NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat dit makliker is probeer ons om te vergeet sonder om te vergewe. As jy geestelik volwasse wil wees, bid dat God jou eers sal help om jouself en diegene wat jou te na gekom het, te vergewe. Dan eers sal jy heeltemal kan vergeet.

RASSE- VERMENGING - ‘N DODELIKE VERGISSING

Ds.André van den Berg
"Die sameflansing van uiteenlopende rasse is kunsmatig en altyd rampspoedig. Rasse moet eerder na mekaar toe groei, sonder benadeling van hul onderskeie kulture.  Een ding is seker: Uiteenlopende rasse kan hoogstens naasbestaan, maar nooit saambestaan nie.  Naasbestaan is natuurlik en opbouend.  Saambestaan is kunsmatig en vernietigend."
Inleiding
Die wêreld het al dikwels slimgeleerde mense opgelewer wat dom dinge aangevang het.  Hierdie mense het ‘n sekere lewensrigting ingeslaan wat vir hulle reg gelyk het en hulle fout eers agtergekom toe dinge begin skeefloop het. Ongelukkig het baie van hulle soveel openbare aansien geniet, dat dit die dwaasheid van hulle mistastings verberg het!   Daarbenewens was hulle ook te trots om hulle fout te erken en te red wat daar te redde was.   
As ‘n mens nie met God se Woord rekening hou nie, is vergissings onvermydelik.  As jy nie gaan bid en waak soos wat die Bybel sê nie, kan jy maklik gif vir ‘n geneesmiddel en ‘n anker vir ‘n reddingsgordel aansien!  In Jer.17:9 waarsku die profeet nie verniet nie: "Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?" .  
Een van die dodelikste vergissings van alle tye word op die gebied van die staatkunde gevind.  Baie mense glo dat ‘n staatsbeleid van rassevermenging ongekende vrede en voorspoed vir ‘n land bring.  Die teenoorgestelde is eerder waar - oral waar rassevermenging as politieke model in die wêreld gevolg is, het vrede en voorspoed gewyk.  
Ten spyte van al die aanskouingslesse deur die eeue ywer dwase politici en ontspoorde kerklui nog steeds vir ‘n rasvermengde hemel-op-aarde bedeling.   Hulle laat mense glo dat ‘n rasse-utopia haalbaar is mits menslike natuurlike grense soos etniese- en kulturele verskille opgehef kan word.  Soos ‘n Plato van ouds glo hulle dat alle menslike verdelings inherent boos is.  Plato se dwaling word vandag Holisme genoem.    
Holiste aanvaar vir geen oomblik dat die natuurlike verskille wat daar tussen mense bestaan, deel van God se skeppingsordening en derhalwe sy wil is nie. Die probleem is dat Holiste nie tussen eenheid en eenvormigheid onderskei nie.  Dis vir hulle een en dieselfde ding - sinonieme   En dis waar hulle die fout maak!
In die bedorwenheid van hul verstand verkondig hulle een van die skadelikste mites van alle tye nl.dat alle mense gelyk is. As jy dit verkondig, aanvaar jy dat ‘n universele broederskap op aarde haalbaar is.  Die een veronderstel die ander.  
Die probleem is dat Holiste talle kerke aanspoor om hierdie hersenskim na te streef.  Kerke word wysgemaak dat die verwerkliking van so ‘n universele broederskap hulle hoofdoel behoort te wees.  En so word die kerklike Eva verlei om dit wat oënskynlik mooi lyk, ter hand te neem en haar toekoms te belemmer.  Let op wat gebeur nou - die strewe na ‘n sosio-politieke utopia verdring die kruisevangelie.  Versoen, versoen, i.p.v bekeer, bekeer!   Dis presies wat Satan wil hê – ‘n neutralisering van die Evangelieboodskap!
Rasseverskille en kulturele sentimente is eie aan die mens.  Dit kan net so min wegredeneer word as wat ‘n mens die inkomende gety met sy hande kan keer!  Dis nie booshede soos Holiste dit brandmerk nie, maar gegewenhede.  Dis alles deel van God se goeie skepping.  Ongelukkig beskou dwase dit as ergerlikhede wat in die weg van broederliefde staan en ag dit hul heilige plig om dit wat God ongelyk geskape het, te probeer gelykskaaf.     
Die geskiedenis leer ons dat volke wat die ongelykheid van die skepping eerbiedig het, voorspoedig was.  Ons eie volksgeskiedenis bevestig hierdie waarheid.  Toe ‘n beleid van rasseskeiding in ons land toegepas is, was Suid-Afrika se misdaadsyfer laag en sy ekonomiese groeikoers hoog.  Toe hierdie orde deur politici en kerke omgekeer is, het die misdaadsyfer onmiddellik die hoogte ingeskiet - 770% binne die eerste vyf jaar!  En dit terwyl ons ekonomiese groeikoers drasties gedaal het.   Sê dit nie vir ons iets nie?      
1. Alexander die Grote       
Die vergissing dat rassevermenging ‘n land voorspoedig maak, is egter niks nuut nie.  Dit gaan, om die waarheid te sê, so ver terug soos die derde eeu vC toe Alexander die Grote die eerste dwaas geword het wat probeer het om ‘n utopia uit rassevermenging te laat ontstaan.
Hierdie jong Macedoniese koning het God se ongelyke skepping probeer gelykskaaf deur uiteenlopende rasse in 'n tipe van utopia saam te voeg.  In moderne terme sou ‘n mens van ‘n reënboogryk kon praat.   Hierdie katastrofale vergissing is daarna in die Romeinse Ryk en later ook deur talle Christelike kerke en instansies met dieselfde nagevolge geïmplimenteer.   
Daar is min dinge so gevaarlik soos teoretiese veralgemenings.  ‘n Ding klink miskien in die teorie goed en gaaf maar in die praktyk is dit ‘n onwerklikheid en fatale hersinskim.
Kom ons wees eerlik: Het iemand al ooit daarin geslaag om die mensdom in 'n vreedsame eenheid saam te voeg? Nog niemand nie!  Alle pogings, en daar was baie daarvan, het klaaglik misluk.  Dit het miljoene mense ontnugter gelaat en baie lewens gekos.
Ten spyte van al die Bybelse waarskuwings asook duidelike aanskouingslesse, leer mense nog steeds nie dat dit wat God geskei het, geen mens mag saamvoeg nie!  Waarom het God dan afsonderlike volke, kulture en tradisies geskep?   Dit moet as natuurlike grense dien sodat mense in vrede en harmonie naas mekaar kan leef.  Let wel: Ek sê naasmekaar en nie saam met mekaar soos Nimrod by Babel wou hê nie – elkeen afsonderlik op sy eie grondgebied.  Geleerdes praat van soewereiniteit in eie kring.   
2. Laat die geskiedenis van oud-Griekeland vir die mensdom ‘n waarskuwingsles wees.  
Nadat Athene teen die vyfde eeu vC die intellektuele middelpunt van die destydse wêreld geword het, het duisende buitelanders hulle daar gaan vestig.  
Die befaamde staatsman van Athene, Perikles (495-429 vC) was besorgd dat hierdie vreemdelinge Athene sou verswelg en instromingsbeheer toegepas.  Ten einde die probleem verder hok te slaan, het hy gemengde huwelike tussen Grieke en nie-Grieke deur wetgewing verbied.  Oortreders het hul burgerlike vryheid verloor en is as slawe verkoop!    
Isokrates (436-338 vC) het hierop voortgebou en geen geheim van sy volksvoorkeur gemaak nie.  Hy het die mensdom van sy tyd in drie groepe verdeel.  Die Griekse burgers het hy as die meel van die samelewing geag, die genasionaliseerde vreemdelinge as die semels en die uitlanders as die kaf.  Hierdie Atheense eksklusiwiteit het Athene destyds van 'n gewisse ondergang gered.  Was dit nie daarvoor nie, sou die Atheners deur die vreemde massas verswelg gewees het!     
Ongelukkig het die Atheners later onder druk van andersdenkendes van hulle nasionale eksklusiwiteit afgesien en ‘n nuwe beleid begin volg wat ‘n radikale ommeswaai beteken het.  Dit was een van elastisiteit of plooibaarheid.  Dit het sommer groot byval gevind omdat die Atheners altyd iets nuuts wou probeer. In Hand.17 maak selfs Paulus in sy toespraak op die Areopagus daarvan melding as hy sê: “Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê of te hoor nie”.
Hierdie plooibaarheidsbeleid het lynreg met die vorige eksklusiwiteitsbeleid gebots.  Die aanvaarding daarvan het groot verandering tot gevolg gehad.  Vreemde kulture is bv voor die voet verwelkom en volle burgerskap aan hulle verleen. Die Atheners was oortuig dat die vreemdelinge heelhartig by hulle sou inskakel en hulle ideaal van ‘n  onverdeelde wêreldryk sou steun.  Dit was ‘n fatale vergissing!  
3. Kunsmatigheid werk nie!
Die Bybel sowel as die geskiedenis leer ons dat onnatuurlike vennootskappe nie werk nie.   Lees gerus Dan.2.  Dit handel oor koning Nebukadneser se droom van die beeld van yster en klei wat verkrummel het.  Volke en kulture wat kunsmatig aan mekaar opgedring word, ervaar voortdurende spanning.  As 'n vennootskap nie met volks - en kultuurverskeidenhede rekening hou nie, word dit 'n etniese tydbom wat net die tyd afwag om te ontplof. ‘n Mens kan mos nie van onderhoriges verwag om ongekwalifiseerd die nodige agting en respek vir hul meerderes te hê nie!   Daarom neem onderhoriges so dikwels stelling in die linie van die volksvyand in.  Kortom: Jy kan hulle nooit werklik vertrou nie.  
Ten spyte van al die aanskouingslesse van die verlede, probeer Holiste nog steeds om die ongelyke mensdom in die drukgang van 'n kunsmatige eenheid in te dwing.  Dit werk nie!  Die praktyk bewys dit oor en oor. En die Holiste besef dit ook, maar weier om dit te erken.  Kyk maar net hoe agressief raak hulle nie as jy hulle op hul vergissing wys!  Hulle kyk jou aan soos ‘n bord kos wat nie bestel is nie!  Kerke en organisasies wat rasse- en kultuurverskille eerbiedig en ongelykes uitmekaar hou, word as aartssondaars geëtiketeer!
Die geskiedenis het ons baie duidelik geleer dat daar geen hemel-op-aarde bedeling op 'n kunsmatige sameflansing van volke en kulture volg nie!  Selfs Alexander die Grote het dit op ‘n stadium besef.  Hy kon bv nie anders as deur middel van 'n verfynde vorm van despotisme oor sy ryk heers nie!   Die onderskeid tussen onderdaan en heer het bv nooit verdwyn soos wat Alexander en sy menggeeste voorsien het nie.  Die wet van die natuur sal nooit verdwyn nie - die sterkes sal altyd oor die swakkes heers.     
Alexander die Grote kon nie daarin slaag om sy onderhoriges se drang na ‘n eie vryheid in die kookpot van 'n eenwêreldryk te vernietig nie.  Die onderhoriges het baie gou besef dat indien hulle nie gaan walgooi nie, hulle as afsonderlik identifiseerbare volke sou verdwyn.  Hulle teenstribbeling het vir Alexander hoofbrekens besorg.  Teen sy verwagting het die vreemdelinge se volksbewussyn al hoe sterker geword.  Plaas nasionalisme onder druk as jy wil hê dat dit moet floreer!    
4. Die groot gevaar
‘n Beleid van rassevermenging is uiters gevaarlik. In Afrika is dit selfs fataal!  Wie daarmee eksperimenteer onderteken sy eie doodsvonnis!   Indien die Boerevolk op die ou einde sy eiesoortigheid in 'n reënboognasie-opset gaan verloor, sal hy in die Afrika-moeras van ellende versink en omkom.  Daarom moet ons ter wille van oorlewing ‘n staatsbestel van rasseskeiding nastreef.  Daarsonder sal ons geen volksvryheid ervaar nie!    
Die sameflansing van uiteenlopende rasse is kunsmatig en altyd rampspoedig. Rasse moet eerder na mekaar toe groei, sonder benadeling van hul onderskeie kulture.  Een ding is seker: Uiteenlopende rasse kan hoogstens naasbestaan, maar nooit saambestaan nie.  Naasbestaan is natuurlik en opbouend.  Saambestaan is kunsmatig en vernietigend.      
Daarbenewens is rassevermenging altyd peperduur.  Alexander die Grote het bv groot kostes aangegaan om Grieke in Asië en Asiërs in Griekeland gevestig te kry.  Hy wou eers die ou orde laat vervaag, daarna laat verdwyn en dan met ‘n nuwe een vervang. Om dit te laat slaag, het hy rasgemengde huwelike openlik aangemoedig en alles in werking gestel ten einde eenvormigheid te verkry.  Hierdie beleid is 'homonia' genoem en was daarop gemik om volksbande met familiebande te vervang.
Rassevermenging was nog nooit koste-effektief nie.  Alexander die Grote het sy land miljoene gekos toe hy bv die sentrum van sy ryksekonomie na Asië verskuif het ten einde die vreemdelinge se guns te probeer wen.  Dit was ‘n ekonomiese flater, om die minste te sê!  
Alexander het sy eie mense te na gekom toe hy as ‘n gebaar van welwillendheid Persiërs in sy nasionale weermag opgeneem het.  Daarbenewens het hy vreemdelinge in verantwoordelike staatsposte aangestel waarvoor hulle geensins opgewasse was nie.  Die gevolg was administratiewe chaos!
Hierdie onreg het die Atheners opstandig gemaak en die vreemdelinge laat haat, iets wat Alexander die Grote nie voorsien het nie.  Daarbenewens was die Atheners gebelg oor die Oosterse kleredrag wat Alexander begin dra het, nie eens te praat van die kultuurvreemde gebruike wat hy begin volg het nie!  Dit was darem net te kunsmatig en gevolglik verfoeilik in die volksoog!   In plaas van te besin en te red wat daar te redde was, het Alexander hom nie deur sy kritici van stryk laat bring nie en soos die spreekwoordelike klip deur ‘n tregter, hoe dieper hoe slegter, gevaar.  ‘n Dwaas besin nooit betyds nie!  
Alexander die Grote se poging om wyd uiteenlopende kulture onder een noemer te verenig, het klaaglik misluk omdat hy geen algemeen aanvaarbare beskawingstandaard vir sy nuwe ryksburgers daar kon stel nie. Die gevolg was dat hulle tussen twee stoele deurgeval het en nêrens tuis was nie.  Hulle het met hulle verlede gebreek sonder om ‘n toekoms te vind.  Gevolglik het hulle geen burgerlike verantwoordelikheidsgevoel gehad nie.   
Alexander se nuwe ryksburgers was kultureel en volkekundig so ontwortel, dat hulle nie in sy reënboogtuin kon wortel skiet nie.  Daarbenewens het Alexander in ‘n poging om die nuwe burgerskap gevestig te kry, die klem te swaar op burgerlike vryheid i.p.v burgerlike verantwoordelikheid laat val. ‘n Oorbeklemtoning van burgerlike vryheid is gif vir ‘n land en ‘n leier wat vryheid sonder verantwoordelikheid predik, voer sy volk hierdie gif!    
Alexander se opname van Asiërs in die gemeenskap, staatsdiens en weermag het talle Atheners aanstoot gegee en genoodsaak om 'n binnekring te vorm.  Andersvolkiges is nie in hierdie binnekring toegelaat nie.  Dit het daartoe aanleiding gegee dat private klubs soos paddastoele opgeskiet het.  Dit was trouens die enigste manier waarop die konserwatiewe Atheners ‘n verswelging deur vreemdelinge die hoof kon bied.    
Teen die einde van die tweede eeu vC het Atheense konserwatisme geleidelik begin verkrummel nadat vreemde gode hul verskyning in Athene begin maak en vreemde kulture erkenning verkry het.  Burgerskap is weereens voor die voet aan vreemdelinge toegeken en veelvolkige huwelike aangemoedig.  Kinders wat uit lg gebore is, het nie meer tradisionele familiename, maar vreemdvolkige name ontvang.   
Die intellektueles van destyds het ‘n verfoeilike rol gespeel ten einde hierdie nuwe orde gevestig te kry.  Hulle het van Atheense konserwatisme ‘n strooipop gemaak wat afgeskiet moes word.  Ene Theophrastus, 'n leerling van Aristoteles, het bv 'n algemene simpatie jeens vreemdelinge bepleit en dit philantropia genoem.  Philantropia was die kleefmiddel wat ‘n verdeelde mensdom aanmekaar moes heg.
Tragies genoeg sou hierdie dwaasheid 2000 jaar later herleef en in Brittanje en Europa veral baie veld wen.  Filantropisme het die verstand van talle hooggeplaaste Westerlinge so benewel dat hulle, soos ‘n Alexander die Grote van ouds, dwaallig vir sterre aangesien het!  Neem maar net vir Jean-Jacques Rosseauw wat met sy filosofie van die edel barbaar die gebrek aan beskawing as 'n deug verkondig het.  Dit het die grondslag vir onnoemlike onreg gelê!  
Die val van die Griekse Ryk was onafwendbaar. ‘n Onverskillige volk verdien om onder te gaan.  Die Grieke het dit wat vir hulle kosbaar en edel moes wees, nie opgepas nie.  Dit wat nasionale besit moes wees, het hulle as ‘n gebaar van welwillendheid, allemansbesit gemaak.  Op die ou einde het hulle alles verloor.
Hierdie fout is telkens in die latere geskiedenis herhaal.  Dis jammer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie. Ongelukkig leer die geskiedenis dat mense nie uit die geskiedenis leer nie!    
5. Wat sê die Bybel?
In Hand.17 spreek Paulus die dwaasheid van die Atheners aan.  In verse 26 en 27 wys hy die integrasiebeheptes van Athene op God se skeppingsordening: "En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek...." .
Eintlik herhaal Paulus hier maar net ‘n ou waarheid. 1500 jaar voor Paulus skryf Moses in Deutr.32:8: “Toe die Allerhoogste aan die mens ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel…”..
God het geen behae in ‘n kunsmatige samebondeling van nasies nie.  Dit bring geen vrede nie, maar eerder konflik en ellende.  Daarom het Hy in sy alwysheid voorafbepaalde grense vasgestel ten einde harmonie en vrede onder nasies te verseker. Aparte nasiebou werk nasionalisme in die hand.  In Hand.17:27 sê Paulus iets baie, baie belangrik: Daar staan: “…sodat hulle die Here kon soek…”  Wat beteken dit?   Dat nasionalisme die Here dien! ‘n Samebondeling van nasies dien, of sal ons sê, aanbid slegs die mens.  Dis die vloek van internasionalisme!  
Nasionalisme eer God; internasionalisme eer die mens.  Kyk hoe bevestig die sg reënboognasie aan die suidpunt van Afrika nie hierdie waarheid nie!   In die Nuwe Suid-Afrika is God nie aanbid nie, maar Nelson Mandela!    Die afgodiese verering wat hierdie gewese terroris ontvang is ‘n absolute skande!       
Slot
Sedert die dae van Alexander die Grote, of sal ons hom maar eerder Alexander die Dwase noem, het alle proefnemings met volksvermenging misluk.  Daar is geen uitsondering op hierdie reël nie.  Volksvermenging was nog altyd ‘n tydbom wat vir die regte oomblik gewag het om te ontplof. Dit het oral ter wêreld bittere gevolge vir mense gehad!   
Net so min as wat Alexander daarin kon slaag om volke en rasse suksesvol in een nuwe nasie op te klits, sal iemand anders dit regkry.  Dit sal altyd misluk omdat God dit nooit so bedoel het nie.  Wanneer gaan mense uiteindelik die groot les van die geskiedenis leer nl dat God nie sal toelaat dat ‘n mens met sy handewerk inmeng nie!  Elke mislukking bevestig net weer hierdie waarheid!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2973 gaste aanlyn