NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe ouer mens word, hoe meer besef jy dat die ouderdom sinvol en ryk kan wees. Dat jy meer ervaring en meer wysheid het om aan ander deur te gee, dat jy meer tyd het om dinge te doen wat jy nog altyd graag wou doen.  En boweal, jy het meer tyd om te bid vir almal wat jy liefhet.

JG STRIJDOM, MAN VAN SY VOLK

ONS EIE HELDE

Lees reeks by Ons eie helde

Dr JP Botha

Ek, Johannes Gerhardus Strydom, het die eerste lewenslig aanskou op die plaas Klipfontein in die distrik Willowmore, waar ek op 14 Julie 1893 gebore is.  Toe ek nog baie klein was, het my ouers na Sandvlakte in dieselfde distrik verhuis waar ek my jeugjare deurgebring het.  Ek is op 24 September gedoop en later ook op Willowmore aangeneem en voorgestel.  My eerste formele onderwys het ek van 'n goewernante ontvang, maar na standerd 5 is ek kosskool toe op Willowmore, 96 kilometer van Sandvlakte af.

Dis maar nie lekker vir 'n arme jong kind om gedurende die kwartaal so ver van sy ouerhuis  af te wees nie.  Ek het hier standerd 6 en 7 in een jaar afgelê, waarna my pa my na die hoërskool op Franschhoek gestuur het en waar ek op 16-jarige ouderdom matriek geslaag het.

In hierdie skool het ek 'n gesonde nasionale volksgees ingedrink onder die bekwame leiding van GG Cillié, later professor te Stellenbosch.  In hierdie tyd was daar onenigheid tussen die skool en die onderwysdepartement weens 'n klag teen die skool op grond van sy "dislojaliteit" teen Brittanje!

Na matriek is ek Stellenbosch toe, waar ek van 1910 tot 1912 'n BA-kursus in tale gevolg het.  Saam met maats en tydgenote soos Stephen le Roux, Eric Louw, Tobie Muller en NJ van der Merwe het ons die stryd teen die Engelse gees van hierdie ou Victoria-kollege wat later die Universiteit van Stellenbosch geword het, aangeknoop.  Ons het  teen die drastiese anglisering van die Afrikaanse gemeenskap wat die Britse bewindhebbers na die Tweede Vryheidsoorlog toegepas het, geprotesteer deur middel van optogte, vergaderings en kongresse.  Ek het aan hierdie stryd met hart en siel meegedoen en my volkome vereenselwig met ons Afrikaners se ontluikende nasionale bewussyn.

Ek het hier op Stellenbosch 'n heel bedrywige studentelewe gelei en my ook op sportgebied laat geld en aan rugby deelgeneem en een keer die eerstespan gehaal.  Dit het alles tot 'n einde gekom toe ek in 1912 die BA-graad verwerf het en na ons plaas, Sandvlakte teruggekeer het om my op die boerdery toe te lê.  Dit was nie suksesvol nie en daarom het ek 'n pos as staatsamptenaar aanvaar en in die Departement van Verdediging op Pretoria beland.  Ek is opgeroep om militêre diensplig te verrig wat ek feitlik teen my sin moes doen gedurende die tyd toe die Botha-regering besig was om die rebellie van 1914  te onderdruk.

Toe ek in 1916 na Pretoria terugkeer, het ek besluit om my as regsgeleerde te bekwaam.  Ek het my as klerk by 'n prokureursfirma ingeskryf en ook vir die LLB-graad ingeskryf en aan die einde van die jaar die preliminêre LLB-eksamen afgelê.

Ek het weer aan sport begin deelneem en was later kaptein van die gekombineerde Pretoriase rugbyspanne.  Nadat ek opgehou speel het, het ek as skeidsregter opgetree.

My belangstelling het ook verder as sport gestrek.  Ek was altyd lief vir die amateurtoneel.  By een so 'n opvoering het ek die speelster Margaretha van Hulstein ontmoet.  Ons is kort daarna getroud, maar toe ons in Mei 1918 op Nylstroom gaan woon, kon sy haar nie aanpas by die plattelandse omstandighede nie en het ons maar weer kort daarna geskei.

Ek is in Januarie 1918 as advokaat tot die Kaapse balie toegelaat, maar het nooit as advokaat gepraktiseer nie.  In dieselfde jaar het ek by die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om as prokureur toegelaat te word.  Dit het 'n geveg afgegee omdat my aansoek in Afrikaans was, maar ek het gewen.

Die veelbewoë jaar van die groot Griep-epidemie van 1918 het baie lewens in ons land geëis.  Ek is deur die siekte neergevel en alhoewel ek gelukkig was om die dood te ontkom, het my gesondheid 'n kwaai knou gekry, want dit het my hart en longe erg beskadig.

Nadat ek my op Nylstroom gevestig het, het ek 'n plaas gekoop en hom weer die naam Sandvlakte gegee.  Hier het ek en my broer Raymond met friesbeeste geboer en ook op groot skaal gesaai, maar nadat ek tot Volksraadslid vir Waterberg verkies is, het ek nie meer kans gesien om aandag aan die boerdery te gee nie en het my toe voltyds tot die politiek gewend.

Na die stigting van die Nasionale Party in 1914 in Bloemfontein het dit so vinnig oor die land heen gegroei dat reeds met die verkiesing van 20 Oktober 1915 die setel Waterberg van die Suid-Afrikaanse Party verower is met 'n meerderheid van drie stemme.  Toe ek my in 1918 in Nylstroom kom vestig het,  was Waterberg dus al nasionaal.  Ek het dadelik met die partyorganisasie begin help sodat die meerderheid in 1920 se verkiesing van 3 opgeskuif het na 428.  In 1924 was dit nog steeds die geval, sodat ons parlementslid, PW le Roux van Niekerk die kiesafdeling Waterberg as veilige nasionale setel in die Volksraad verteenwoordig het tot 1929.

Ek het my by die algemene verkiesing wat in 1929 plaasgevind het, in Waterberg verkiesbaar gestel en die setel vir die Nasionale Party weer verower met 1 156 stemme teen 573.  Daarna het ek Waterberg in die Parlement bly verteenwoordig tot met my dood in 1958.  Ek het as agterbanker in 1929 na die Parlement gegaan, gedurende die laaste tydperk wat generaal Hertzog as leier van die Nasionale Party tot 1933 aan die bewind was.

Hierdie tydperk is gekenmerk deur ekonomiese agteruitgang van die land as gevolg van die ergste depressie wat die wêreld nog ooit getref het en die ergste droogte in menseheugenis wat die land vanaf die somer van 1930 geteister het.  Toe daar  uit verskeie oorde en veral uit die geledere van die opposisie daarop aangedring is dat die regering van die goudstandaard moes afstap as maatreël om Suid-Afrika van ekonomiese ondergang te red, het ek generaal Hertzog ondersteun en daarteen gepleit.  Maar dit het in elk geval plaasgevind en het seker ook sy voordele gehad.

In 1932 was daar duidelike tekens sigbaar dat die Nasionale Party by die volgende verkiesing moontlik nie weer die paal gaan haal nie.  Die opposisie het geen steen onaangeroer gelaat om hierdie moontlikheid by veral generaal Hertzog in te vryf nie en toe generaal Smuts aan hom voorstel dat die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party in koalisie moes gaan om as 'n sterk regering in staat te wees om die landsprobleme doeltreffend die hoof te bied, het hy dit aanvaar, sodat ons land vanaf 1933 deur 'n koalisieregering en vanaf 1934 na samesmelting van die twee partye, deur 'n smelterregering geregeer is.  Ek kon my nie daarmee vereenselwig nie.  Hierdie verwikkeling het so skielik plaasgevind dat dr Malan dit bestempel het as 'n donderslag uit die blou hemel.  Hierdie koalisieplanne wat so skielik op ons afgekom het, was 'n monster, 'n uitoorlê-politiek en oneerlik.  Hertzog het hom in alle eerlikheid laat mislei deur die goudmynbase wat slegs van Tielman Roos en Smuts gebruik gemaak het om hul doelstelling te bereik.  Hertzog het hom ook al hoe meer laat beïnvloed deur Havenga.  Ek was oortuig daarvan dat dit deur Havenga se aandrang was dat Hertzog voor Smuts en die mynbase gekapituleer het.  Slim Jannie het vir generaal Hertzog skoon uitoorlê.

In Transvaal was dit gou duidelik dat ek die enigste Nasionale Volksraadslid was wat my teen die voorgenome koalisie uitgespreek het.  In die Vrystaat was dit veral dr NJ van der Merwe  en in Kaapland dr DF Malan en sy ondersteuners wat hoogs beswaard gevoel het.  Ons het op 23 Februarie 1933 die Malan-manifes uitgereik en daarin gesê dat ons ons onder protes by die ooreenkoms met Smuts neerlê.  Ons keur dit nie goed nie, maar is verplig om dit as 'n voldonge feit te aanvaar.  So het ons toe ook na die verkiesing wat gevolg het, as lede van die nuwe koalisieregering parlement toe gegaan, maar toe die betekenis van hierdie ramp wat Suid-Afrika getref het al hoe duideliker op die voorgrond tree en samesmelting van die twee onversoenbare elemente 'n werklikheid word, het ons wat daarteen gekant was op die Transvaalse kongres van die NP wat op 8 en 9 Augustus 1934 gehou is, die Nasionale Party feitlik weer "oor gestig" en ons teen samesmelting uitgespreek.  Al gou is ons bestempel as die "Gesuiwerde Nasionale Party", want die Nasionale Party wat in 1914 gestig is, het verdwyn toe die smelters op 4 en 5  Desember 1934 in Bloemfontein met groot geesdrif die "Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party"  gestig het, wat toe die benaming "Verenigde Party" gekry het.  Samesmelting was nou 'n voldonge feit en ons "Gesuiwerdes"  het onder aanvoering van dr Malan die nuwe opposisie gevorm wat moes wal gooi teen die magtige parlementêre masjien van Smuts en Hertzog, wat uit die aard van sy samestelling nie meer die nasionale pad van Suid-Afrika sou kon of wou loop nie.  Smuts en sy Unioniste-volgelinge sou dit trouens ook verhoed.  Maar ons het as "Gesuiwerde Nasionale Opposisie" in die parlement ons taak aanvaar, want nasionalisme beteken ook dat ons verplig is om op staatkundige gebied te streef na volkome onafhanklikheid.  Dit moet langs konstitusionele weg geskiet, deur geleidelike toepassing van ons selfbeskikkingsreg, totdat Suid-Afrika, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk, 'n vrye republiek sou wees, die historiese en mees gewenste staatsvorm vir Suid-Afrika, wat alle blanke inwoners van Suid-Afrika sal bevat en in 'n vriendskaplike verhouding tot ander nasies sal staan.

Met hierdie doel en strewe het elkeen van ons gesuiwerdes in ons onderskeie kiesafdelings en verder deur die land die organisasie van ons party vanaf 1934 uitgebou deur nuwe takke te stig en vergaderings te hou.  Ek het baie gereis, nie net alleen  in my eie kiesafdeing nie, maar oral deur die land.  Gedurende die eerste paar jaar het ons as't ware 'n woestynpad deurkruis, want dit was nie maklik om ou nasionaliste wat vanaf 1914 en later saam met generaal Hertzog die nasionale pad geloop het, te oortuig dat hul leier die pad van Suid-Afrika verlaat het en besig was om saam met die Unioniste en imperialiste voort te strompel na ons ondergang nie.  By baie oudstryders van die Tweede Vryheidsoorlog het ons die argument gehoor dat generaal Hertzog en generaal Smuts as Boeregeneraals drie jaar lank vir ons teen die Engelse geveg het.  Daarom vertrou ons hulle, want waarom sal hulle ons nou verkeerd lei?

Die gesmelte regering se eerste vyf jaar van bewind was haas verstreke en die algemene verkiesing van 1938 was op hande.  Ek het weer 'n uitgebreide toer dwarsdeur die hele Transvaal onderneem.  My eie kiesafdeling, wat een van die heel uitgestrektes in die land was, het ek van hoek tot kant deurreis om in elke dorpie en gehuggie die suiwer stem van nasionalisme te laat hoor.  Ek het ook gebruik gemaak van sprekers uit ander provinsies.  Dr Malan het by vergaderings wat hy toegespreek het by Rustenburg, Ventersdorp, Pretoria en Boksburg, elke keer duisende entoesiaste getrek, waar hy in sy toesprake sterk klem gelê het op ons republikeinse ideaal.  Ons het die regering getakel oor probleme met immigrasie, die Joodse vraagstuk, die kleurprobleem, ekonomiese hervorming, die bankwese, die landbou, die mynbedryf, die spoorweë en ongeskoolde arbeid, maar die seerste hou wat ons uitgedeel het was oor gemengde huwelike waarteen daar geen verbod was nie.

Maar die uitslag van die verkiesing wat op 18 Mei gehou is, was vir ons 'n groot teleurstelling.  In Transvaal was dit net ek alleen wat daarin kon slaag om my setel te behou met 'n klein meerderheid van 200 stemme; in die Vrystaat het ons 6 setels verower en 20 in Kaapland, dus maar 27 in totaal teenoor die VP se 111 en die 8 van hulle Dominiumvriende.  Maar die totale aantal stemme wat in hierdie verkiesing in Transvaal uitgebring is, was vir ons baie bemoedigend:  Ons Nasionale Party het 75,625 stemme getrek teenoor die VP se 185,325.  Om 75,625 stemme vir die verkiesing van net één lid uit te bring, het gedui op 'n ernstige leemte in die kiesstelsel wat van die Britte oorgeërf is.

In tussenverkiesings wat daarna plaasgevind het, het ons sonder uitsondering die VP-meerderhede drasties afgebring en die setel van Marico, met ds CWM du Toit as NP-kandidaat op 12 Oktober 1938 verower, sodat ons nou 2 verteenwoordigers in Transvaal vir die Volksraad gehad het.

Die politieke woestyn waarin ons nasionaalgesinde Afrikaners  ons na 1933 bevind het, het ook invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van ons kultuurlewe.  Die FAK is in 1929 in Bloemfontein gestig maar kon gedurende die eerste jare van sy bestaan nie na wense vorder nie, want vanaf regeringsweë  is lank afsydig gestaan teen Afrikaanse kultuurorganisasies wat deur ons ondersteun is.  Ek het as diepgelowige en kultuurvaste Afrikaner intens meegelewe met die stryd wat ons vir die behoud van ons kultuurgoedere moes voer.  Ons deelname aan Geloftefeeste en Krugerfeeste het ons die beskuldiging op die hals gehaal dat ons die Afrikaanse kultuurlewe monopoliseer.  Generaal Hertzog het glo gesê dat die nuwe party wat die woord "nasionaal" soos 'n skaapvel om hom hang, niks anders sal word as 'n kultuurvereniging  met 'n klompie lede in die parlement nie!

Ons party, wat toe al heelwat meer as 'n kultuurvereniging was, het behoefte gehad aan 'n spreekbuis in Transvaal, om ons saak te bevorder en te antwoord op die venynige aanvalle wat hulle koerant, Die Vaderland, gedurig op ons gemaak het.  Na baie beplanning en harde werk, het ons in 1937 die Voortrekkerpers opgerig en ons koerant, Die Transvaler, gestig, met dr HF Verwoerd as sy eerste redakteur.  Ons Nasionale Party het nou in Kaapland  Die Burger,  in die Vrystaat  Die Volksblad  en in Transvaal  Die Transvaler gehad om die suiwer boodskap van Afrikanernasionalisme oor ons land uit te dra.

Die jaar 1938 het verder meegehelp om 'n groot deel van ons volk kultureel wakker te skud met die simboliese ossewatrek en die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument.  Ons mense is hierdeur begeester en het besef dat die vryheidserfenis wat die Voortrekkers aan ons nagelaat het, alleen tot volle wasdom kan groei in 'n vrye, onafhanklike Republiek van Suid-Afrika.  Ons het die verwesenliking van hierdie republikeinse ideaal hoog op ons party se program van beginsels ingeskryf, maar dit sou nie werklikheid kon word voordat ons nie in staat sou wees om die bewind van ons land oor te neem nie.

Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in September 1939 het egter 'n groot ommekeer en ontwrigting op alle terreine van die volkslewe in Suid-Afrika veroorsaak toe generaal Hertzog met sy neutraliteitsmosie in die parlement verslaan is en Smuts as die nuwe Eerste Minister begin oorlog maak het teen Duitsland.  Daar het nou 'n nuwe politieke groepering tot stand gekom toe generaal Hertzog met die meeste van sy oud-nasionale volgelinge by ons aangesluit het.  Die hereniging kon egter weens sekere geskilpunte nie standhou nie en daarom het hy hom geheel en al onttrek.  Dit het vir dr Malan as hoofleier en vir my as Transvaalse leier gedurende die oorlog in die parlement gelaat met 63 volgelinge teenoor Smuts se meer as 80.  Toe het ons die Herenigde Nasionale Party of Volksparty gestig.

Van nou af het ons binne en buite die parlement teen Smuts se oorlogspoging baklei deur middel van optogte en vergaderings.  Dit was vir my onverklaarbaar dat van die Afrikaner gevra kon word om sy lewe vir Brittanje op te offer.  Engeland is die enigste vyand wat Suid-Afrika nog ooit geken het.  Ons deelname aan hierdie oorlog was net vir die behoud van Joodse kapitalisme en Britse imperialisme.  Ek het vir generaal Smuts gesê dat hy nie meer as 'n Afrikaner beskou kon word nie, want hy het 'n segsman vir die Jood en die Brit geword.  Sy bewering dat hy Suid-Afrika by die wêreldoorlog laat betrek het om die Christendom te beskerm, het my dwars in die krop gesteek.  Verbeel jou, generaal Smuts veg vir die behoud van die Christendom, terwyl hy so min omgee vir God en sy gebod dat hy 'n Afrikanerheld op 'n Sondag laat doodskiet het.  Waar was Smuts se gewete met Jopie Fourie?

Ek het op elke vergadering geëis dat Smuts die Eerste Ministersamp moes neerlê en van die politieke toneel moes verdwyn.  Toe dit in 1940 gelyk het of Engeland die oorlog gaan verloor, het ek vir Churchill laat weet dat as hulle moet vlug, vlug dan in hemelsnaam na Kanada, want ons wil hulle nie in Suid-Afrika hê nie.

Gedurende die verloop van die oorlog is ons stryd teen Smuts en die VP bemoeilik deur die ontstaan van ondemokratiese organisasies soos Pirow se Nuwe Orde en Havinga se Afrikanerparty.  Die Ossewa-Brandwag wat as kultuurorganisasie gestig is met die hoofsaaklike doel om teen Smuts se oorlogspoging te werk, het 'n jaar of wat na sy stigting begin om die Duitse Nasionaal-Sosialisme aan te hang, hom op die politieke terrein te begewe en met die HNP mee te ding, maar die party het uiteindelik na 'n onverkwiklike stryd teen hierdie organisasies die oorwinning behaal en die volk weer agter ons verenig.

Ons was gereed om ons krag te toets in die algemene verkiesing wat gedurende die oorlog in 1943 plaasgevind het.  Op die oog af was die uitslag nie baie bemoedigend nie, want ons het maar ons seteltal van 41 na 43 opgestoot, terwyl Smuts se VP se setels van 72 tot 89 vermeerder het, maar ons het daarin geslaag om 318 320 stemme op ons kandidate te verenig teenoor die 247 947 van 1938.

Daarna het ons die Smutsregering  weer met mening begin takel.  In 1944 het daar tussenverkiesings in Soutpansberg en Wakkerstroom plaasgevind, waar ons albei setels van die VP verower het.  Ek het by 'n vergadering in Pretoria gesê dit is asof die Afrikanervolk weer koersvat, want vreemde regeringstelsels is verwerp en die vertroue in die staatkundige beginsels en skepping van die Voortrekkers, is herwin.  Soutpansberg en Wakkerstroom is onomstootlike bewyse dat die Afrkanervolk besig is om die mure van Jerigo te laat bars.  Die skrif is aan die muur en die Smutsbewind is daarvan bewus.

Daarna het nog 'n paar parlementêre en provinsiale verowerings in tussenverkiesings gevolg voordat ons voor die algemene verkiesing van 1948 te staan gekom het.  Die oorlog was nou verby en die swak Smutsregering was nie in staat om al die probleme en ellende wat sy oorlogmakery aan die land besorg het, die hoof te bied of op te los nie.  Smuts het die verkiesing  uitgeskryf met die hoop om sterker daaruit te tree.  Ons het hom in ons verkiesingsveldtog gepak oor die kleurbeleid, oor sy onvermoë om iets aan die kommunistiese bedreiging te doen, oor sy slap houding oor internasionale vraagstukke, oor sy regering se wanadministrasie in die hantering van skaars voedselsoorte en behuisingstekorte en sy onvermoë om in die behoeftes van die teruggekeerde soldate te voorsien.  Sy VP se verkiesingsveldtog het nie hond haaraf gemaak nie.  Hulle het probeer om op die golf van hulle oorlogsrekord te ry, al was die oorlog al drie jaar verby.  Hulle het die HNP beskuldig van Nazisme en vreeslik sterk klem gelê op 'n verenigde Suid-Afrikaanse volk, met Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners saam gebind in 'n gemeenskaplike patriotisme, dit wil sê, 'n reënboognasie.

Die uitslag van die verkiesing wat op 28 Mei 1948 plaasgevind het, was vir vriend en vyand 'n verrassing.  Die HNP het 'n naelskraapse oorwinning behaal en het altesaam 70 setels verower en sy bondgenoot, die AP, 9.  Dit het vir ons 79 setels besorg teenoor die VP se 65 en die Arbeidersparty se 6.  Saam met hulle drie naturelleverteenwoordigers het hulle oor 74 setels beskik teenoor die HNP se 79, wat aan ons 'n skrale meerderheid van 5 setels besorg het.

Nietemin, die HNP het begin regeer met dr Malan as Eerste Minister. Nadat hy sy kabinet saamgestel het, het ek my nuwe werksaamhede begin as Minister van Lande, Bosbou en Besproeiing.  Ek het egter ook my organisasiewerk as hoofleier van ons party in Transvaal onverwyld voortgesit, want ons meerderheid in die parlement was gevaarlik klein en ons moes rekening hou met die moontlikheid dat ons regering tot 'n val gebring kon word en dan moes ons slaggereed wees vir 'n volgende verkiesing wat enige oomblik uitgeroep kon word.

Hierdie verkiesing het egter op sy bestemde tyd eers in 1953 plaasgevind, waaruit ons as Nasionale Regering baie sterker tevoorskyn getree het.  'n Jaar daarna het ons hoofleier, dr DF Malan besluit dat hy sy volkstaak volbring het.  Hy het sy eersteministerskap neergelê en ek is in hierdie amp verkies.  Ek het dit aanvaar in die wete dat ons hemelse Vader, wat my arbeid vir ons Afrikanervolk deur die jare heen met soveel sukses bekroon het, my nog verder in hierdie verantwoordelike amp wil gebruik om die voetstap van my volk stewiger te plaas op die vryheidspad na 'n onafhanklike republiek.  Die byna vier jaar wat my hiervoor gegun is, is gekenmerk deur die bestendige vordering na apartheid op ons ingeslane weg na afsonderlike ontwikkeling, tot voordeel van al die inwoners van Suid-Afrika.  Maar dit was my nie beskore om die goeie uitkoms daarvan te beleef nie.  In Julie 1958 het my gesondheid heeltemal ingegee en op 24 Augustus is ek oorlede.  My aardse taak was afgedaan.

Die karaktertrek van Strydom wat van hom een die mees geliefde Eerste Ministers gemaak wat hierdie amp beklee het was sy altyd vriendelikheid en gegemoetkomendheid teenoor sy mense.  Dit het veroorsaak dat Strydom 'n besondere plek, nie alleen in die hart van die Waterbergers ingeneem het nie, maar feitlik van alle Transvaalse Nasionalise.  Die Waterbergers was so in vervoering oor hul leier dat hulle sy betiteling van 'Leeu van die Noorde' nader aan hul eie omgang met hom betrek het deur na hom te verwys as die 'Leeu van Waterberg'.  Sy jaarlikse vergaderings en vrye omgang met sy mense het hom geliefd gemaak en hy kon met reg aanspraak maak op die titel, 'Man van sy volk'.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 971 gaste aanlyn