Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se seën en vaderlike guns glinster ook in ons voedsel wat hy ons skenk. Hoewel sondevergifnis vir ons liggaam baie belangriker as voedsel is sluit Hy die seën op die gebruik van ons daaglikse brood in by sy genade.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (21)
Nadat Sudan in ‘n onverklaarde burgeroorlog homself begewe het, is daar binne drie dae geen kos of water in die hoofstad, Khartoum, nie. Oraloor klap skote en selfs grofgeskut ruk die geboue. Honderde rebelle, regeringsoldate en burgerlikes is reeds dood en gewond. Duisende mense stroom uit na ander stede, op soek na ‘n heenkome. Dit is ‘n redelike algemene gesig in post-koloniale Afrika.
Enige redelike mens kan die tendense dophou, analiseer en tot ‘n gevolgtrekking kom: nadat die kolonialiste, hetsy Franse, Duitsers, Portugese of Engelse vertrek, is daar ‘n kort en gewoonlik bondige en gelokaliseerde grype na die magsvakuum wat hulle gelaat het. Die daaropvolgende vrede is geforseer en word gefinansier deur die eks-koloniale lande, oënskynlik totdat die naturelle die land kan normaliseer en produktief bestuur. Laasgenoemde gebeur egter nooit, nie in een enkele geval nie. Selfs in lande soos Angola, Nambië, Swaziland, Lesotho en Botswana sal hongersnood gedy as die buiteland nie hulp voorsien nie.
In Suid-Afrika se geval was die infrastruktuur en die ekonomie van ‘n baie hoër standaard as enige ander Afrika-land. Juis daarom, en die feit dat die blankes nie almal padgegee het nie, het dit langer geneem om alles af te breek, maar geleidelik was dit tog die geval. Hierdie tendens van ruïneer is onomkeerbaar en uiteindelik raak die poeletjie geld waaruit die kaders suip, al kleiner en die gevegte om die laaste bietjie al feller.
Met die aanloop tot die 2024 algemene verkiesing, kom al meer en meer politieke moorde en sluipmoorde voor. Frenetiese bekgevegte, beskuldigings en natuurlik die presentering van die alewige en holruggeryde rassekaart is aan die orde van die dag. Geen Afrikamens sal ooit verantwoordelikheid vir sy of haar dade neem nie.
Buitelandse ingrype en gepaardgaande stabilisering word minder, met die supermoondhede wat in ‘n ewe onverklaarde oorlog in Europa en die Midde-Ooste betrokke raak. Niemand kan meer bekostig om aandag te gee aan Suid-Afrika, wat per slot van sake net nog ‘n mislukte Afrika-staat is nie.
*
Doppies le Roux het geweet dit kom, maar was steeds onvoorbereid, soos die meeste mense, in dien nie feitlik al die blankes in Suid-Afrika nie.
Hy het einde verlede jaar matriek geskryf, besluit hy is nie uitgeknip vir universiteit nie en het ‘n werk gekry by sy tante se meubelfabriek in Potgietersrus, oftewel Mokopane.
Natuurlik eers ‘n vakleerlingskap, maar hy is baie goed met sy hande, het ‘n natuurlike liefde vir hout en weet hoe om te sweis. Die lapwerk sal later kom, indien nodig. Dis nie ‘n baie groot maatskappy nie, maar hy en nog drie ander blanke manne werk saam met ‘n aantal swart werkers, manne en vroue.
Van Maandag af was nie een van hulle by die werk nie, en dis afgemaak as ‘n lang babbelaas, siende dat dit Vrydag ‘n vakansiedag was. Ook Dinsdag was daar niemand nie en die dorp is baie stil. Hier en daar is ‘n verdwaalde, leë taxi, maar dis al. Woensdag en Donderdag ook.
Tant Meisie het die fabriek gesluit tot verdere kennisgewing.
Doppies het vroeg opgestaan om hierdie bonus-vakansiedag te gebruik om sy Honda te diens. Sy pa het dit vir hom gegee nadat die matriekuitslae gekom het. Hyself het dit ‘n paar jaar vantevore gekoop by iemand wat dit op sy beurt op ‘n weermagveiling bekom het. Natuurlik was die fiets gehawend, maar is deur die jare deur die nuwe eienaars herstel, alhoewel nie gerestoureer nie. In wese beteken dit dat die enjin oorgedoen is, nuwe skokbrekers geïnstalleer is en die bande vervang. Die spieëls was weg en is met nuwe modelle, van ‘n Yamaha, na effense modifikasie, vervang.
Hy was in die stort toe tant Meisie aan die skreeu gaan. Doppies spring nat en kaal uit die stort, gryp sy rewolwer en pluk die deur oop. Drie swartmans storm in die kort gang op hom af, een gewapen met ‘n outomatiese geweer, ‘n Chinese variant van een of ander AK.
Miskien het hulle inligting nie gemeld dat daar ook ‘n jong man in die huis woon nie, behalwe die vrou; miskien was die vreemde gesig van ‘n kaal, druipnat man met ewe nat en deurmekaar hare, ‘n ylerige jongmansbaard en snor vir ‘n oomblik te veel om in te neem, niemand sal weet nie.
Die gang is smal en die man met die AK sukkel om dit betyds op teiken te kry en voordat hulle van die skok kan herstel, het Doppies al drie raakgeskiet – twee noodlottig en die derde in die bobeen. Die hoeveelheid bloed uit die wond is sodanig dat hy dit nie lank sal maak nie.
Doppies spring terug in sy slaapkamer, trek ‘n denimbroek haastig aan sy nat lyf, pluk ‘n T-hemp en leerbaadjie en kort stewels aan, laai die Ruger Speed-six .357 Magnum en hardloop na die hoofslaapkamer, waar tant Meisie nou opgehou skreeu het. Sy sal nooit weer skreeu, opstaan of praat nie, dis baie duidelik.
Oral in die omgewing klap nou skote en rook begin by sommige huise se deure en vensters uitborrel.
Doppies gryp sy rugsak, gooi ‘n klompie klere daarin, sy ekstra ammunisie en knipmes – ‘n duur Kershaw, sy laaste verjaardagggeskenk – en as hy deur die kombuis hardloop, gryp hy ‘n bottel koeldrank, ‘n paar pakkies koekies en terwyl hy dit in die rugsak sit en toegespe, hardloop hy buitentoe.
By die agterdeur kom hy half tot sy sinne, storm terug en pluk sy beddegoed van die bed af, druk dit in sy slaapsak en hardloop weer uit.
Daar is vir die oomblik nie nabye, dreigende gevaar nie en terwyl hy angstig is om weg te kom, maak hy die slaapgoed agter op die skoeter se saal vas. Hy onthou hy het nie sy valhelm saamgebring nie – dit lê nog op die laaikas, maar daar is nie meer tyd om te gaan haal nie, as ‘n aantal aanvallers by die tuinhek inkom.
Die Honda vat met die eerste skop en hy pyl op die manne af, voete wyd, soos hy na hulle skop. Wonder bo wonder is hy tussendeur.
Dit was ‘n paar weke gelede.
*
“Dis my storie Oom. Ek kan later meer detail gee, as julle wil.”
Nicodemus trek stadig en ingedagte aan sy baard, iets wat hy doen as hy dink.
“Nou goed, sê nou ons glo jou; wat is die inligting wat jy het?”
“Oom daar is ‘n moe… ‘n moewiese klomp agtergeblewenes oppad hierheen. Ek het hulle daar naby Bandelierkop gesien.”
“Ja, ek glo jou. Daar is gereeld van hulle oppad hierheen, maar hulle hou gewoonlik verby, na Zimbabwe toe.”
“Ek dink amper nie hierdie lot is daarheen op pad nie.”
“Hoekom dink jy so?”
“Hulle het, sover ek kon sien, almal vuurwapens en baie het nog camo’s aan, van die ou army.”
“En?”
“Daar is tenks, kanonne en pantserkarre saam met hulle.”
“Wanneer het jy hulle gesien?”
“So ‘n halfuur voordat ek hier aangekom het.”