Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy in 'n donker vertrek sit gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie. Nee, jy sorg dat daar 'n lamp is. Steek 'n lamp op oral in jou lewe waar dit donker is.
VOLKSVERRAAD (21)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE GELDMAG WORD INGETREK BY DIE LAND SE EKONOMIESE ONTWIKKELINGSPLAN
Uit die aard van die strategie wat deur Groenewald geformuleer was en deur die Departement van Buitelandse Sake en Inligting aan die publiek vrygestel is, was dit wesenlik om die plaaslike Geldmag in te trek by die land se ekonomiese ontwikkelingsplan. Pik Botha het ook hier 'n belangrike rol gespeel. Daar was ook inderdaad skakeling tussen die Verligte Aksie-beweging en die Geldmag se SA-Stigting. P. W. Botha het hierna saam met Pik Botha se pluralistiese idees beweeg toe hy op 22 November 1979 die hele kabinet na die Carltonhotel in Johannesburg geneem het vir sy beraadslaging met verteenwoordigers van die Geldmag oor die totstandkoming van 'n sogenaamde Konstellasie van Suider-Afrikaanse State. Ná Oppenheimer se samekoms op 22 November ] 979 met P.W. Botha het hy verklaar: "Die Nasionale Party, soos ek hom geken het, is besig om te verkrummel. Die Regering is op 'n koers geplaas waarop daar geen terugkeer meer sal wees nie. "
Die Carltonberaad is ook later met die Goeie Hoopberaad opgevolg met die oog daarop om die Geldmag in te trek by die uitvoering van die regering se ekonomiese ontwikkelingsplan. Dit was Pik Botha wat gesorg het dat die Regering voortaan op 'n gereelde basis met die Geldmag sou skakel. Die Regering van P. W. Botha het sedertdien voortgegaan om op 'n gereelde grondslag met die Geldmag in die geheim kontak te maak. Derhalwe was die Geldmag een van die bronne van die Nasionale Party se beleid. The Sunday Tribute van 22 Oktober 1983 het 'n berig oor geheime samekomste van die Regering en die Geldmag gehad onder die opskrif The Secret Business: " 'n Geheime twaalfjaar-oue bondgenootskap tussen groot sakeleiers en die Regering is dié week onthul. Die magtigste manne in die Regering en die handel werk tot hulle wedersydse voordeel saam in 'n bondgenootskap wat massiewe sake- en nywerheidsteun vir die Eerste Minister se konstitusionele voorstelle verseker het. " Die berig beskryf hoe daar in die geheim te werk gegaan word. Daar is onder die sakelui 'n "corporate forum " wat gereeld byeenkom. Net hoofuitvoerende beamptes woon dit by en alle deelnemers stem in tot 'geheimhouding.
"Die vergaderings ", lui die berig dan, "word bygewoon deur die Eerste Minister en drie of vier van sy senior ministers. " Daar word dan van albei kante standpunte gestel, maar — baie betekenisvol en belangrik — "die 'corporate forum' is gestig as 'n grootse poging van die groot sake-ondernemings om die Regering tot hulle voordeel te beïnvloed", lui die berig. Die berig meld dat P.W. Botha dit beskou het met die oog daarop om 'n magsbasis in die Engelstalige sakelewe te skep. Middagetes word gehou saam met die hele kabinet, sodat private gesprekke oor die etenstafel voortgesit kan word "tot albei kante se voordeel".
OPKOMS VAN DIE SOUTHERN AFRICAN DEVELOP-MENT CO-ORDINA TION COUNCIL AS TEENVOETER VIR DIE REPUBLIEK SE KONSTELLASIE VAN STATE-GEDAGTE
As teenreaksie op die Republiek se Konstellasie van State-gedagte en die onafhanklikheid van die TBVC-state het die buurstate (in samewerking met die ANC, PAC, SAKP en SWAPO) die Southern African Development Coördation Council (SADCC) in -1980 gestig. Ons sal later in dié hoofstuk sien dat die SADCC inderdaad deel vorm van die Rockefeller Foundation se bloudruk. Die liggaam het ten doel gehad om sy afhanklikheid jeens die Republiek te verminder. Die SADCC se jaarlikse donateurskonferensie wat gewoonlik in Januarie/Februarie plaasvind, is veral gekenmerk deur beweerde Suid-Afrikaanse destabiliserende aksies teen die SADCC-lidstate (Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe). Hierdie aantygings is aangewend om buitelandse hulp na die streek aan te moedig. In 'n groot mate is die Republiek se Konstellasie van State-gedagte en die onafhanklikheid van die TBVC-state daardeur internasionaal misken. Die SADCC het 'n verdere dimensie geword in die buitelandse aanslag teen die Republiek.
DESTABILISASIE VAN BUURLANDE
Die Republiek het weer op sy beurt in teenreaksie op die SADCC 'n aanvallende strategie van destabilisasie gevolg teen Kommunistiese lande. Die SAW het logistieke steun aan Renamo van Mosambiek en Unita van Angola gebied. 'n Strategiese analise is deur Afdeling Militêre Inligting gemaak om presies vas te stel watter teikens aangeval kan word en welke skade berokken sou word indien dit sou vernietig word. Hoofsaaklik spoorlyne (Benguala-, Nacala- en Maputo-spoorlyne), belangrikste kraglyne en Raffinaderye is gesaboteer. Buiten Angola en Mosambiek, is Malawi, Zaire, Zambië en Zimbabwe nadelig geraak deur die sabotasie van die spoorlyne. Van hierdie state was gedwing om die Republiek se vervoerinfrastrukture te gebruik wat vir hulle koste-implikasies ingehou het.
Militerê Inligting het in 1980 'n vervoermaatskappy, Frama Intertrading, gestig met Francisco Lopes en Arlindo Maia as direkteure om die oorlog in Angola aan die gang te hou. Die maatskappy sou dien as 'n geheime handelskanaal vir Unita om sy ivoor en diamante uit te voer in 'n poging om Unita se oorlogspoging te help finansier. Die instandhouding van die burgeroorloë in Angola en Mosambiek het die buurlande in die suidelike Afrikastreek in 'n groot mate lam gelê in soverre dit vervoer-infrastruktuur betref. Dit het die destabilisasie van die spoorlyne na die hawens by Nacala, Beira, Maputo en Lobito ingesluit, wat nie net Angola en Mosambiek nadelig geraak het nie, maar ook Zambië, Zaire, Malawi en Zimbabwe. Analiste beraam die skade voortspruitend uit die destabilisasieaksie op meer as 30 miljard dollars.
Vervolg...