Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer alles van ons weggeneem word, behou ons die standhoudende troos: God se liefde – dit is onaantasbaar en ewig. Die mens wat daarin skuil, sal staande bly ongeag die storms om hom.
VOLKSVERRAAD (16)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TOTALE AANSLAG EN TOTALE STRATEGIE
Tienie Groenewald was die argitek van Malan se Totale Strategie en Totale Aanslag-ontwerp. Hy het reeds in 1975 'n voorlegging voorberei en sy kans afgewag totdat die regte oomblik aanbreek.
Intussen word Genl. Magnus Malan die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. Tienie Groenewald het in Mei 1976 'n afspraak met die nuwe Hoof van die Weermag, Genl. Magnus Malan, gemaak. Hy is met sy voorlegging na Malan toe om hom te gaan spreek. In die gesprek met Malan het Groenewald hom daarop gewys dat Genl. van den Bergh met die CIA saamwerk om 'n pro-kommunistiese regering in Mosambiek te vestig. Voorts het Groenewald aan Malan gesê dat Van den Bergh saamgespeel het met die CIA se plan om die Suid-Afrikaanse Weermag betrokke te kry by die Angolese oorlog teneinde P.W. Botha se kanse op die premierskap te elimineer. Nadat Groenewald Malan se aandag gehad het, het hy sy voorlegging aan hom voorgelê. Hy het daarin geslaag om Malan oor te haal om sy idee van die Totale Aanslag en Totale Strategie te koop. Groenewald het geweet dat as Malan met sy idee sou hardloop dit syloopbaan ook sou bevoordeel en dat hy weereens agter die skerms ingetrek sal word om die land "te help regeer".
Genl. Magnus Malan het op 28 September 1976 tydens die tweejaarlikse vergadering van die Bondsraad van die Broederbond die voorlegging van Groenewald gebruik om sy eie aansien te bevorder. By hierdie geleentheid het hy Malan as Hoof van die Weermag en die regering se oorlogsbeleid skerp veroordeel. Hy het die feit benadruk dat daar geen gesamentlike, gekoordineerde poging op alle vlakke in die stryd teen die terroriste (kommuniste) bestaan nie. Om die probleem te illustreer, is die voorbeeld gebruik dat die Suid-Afrikaanse magte in 1973 op die grens by Caprivi was, gereed om die terroriste-aanslag af te weer, terwyl die regering besig was om op ekonomiese gebied nog hulp aan Zambië te verleen. "Terwyl die Weermag hom gereed gemaak het om insypeling uit Mosambiek met militêre mag te verhoed, het die regering met 'n program van ekonomiese hulpverlening aan Mosambiek voortgegaan." het hy ook gesê. Hy het nie alleen die gebrek aan koördinasie tussen die verskillende departemente en die Weermag benadruk nie, maar ook die gebrek aan 'n departementele strategie.
VERARMING VAN DIE BLANKE KIESERS
"Die lewenstandaard van die Blankes moet daal, maar dit kan nie toegelaat word dat die lewenstandaard van ander rasse daal nie." Hierdie woorde is deur dr. F.J. Cronjé van Nedbank in November 1976 geuiter. Dit het die tema geword wat die Geldmag as onsigbare regering van Suid-Afrika wou toesien dat die Vorster-regering moes deurvoer. Hoewel die kiesers oorwegend konserwatief was, was die groot angel op die pad na 'n nie-rassige demokrasie doodeenvoudig die kieser se welvarende vermoë wat sou keer dat hy hom in 'n nie-rassige demokrasie sou inbind. Die regering van Vorster moes die kieser enersyds subtiel benader deur hom om die bos te lei en andersyds moes hulle hom laat verarm. Vorster is deur Harry Oppenheimer aangesê om sy mede-Vrymesselaarvriend, Owen Horwood, gedurende 1975 in sy kabinet as Minister van Finansies aan te stel. Horwood was tot met sy aanstelling as regeringsenator 'n prominente lid van die linkse South African Institute of Race Relations. Horwood se taak, wat aan hom (deur Harry Oppenheimer) oorgedra is as Minister van Finansies was om die Afrikaner in terme van sy privaat huishouding te laat verarm deur hom aan te moedig om op skuld of krediet te koop. Bepaalde boere het so ver gegaan om goedkoop skuld in die buiteland aan te gaan. Namate die randwisselkoers verswak het, het hulle agtergekom hoe duur sulke skuld in werklikheid word. Die gemiddelde Afrikaner het nou ver bo sy inkomste-vermoë geleef. Hoewel die ekonomie groei getoon het, was dit nie investeringsgeoriënteerde groei nie — maar wel verbruiksgeleide groei wat aanduidend is tot welke mate die ekonomie agteruitgegaan het.
DIE CIA SE KOVERTE BETROKKENHEID BY DIE SOWETO-ONLUSTE
Die Soweto-Opstand het in 1976 uitgebars waar die polisie slaags geraak het met 'n groot aantal swart skoolkinders wat teen die verpligte gebruik van Afrikaans as vocrtaal in sekonderê klasse betoog het, Skole, klinieke, staatsgeboue, drankwinkels en busse is verwoes. Weereens 'n aanslag teen die Republiek waaragtcr die CIA sit. Die poging was hoofsaaklik daarop gerig om druk op die regering te plaas vir snelle politieke hervorming. 'n Weerspieëling van 'n klemverskuiwing deur die Roekefeller-CIA-konneksie vanaf 'n gematigde na 'n verligte leierskap vir Suid-Afrika. Hierdie delikate veiligheidsituasie het in die Staatsveiligheidsraad neerslag gevind in 'n interdepartementele komitee wat as 'n tydelike werkkomitee van die Staatsveiligheidsraad gefunksioneer het, waarin die Departement van Buitelandse Sake sterk op die voorgrond was.
MOORD OP DIE SMIT-EGPAAR
In November 1977 word dr. Robert Smit en sy eggenote in hulle woning in Springs vermoor. Dr. Smit was vantevore Suid-Afrika se verteenwoordiger by die Internasionale Monetêre Fonds (vir 'n tydperk van drie jaar) waartydens hy die onwettige vloei van valuta vanuit Suid-Afrika ten tye van sy dood ondersoek het. In 'n verklaring van dr. Nico Diederichs op sy sterfbed, het hy aan 'n verpleegsuster beken dat hy verantwoordelik was vir die moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit, en hy het bygevoeg dat as die volk dit moet weet, sal hulle hom kruisig.
By nadere ondersoek, is vasgestel dat Robert Smit as werknemer van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Maart 1976 vir Owen Horwood as Minister van Finansies in Pretoria gaan sien het en aan hom gevra het of hy daarvan bewus was dat daar vir 'n geruime tyd vloei van valuta uit Suid-Afrika na die buiteland was wat nie verklaar word nie. Soos vasgestel kon word, het dit juis oor die fondse van Buro van Inligting gehandel. Uit die aard van die saak het Horwood aan Smit gesê dat hy niks daarvan weet nie.
(Na wat betroubaar verneem word, het die Anglo-American-korporasie — De Beers —in 1984 sowat RIO miljard met behulp van Gerhard de Kock (pres. van die Reserwe Bank) en Owen Horwood (Minister van Finansies) die land uitgevat en belê in Minorco met basis die Bermuda-eilande).
Horwood het eers vir Smit in Augustus 1977 gekontak (toe was hy 'n werknemer van Sanlam) en hom gevra om namens die Regering 'n uiters geheime ondersoek in te stel na die bewering wat hy geopper het betreffende die onwettige vloei van valuta na 'n Switserse bank. (Was die opdrag mondeliks of skriftelik — Indien dit skriftelik was, hoe het hy magtiging gehad om die Regering te verteenwoordig?) Smit het die opdrag aanvaar as 'n uitdaging. Smit het toe 'n skriftelike opdrag van Horwood ontvang. Die ondersoek het ongeveer drie maande geduur. Die belangrikheid vir ons doeleindes lê daarin opgesluit dat hy die Union Bank of Switzerland se hoofkantoor in Zurich gedurende September 1977 besoek het, waar hy namens die Regering van Suid-Afrika die bekende "menu" en "all" aangevra het. Die bank het 'n rekenaar-uitdruk aan hom gegee waarin 'n samevatting van alle bankbesigheid weergegee is wat by die spesifieke bank in die naam van Suid-Arnkaanse kliente op rekening geregistreer was. Dit is hoe Smit op Nico Diederichs se privaatrekening afgekom het wat hy nie by die Suid-Afrikaanse Reserwebank verklaar het nie. Daar was op daardie tydstip nagenoeg 17 miljoen dollars in daardie rekening gedeponeer. Na voltooiing van die verslag het Smit op 12 November 1977 weer vir Horwood in Pretoria ontmoet. Horwood het nog daardie selfde dag vir Smit 'n afspraak met Vorster gereël. Smit was, sover vasgestel kon word, 'n ambisieuse persoon. Hy het waarskynlik 'n pos in die kabinet in gedagte gehad. Hy wou vir hom naam maak. Smit het Vorster toe gaan sien, en Vorster pertinent gevra of hy bewus is van die feit dat daar 'n geheime Switserse bankrekening van miljoene rand in Diederichs se naam gelê het met die voorwendsel om wapens te koop, en wat toe nie bestee is nie en geoormerk was vir Inligting. Voorts het hy Vorster op Diederichs se privaatrekening gewys. Vorster het wel geweet van die fondse in verband met die Inligtingsprojekte, maar nie van Diederichs se privaatrekening nie.
Smit het Vorster ook meegedeel van betalings aan Diederichs. Smit het egter nie geweet van die CIA-betalings aan ND nie. Vorster het Nico Diederichs kort daarna gekontak omdat hy meer oor Diederichs se privaatrekening wou weet. Hy het gevra wat aangaan. Diederichs het dit aanvanklik as 'n onskuldige rekening afgemaak. Hoewel daar gespekuleer is dat Hendrik van den Bergh en sy Departement aandadig was aan die die moorde van die Smit-egpaar, is die CIA die skuldige party aan die vermelde moorde — soos ons reeds gesien het dat die CIA inderdaad die groot dryfveer was agter die Inligtingskandaal.
Nico Diederichs was in die knyp. Die openbaarmaking van die inligting in Robert Smit se verslag " sou die volk ruk" en "dit sou 'n vriendin, mevrou Emmerentia Liebenberg, kort voor sy dood geuiter het. Diederichs was die Staatspresident en daarby sou die bekendmaking van valutabedrog 'n skandaal-vloek op hom bring. Die motief was om bewyse teen Diederichs te verdoesel. Diederichs het toe die hulp van die CIA ingeroep. Een van die agente, wat hom as MacDougall voorgedoen het, het 'n afspraak met Smit gemaak. Diederichs is toe op 22 November 1977 saam met twee Amerikaanse CIA-agente na Smit se huurhuis in Wedzalaan 17, Selcourt, Springs. Na delikaat berig word, was MacDougall inderdaad 'n Amerikaanse sluipmoordenaar wat die CIA voorheen vir moordkontrakte gebruik het. Jeanne-Cora Smit het Diederichs en die agent wat hom as MacDougall voorgedoen het, in haar huis na die sitkamer genooi. Sover vasgestel kon word, was mevrou Smit inderdaad bekommerd oor Diederichs se teenwoordigheid in haar huis juis vanwee die feit dat sy van Diederichs sc valutabedrog kennis geneem het. Sy is later in Diederichs se teenwoordigheid geskiet, vermoedelik nadat sy haar man se kantoor opgebel het om hom mee te deel dat sy gaste daar vir hom wag. Toe dr. Robert Smit die huis binnekom, het Diederichs saam met die MacDougall-agent in die eetkamer langs die ingangsportaal vir hom gewag. Diederichs het agter die sluipmoordenaar posisie ingeneem. Nadat Smit die voordeur agter hom toegedruk het, is vier skote op hom geskiet. Weereens in Diederichs se teenwoordigheid. Die tweede agent was in 'n wagtende motor wat buitekant die huis in die straat gestaan het. Smit het die aktetas met die verslag rakende Diederichs se valutabedrog met hom in die huis gebring. Na verneem word, het Diederichs self die verdoemende getuienis oor sy valutabedrog uit Smit se aktetas verwyder. Die polisie van die Oos-Rand het Diederichs se vingerafdrukke op Smit se aktetas gevind. Die SAP het hierdie feit aan Vorster oorgedra. Vorster het genl. Hendrik van den Bergh se Buro vir Staatsveiligheid getaak om die saak ook te ondersoek. Toe feite al hoe duideliker vir die Regering word dat daar 'n verband is tussen die koeëls wat op die vermoordes gevuur is en die CIA, het die stilswye rondom die saak verdiep.
Vervolg...