NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ware vreugde ontdek jy slegs deur die krag van gebed en die werking van die Heilige Gees.

OM LEWE EN DOOD...

- die verhaal van die Westdene-busramp, 1985
"Ons sal offer wat jy vra".

Daar is weinig Suid-Afrikaanse heldeverhale wat soveel deernis en empatie by 'n mens opwek soos die van die Westdene-busramp. Nie alleen omdat dit Suid-Afrika se grootste busramp tot op hede was nie, maar ook omdat al 42 slagoffers skoolkinders was. 'n Mens kan maar net verstom staan oor die feit dat die res van die ongeveer 80 leerlinge aan die dood kon ontkom. Maar die aangrypendste naas al die hartseer, was sekerlik die verhale wat oorlewendes agterna te vertelle gehad het oor die heldhaftige optredes van skoolmaats. Doodgewone skoolkinders wat oornag helde geword het.

Hulle is:

Woltemade-dekorasie vir Dapperheid(Goud):

Daniel du Toit (14) en Rudie Opperman (15).
Woltemade-dekorasie vir Dapperheid (Silwer):
Theo de Kooker (17), Johan Gordon (15), Willem van Aswegen (14), Petrus Waldeck (14), Matthys Wehmeyer (17), Renette van Deventer (17), Stephanus van Wyk (17), Coenraad Viljoen (15), Ockert Jansen van Niewenhuizen (13) en Petrus Koen (17). Laasgenoemde postuum.
En tog, kyk 'n mens na die rustige, kalm oppervlak van die relatief klein dammetjie aan die voet van die Randse Afrikaanse Universiteit, kan 'n mens byna nie glo dat so 'n drama hom hier kon afspeel nie. Dit was 'n drama wat die hele gang van die Hoërskool Vorentoe daardie jaar drasties sou verander. Alles te wyte aan daardie tweede swart Woensdagmiddag in ons geskiedenis ...
Dag na dag het Willem Home (41) leerlinge per bus vanaf die skool in Rossmore na hul huise vervoer. Hy was nogal erg oor die kinders — het altyd by die huis met deernis van hulle gepraat en graag vir hulle popmusiek oor sy bus se radio gespeel.
Woensdag, 27 Maart 1985, was geen uitsondering nie ... In die geel stapelbus het daar 'n gemoedelike atmosfeer geheers. Almal was opgewonde aangesien die vakansie oor twee dae sou begin. Vakansietyd is fliektyd en een groepie het luidrugtig oor ou flieks en plate geklets. Die een oomblik het iemand nog ewe laf The Shivelles se Leader of the pack begin sing — die volgende oomblik was daar chaos. Teen ongeveer 13hl5 het die geel stapelbus skielik erg na links op die Westdene-brug geswenk – en oor die rand gestort.Tien meter verder het die swaar bus se een stel wiele in die modder vasgeval. Stadig het die bus begin sink. Leerlinge wat op die bodek gesit het, het ongeveer twaalf minute tyd gehad om hulself te bevry. Daarna sou die bus in die donker watermassa verdwyn. Twaalf minute. Tagtig kinders ... Oral het maroen rokke, wit hemde en grys broeke by die oop vensters begin uitborrel. Geskok en verward, verbysterd oor wat so pas gebeur het.
Sekondes nadat dit die brug verlaat het, was die Triomfbus 'n rampbus. Doodgewone skoolvriende het eensklaps helde geword.
Kuifie de Kooker en Matthys Wehmeyer, twee spelers van die skool se eerste rugbyspan, was albei in 'n ander bus net voor die rampbus, toe Kuifie skielik 'n gil agter hom gehoor het. Toe hy omkyk, het hy die geel bus agter hulle in die damwater sien wegsak. "Stop! Hou stil, Oom!" het hy onmiddellik geskree en dadelik van sy skoene en baadjie ontslae be­gin raak. Sonder om te aarsel het Matthys sy voorbeeld gevolg. Sekondes later het die twee rugbymaats in die damwater weggeduik.

Die eerste gesig wat hulle in die troebel water teëgekom het, was dié van 'n vriend, Deon Beukes. Saam het hulle Deon weerskante onder sy arms beetgekry en hom boontoe gehelp. Dadelik is hulle weer ondertoe ... Dié keer het hulle 'n lewelose meisie by een van die vensters opgemerk en haar gou-gou na buite getrek. "Eurika!" het Kuifie verras uitgeroep toe hy sy eie suster herken! So vinnig as wat hulle kon het Kuifie en Matthys haar tot op die bus se dak gehelp. Daar het hulle vasgestel dat sy slegs bewusteloos was. Soos ware lewensredders het die twee seuns Eurika se mond oopgeforseer, want van pure skok het sy op haar tande gekners. Eers nadat Kuifie haar tong met sy vinger uit haar keel gehaal het, het daar 'n klomp water uit haar keel gestroom. Die volgende oomblik was 'n paar ambulansmanne byderhand om verdere hulp te verleen. Maar dit was danksy die vinnig optrede van 'n broer en sy vriend, dat Eurika de Kooker die ramp oorleef het!
Helder van gees het Coenraad Viljoen 'n verbygaande motoris voorgekeer. "Gou, ek soek 'n domkrag — ons moet die bus se venster stukkend slaan!" Dog, hoewel dit 'n blink plan was, het die bus te vinnig in die water verdwyn. Die skraalgeboude John Gordon het, ten spyte daarvan dat hy op daardie stadium slegs vyf en vyftig kilogram geweeg het, ook lewens gered. Hy vertel: "Ek het gesien my vriend, Vlaggies Waldeck, is bewusteloos en het met hom by 'n oop venster uitgeswem. Sy nooi, Iizette van Vuuren, het hom aan sy voet vasgegryp en saam uitgeswem. Toe het ek altwee tot op die bus se dak gehelp."

Daarna sou John weer 'n keer afduik om die veertienjarige Elize Venter ook te bevry van die klein vensterraam waarin sy vasgesit het. Drie lewens is deur hierdie skraal maar moedige seun se toedoen gered. Danie du Toit is deur die krag van die water onderstebo gestamp. Hy het in die agterste gedeelte van die bus en by die agterruit uitgeswem. Ook hy het besef dat daar nog kinders onder die dak was waarop hy gesit het en dat hulle dringend te hulp gesnel moes word. Toe het hy, sonder om aan sy eie lewensgevaar te dink, teruggegaan en twee meisies gered. Later die aand het hy verwese opgemerk: "Een van die meisies se vuiste was stukkend — seker soos sy gespook het om 'n ruit te breek sodat sy kon uitkom ..."
"Ek sal dit enige tyd weer doen. Jy doen dit vir jou land," het Martin van Lelyveld gesê nadat hy daarin geslaag het om drie lewens te red. Hy moes ook kunsmatige asemhaling op die bus se dak toepas om 'n lewe te red. Vir hom was sy vriende se verknorsing ook belangriker as die veiligheid van sy eie lewe. Miskien is dit wat ware vriendskap beteken! Wimpie van Aswegen het by die paal langs die bestuurder gestaan toe die bus die water tref. Agterna het hy gesê dat hy nou nog nie weet hoe hy uit die watergraf ontsnap het nie. Hy onthou nog goed hoe hy vir oulaas diep asemgehaal het voordat die water oor sy kop gespoel het. Gelukkig het hy 'n ligkol op die water bokant hom gesien en deur 'n stukkende venster daarheen geswem. "Die volgende oomblik was ek vry. Ek kon my kop bokant die water uitsteek ..."

'n Mens sou verwag dat enige persoon wat soos Wimpie byna self verdrink het, dadelik wal toe sou swem, maar nie hierdie Vorentoe-held nie. Toe hy sy asem teruggekry het, het hy dadelik teruggeswem. Ook nie tevergeefs nie, want vandag loop daar twee seuns rond wat hulle lewe aan Wimpie te danke het. 'n Byna soortgelyke verhaal word deur 'n ewe Jong Petrus van Heerden vertel: "Die water het omtrent dadelik oor my kop gestoot. Ek het my oë oopgemaak en 'n vae ligkol op die water gesien. Dit was die son. Ek het in daardie rigting begin swem en het by 'n venster uitgekom. Toe het ek weer vinnig afgesak, want ek het geweet een van my vriende, Bernard Lessing, is nog daar onder. Ek het my hand deur die venster gesteek en hom beetgekry. Saam het ons tot op die oppervlak geswem waar iemand hom by my geneem het..."
Was dit nie vir die einste Petrus wat daardie middag 'n tweede keer teruggegaan het nie, sou Karien Herman ook moontlik nie meer vandag geleef het nie ...
As Pieter Koen egter nie daardie dag 'n sesde keer teruggegaan het nie, sou hy ook die ramp oorleef het. Pieter het nie minder nie as vyf keer ingeduik om lewens te help red. Ook hy kon nie toekyk hoedat sy skoolmaats magteloos in die bus vasgekeer sit nie. Toe het hy sy lewe vir hulle gewaag ... en ook verloor. Dog, Pieter se ouers het berusting gevind in die woorde van sy ewe dapper moeder wat grootmoedig gesê het: "God het ons seun gebruik om ander se lewens te red." Ja, Pieter het meer gedoen as waarvoor gevra is. Ook hy het getrou geantwoord aan die woorde — "Ons sal offer wat jy vra." En daarmee het Pieter hom by die geledere van onsterflikes soos Wolraad Woltemade aangesluit...
Die rampbus van die Johannesburgse munisipaliteit het ses ure in die dam gelê. Eers teen 19h00 daardie aand kon drie mobiele hyskrane daarin slaag om die geel bus uit die water te trek. En soos die bus stadig uit die water te voorskyn gekom het, het die nuuskierige skare met 'n knop in die keel die advertensie van die vuurhoutjiemaatskappy op die bus se sy gelees:
'The best friends are simple, reliable and honest.'
Nêrens anders was hierdie woorde meer gepas as juis by die Westdenedam nie. Hier, waar beste vriende lewens of gered of verloor het — net omdat hulle eenvoudige, maar betroubare en eerlike skoolvriende was. Ware vriende ...
Roerende tonele het hulle tydens die massabegrafnis afgespeel waar 20 wit kiste in 'n lang ry langs mekaar gestaan het. Sowat 5 000 mense het daardie herfsmiddag in Wespark opgedaag om hulde te bring. In die Goudstad was die gesigte op die sypaadjies nog strakker as gewoonlik. Iewers oor 'n motorradio het 'n omroeper om een minuut stilte gevra. Teen die riete van die doodsdam het angelierkransies gedryf wat deur familielede op die water geplaas is ...
Jare later vertel die mense nog dat die water van die dam nooit weer stil geword het nie ... is daar steeds vars blomme op elke graf. En tog, met die nuwe standerd sessies wat jaar na jaar by die Hoërskool Vorentoe inskryf, het hierdie skool se rou wonde stadig maar seker begin genees. Dit is asof die skool weer sy leuse ten volle wou uitleef: Vorentoe.

Alleen die weerhaan op die nabygeleë kerktoring en die silwer sinkdakke van die swyende huisies teen die heuwel, bly stille getuies van die een enkele vraag wat steeds onbeantwoord bly: Waarom het die bus daardie dag die pad byster geraak? Niemand weet nie. En tog, uiteindelik is dit nie die belangrikste nie. Veel belangriker is dit om die herinnering aan 42 gestorwe leerlinge lewendig in ons gedagtes te hou. Maar daar­mee saam sal ons hulle ook nooit vergeet nie: daardie onverskrokke kinderhelde van Westdene.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2468 gaste aanlyn