Gedagtes vir elke dag
Almal ervaar soms teleurstelling. Dit het egter op sigself geen negatiewe uitwerking nie, dis ons reaksie op teleurstelling wat daaraan negatiewe krag gee. Twee verskillende mense kan dieselfde teleurstelling met 'n totaal verskillende uitkoms ervaar. Gebruik teleurstelling as 'n geleentheid om jou planne te wysig met 'n vars nuwe idee, vriend of dag.
VOLKSVERRAAD (23)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
HUNTINGTON KRY DEUR MIDDEL VAN PIK BOTHA VASTRAPPLEK TOT BINNE DIE HOOGSTE VLAKKE VAN DIE REGERING
Professor Samuel Huntington het op versoek van Pik Botha Suid-Afrika besoek, waarin hy verskeie lesings in Suid-Afrika aangebied het, onder andere by die South African Institution of International Affairs. Professor Huntington se tema wat hom in die VSA baie bekendheid laat verwerf het, is sy strategieë vir politieke verandering in Suid-Afrika. Hy het so 'n indruk op die lede van die Verligte Aksie-beweging en P.W. Botha se vernaamste adviseurs gemaak dat hulle P.W. Botha en Huntington bymekaargebring het en dat die twee soms lang tye in mekaar se geselskap deurgebring het. Sodoende het professor Huntington toegang verkry tot binnekringe waarin P.W. Botha beweeg het en Huntington word (naas die Rockefeller Foundation-verslag) die Suid-Afrikaanse regering se tweede belangrikste bron van hulle hervormingsbeleid.
Tyd sou die regses leer dat professor Huntington die politici van die Nasionale Party sou aanhits om die land se kiesers deur misleidings, oneerlike manipulasie en ander onkonstitusionele middele van hul regte te beroof. Professor Huntington se uitgangspunt was die beginsel wat neergelê is deur die Italiaanse meester van misleiding van die vyftiende eeu, Prins Macchiavelli — wie 'n bestaande staat en regering wil hervorm, moet dit skelm doen terwyl hy voorgee dat hy nog die ou beleid en vorms handhaaf. Huntington se sterling is dat 'n hervormer sy uiteindelike doel met misleiding en vaagheid moet verberg. 'n Hervormer in Suid-Afrika moet 'n talentvolle politikus wees wat die strategie om apartheid deur 'n ander samelewing te vervang, van dag tot dag moet bepaal sonder om die doel ooit uit die oog te verloor. Een van sy sentrale beginsels is dat dit minder belangrik is om presies te weet waarheen die land gaan, as om te weet hoe 'n mens daar moet kom. Die hervormingsprogram moet in dele opgebreek word, wat een-een aan die kabinet, die koukus en die volk voorgelê moet word, asof daar geen verband tussen hulle bestaan nie en met die implikasie dat elke stap van hervorming die laaste een sal wees. Die metode vereis 'n hoë konsentrasie van politieke mag, sodat slegs enkele medewerkers weet wat die doel van elke maatreël is. Slegs 'n politikus met byna diktatoriale magte sal slaag, sê Huntington. Later is Chester Crocker ook by gesprekvoering betrek en hy word die Suid-Afrikaanse Regering se derde bron van hervormingsbeleid. Huntington word voortdurend deur Crocker ondersteun, wat nooit moeg geword het om die belangrikheid van hervorming te beklemtoon nie. In die lig van hierdie deurbraak wat Pik Botha in die guns van die Illuminati meegebring het, het hy (wat 'n Vrymesselaar en 'n Broederbonder was) in 1981 sonder meer ere-president van die South African Institute of International Affairs ('n front van die Rockefeller-CIA-konneksie in Suid-Afrika) geword waarvan Harry Oppenheimer die voorsitter was.
DIE TAFEL WORD GEDEK VIR POLITIEKE HERVORMING
P.W. Botha het in April 1980 sy Twaalfpuntplan bekend gemaak, wat die onderstaande behels:
•Die erkenning en aanvaarding van die bestaan van veelvolkigheid en minderhede in die Republiek van Suid-Afrika.
•Die aanvaarding van vertikale differensiasie in Suid-Afrika met die ingeboude beginsel van selfbeskikking op soveel vlakke as moontlik.
•Die daarstelling van konstitusionele strukture deur die Swart volkere om die grootste mate van selfregering moontlik te maak in state, sover prakties moontlik gekonsolideer.
•Die verdeling van mag tussen Blank Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Kleurlinge en Suid-Afrikaanse Indiërs met 'n sisteem van konsultasie en mede-verantwoordelikheid waar gemeenskaplike belange geraak word.
•Die aanvaarding van die beginsel van eie skole en gemeenskappe waar enigsins moontlik as fundamenteel vir gelukkige sosiale omstandighede.
•Die bereidwilligheid om as gelykes oor sake van gemeenskaplike belang te beraadslag met 'n gesonde balans tussen die regie van die individu en dié van die gemeenskap.
•Die erkenning van ekonomiese interafhanklikheid en behoorlik beplande benutting van mannekrag.
•Die nastreef van 'n vreedsame konstellasie van Suider-Afrikastate met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies en ideale.
•Om sover doenlik 'n neutrale beleid te handhaaf in die botsing tussen groot super-moondhede met voorkeur aan Suid-Arikaanse belange.
•Die handhawing van effektiewe besluitneming deur die Staat wat berus op 'n sterk Weermag en Polisiemag om ordelike regering te waarborg, sowel as doeltreffende en suiwer administrasie.
•Die handhawing van vrye onderneming as grondslag van ekonomiese en finansiële beleid.
In 1981 teken vier senior lede van die NP die welbekende verkiesingsmanifes: P.W. Botha hoofleier van die NP), Owen Horwood (leier van die NP in Natal), Nak van der Merwe (leier van die NP in die OVS) en AP Treumicht (leier van die NP in Transvaal). P.W. Botha se twaalfpuntplan is deel van hierdie manifes. Die argument van magsdeling word trouens verder uitgebou in die verkiesingsmanifes van 1981. In die vierde punt word erkenning gegee aan: "Die verdeling van mag tussen Suid-Afrikaanse Blankes, Suid-Afrikaanse Kleurlinge en Suid-Afrikaanse Indiërs met 'n sisteem van konsultasie en medeverantwoordelikheid waar gemeenskaplike belange geraak word. "
Ten spyte van die feit dat die tafel gedek is vir politieke hervorming, het Chester Crocker van die Council on Foreign Relations die volgende benadruk: "The political leadership continues to define its minimum conditions in maximum terms, and whites are likely to remain at the stage of shadowboxing, at least until more is known about the participants and procedures for real intergroup bargaining. Nothing important is disclosed prematurely, giving the impression that Verwoerdian tabos remain in force. "
Die Presidentsraad het in Februarie 1981 met sy werksaamhede begin. Die Presidentsraad was geskoei op die Erika Theron-verslag en het derhalwe die weg gebaan vir verdere politieke hervorming.
Die Raad het vyf komitees gehuisves, waaronder 'n konstitusionele-, 'nekonomiese-, 'n beplannings-, 'n wetenskaps-en 'n openbare verhoudingskomitee. Die belangrikste daarvan was die konstitusionele komitee wat onder die voorsitterskap van Denis Worrail moes werk aan aanbevelings vir 'n nuwe konstitusie. Worrall is deur P. W. Botha op advies van Pik Botha aangestel. Worrall was in 1975 een van die belangrike medewerkers aan die Study Project on Christianity in an Apartheid Society-projck (Sprocas). Dit is 'n projek van die linkse South African Council of Churches. Die Presidentsraad het in Mei 1982 sy grondwetlike voorstelle aan die regering voorgelê. "The basis of this report was that a normal democratic system of government—sometimes also referred to as 'the Westminister system', 'the one-man-one-vote-system' and 'the winner-takes-all-system'— could not be adopted in South Africa because it would result in a black majority government. Another answer had to be sought. According to the Worrall report, the system of government which will be the best for South Africa was one of 'consociational democracy'as expounded by the American political scientist Professor Areand Lijphart. This governmental system is distinct from the winner-takes-all concept of the Westminister system, because the weaker groups or segments of a community are also recognised in the decision-making process. The outhors of the Worrall report went further to say that even a governmental system based on consociational democrat was doomed to failure in South Africa if blacks were included. "
Om infrastruktuur te verleen aan die Verligte Aksie-beweging se nuutgevestigde doel om die verslag van die Rockefeller Foundation as bloudruk slaafs na te volg, het dit aanleiding gegee tot die vestiging van takke binne die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad: die Tak Nasionale Vertolking (TNV), Tak Strategie en Kommunikasie Operasies (laasgenoemde was reeds sedert 1978 in bedryf en was by Afdeling Militêre Inligting gesetel) in 1981. Die Staatsveiligheidsraad (wat op die basis van die Totale Aanslag en die Totale Strategie en 'n Nasionale Veiligheigsbestuurstelsel opereer om revolusionêre aktiwiteite te beveg) is in lyn met Samuel Huntington se voorstelle om dit meer vaartbelyn te maak om die Huntington-bloudruk in die geheim te implimenteer en slegs enkele persone daar het geweet wat werklik aangaan. As deel van P. W. Botha se Staatsveiligheidsraad, het die premier gedurende Mei 1980 in sy hoedanigheid as Minister van Verdediging dertien van die vernaamste sakelui as militêre raadgewers vir sy hervormde Verdedigingsadviesraad gewerf. Hulle was Gavin Relly van Anglo American, Mike Rosholt van Barlows, Basil Hersov van Anglo-Vaal, Wim de Villiers van General Mining, Frans Cronje van SAB-Nedsual, Richard Goss van SAB, Chris Saunders van Tongaat, Ian Mackenzie van Standard Bank, Richard Lurie van JSE, Johannes van der Horst van Old Mutual, Fredi du Plessis van Sanlam, Johannes Hurter van Volkskas en Jaap Wilkens van SALU.
Hulle taak sou wees om advies te gee aan P.W. Botha en genl. Magnus Malan (as hoof van die Weermag). Hulle moes ook dien as waghonde oor die Magte en die wapennywerhede.
Die probleem van die koördinering en bestuur van die land se inligtingspoging is mettertyd opgelos. Die sukses volgens Neil Barnard kan deels toegeskryf word aan die stigting van die Koördinerende Intelligensiekomitee (KIK). Die Tak Nasionale Vertolking is 'n uitvloeisel van die Simonstad-konferensie van 1981 om navorsingsprodukte van die veiligheidsgemeenskap te koördineer en daagliks situasierapporte uit te reik oor die veiligheidsituasie. Die voorsitterskap van die TNV sou tweejaarliks vergader tussen die departemente van die Veiligheidsgemeenskap. Die praktiese funksionering daarvan het sy neerslag gevind in die Koördinerende Intelligensie-komitee (KIK). Die Direkteur-generaal van Nasionale Intelligensiediens sou hier voorsitter wees. Die komitee het in die begin weekliks, later tweeweekliks en sedert 1990 maandeliks vergader. Die TNV en KIK het vanaf 1982 begin funksioneer. Kommunikasie Operasie (Kom. Ops.) sou vorentoe 'n vername koverte (geheime) rolspeler word in die politieke veranderinge van Suid-Afrika en sou 'n blote voortvloeisel van die geheime projekte van Eschel Rhoodie se ou Departement van Inligting wees. Die tyd sou ook leer dat die Staatsveiligheidsraad die 'Big Brother '(uit George Orwell se boek 1984) in Suid-Afrika gedurende die P.W. Botha-era sou wees. Ons wil verder gaan en sê dat die CIA ministens waarnemingstatus gehad het in die Staatsveiligheids.raad.
Vervolg...