“Weet jy hoeveel dit gaan kos om klaar te maak? Waarom gaan koop jy nie vir jou ‘n Samil 100 by Wallmanstal nie. Dit loop klaar en sal jou helfte minder kos.”

“Luister, Dawid. Ek het jou nie gevra om afslag te gee nie. Al wat ek wil hê, is dat die ding moet loop. Het ek genoem dit het klaar nuwe remme op en ‘n kragstuur?”

“Wat wil jy met hom maak?”

“Jy weet mos Maggie is bang vir die veld. Nou het ek gereken as ek my karavaan agter-op kan vasmaak, dan hoef sy nie bang te wees nie. Ons kan ons huis amper saamvat bos toe.”

“Joe, ek wil nie op jou parade reën nie, maar jou karavaan sal nie hou tot deur die drif nie. Dit sal nie werk nie.”

“Nou wat dan?”

“As jy geld het, laat Dirk vir jou ‘n ding agter op bou. Hy kan hier werk, terwyl ek die meganiese goed doen, dan vat dit nie so lank nie. Maar waar gaan jy al die geld vandaan kry?”

“Ek en Maggie het ons commit hiervoor. As niks gebeur nie, dan het ons ‘n wa om die land mee te gaan toer en al die kos wat ons opgegaar het, gebruik ons dan. Ons kan van skietbaan tot die volgende ry en al die ammo uitskiet. Sien dit as die kinders se erfporsie, alhoewel hulle dit nie sal wou gebruik nie. Hulle is mos almal al in Kanada of Nieu Zeeland.”

“Jy antwoord my nie – waar kry jy die geld?”

“Soos ek gesê het, ons is hart, long, pankreas, lewer, bekkenbeen en tong in dié ding in. Ons het ‘n lewenspolis of twee afgekoop. Daar is oorgenoeg geld.”

Hy loop die werkswinkel in.

“Hel, dis mooi! Wat is dit?”

“Dis Nick se jeep. Dis ‘n 1964 Jeep Gladiator J3000. Vandat hy daardie lelike ding van Deon gesien het, daardie geel-bruin een, wou hy ook amper so-iets hê. Hierdie een het ons korter gemaak, die bak aan die kajuit vasgesweis, met ‘n GM 6,5 Turbo V8. Dit het nou ‘n wielbasis van twee komma vyf vier meter, of soos in die ou dae: een honderd duim. Behoort lekker te loop.”

“Maar daardie kleur? Boggelblou?”

“Nee, ons sal hom ook maar bruin of groen maak. Gee tyd.”

“Dawid – hoeveel tyd het ons?”

“Nee, man, ek weet nie. Miskien ‘n jaar - miskien ‘n week. Ek weet nie. Miskien gebeur dit nooit. Ek is nie ‘n profeet of politikus nie.”

“Dawid, weet jy, ek voel bloot simpel oor die hele ding. Die fiksword, skiet, reg eet, karre bou… en heel moontlik is daar niks erg aan die kom nie.”

“Soos jy sê Joe. Miskien gebeur niks. Dan het ons baie opgegaarde kos, kan lekker gaan skyfskiet en jag, het lekker karre om mee te gaan rondry. En die ander bonus is natuurlik dat ons almal maerder en gesonder is. Maar my eie gevoel? Ek dink ons is in vir iets. Iets baie onaangenaam.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5577 gaste aanlyn